Page 3 of 10
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Fri Mar 04, 2016 5:07 pm
by Nico Harris
Louis hou ons asb op hoogte van terugvoering. Dalk het hulle diens bietjie opgeskerp. Hou maar notas van alle gesprekke, oproepe en beloftes.
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Sun Mar 06, 2016 1:14 pm
by ljoubert
Ek het vrydag 0838 ncart sab arms gebel en met jonathan gepraat. Hy het gese gunsmud is besig met geweer. En het gese hy sal my terug bel wag nou nog
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Sun Mar 06, 2016 1:50 pm
by ljoubert
Weet nie of ander manne reg kom met sabatti in italy ek het email gestuur ma hulle maak nie eers email oop. Die adres wat ek het Via alessandro Volta 90. 25063Gardone Val Trompia brescia italy. Tel no 0308912207 ore 030831312. Fax 0308912059 Email
info@sabatti.it
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Sun Mar 06, 2016 4:17 pm
by JPS
Stal hulle nie dalk by huntex wees nie, daar is mos gewoonlik saal vol van die italianers daar.
Ek sou daai manne daar gaan bmkaar maak het as hulle uitstal as ek in julle skoene was. Ek het nogal ook Sabati in 6.5x47 voorgestel aan persoon wat wou begin LA skiet, na Johan goeie ondervinding met sy geweer gehad het. Sal dit nie meer kan doen nie.....
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Sun Mar 06, 2016 4:23 pm
by Arnold
Nou wat sê mens vir n man wat jou baie opgewonde vertel oor die sabatti 300wm wat hy gekoop het?
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Sun Mar 06, 2016 4:28 pm
by JPS
Baie geluk, en seker sterkte.
Hoopenlik is dit een van die wat reguit skiet. Soos ons gsien het daar is paar manne wat lekker gewere gekry het en dan ook wat nie het nie....
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Sun Mar 06, 2016 4:33 pm
by Nico Harris
Arnold soos Jps sê- mens hoop maar die ou kry een wat skiet. Dis sleg om n geweer te kry wat nie werk nie.
Ek dink ons moet die topic dalk aanstuur vir jonathan en riaan(het gedink riaan sou dit al hier gesien het). Dan kan hulle dalk laat weet hoe NC tewerk gan gaan om die probleem uit te sort.
Wat dink julle?
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Sun Mar 06, 2016 4:42 pm
by joe rocket
Gooi die hele draad op Helo Peter dan moet Johnathan aan HP terugvoering gee. Ek kry koue rillings soos ek hier lees, ek hoop julle word gou gehelp.
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Sun Mar 06, 2016 10:06 pm
by ljoubert
Ja en dan is die geweersmud ook onder verdenking soos hy Nico se geweer reggemaak het. Ek ril as ek daaraan dink wat doen hy met my geweer. As NC geweer terugstuur sal ek beslus geweer eers na ordentlike geweersmud toe vat om te kyk wat het NC gedoen
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Mon Mar 07, 2016 9:57 am
by ljoubert
Hi almal. Het so 0930 met Jonathan van NC gepraat +terugvoer gekry Nc het iemand gestuur om met Sabatti te praat oor probleme en sal in die week plan van aksie hoor. So Sabatti weet van probleme en dit klink volgens Jonathan of NC en Sabatti sal saam werk om probleem opte los.
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Mon Mar 07, 2016 10:08 am
by Nico Harris
Dit klink belowend. Wag in spanning om te sien wat gebeur!
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Mon Mar 07, 2016 12:21 pm
by Apie
ek is elf bietjie bekommerd oor myne.....6.5x55
Alhoewel dit lyk of hy 'n skieter is!
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Mon Mar 07, 2016 12:34 pm
by Nico Harris
Apie jy het jou geweer by erhard gekoop?
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Mon Mar 07, 2016 1:05 pm
by Apie
Nico Harris wrote:Apie jy het jou geweer by erhard gekoop?
Net so Nico, hoekom?
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Mon Mar 07, 2016 1:32 pm
by Nico Harris
Die keur wat ek met hom geskiet het kon ons gemaklik die gongs laat lui tot op 800yds! Ek dink nie daai geweer het probleme nie. Hy van dag een af reg geskiet.
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Mon Mar 07, 2016 1:35 pm
by Apie
Nico Harris wrote:Die keur wat ek met hom geskiet het kon ons gemaklik die gongs laat lui tot op 800yds! Ek dink nie daai geweer het probleme nie. Hy van dag een af reg geskiet.
Bakgat, nog nie baie geskiet met hom nie maar dit lyk positief tot dusvêr!
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Mon Mar 07, 2016 3:03 pm
by Nico Harris
Ek sondag die link van die topic vir Jonathan gestuur. Verbaas hy het nog nie kon inloer nie.
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Wed Mar 09, 2016 3:00 pm
by RV
Dag Manne
Jammer ek was by die IWA skou in Duitsland en kom nou eers by die huis.Ek sien dus nou eers die post.
Ek en Charles van NC was by Sabatti se stalletjie en het met n ene Roberto daar gepraat.Ongelukkig het ek nie van al die klagtes oor Sabatti geweet nie anders kon ek dit persoonlik met hom opgeneem het.
