Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post Reply
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Christo »

Jacques

My tor is van die prop af. Waarvan praat jy.  ???  ???  ???

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

projag wrote:
...S? vir onse Hennerik hy moet laat kom...
Projag

Ek is nie "Hennerik" se tjom nie.  Daar is manne wat hom beter ken as ek.  Verder (as ek my nie misgis nie) het ek iewers gesien dat hy 'n moderator is hier op die forum.  As hy moderator is, lees hy seker seker wat ons s??  Dalk kan hy ons inlig.

Kortliks wat hy my vertel het, is dat hulle 'n verskeidenheid toetse met van die top scopes in die bedryf gedoen het.  Van kwaliteit van die optics tot of die goed toewasem ens. ens. - spesifiek met jakkalsjagters se behoeftes in die agterkop.  Van die scopes is bitter naby aan mekaar getoets maar een het met 'n katspoegie gewen.  Wonder of dit nog die beste is noudat hulle dit nie meer verkoop nie?

Hoop ons hoor iets.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Projag

Hopelik was dit nie net verkoopsstories nie.  Laat ons van die manne hoor.  Hulle is mos in die ideale posisie om die ware feite aan ons deur te gee.  Dalk nooi hulle 'n paar jakjagters om volgende keer saam te kom toets.  Dit sal lekker wees om die waarheid te weet.

Groetnis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

CALDO:
NIKON het omtrent 10 recticles...nuutste is glo die BDC RECTICLE. sulke ronde sirkeltjies om 200 300 400 ens aan te dui.. fine croshair,duplex...fine_croshair emt dot..., mildot,mildot  luminated groen of rooi,recticle nr 4 - german nr 4.. die nikon monarch kom in n paar reekse..X SERIE,E-SERIES,NR3 REEKS ,TITANIUM REEKS EN FIELDMASTER REEKS.
by die xreeks sal ek net die 4-14X56 aanbeveel om na te kyk, e series se maks vergroting is 10 ..die 3 reeks,  het n paar wat verder gaan as 10X  die grooste is die 8-32X50 in die rifles scope reeks sal ek dalk na die 6-18X50 kyk...maarloer by www.nikon.com/sportoptics/ da sal jy al die info kry...
sterkte..
groete
Jacques

projag:

ns.
hoekom koop mens n mercedes  as n tatta indica jou ook kan bring van punt a tot punt b..
die jakkalse weet nie met watse scope hulle geskiet word nie, hulle het nie nodig om te weet nie..MAAR
ek weet deur watse scope ek kyk as ek skiet...en dis die jagter  wat die jakkals moet sien ...en nie net sien nie, vertrou,en hoe duideliker jy sien hoe meer selfvetroue het jy
en heo makliker skiet jy ..
ek het al in die koue gesit en n jakkals sien inkom en die scoep gevleok toe hy al meer en meer toewasem....mieskien is dit net my asemhaling of my adrenalien wat gepomp het,
maar dis aan die einde elke ou se keuse koop n ding wat vir jou werk..punt...wat die beste is -is die eenw at vir jou die beste keuse was...--is die een wat jy op jou geweer het ...anders sou jy hom nie opgesit het nie..maak nie saak wat dit is nie, nikko Sterling  of swartworski---elke ou koop die beste wat hy kan bekostig.....
mooi dag almal..
   
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

CHRISTO.
Wa het jou tor afgeval lag lag lag
Toe jy die nightforce wil inruil en n zeis koop, toe bied ek sommer aan om jou nightforce te koop...lag lag lag.......voor jy van plan verander en die nightforce hou.......
wanneer kom jou zeis?
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Christo »

Ek sien nou dis nie my tor se skuld nie. Ek issie in die pricerange van Nightforce wat nog te s? Zeis nie. Dit is sekerlik iemand anners s'n. Nie dat ek sou kla as dit so was nie. My deftigste scope is 'n 3-12 X 40 Leupold. Die anner is Lynx'e en ek is heel tevrede. Ek het nou die dag by Janjak 'n 4.5x14x50 Lynx gekoop maar nog nie getoets nie. Tyd is maar min die tyd van die jaar.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Calldo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:49 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Calldo »

Jacques

Baie dankie vir inligting. sal gaan kyk!

Groete
Calldo
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

As julle teleskope wil vergelyk, dan sit jy die scope op jou eie rig en kyk dan. Het in hierdie week met die geweer moleste 'n paar ander teleskope op my rig gehad en ek was darem tog te bly toe my ou scopie en sy maat reg is om weer terug te sit op die rig. Sal hom nie verruil nie, nie meer nie.

