Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die reels?

470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by 470rigby »

Dankie vir die compliment Wouter, ek waardeer dit. Gregor Woods het destyds die "long for calibre" verdigsel gepropageer, en ek kon hom nie anders oortuig nie, maar nou ja....
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by Max Rossle »

Nou... Is daar manne wat voel daar is nuwe "minimum kalibers" wat dalk kleiner is maar om en by dieselfde terminal ballistics bied as die .375 H&H en 9.3x62?

Soos, bv, die .338 Win Mag soos bo uit een gesit?

Die onderwerp bly interessant.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by Johan van Wyk »

Zim se reels is in die mid-1980's deur wyle Don Heath oorgeskryf. Hy was `n groot 9,3x62 aanhanger so hy het dood eenvoudig die minimum energie vereistes so geskryf dat die 9,3x62 gekwalifiseer het. Daar was op daardie stadium niemand meer in beheer by Parke in Zim wat die kennis gehad het om met hom te kon stry nie (hy het op daardie stadium nog in die navorsings afdeling van Zim Parke gewerk) so dit het sonder slag of stoot deurgegaan. Voor dit was die .375 H&H die minimum versiste.

Een of twee ander lande, Mosambiek byvoorbeeld, net geen minimum vereistes nie. Iemand het nie te lank terug nie daar `n buffel op die vlaktes met `n 6,5x53R geskiet. Ek is redelik seker dat die deursnit PH nie so toertjie gaan toelaat deur enigiemand nie maar die persoon wat dit gedoen het is nogal bekend en het baie diep sakke. Die feit dat `n bekende Amerikaanse geweerskrywer en `n hele kameraspan by was (om nie te praat van verteenwoordigers van die organisasie wat die outfitter se anti-poaching help borg nie) het vir seker ook `n verskil gemaak.

Meeste lande het maar die .375 H&H as minimum vereiste aanvaar omdat dit `n sinlike medium is. Dit het genoeg slaankrag om enigiets dood te skiet en ek ken nie `n PH wat gaan kla as sy klient met `n .375 van die vliegtuig afklim en `n buffel wil skiet nie. Die oorsprong van die "minimum .375" vereiste is aanvanklik ingestel deur die ou Oos-Afrika Professionele Jagtersvereniging. Inteendeel, minimum vereiste tot in die 1960's was .40 gewees maar toe ammunisie begin skaars raak het vir die Britse grootkalibers is dit aangepas na .375 toe.

Nuwer koeels het vir seker `n verskil gemaak maar nie almal bo in Afrika weet van al die nuwe dinge nie so dis nie `n wenbare argument teen een of ander amptenaar nie, maak nie saak hoe dood `n .338 `n buffel sonder twyfel kan skiet nie.
Post Reply