Page 3 of 5

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Thu Aug 02, 2018 8:08 am
by Wouter Roets
Steyr270 wrote:Hoekom n Howa koop as jy n Steyr of n Sauer kan koop?
Want jy kry drie keer die geweer vir n derde van die prys. ;)

Ek het so pel gehad wat n hele paar Steyrs van sy pa ge-erf het en dan met elke jagtrip verskriklik met die gewere gespog het. Een aand laat om die kampvuur toe ek genoeg gehad het van die knaap toe wys ek hom die verskil tussen die aksies en wat dit natuurlik beteken in praktyk. Van daar af het hy net sy Brno op die volgende jagtogte gebring.

High jack af!

Hierdie Howas is n great koop.

Groetnis
Wouter

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Thu Aug 02, 2018 10:06 am
by Steyr270
Kan jy dink hoe populer n 6,5 steyr of sauer sou wees.

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Thu Aug 02, 2018 10:24 am
by Wouter Roets
Steyr270 wrote:Kan jy dink hoe populer n 6,5 steyr of sauer sou wees.

Ek sal glo seker net soos n 270 in n Steyr Lexus. ;)

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Thu Aug 02, 2018 11:18 am
by Steyr270
Presies

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Fri Aug 03, 2018 11:29 am
by Hugov
Hallo Geno, sit my naam op die lys vir een asseblief man.

Groete
H

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Sun Aug 12, 2018 8:24 pm
by Hansieslim
Geno

Enige nuus? Ek raak bekommerd of ek onder die eerste 10 ouens is wat ingestem het. Gaan jy jou bestelling dalk vergroot na 20 toe?

Groetnis

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Mon Aug 13, 2018 4:54 am
by Geno
My backorder is reeds opgedruk na n groter hoeveelheid toe. Ek het geen indikasie oor wanneer die gewere land i gaan kom nie. Ek het ook Lapua 6mm Creedmoor brass op backorder.

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Mon Aug 13, 2018 6:59 am
by Hansieslim
Dankie vir terugvoer

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Mon Aug 13, 2018 8:06 am
by Armand Steenkamp
Julle manne moet julle bollie stop... ek het nou bietjie dag gese ek het genoeg gewere....

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Mon Aug 13, 2018 8:08 am
by Armand Steenkamp
Ek ken gladnie die kaliber nie maar dit klink so lekker. Hoe vergelyk hy met my 243? Sal ek iets wen as ek oorslaan? Ek sien hy het n lekker stywe twist... sal ek my 75gr vmaxse kan gooi in hom?

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Mon Aug 13, 2018 8:22 am
by Capt. Yoda
Armand Steenkamp wrote:Ek ken gladnie die kaliber nie maar dit klink so lekker. Hoe vergelyk hy met my 243? Sal ek iets wen as ek oorslaan? Ek sien hy het n lekker stywe twist... sal ek my 75gr vmaxse kan gooi in hom?

Jy kry n meer moderne dop en obviously n lekker twist loop op daai Howa, jy gaan niks "wen" in ballistiek nie

Jy sal jou Vmaxe kan skiet ja

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Mon Aug 13, 2018 8:23 am
by Hercules Louw
Armand, jou 75gr V Maxe gaan opbreek in vlug, die twist is te styf en gevolglik is die spin van die koeël te vinnig. Daardie 1 in 7.5 groefdraai gaan die trompsnelheid vir die 6mm Creedmoor in die omgewing van 3050 ft/s beperk, die konfigurasie is eintlik bedoel vir 105gr en swaarder koeëls wat teen 3000ft/s en stadiger geskiet word.

