Page 3 of 3

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Posted: Fri Feb 08, 2019 10:53 am
by Dumbluck
Het darm weer kans gekry vir laai en skiet vandat ek laas naweek by die huis geland het.

Ek het 'n .222 mandrel by Sudami bestel, maar hy het .2215 hier aangekom. Ek moes toe die doppe se nekke rek met dry neck lube en die .222 carbide button in die sizing die, punte seat nou mooi glad.
Ek weet nou nie hoe skeef hy die doppe se nekke druk en trek nie ma ek wil nou net al 300 doppe geskiet kry en dan sal ek met once fired doppe weer dinge ernstig vat.
Ek het ook 'n MDT LSS chassis bestel en wag vir hom voor ek te erg gaan kyk na groepe. Na my Savage LRP my so grys hare gegee het aan die begin oor n kolf wat raak en slegte bedding job daarna wil ek nie weer twyfel of dit my ladings of die kolf is wat groepe affekteer nie.

Ek het QL kalibreer met die 23.2gr lading van die eerste dag geskiet en toe gekom op 23.6 vir 2967fps, ek laai toe ladings en gaan skiet Dinsdag om Moorreesburg maar hy skiet toe als baie hoër as wat ek voorspel het. Ek het toe ook 'n N540 lading probeer. Dankie Gawie vir die hulp met QL.

Ek laai toe Woensdagaand kry toe Donderdag my pa en 'n pel op Riebeek Kasteel, dit was sommer lekker warm maar daar was 'n briesie wat ons gered het. Die 2 ladings sommer net bietjie laer gelaai as Dinsdag. Ek will net bietjie deur die doppe kom.

Groep gewys nog niks spesiaal gekry nie, altwee ladings het darm 5 uit 5 hits op 'n 200mm gong op 335m geklap. Soos ek sê ek sal ernstig raak as ek die chassis het en met once fired doppe begin werk.

130 skote deur die geweer en hier is die data wat ek het sover, alles virgin doppe. Ek gebruik 'n Labradar en BR4 Primers.

https://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=43908&sid=206f3629cd06dc15412dc305bd6e6332

https://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=43909&sid=206f3629cd06dc15412dc305bd6e6332

https://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=43910&sid=206f3629cd06dc15412dc305bd6e6332

Ek sal enige raad waardeer op wat ek volgende kan laai N530 en N540. Ek gaan more my meisie neem om die eerste keer met "haar" geweer te skiet :)

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Posted: Tue Mar 05, 2019 9:18 am
by Dumbluck
Mamma het uiteindelik kans gekry om haar geweer te skiet :)





youtube wil nie embed nie, hier is die link:

https://www.youtube.com/watch?v=6gs8AL5m-TY

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Posted: Tue Mar 05, 2019 10:54 am
by ruaanb
lekker man

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Posted: Sat Mar 09, 2019 5:57 pm
by Dumbluck
Chassis het uiteindelik gekom, natuurlik is my bestelling nie volledig nie Image ma ek kan darm gaan skiet maandag :)

Geweer weeg presies dieselfde met ou kolf en met chassis, 5.2kg sonder bipod.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190309/0d78a3f2052a3b6ef577a9d2f3f11d56.jpg

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Posted: Mon Oct 21, 2019 4:39 am
by Dumbluck
'n Nuwe baadjie aan

//uploads.tapatalk-cdn.com/20191021/a8c589d179313ca1f2e7315fe0ab660b.jpg

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Posted: Mon Oct 21, 2019 7:11 am
by Swede
Baie mooi!
Watse kolf is dit?

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Posted: Mon Oct 21, 2019 7:32 am
by Dumbluck
Swede wrote:Baie mooi!
Watse kolf is dit?

Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Baie dankie, dit is n KRG Bravo, lekker aluminium ruggraat en polymer panele rondom. Sal nog meer fotos neem van hoe hy aanmekaar sit Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Posted: Mon Oct 21, 2019 9:09 am
by figjam
Nice Adri. Ek wag self vir 'n FDE een. Gee bietjie terugvoer, hoe vergelyk hy vir jou met die MDT?

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Posted: Mon Oct 21, 2019 8:19 pm
by BeesBreet
Dit lyk sommer baie beter as die waffle chassis!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Posted: Mon Oct 21, 2019 8:21 pm
by Arnold
Ek moet self sê dat dit mooi is!

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel

Posted: Sat Nov 02, 2019 10:29 am
by Dumbluck
Vir die wat wonder hoe die KRG Bravo eintlik lyk, hier is al sy dele. Hierdi is 'n Howa Kort Aksie model. Het 1 staal 308 mag saamgekry maar die is n 223 so ek gebruik MDT 223 Polymer magasyne.

In my opinie te veel bewegende/los dele, veral die plaat vir die voorste aksie skroef ma kom ons kyk hoe hy homself gedra. Anders is alles baie goeie kwaliteit.

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image