243Win ammo vir Gemsbok
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Ben, om eerlik te wees, vir die gemiddelde jagter is 'n 243 op Gemsbokke waarskynlik te lig in die broek, spesifiek maar net weens die kleiner "margin of error" wat jy het in geval van 'n swak skoot. En ek dink dit is wat die manne hierbo maar probeer sê. Nie een van ons ken egter jou skietvernuf nie en as jy vertroue het en gemaklik is met jou 243, dan kan ek geen rede sien waarom dit nie sal werk nie. Baie ouens skiet met 22-250's en 223's gemsbokke, maar hulle kan 'n Coke blikkie in die "o" van Coke skiet op 200m en ken hulle gewere se trajek en tekortkominge. Die ou wat die sneller trek is maar finaal en alleen verantwoordelik vir die skoot en as jy daarmee happy is, dan hoef jy werklik nie oor ons opinies bekommerd te wees nie.
Die groot probleem met openbare/sosiale media, is dat wanneer jy vir een ou sê dis reg om 'n gems/bwb met 'n 243 te skiet, dan lees 'n beginner jagter dit en gaan skiet gemse met sy blou pakkie pmp en jaag nonsens aan......

Aim small, miss small
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Ek verstaan glad nie hoekom jy die grootste kaliber wat jy goed kan skiet moet gebruik nie. Dit dra dalk water in n geval waar jy 2 gewere het en hulle bloot as gereedskap sien.
Partykeer wil n mens met n spesifieke geweer jag, vir welke rede ookal. Solank jy en die geweer en ammunisie kombinasie die job kan doen, en die grondeienaar sy toestemming gee behoord dit geensins n debat te wees nie. Daar word nou nog tientalle buffels en olifant koeie met 7,62 FN FAL's en 220gr Dzombo solids jaarliks in ons Nasionale Parke geskiet deur bekwame skuts.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- tau
- Hero Member

- Posts: 4012
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Eugene meeste van die Gemsbok kwesse wat ek al gesien het was manne wat PMP skiet en 'n 308 of 30-06 dryf.
In teenstryd daarmee is die beste skote op Gemsbokke wat ek al gesien het plaas eienaars, of bestuurders was met .308 win's en PMP ammo.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Ek weet eintlik nou wat ek wil doen, maar ek dink soos Eugene se hopenlik loop iemand hierdie post raak wat begin jag en leer iets daaruit.
So in opsomming:
1 - Skiet premium ammunisie
2 - Skiet met n geweer wat jy ken en vertrou (moenie in die veld oefen nie)
3 - Vertrou in jou vermoens
4 - Geniet dit
Miskien kan die volgende gesprek gaan oor premium Koel keuses en wat dit vir elke man beteken....
Groete
Ben

"Failure is NOT an Option"
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
PMP se "vlagskip" rondtes is maar vir die 308!tau wrote:Eugene meeste van die Gemsbok kwesse wat ek al gesien het was manne wat PMP skiet en 'n 308 of 30-06 dryf.
In teenstryd daarmee is die beste skote op Gemsbokke wat ek al gesien het plaas eienaars, of bestuurders was met .308 win's en PMP ammo.
Ek giggel altyd as ek lees van die of daai kaliber wat so vreeslik kwes. Net soos wanner iemand vertel watter fabrikaat teleskoop die meeste kompetisies wen! Dan besef ek dat ek nog baie het om te leer, want ek was nog altyd onder die indruk dat dit die skut is wat kwes en kompetisies wen.....
Aim small, miss small
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Saam met jou Eugene leer ek ook nog dag vir dag...
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
My pa se altyd...."dis die fool agter die tool.....". Dit al so baie gesien toe ek nog 'n jong knaap was en ons gaan sprinkbok voorsit skiet en die manne met die blink "gunne" lag vir my 6mm Musgrave. Teen die tyd wat ons klaar is moes ek die helfde van hulle kwes bokke ook nog skiet.
- tau
- Hero Member

