Page 3 of 3

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Tue May 30, 2017 11:31 pm
by JPS
Frikkie Coetzee wrote:Watter datum is die WP ope? Ek wil afkom.

Jan gaan jy af vlieg dan tel ek jou op by lughawe. Hopelik sal Renier my nie weer hoef in te tou nie. Die eerste keer toe pak my bakkie se enjin mos op halfpad tussen S&O en Atlantis
Ai Frikkie,

Ek wil bitter graag maar Tristan skiet Sa's daai week. Newcastle en dan Douglas so dis bietjie wyd weg.

Maar 2020 is ek daar dv.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed May 31, 2017 11:24 am
by Petrie303
swc-tr wrote:
JPS wrote:Sien paar F klas Proteas in daai foto...
Jan, ek sien weer 'n paar blinde, gebreklike ouens, hulle kan nie sien of self die geweer vashou nie.............. >:D >:D :laugh: :laugh:
Praat die man wat F-Klas begin het....????

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed May 31, 2017 8:07 pm
by FDV
Witpietskiet wrote:
Francois wrote:Hi

Het bietjie gesukkel om dit op te laai, maar hier is hy nou. Die WP Bisley 2017 jaarprogram.
Francois, gaan jy die WP Ope skiet in Oktober?

Ons is n paar manne wat beplan af te kom vir die shoot.

Virseker gaan ek WP skiet. Ons het die Nambiërs verlede jaar gemis.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed May 31, 2017 8:14 pm
by FDV
Frikkie Coetzee wrote:Watter datum is die WP ope? Ek wil afkom.

Jan gaan jy af vlieg dan tel ek jou op by lughawe. Hopelik sal Renier my nie weer hoef in te tou nie. Die eerste keer toe pak my bakkie se enjin mos op halfpad tussen S&O en Atlantis

WP Ope is van 4 tot 7 Oktober 2017. Woensdag die 4de is die gewone spanskiete voor die eintlike Ope.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed May 31, 2017 8:16 pm
by FDV
Charles.308 wrote:Hi Francois
Kan jy bietjie meer inligting gee oor FTR-skiet soos
Hoeveel kos dit om op n Saterdag te gaan skiet.
Hoelaat begin julle en tot hoelaat skiet julle.
Hoeveel skote op 300, 600, 900

Wou nog altyd probeer , maar nooit so ver gekom om dit te doen nie.
Dankie
Charles
Ek dink daar is 'n paar ouens naby Grabouw wat Woensdae oggende bietjie oefen.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Tue Nov 28, 2017 11:32 am
by FDV
Ons kyk daarna om 'n nuwe klas / afdeling by te voeg by die Bisley skiete. Dit sal fklas sportskiet wees. Gemik op die ouens wat langer afstande met hulle jaggewere wil skiet. Komende Saterdag is daar 'n 500 en 600m skiet by Atlantis. Laat weet as julle belangstel. Francois de Villiers

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Tue Nov 28, 2017 11:35 am
by swc-tr
Aka Super League, soos beofen in Potch en Middelburg.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Tue Nov 28, 2017 11:41 am
by Arnold
Francois wrote:Ons kyk daarna om 'n nuwe klas / afdeling by te voeg by die Bisley skiete. Dit sal fklas sportskiet wees. Gemik op die ouens wat langer afstande met hulle jaggewere wil skiet. Komende Saterdag is daar 'n 500 en 600m skiet by Atlantis. Laat weet as julle belangstel. Francois de Villiers
Ek is seker daar sal 'n klompie gereelde XSSSA skuts deelneem as hulle toerusting kwalifiseer

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Tue Nov 28, 2017 4:21 pm
by Swede
Wat is die vereistes?

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Tue Nov 28, 2017 5:59 pm
by Rasmus
Hallo Swede

Hier in Middelburg skiet ons springbok op 300m, blesbok op 500m en blouwildebees op 600m. Huidiglik kan jy met enige geweer kom deelneem. Kaliber beperking is .338 en jy mag met n knaldemper skiet. Huidiglik gebruik die meeste ouens bipods en n sandsakkie agter. Jy mag ook n f klas front rest gebruik.

Daar is vlae op die baan vir wind, so windmeters en so aan word nie toegelaat nie.

Daar is rumours dat dit volgende jaar bietjie gaan verander, waar daar moontlik n ope klas gaan wees en n jag geweer klas!

Die manne met hulle jaggewere skiet baie kompeterend saam. Middelburg se datums vir volgende jaar is as volg 1) 17 Feb 2) 14 April 3) 28 Julie en 4) is 18 Aug

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Tue Nov 28, 2017 7:32 pm
by JPS
Rasmus wrote:Hallo Swede

Rasmus,

Laat julle 3poot f klas russe toe ? Of 2poot FTR russe?

Superliga in Potch laat slegs 2 poot rus wat aan wapen vas is toe. Welke dit FTR tipe rus is of harris tipe maak nie saak nie.

Potch se skiet is:
300y Jakkals
500y springbok
600y blesbok en
800y BWB

Mooi loop

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Tue Nov 28, 2017 7:36 pm
by JJV
Hallo waar kan mens meer inligting kry oor Superliga in Potch? Het hulle ‘n website of kan iemand dalk met reels help? Groete JJV

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Tue Nov 28, 2017 9:30 pm
by Rasmus
Jps

Ons laat beide toe. Potch doen die dinge bietjie anders.

Daar gaan waarskynlik veranderinge in die nabye toekoms kom. Dit sal wel vroeg in die nuwe jaar gekomunikeer word sou dinge verander.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Tue Nov 28, 2017 10:18 pm
by JPS
Rasmus wrote:Jps

Ons laat beide toe. Potch doen die dinge bietjie anders.

Daar gaan waarskynlik veranderinge in die nabye toekoms kom. Dit sal wel vroeg in die nuwe jaar gekomunikeer word sou dinge verander.
Reg so dankie.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Tue Nov 28, 2017 10:20 pm
by JacquesT (Stompe)
Rasmus wrote:Jps

Ons laat beide toe. Potch doen die dinge bietjie anders.

Daar gaan waarskynlik veranderinge in die nabye toekoms kom. Dit sal wel vroeg in die nuwe jaar gekomunikeer word sou dinge verander.
As daai veranderinge by jagters klas 'n ekstra afstand is sal dit great wees, dan sal ons verseker kom draai.

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed Nov 29, 2017 5:24 am
by Rasmus
Jacques

Die kanse is baie goed vir die jakkals op 300m, dan skuif die res op!

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed Nov 29, 2017 9:03 am
by Dumbluck
Ek stel ook belang, hou ons asb. op hoogte as iets die Kaap se kant gebeur.

Sent from my SM-T719 using Tapatalk

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed Nov 29, 2017 9:34 am
by JacquesT (Stompe)
Rasmus wrote:Jacques

Die kanse is baie goed vir die jakkals op 300m, dan skuif die res op!
Dankie Rasmus,

Sal jy sommer julle datums hier plaas sodra dit gefinaliseer is.

Sien jou daar.

Groete

Re: FTR en Bisley skiet

Posted: Wed Nov 29, 2017 1:13 pm
by Rasmus
JacquesT (Stompe) wrote:
Rasmus wrote:Jacques

Die kanse is baie goed vir die jakkals op 300m, dan skuif die res op!
Dankie Rasmus,

Sal jy sommer julle datums hier plaas sodra dit gefinaliseer is.

Sien jou daar.

Groete
Middelburg se datums vir volgende jaar is as volg 1) 17 Feb 2) 14 April 3) 28 Julie en 4) is 18 Aug