Page 3 of 3

Re: Bakkie geweer.

Posted: Tue Jul 10, 2018 8:39 am
by Carl
ruaanb wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20180709/1b843b311716b219faa9824e332803bd.jpg
Ruaan dis te mooi vir 'n bakkie geweer, tensy jy 'n Amarok ry ;)

Re: Bakkie geweer.

Posted: Tue Jul 10, 2018 9:30 am
by ruaanb
Issie myne nie lol

Re: Bakkie geweer.

Posted: Tue Jul 10, 2018 2:00 pm
by vbd
Hy ry gelukkig links voor in n hilux, die amarok manne het sekerlik eerder n ar15 in n tas!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Bakkie geweer.

Posted: Tue Jul 10, 2018 4:40 pm
by RevA
Vir 'n bakkie geweer sou ek se 'n 243 met 'n 22 duim loop sou die beste opsie wees. anders 'n howa 6.5x55 met 22 duim loop. Hulle is lekker kort, daar is goedkoop gelaaide ammo en akuraat.

Re: Bakkie geweer.

Posted: Tue Jul 10, 2018 6:11 pm
by Capt. Yoda
Ander opsie is soek een van daai Tikka Varmints in 30.06 wat so op special was. Skiet 125gr Ballistic tips teen 3200fps met n kort loop.

Re: Bakkie geweer.

Posted: Tue Jul 10, 2018 7:18 pm
by geelslang
Cappie ek het klaar een. Sy aansoek hang nog maar hy gaan 'n ander werk kry. Ek het maar besluit op 'n 223 of 22-250 met 50gr punte en 22" loop. Dink hy sal die werk doen...

Re: Bakkie geweer.

Posted: Wed Jul 11, 2018 2:52 pm
by RevA
geelslang wrote:Cappie ek het klaar een. Sy aansoek hang nog maar hy gaan 'n ander werk kry. Ek het maar besluit op 'n 223 of 22-250 met 50gr punte en 22" loop. Dink hy sal die werk doen...
Behoort goed te werk. watse tipe 50gr punte gaan jy gebruik?

Re: Bakkie geweer.

Posted: Wed Jul 11, 2018 3:11 pm
by geelslang
Sierra se 50gr Blitz Varminter. Ek het al gevind dat hulle so bitjie harder is as 'n vmax juis vir die odd bladskoot.

Re: Bakkie geweer.

Posted: Wed Jul 11, 2018 4:22 pm
by joe rocket
Hie is net die roer, 500 Jeffrey, skiet alles van n spreeu tot n olifant.

Re: Bakkie geweer.

Posted: Wed Jul 11, 2018 5:22 pm
by DWB
Dis 'n mooi 500 Jeffery daai Joe, waar bevind hy homself

Re: Bakkie geweer.

Posted: Wed Jul 11, 2018 5:28 pm
by joe rocket
By John Brussels in Parow. Vanoggend na hom gaan loer. Pel van my wil hom koop. Stry nog bietjie oor die prys, John soek R50k, maar o hel dit is n mooi roer.

Re: Bakkie geweer.

Posted: Wed Jul 11, 2018 5:33 pm
by DWB
Wou sê dit lyk soos John se handewerk.

Jong, ongelukkig kom mens redelik met min moeite by R50k uit deesdae, maar ek sou hom ook bietjie druk as hy kon!

Re: Bakkie geweer.

Posted: Wed Jul 11, 2018 5:37 pm
by Swede
Sonder 'n recoil pad is dit 'n winskoop!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Bakkie geweer.

Posted: Mon Jul 23, 2018 6:01 pm
by Dash431
My bakkie geweer is n .375H&H Brno ZKK, gelaai met 230gr Peregrine VRG4’s teen 2900fps.
Werk baie lekker.

Re: Bakkie geweer.

Posted: Sat Jul 28, 2018 10:40 am
by Umshwati Boy
Was altyd 'n 308 (18"Loop) met KD.

Gaan hom nou ruil met 'n 22 Hornet.