- Posts: 4012
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
JA maar .308 en 30-06 manne skiet mos nie mis soos ek nie..... en van wanneer af erken 'n prokureur hy moet nog iet sleer. Nee man hoe gaan jy my nou verdedig as ek in die sop is?Eugene wrote:PMP se "vlagskip" rondtes is maar vir die 308!tau wrote:Eugene meeste van die Gemsbok kwesse wat ek al gesien het was manne wat PMP skiet en 'n 308 of 30-06 dryf.
In teenstryd daarmee is die beste skote op Gemsbokke wat ek al gesien het plaas eienaars, of bestuurders was met .308 win's en PMP ammo.![]()
Ek giggel altyd as ek lees van die of daai kaliber wat so vreeslik kwes. Net soos wanner iemand vertel watter fabrikaat teleskoop die meeste kompetisies wen! Dan besef ek dat ek nog baie het om te leer, want ek was nog altyd onder die indruk dat dit die skut is wat kwes en kompetisies wen.....
Oom Koos ek dog Oom is Kaalvoet Koos van die berge. Klaar geleer??Koos Barnard wrote:Saam met jou Eugene leer ek ook nog dag vir dag...
Manne julle moet net meer glo in julleself en julle roere. Ben ek is nou so vol moet jy kan sommer my trip 2 leen vir die Gemsbok jag. Sien dit werk so.
1ste skoot skiet jy hom in die gat of rug af, of soos 'n Oom daar in Koes my geleer het "trek sy handrem Op"
2de Skoot mik jy vir die hart long area, dit maak hom stadig en gee jou kans na 'n stewige druk met die 4500EFI cruiser om hom van so 100m waar hy onder 'n kameeldoring boom staan agter die oor dood te skiet, hierdie is natuurlik die skoot wat jy claim en almal van vertel. Die ander was mos nooit gemik as doodskote nie, so kan sodan ook nie as kwes beskou word nie.
p.s: al die boostaande is tong in die kies geskryf, laaaaaaaaangdag by die job. Gebruik asb genoeg gun en skiet om hemelsnaam die bok noukeurig sekeur raak, of helemal mis, want niemand praat van mis nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Ek het nie my pos op jou gemik nie maar meer veralgemeen.Ben wrote:Apie met repek, as ek gaan jag los ek my ego by die huis, so dit het niks met dit uit te waai nie!Apie wrote:Skiet met die grootste kaliber waarmee jy goed kan skiet.
Moenie dat jou ego jou en ander se jag bederf nie...
Jy wou weet wat die geskikste koeel vir 'n Gemsbok is uit 'n 243 en 'n paar manne het dit eens dat 'n 243 oor die algemeen eintlik marginal is vir 'n gemsbok.
Ek glo dat daar duisende gemsbokke al met 303's, 223's en 308's met weermag ammo in biltong omskep is. Dit beteken nie dis die beste plan nie.
Daar is ook ouens op die forum wat BAIE skiet en gereeld lope vervang wat met kleiner kalibers groot goed regkry.
As mens 'n vraag vra gaan jy redelik baie opinies kry waarvan mens kan/mag verskil.
Dis die lekker van die ding. Elke ou kan dit doen soos hy wil op die ou end.
Laaste Gemsbok wat ek by was is met 'n 9.3 met 286gr Rhino @ 2000fps geskiet in die Kalahari op 130meter. Oorlekker!
Maar die belangrikste.
Sit vir ons 'n lekker jagstorie met fotos en bietjie inligting oor die koeel prestasie, vleiskade ens!
Last edited by Apie on Thu Dec 03, 2015 10:22 am, edited 1 time in total.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Ek dink natuurlik dat meeste boere en PH's nie genoeg aandag skenk aan die "inskiet" en "toets" van 'n skut se vermoe as hy op die plaas aankom nie. As jy mos daar sien die man kan 'n vuurhoutjie kop op 200m raakskiet met sy 243 of hy kan nie 'n bierboks raakgooi op 25m met sy 375 of swaarder nie, kan jy mos jou besluit daar en dan neem.
By Nico Harris het ek 'n lekker sisteem gesien. Hy het 'n 4" gong en 'n 8" gong op 200m. As jy wil kopskote skiet, moet jy daai 4" gong kan raakskiet met 3 skote en as jy wil bladskote skiet, die 8" gong op 200m. Indien nie, skiet jy wanneer hy so sê en waar hy sê. Ek het persoonlik geen probleem daarmee nie en het meer respek vir 'n boer wat eers my vermoë wil toets uit jagposies uit, as die een wat nie eers vra of ek kan skiet of nie.....
By Nico Harris het ek 'n lekker sisteem gesien. Hy het 'n 4" gong en 'n 8" gong op 200m. As jy wil kopskote skiet, moet jy daai 4" gong kan raakskiet met 3 skote en as jy wil bladskote skiet, die 8" gong op 200m. Indien nie, skiet jy wanneer hy so sê en waar hy sê. Ek het persoonlik geen probleem daarmee nie en het meer respek vir 'n boer wat eers my vermoë wil toets uit jagposies uit, as die een wat nie eers vra of ek kan skiet of nie.....
Aim small, miss small
- tau
- Hero Member