Taffie
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Freddie101 »

projag wrote: .
Het sopas 'n Nikon Monarch Gold ( prys pas my sak ) gekoop
Hoeveel het die nikon gekos en hou ons ook op hoogte van sy prestasies. Was hy al op toe die jakkies van diefoto geskiet is
Groete freddie
yol bolsun
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Janjak »

Ek sien Cabelas het n promosie aan op Nikon vir n Teleskoop en rangefinder.
Eish nou jeuk ek darrem kwaai. :D

3-9x40 ProStaff scope & ProStaff 550 rangefinder vir $279.99!
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Janjak »

Projag,
dankie, dit gaan egter meer oor die hondjie as oor die halsbandjie. Ek hou van daai Nikon R/finders en die teleskoop sal n bonus wees.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Oom Louis

Suster seisie is oppad. Reticle 43, non-illuminated.

Is dit nie veronderstel om eerder 'n 6-24x56 te wees nie?
:-X

Ja3
Last edited by Ja3 on Thu Aug 20, 2009 4:14 pm, edited 1 time in total.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Ja3 wrote: Is dit nie veronderstel om eerder 'n 6-24x56 te wees nie?
Baie geluk.  Nou het jy daai nommer eindelik reg.  Laat weet hoe dit gaan.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Aangewals by die poskantoor. Deure toe, hulle staak mos.
Nou l? daai duur pakkie seker erens.
Maak my sommer negatief.

Ja3
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Slyp solank die angel, ou Sk?rpe.

As jy in Amerika was, kon jy hulle nou ge"sue" het.  Ter plaatse, moet jy maar geduldig op goeie goed wag, soos dit 'n ervare jakkalsjagter betaam - geduld, geduld, geduld!

Innige meegevoel.
Louis
Ja3 wrote: Aangewals by die poskantoor. Deure toe, hulle staak mos.
Nou l? daai duur pakkie seker erens.
Last edited by Louis102 on Fri Aug 21, 2009 2:38 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by jaracal »

Louis102 wrote:
(Sal graag Janjak se Nightforce wil probeer - klink my hy dink dis 'n beter koop.  :-\   Kan jy bietjie meer uitbrei sodat ons beter kan verstaan wat jy bedoel, Janjak.)

Groetnis
Louis
Hallo Louis
Dit lyk my jy het geld en tyd om te mors. Sorg net dat jy 'n ekstra paar lope het want dit gaan jou meer as net 'n paar rondtes kos om daai scope te laat werk.
Ek het uiteindelik van al 3 N_Forces ontslae geraak. Ek vat 'n leupold bo 'n N-Force enige tyd. Het die laaste NXS vir 'n Lynx geruil (gelykop) en ek dink ek het die beter end van die deal gekry. Daar is nie beter as die Zeiss nie. Daar is dalk twee ewe kniee vir die Zeiss, beter betwyfel ek.

Groete

Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Janjak »

Hein,
as jy dalk weer so ruilgevoel kry, praat eers met my. ek het heelparty Lynxe wat ons kan bespreek en ek sal nie my kussing te nat huil as ek n N fors kry nie.

Jannie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Jaracal wrote: ... Daar is nie beter as die Zeiss nie...
Wat het ek vir julle ges??  Daar het julle dit nou uit die perd se bek!  Dankie Heinrich, ek is doodgelukkig met my Zeiss - wou net graag die scope sien (nie dat ek hom wil h? nie) wat kwansuis beter is, maar jy beaam nou my vermoede dat hy nog gemaak moet word.  8)

Groete, goed om jou deesdae meer gereeld hier rond te sien.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by jaracal »

Janjak wrote: as jy dalk weer so ruilgevoel kry, praat eers met my. ek het heelparty Lynxe wat ons kan bespreek en ek sal nie my kussing te nat huil as ek n N fors kry nie.
Hallo Jannie
Sorry maar ek het nie nog van hulle in voorraad nie ander kon ons gepraat het, ek weet die Amerikaners is mal oor hulle vir teiken skiet maar die parralax is te kretiek vir jag. As jy met die scope kan regkom - hoekom nie? Ongelukkig laat ek my net 3 keer drop, nie meer kere nie.

Groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Tomcat »

Oom Louis

As julle miskien nog 6 blaaie skryf oor n Zeiss kan julle my dalk oortuig vir een. Ek skiet met die sogenaamde ander scopes en sal jou enige tyd oor n jakkie aanvat. ;D Dit wil eerder vir my voorkom daars n skuldgevoel oor die baie geld vir die scope wat nou in skryf omgeskakel word....

