Page 3 of 7

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Mon May 22, 2017 3:07 pm
by Geno
Mooi Hennie!

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Mon May 22, 2017 3:27 pm
by velti.botha
Baie geluk Hennie. En? Hoe voel jy? Ek trek ook nou amper by 4 maande. My groot uitdaging kom oor so paar weke, ons gaan so vir 10 dae in Namibia jag. Maar ek sien kans, die ergste is nou al lankal verby.

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Mon May 22, 2017 5:57 pm
by jankraay
Gaan vir 4 jaar skoon sonder enige hulp middels. Vasbyt manne.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Mon May 22, 2017 9:19 pm
by Hennie Oelofse
Geno wrote:Mooi Hennie!
Thanks Geno!!

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Mon May 22, 2017 9:23 pm
by Hennie Oelofse
velti.botha wrote:Baie geluk Hennie. En? Hoe voel jy? Ek trek ook nou amper by 4 maande. My groot uitdaging kom oor so paar weke, ons gaan so vir 10 dae in Namibia jag. Maar ek sien kans, die ergste is nou al lankal verby.

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Baie dankie man. Ek voel baie beter, ek moet sê... meer energie. Kos smaak lekkerder. Ek ruik beter, en dis lekker om weer diep te kan asem haal. Sterkte met daai jag trip, staan sterk!!!

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Tue May 23, 2017 8:51 am
by avo
GELUK HENNIE.

Ek sukkel self nog om die goete te los.

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Tue May 23, 2017 10:29 am
by Ashley
Hennie Oelofse wrote:Sien ek het January gepost toe ek oppad was om te stop.

Ek is baie trots om te sê ek is nou amper 4 maande vry van die verslawing!!!!
Mooi Hennie hou so aan!
Ek is nou self amper 4 maande rook vry. Ek kan dieselfse sê oor hoe alles smaak, en dat ek minder uit asem is.
My longe voel ook skoner, en my vrou het nou di dag vir my genoem dat sy nie meer n druising hoor as ek asem haal nie.

Ons was begin Mei op n jag trip, en ek moet erken dit was eintlik glad nie moeilik nie. Uit 10 ouens was daar in elkgeval net 2 wat gerook het so daar was nooit rerig enige versoeking nie.

Ek mis dit glad nie!

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Wed May 31, 2017 11:34 am
by tobie
Sterkte almal....Ek het self nou so 6weke terug op gehou met bietji hulp van champix en ng iets vir die humeur..... n Taai stryd hoop almal kry it onder

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Sun Jun 11, 2017 5:43 pm
by karoo.vellies
tobie wrote:Sterkte almal....Ek het self nou so 6weke terug op gehou met bietji hulp van champix en ng iets vir die humeur..... n Taai stryd hoop almal kry it onder

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Hoe goed werk pille? Soos wat doen dit?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Sun Jun 11, 2017 7:34 pm
by tobie
Dis haal net die edge van jou af...will power is egter als... Ek ht n fidget spinner gekry vir kinders nou gebruik ek hom om my hande besig te hou[GRINNING FACE WITH SMILING EYES]

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jul 28, 2017 2:44 pm
by Hennie Oelofse
7 maande skoon.....

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jul 28, 2017 2:50 pm
by Lourens Potgieter
Daai is yslik goed! Ek sal 26 September 2 jaar vry wees na 3 miljoen pogings. Dis 'n verskriklike verslawing wat geen Nie roker kan verstaan nie.

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jul 28, 2017 3:05 pm
by Hennie Oelofse
Deeg (Lourens) wrote:Daai is yslik goed! Ek sal 26 September 2 jaar vry wees na 3 miljoen pogings. Dis 'n verskriklike verslawing wat geen Nie roker kan verstaan nie.
Thanks Deeg, ja dit word elke week makilker! Ek kan nou nie glo ek was so stupid gewees om te rook nie.

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jul 28, 2017 6:50 pm
by Ashley
Netjies Hennie!
Ek self nou 6 maande. Dit pla glad nie meer nie.
Hou so aan.

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jul 28, 2017 6:57 pm
by Ashley
Deeg (Lourens) wrote:Daai is yslik goed! Ek sal 26 September 2 jaar vry wees na 3 miljoen pogings. Dis 'n verskriklike verslawing wat geen Nie roker kan verstaan nie.
Daai is waar ja. Vir jare het ek gedink dis die moeilikste ding in die wêreld om op te hou.
Ek het self seker 20keer "opgehou", net om weer dae later te begin. Ek wou ophou, maar wou ek rerig..?!

Maar die laaste keer het ek net anders oor die ding gevoel...die regte "mindset" gehad.
EK WOU NIE MEER ROOK NIE.

Nou ja, rook is vir my nou soos n vaagweg gebeurtenis wat eenmaal lank terug met my gebeur het...

Die wat gestop het, hou so aan. Dit is die beste bealuit wat jy in jou lewe kan neem.

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jul 28, 2017 9:28 pm
by Basjan123
Al julle manne wat opgehou rook het , BAIE GELUK !! . Is julle bewus daarvan dat julle lewens versekering premies omtrent halfveer kan word as julle dit deurgee aan die versekerings maatskappye? Nog 'n paar rand om te spaar....

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jul 28, 2017 9:54 pm
by Pappabeer
... a fire on the one end and a fool on the other...

Om n ou ou liedjie aan te haal. Welgedaan aan die manne wat ophou

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Sat Jul 29, 2017 11:13 am
by Hennie Oelofse
Basjan123 wrote:Al julle manne wat opgehou rook het , BAIE GELUK !! . Is julle bewus daarvan dat julle lewens versekering premies omtrent halfveer kan word as julle dit deurgee aan die versekerings maatskappye? Nog 'n paar rand om te spaar....
Goeie punt Basjan. Ek moet hulle bietjie bel.

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Sat Jul 29, 2017 4:58 pm
by joe rocket
Of hou julle premies dieselfde ek kry meer dekking.

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Sun Jul 30, 2017 8:03 am
by Smitstertjies
joe rocket wrote:Of hou julle premies dieselfde ek kry meer dekking.
Wyse man!

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Tue Aug 01, 2017 7:52 am
by DriesdlR
....loop nou 4 weke en so ver so goed.

Vasbyt en sterkte aan al my mede ....ophou rokers!

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Sun Sep 24, 2017 8:00 pm
by Ashley
Ashley wrote:Netjies Hennie!
Ek self nou 6 maande. Dit pla glad nie meer nie.
Hou so aan.
Naand boys!
Ek sit ek dink nou hier op "braai dag", hoe gaan dit met almal wat ophou rook het?
Beste besluit van my lewe steeds... 8maande skoon.
Julle ouens?

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Mon Sep 25, 2017 8:35 am
by Witpietskiet
Na 3 jaar 8 maande kry nog lus vir rook veral as ek op die skietbaan of in die jagveld is.
Behalwe vir die hele paar extra kilo's wat ek opgetel het was dit een van my beter besluite gewees om op te hou....

Sterk staan

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Tue Sep 26, 2017 8:40 am
by Lourens Potgieter
Vandag presies 2 jaar. Beste besluit van my lewe.

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Tue Sep 26, 2017 9:20 am
by Geno
10 dae weg van 3 jaar af vir my. Ek is die swaarste wat ek ooit was, maar ek is gesond!