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Mon Aug 13, 2018 8:25 am
by Capt. Yoda
Maar soos Hercules se gaan spoed jou bepalende faktor wees met daai ligter koels

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Mon Aug 13, 2018 8:25 am
by Armand Steenkamp
Hercules Louw wrote:Armand, jou 75gr V Maxe gaan opbreek in vlug, die twist is te styf en gevolglik is die spin van die koeël te vinnig. Daardie 1 in 7.5 groefdraai gaan die trompsnelheid vir die 6mm Creedmoor in die omgewing van 3050 ft/s beperk, die konfigurasie is eintlik bedoel vir 105gr en swaarder koeëls wat teen 3000ft/s en stadiger geskiet word.
Dankie , ek het half so vermoed. Kry mens hulle net is die stywe twist of ook in n slapper 1in 10?

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Mon Aug 13, 2018 10:13 am
by Swede
Armand Steenkamp wrote:
Hercules Louw wrote:Armand, jou 75gr V Maxe gaan opbreek in vlug, die twist is te styf en gevolglik is die spin van die koeël te vinnig. Daardie 1 in 7.5 groefdraai gaan die trompsnelheid vir die 6mm Creedmoor in die omgewing van 3050 ft/s beperk, die konfigurasie is eintlik bedoel vir 105gr en swaarder koeëls wat teen 3000ft/s en stadiger geskiet word.
Dankie , ek het half so vermoed. Kry mens hulle net is die stywe twist of ook in n slapper 1in 10?
Daar word net 'n 1:7.5 gelys op hulle webtuiste so ek glo nie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Tue Jan 29, 2019 8:12 am
by Dumbluck
Geno wrote:My backorder is reeds opgedruk na n groter hoeveelheid toe. Ek het geen indikasie oor wanneer die gewere land i gaan kom nie. Ek het ook Lapua 6mm Creedmoor brass op backorder.
Is daar al lig in die tonnel?

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Tue Jan 29, 2019 8:18 am
by Geno
Nope....

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Sat May 11, 2019 5:09 pm
by Dumbluck

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Sun Aug 18, 2019 4:15 pm
by Arnold
Howa 6mm Creedmoor .... maar hy was hier aanmekaargesit aangesien die oorspronklike Howa's net nie opdaag nie :)




https://www.youtube.com/watch?v=0vt3XgnZje0

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Sun Aug 18, 2019 4:20 pm
by Hugov
Goeie werk!!

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Sun Aug 18, 2019 5:08 pm
by ruaanb
netjiese kolf daai Arnold vertel bietjie meer asb

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Sun Aug 18, 2019 6:46 pm
by Arnold
ruaanb wrote:netjiese kolf daai Arnold vertel bietjie meer asb
Hierdie was Ruan Smal se kolf en is gemaak deur JC van Niekerk. Ek dink hy werk bietjie beter vir hierdie tipe skiet as die B&C kolf wat ek ook het vir die geweer.

Die 105gr RDF is ge-HBN en loop teen so 2950fps met die laaste bietjie S365 wat ek het. Loop is net 24" en het n Gunwarrior range friendly brake op waarop ek die Warrior shorty silencer direk kan skroef.

Hierdie was die eerste skote met die geweer nadat ek die loop ingebreek en hom gezero het. Die RDF se G7 BC is definitief hoër as die 0.275 wat aangegee word deur Litz en dit lyk eerder soos 0.29

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190818/cd40a82a04d5fc243f428472f646df35.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190818/1957674cbe396e879e6592a7d128b9ba.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190818/2b64f2bc98113dbff664b71b0be19eaf.jpg

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Sun Aug 18, 2019 8:54 pm
by Capt. Yoda
Jip jy kan ma werk met .29 tot so .294, is n bitter lekker koel daai RDF.

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Sun Aug 18, 2019 8:56 pm
by Arnold
Capt. Oblivious wrote:Jip jy kan ma werk met .29 tot so .294, is n bitter lekker koel daai RDF.
Sal hom nog fine tune ;)

Re: 6mm Creedmoor Howa

Posted: Mon Aug 26, 2019 10:06 am
by Arnold
Capt. Oblivious wrote:Jip jy kan ma werk met .29 tot so .294, is n bitter lekker koel daai RDF.
Verbasend hoog maar 0.294 werk baie mooi ;)