Groete ;D
Tomcat
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Tomma

Ek sal mysself probeer inhou om nie te praat van die Zeiss nie...
Hou by dit wat vir jou werk mater, maar jy kan maar droom oor daai helder jakkals..
Skuldgevoel ja, spyt h?, nee. Maar mens kom gou daaroor.

Ja3
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Janjak »

Helder jakkals /dowwe jakkals -ek moet hom net kan optel in die scope :D

Tomma, hulle's gewoonlik baie helder as jy na hom toe aanstap waar hy voetjies in die lug le.

Ja3, jy moet daai monterings op kry en vir ons nou n indiepte verslag gee van daai sysie se werkverigting op jakkals bas.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

JANJAK.
MMM HELDER AS HY DAA LE MET SY VOETJIES IN DIE LUG,,, Sorry seker omdat ek nie die gps gebruik nie,. hy is eers helder as hy kla gekry is en aan die bakkie hang..as jy hom soek  en weet hy moet hier le en jy ruik hom en jy sien hom nie...oelala dan is hy baie dof.....hy raak eers helder as die flits of spotlight op hom val...
HOU WAT JY HET ,,,,EK SAL EERDER SE HOU WAARMEE JY GELUKKIG IS.... SOOS DIE NIGHTFORCE BYVOORBEELD EK HOU HOM , ek geniet hom al is hy een van die ouer modelle voor die NX>>>>>>baie duidelik baie duur weergawes...Ek kon nog nooi vir my as deeltydse jagter meer nut sien vir n jakkals scope as die 8X56 wat ek tans gebruik nie(omdat ek nie meer kan bekostig nie) ;D ;D. moet bieg ek sal graag die nuwe AV 6X18 by 50 wou kry met die nuwe recticle  dis nou die BR recticle....as ek hom eendag kan bekostig wonner wat hy hier kos..gaan loer bietjie ....na die ander scopes...http://www.swarovskioptik.com/en/products/38.. dit lyk na n mooi recticle vir my ....
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Janjak »

Jacques,
ek het juis gisteraand gekyk na die nuwes (Swarof). Ek sien daars n 5-25 en n 5-30 met fensie turrets.
Mar ja, hulles almal baaaaie te duur.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Tomcat wrote: ...As julle miskien nog 6 blaaie skryf oor n Zeiss kan julle my dalk oortuig vir een. Ek skiet met die sogenaamde ander scopes en sal jou enige tyd oor n jakkie aanvat. ;D Dit wil eerder vir my voorkom daars n skuldgevoel oor die baie geld vir die scope wat nou in skryf omgeskakel word....
Tomcat

Ek is bly as jy doen wat jou gelukkig maak, Tomcat.  Lyk my jy is 'n yster met die jakkalsjag ding en dis goed dat jy dink jy kan beter jakkalsjag / skiet as ek.  (Hoe het daai ou van die vierde kabinet nou weer ges?? ) 

Ek hou van jakkalsjagters wat vol selfvertroue is.  Ek gaan, om die rede, beslis nie my tyd mors om jou te probeer oortuig om 'n Zeiss teleskoop op enige van jou gewere te sit nie.  Die enigste rede hoekom ek my opinie oor die Zeiss uitgespreek het, is omdat iemand daarvoor gevra het.(meer as wat jy kan s?)  Glo dit of jy wil of nie, maar van die betrokke Zeiss onder bespreking het ek nogal 'n bietjie ondervinding. (dit sal my nie verbaas as dit meer as joune is nie) 

Ek het nie die "topic" begin nie en het geen behoefte om van enige skuldgevoel (sou daar so iets wees) op 'n openbare forum onslae te raak nie.  As jy my wil aanvat oor feite wat ek kwytraak, s? so.  Ek hou nie van hierdie "skuldgevoel" snert wat jy kwytraak nie.  Ek is gewoond die tannies dit dit op daai manier.  Manne vat mekaar eerder aan oor stellings of dommighede wat kwytgeraak word - baie meer sin daarin om by feite te hou in my boek.   

So, doen jou self dus die guns, as my opinie jou pla, probeer my skrywes in die toekoms vermy.

Louis  >:( ;) ;)


Ns. Tomcat, Tomcat, ek weet jy wou seker net bietjie my gat krap, so laat my reaksie vir jou 'n waarskuwing wees!  Moenie Oom Leeu se bal krap nie!  ;D ;D ;D  Dit sukkel maar om kwaai te klink.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply