Page 3 of 4

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 8:40 am
by Wouter Roets
Hennie van der Merwe wrote:Thanks almal vir jul insette.

My bonus kom einde Aug :-)
Sorry Hennie ek sien nou eers hierdie raak. Dan soek ons maar daardie tyd weer vir jou n scope. ;D

Groetnis
Wouter

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 8:43 am
by LoopSoosStroop
Hoe meer ek lees en hoe meer ek self ver skiet begin ek dink dat vir my ene baie ander se toepassings 'n SFP 'n beter opsie is. Die toestande waarin mens regtig die FFP tot sy reg laat kom is maar skaars.

Soos Hein sê, gebruik die spare change vir 'n goeie rangefinder.

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 8:51 am
by Eugene
LoopSoosStroop wrote:Hoe meer ek lees en hoe meer ek self ver skiet begin ek dink dat vir my ene baie ander se toepassings 'n SFP 'n beter opsie is. Die toestande waarin mens regtig die FFP tot sy reg laat kom is maar skaars.

Soos Hein sê, gebruik die spare change vir 'n goeie rangefinder.
Vir LA skiet, is 'n FFP nie 'n vereiste nie. Dis wel lekker om die kruishaar te kan gebruik vir wind holdover as die wind wispelturig waai en dan maak dit nie saak op watter vergroting jy is nie. Dit kan net so goed met 'n SFP gedoen word, maar dan moet jy sorg dat jy op die gekalibreerde vergroting is.

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 10:25 am
by Sangoma (IAN)
En Eugene slaan die spyker op die kop!

Tensy jy bederf is met n Maaash 5-40 FFP. Mar dis n storie vir n ander dag..... O0

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 10:48 am
by Capt. Yoda
Sangoma (IAN) wrote:En Eugene slaan die spyker op die kop!

Tensy jy bederf is met n Maaash 5-40 FFP. Mar dis n storie vir n ander dag..... O0

Dan gebruik jy hom om eiers op 140m te skiet en dan word jou gat deur n 243 met n 3-9 Lynx op geskop ::) . Kom ek ruil jou n lekker Lynx 6-18 of nog n lekkerder Zeiss 6.5-20 vir daai March dan skiet ek hom soos hulle wou gehad het hy geskiet moet word. Sal laat Vlakvark soldaat vir jou n mooi stel ringe van China af laat kom dan kan hy hulle self vir jou blou spray om mooi by daai roer se nuwe kolf te pas

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 10:53 am
by swc-tr
Capt, wanneer hou jy en Sangoma op speel, en begin F-klas skiet? >:D

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 11:07 am
by Supacow
Lekker Cappi!

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 11:23 am
by Eugene
swc-tr wrote:Capt, wanneer hou jy en Sangoma op speel, en begin F-klas skiet? >:D
F-klas is te formeel vir Capt.........

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 11:27 am
by Sangoma (IAN)
Cappi, ek dink ek moet my maaash Vaseline smeer en hom vir jou gee

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 11:44 am
by joe rocket
Moet asseblief tog nie, die March is te mooi en duur, gee hom eerder n stuk doringdraad. ++>:

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 11:55 am
by Riaan Kriel
Sangoma (IAN) wrote:Cappi, ek dink ek moet my maaash Vaseline smeer en hom vir jou gee
Ons 9/11 nou die draad kwaai maar dat die "Official distributor of SIGHTRON Optics in SA." nou 'n ander "scope brand" gebruik laat mens mos maar wonder :confused: ;) >:D ++>:

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 11:57 am
by Hein22
Riaan, jy gaan ook die vaseline treatment kry.

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 12:31 pm
by Capt. Yoda
Hein22 wrote:Riaan, jy gaan ook die vaseline treatment kry.
As jy soos Ian lyk moet jy maar altyd jou gouglip self saam dra


1 jy kan daai March smeer met wat jy wil ek sal hom vat!