Charles het op die skou aan Roberto genoem dat Die Kooperasie die meeste Sabatti Tactical gewere in die land verkoop.Ek sal dus verwag dat ons dus die meeste klagtes moet kry oor die gewere.Die klagtes oor die gewere is egter beperk wat by ons uitkom.So terloops hul probeer om hom hier te kry vir Huntex.
Dit is so dat Nico wel n probleem met sy geweer gehad het.Ek het self met hom geskiet en kan dit beaam.
Ek wil verder meld dat Sabatti geensins meer probleme gee as ander gewere nie.
Ons het al "comebacks" op alle fabrikate wat ons verkoop.Wat wissel van gewere wat nie wil groepeer nie tot duur n duitse geweer wat se
kolf na drie skote gekraak het. Dit maak geensins enige van hierdie fabrikate minderwaardig nie.Ek dink hier is genoeg mense op die forum wat kan getuig dat hul ander fabrikaat gewere by ons gekoop wat probleme gegee het.
Ek wil net die volgende met jul deel rondom my persoonlike ondervinding met Sabatti:
1. Ekself skiet met n Sabatti 6.5x47 en dit is uiters akkuraat van die begin af.
2.Cheryl wat by ons werk skiet ook met een.Sy het laasjaar die die hoogste teling vir dames opgestel tot voor die nasionale presidentskiet.Hulle is so tevrede dat haar man ook nou een gekoop het.
3.Andre Botha was aangewys as die beste skut van Grysboktak van die SAJWV.Hy skiet ook met n Sabatti.
4.Ons borg elke jaar n groeperingskiet waartydens die skut twee 3 skoot groeperings skiet en sy gemiddelde van die twee gemeet word.N Sabatti 308 het hierdie jaar gewen en sodoende met baie pasmaak gewere uitgestof.Op dieselfde kompitiesie was daar nog n paar Sabatti gewere onder die top presteerders.
Ek wil almal wat met hul Sabatti gewere sukkel uitnooi om my te kontak al is dit nie by ons gekoop nie.Sodoende kan ek n afleiding maak of daar werklik so n groot probleem is.Dit help nie ons praat van gevalle wat ons van "gehoor" van byv. skewe kamers ens. nie.
Ek weet dat daar mense is wat probleme ondervind met personeel by NC. Ek wil dus n versoek rig dat ons nie die produk afkraak net omdat die diens van sommige mense nie na wense is nie.
So terloops ek het soveel vertroue in Sabatti dat ek Roberto versoek het om vir my n dubbel spesiaal te bou soos ek hom wil he.
Ek hoor dan graag van mense met probleme.
Groete Riaan
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Wed Mar 09, 2016 3:17 pm
by Nico Harris
Dankie vir die terug voer Riaan. Dit klink positief. Die manier wat jy en die ko-op die situasie hanteer getuig van julle puik diens.
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Wed Mar 09, 2016 3:44 pm
by Rooies Scheepers
volg die draad aandagtig
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Wed Mar 09, 2016 3:47 pm
by Eugene
RV wrote:
Ek weet dat daar mense is wat probleme ondervind met personeel by NC. Ek wil dus n versoek rig dat ons nie die produk afkraak net omdat die diens van sommige mense nie na wense is nie.
Riaan, ek glo elke vervaardiger het maar hier en daar 'n probleem. Maar as die agent dit vinnig en professioneel uitsorteer, dan kry die produk se naam nie skade nie. Ek dink almal wat al met Humansdorp Kooperasie besigheid gedoen het, is baie gelukkig met julle diens, ongelukkig kan dieselfde nie van NC en Suburban Guns gesê word nie....
Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Wed Mar 09, 2016 3:53 pm
by twinhunter
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160309/7fe1f242b8c373fe95ede9a44682af8f.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20160309/3a081a3186588c14ff81fb8e4c8b655a.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20160309/e3a80c82d967cde2e6101fb267845c01.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20160309/85d909c70a6f56df59bc9c50e60b7b03.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20160309/36a2a6cb47d143985355a9fca6d769ab.jpgDagse mede jagters,ek volg die draad nou al 'n tydjie en het al baie "ups en downs" gehad rondom gevoelens van die Sabatti gewere want ek self wag nou vir my Sabatti tactical .308 geweer. Ek het nou maar besluit dat ek van dag een af al die dingetjies sal probeer reg doen en dan hier op die draad stap vir stap sê hoe dinge vorder en verloop. Ek weet wel dat die persoon by wie ek my geweer(nuut) gekoop het skiet self een en hy praat met groot lof van sy geweer. Ek sit graag die fotos op van sy groeperings toe hy lading ontwikkeling gedoen het sonder om sy loop in te gebreuk het of bedding te gedoen het. Hy't hom net so begin skiet soos hy van sy ma afgekom het. Die persoon het self ook so tydjie terug 'n groepering geskiet onder 5mm. Ek hou julle op hoogte as ek myne gekry het.
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Wed Mar 09, 2016 4:01 pm
by Nico Harris
Ek kan nie die fotos sien nie.
Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Wed Mar 09, 2016 4:24 pm
by twinhunter
Ok Nico,kyk weer

Re: Sabatti Rover Tactical - hoe tevrede is jy met joune?
Posted: Wed Mar 09, 2016 4:31 pm
by Kallie Fernhout
Riaan onthou jou doppe le nog hier by my