Page 3 of 10

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sun Aug 13, 2017 6:56 pm
by Hein22
Ek sou voorstel begin om hulle om en by kaliber diepte te seat ek kyk wat maak hulle. Ek laai myne tpl 57mm. Onthou, teensy jy met 'n comparator gaan laai gaan jy verskillende tpl's kry aangesien ek nie die doppies dieselfde lengte trim nie.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Aug 17, 2017 5:00 pm
by Hein22
Dankie vir almal wat bestel het, dit word opreg waardeer. Amper almal se koeeltjies is nou gestuur so kom gee asb terugvoer wanneer julle bietjie kon skiet.

Ek het intussen geleentheid gehad om so bietjie te speel en onder is twee fotos van die groepe wat mens kan verwag. Die een groep was 15 skote en die ander een 10 skote, almal op 100m geskiet. Ek sal nog bietjie met S321 gaan probeer en kyk wat maak hy. Lyk of 1 - 1.5moa die verwagte akkuraatheid gaan wees met hierdie koeeltjies.

Ek gaan nog so paar duisend 50gr koeeltjies maak dan kom daar 58gr en 65gr koeeltjies by.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Aug 17, 2017 7:13 pm
by ruaanb
weereens dankie Hein

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Aug 17, 2017 7:21 pm
by Arnold
Net n vraag, het jy probeer om ordentlik ladingontwikkeling met die outjies te doen?

'n voorstel van my kant af is om dalk 65gr te skip en na 70gr te gaan indien moontlik. 70gr behoort mooi te werk in al die 9 twist lope?

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Aug 17, 2017 7:51 pm
by Hein22
Arnold, ek het nog nie met die tpl van die koeeltjies gespeel nie of met S321 nie so die groepe kan heel moontlik verbeter. Ek skiet ook seker nie met die heel akkuraatste platform nie, dit is maar 'n savage axis youth model.

Die groep bo is die beste van die ladings soos ek die nodes gesoek het en het toe sommer weer daai lading gelaai om te kyk hoe konstant die koeeltjies skiet, 4 en self 5 skoot groepe kan soms misleidend wees maar 10 en 15 skoot groepe darem nie.

Daai groepe is vir my aanvaarbaar - ek kan hulle gemaklik met 'n vuurhoutjie boksie toe maak, nog goed genoeg vir kop skote op 100m. Moet hulle nog bietjie op 200m skiet. Die doppies / jacket gewigte verskil met tot 0.4gr alhoewel 80% van hulle binne 0.2gr van mekaar is. Indien ek doppies moet weeg en trim na de-rimming word dit 'n baie groot werk.

Indien jy 1/4 moa groepe wil skiet is daar beslis meer gepaste koeels, maar vir varminting, speel op die skietbaan en selfs culling in die aand behoort die koeeltjies ideal te wees, en baie goedkoop. Self AR skiet vir 3 gun maak dit vir my sin. Horses for courses.

Ek kan verseker die 70gr maak ipv 65gr, ek het maar eers vandag besluit om so bietjie verskeidenheid in te bring. Ek oorweeg dit ook sterk om beter gehaalte koeels te begin maak i.e. ordentlikke jackets, boat tail etc. Sal maar sien wat hou die toekoms in.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Aug 17, 2017 7:56 pm
by jankraay
As jy 65gr gemaak het laat weet my asb. Sal hulle in die .223AI toets.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Aug 17, 2017 8:14 pm
by Jacques van Eeden
En ek die 70 gr in die 22-250

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Aug 18, 2017 8:22 am
by Raakgeskiet
Môre Hein.
Het jy daai groepe met 'n 223 geskiet?
65g sal ook mooi werk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Aug 18, 2017 8:26 am
by Hein22
Yes, dit is met 'n 223 geskiet. Die spoed is so 2780 - 2800 FPS.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Aug 18, 2017 8:56 am
by Arnold
Ek sien uit na dit wat hier gaan gebeur!