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 12:35 pm
by Gawie(13mm)
Capt. Oblivious wrote:
Hein22 wrote:Riaan, jy gaan ook die vaseline treatment kry.
As jy soos Ian lyk moet jy maar altyd jou gouglip self saam dra



1 jy kan daai March smeer met wat jy wil ek sal hom vat!
Hy sal net droog loop tot by daai stelknoppe, dan smeek jy vir 'n epiduraal! ;D

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 1:05 pm
by 6mmMusgrave
Ek moet saam Gawie stem as ek so na daai march kyk gan die cappie meer as net bietjie vaseline kort. Maar ja dit is n helse lekker scope.

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 19, 2016 1:49 pm
by Sangoma (IAN)
:o Aai tog, en daar loop die draad skeef, letterlik.....

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 26, 2016 9:24 am
by Hennie van der Merwe
Nou sien Ek die Rudolph T1 6-24x50 met T3 reticle is beskikbaar.

Dis lyk my soos n boetie in die tronk - almal weet van hom, maar niemand praat oor hom nie.

Ek verstaan Hennie, wat by S&O werk, gebruik hom (maar hy word waarskynlik met een gesponsor).

Hoe vergelyk hy met die ander langafstand scopes, en hoekom rate niemand hom nie?

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 26, 2016 9:43 am
by Capt. Yoda
Hennie van der Merwe wrote:Nou sien Ek die Rudolph T1 6-24x50 met T3 reticle is beskikbaar.

Dis lyk my soos n boetie in die tronk - almal weet van hom, maar niemand praat oor hom nie.

Ek verstaan Hennie, wat by S&O werk, gebruik hom (maar hy word waarskynlik met een gesponsor).

Hoe vergelyk hy met die ander langafstand scopes, en hoekom rate niemand hom nie?
Ek het die V1 op al my gewere en skiet met hulle vandat hulle uit gekom het, Oom Piet en Hennie (wat daar gewerk het) het die eerste 2 V1s gehad en ek het die 3de een by Hennie gekry en ek skiet nou nog met daai selfde scope tot waar ek hom kan dial. Track 100% en glas is meer as goed genoeg om n gong anderkant n 1000y te sien

Die T1 het die groter Turrets wat bitter lekker werk en sy glas is ook baie goed, Stompe hier op die forum het die week sy T1 gekry en dit is n bul scope. Niemand hier praat oor hulle nie want ons lag maar net so in die mou as almal die ander scope aan beveel

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 26, 2016 9:46 am
by Hennie van der Merwe
Dankie vir die terugvoer Kaptein.

Is sy FFP scopes al beskikbaar? Iemand het in April genoem dat hulle op pad is.

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 26, 2016 9:50 am
by Capt. Yoda
Hennie ek het hulle nog nie hier gesien nie

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 26, 2016 9:56 am
by Hennie van der Merwe

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 26, 2016 10:03 am
by Capt. Yoda
Ja maar daai is die US site, hy wys nog nie op hul SA site nie. Email hulle en vra iemand sal jy vinnig antwoord

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 26, 2016 10:07 am
by Hennie van der Merwe
Ek het hulle gemail, thanks.

Daai T1 met die T3 reticle is in FFP. Lyk baie aantreklik - hoop net die prys is ook.

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 26, 2016 10:14 am
by Trompie
Ek moet se ek was altyd SFP en MOA mens en het toe vir my FFP MRAD scope gekry vir die Creedmoor. Ek sal nie sommer ooit weer SFP koop nie tensy ek vir my 416 Rigby of 458 koop. Dis net so maklik om te jag met FFP. Holdovers is altyd dieselfde en wanner daar nie tyd is vir dial nie soos bokke wat aanhou loop verder weg en dan gaan staan en weer loop en staan range en holdover maak nie saak watse vergroting jy is nie. Vir exclusive long range teiken is ek seker is SFP beter. Sightron is baie goeie value vir geld! Maar ek sal nooit weer op enige long range gun SFP MOA scope sit nie....

Re: Nuwe verskieter - watter scope?

Posted: Tue Jul 26, 2016 10:50 am
by DamDuiker
Hulle het nog nie FFP scopes vir Rudolph in SA nie, net SFP