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Aug 18, 2017 8:32 pm
by ruaanb
die winchester super x gaan ek more bietjie toets//uploads.tapatalk-cdn.com/20170818/341e123eb112638f30ba98e3f363e547.jpg

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sat Aug 19, 2017 7:21 am
by Armand Steenkamp
Ontou tog, moet nou nie die ander kalibers staan en afkeep nie... 204 en 6mm......

Oja, Hein het jy nou al aan n naam vir jou pitte gedink??

Groetnis

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sun Aug 20, 2017 8:19 am
by ruaanb
Ek het toe 23.6 , 23.8 en 24gr gelaai wat ek gebruik het vir vmax net om n idee te kry.
die 4de skoot elke keer was n lekker flyer.
ons teorie was dat die hitte van die loop n invloed kan he op die sagte mantel.

24gr het soos n haelgeweer gelyk so ek gaan van 23.6gr af laai en kyk hoe dit lyk.

vir speel en trigger time op 100m is ek heel tevrede.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170820/c2217eb8ea48f0a454a717843b6ae7a3.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20170820/68aafc6a3d4225cca6573bf16659f494.jpg

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sun Aug 20, 2017 8:40 am
by Raakgeskiet
Probeer asb die foto's hier opsit.
Ek kannie daai goed kry nie. ++>:
Dankie

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sun Aug 20, 2017 9:16 am
by Philip J
ruaanb wrote:Ek het toe 23.6 , 23.8 en 24gr gelaai wat ek gebruik het vir vmax net om n idee te kry.
die 4de skoot elke keer was n lekker flyer.
ons teorie was dat die hitte van die loop n invloed kan he op die sagte mantel.

24gr het soos n haelgeweer gelyk so ek gaan van 23.6gr af laai en kyk hoe dit lyk.

vir speel en trigger time op 100m is ek heel tevrede.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170820/c2217eb8ea48f0a454a717843b6ae7a3.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20170820/68aafc6a3d4225cca6573bf16659f494.jpg

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sun Aug 20, 2017 9:22 am
by Jake1
My node met 50gr is 3290fps. Is dit te vinnig en of gevaarlik?

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sun Aug 20, 2017 1:25 pm
by Raakgeskiet
dankie vir die foto's

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sun Aug 20, 2017 1:59 pm
by Arnold
RuaanB daai ladings klink baie lig, ek sou sê jy moet meer poeier gooi

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sun Aug 20, 2017 7:50 pm
by ruaanb
Ek gaan so maak Arnold dankie.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Mon Aug 21, 2017 8:01 am
by Hein22
Dankie vir die laat weet Ruaan, hou ons op hoogte asb. Ek sal ook graag van die ander manne hoor hoe maak die koeels met hulle.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Mon Aug 21, 2017 9:34 am
by Spanner
Ek sal laat weet sodra ek kans gehad het om by die baan uit te kom...dinge is maar vrek besig deesdae.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Mon Aug 21, 2017 5:58 pm
by Philip J
Jake1 wrote:My node met 50gr is 3290fps. Is dit te vinnig en of gevaarlik?
Ek het dié Ammocills waarvan ek die "coating" verwyder het, teen omtrent daai spoed geskiet sonder probleme.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=31&t=51359

Help my asb reg as ek verkeerd is, maar die koele van Hein is mos baie dieselfde as wat die Ammocills was.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Mon Aug 21, 2017 8:34 pm
by Hein22
Yes Philip, dit is dieselfde as ammocil koeels.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue Aug 22, 2017 6:52 pm
by Jake1
Ek het teen spoed van gem 3065fps geskiet met 24.3gr s335. Die 1e groep links het my baie moed gegee, toe kom die 2e groep regs. My loop was nie warm met die verskillende groepe nie. My tpl was 57mm.

My poging was om na 3290fps te gaan maar my berekeninge was verkeerd.

Ek skiet met n cz model 527 in 223 met 1:12twist.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Wed Aug 23, 2017 10:53 am
by Hein22
Dankie vir die laat weet Jake.