- Posts: 4012
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Jip stem saam, maar doe probleem kom in dat die boer moet geld maak en hy wil nie sy inkomste verklein voor die man nog sy boksie patrone uitgehaal het nie.Eugene wrote:Ek dink natuurlik dat meeste boere en PH's nie genoeg aandag skenk aan die "inskiet" en "toets" van 'n skut se vermoe as hy op die plaas aankom nie. As jy mos daar sien die man kan 'n vuurhoutjie kop op 200m raakskiet met sy 243 of hy kan nie 'n bierboks raakgooi op 25m met sy 375 of swaarder nie, kan jy mos jou besluit daar en dan neem.
By Nico Harris het ek 'n lekker sisteem gesien. Hy het 'n 4" gong en 'n 8" gong op 200m. As jy wil kopskote skiet, moet jy daai 4" gong kan raakskiet met 3 skote en as jy wil bladskote skiet, die 8" gong op 200m. Indien nie, skiet jy wanneer hy so sê en waar hy sê. Ek het persoonlik geen probleem daarmee nie en het meer respek vir 'n boer wat eers my vermoë wil toets uit jagposies uit, as die een wat nie eers vra of ek kan skiet of nie.....
EK was self op so plaas waar die boer gonge het vanaf 150 -350m en dan kan jy skiet op hulle tot waar jy gemaklik voel. Dit is dan jou jag maksimum op sy plaas.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Net gou 'n vinnige staaltjie.
Jare terug kuier ek saam met my skoon familie op Carnarvon. Ek en my skoonpa ry uit na 'n vriend van hom se plaas en daar word ek terstonds met 'n 303 en 5 patrone "ge issue". 'n LION kartondoos word teen die damwal op 50 m staan gemaak en ek word beveel om op my pens te gaan lê in die grond en drie skote op die leeu se oë te skiet. Ek korrel mooi deur die 4 X Tasco en die leeu sneuwel met drie breinskoot.
Ons stap nader. Ek is nogal "kite-gat" oor my poging.
Ek sal die oom se woorde nooit vergeet nie:"Ben, die klong kan miskien skiet, maar hy is f@&&en doof. Ek het gesê, mik op die "o" van LION!"
Ek het daai dag my eerste springbok op 35 m agter die blad geskiet.
Ek was erg skrikkerig vir daai oom. Nou 21 jaar later, jag ek elke jaar saam met sy seun op hul plaas.
Luister wat van jou verwag word en maak so.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Dikwels partykeer makliker gese as gedaan.Eugene wrote:Ek dink natuurlik dat meeste boere en PH's nie genoeg aandag skenk aan die "inskiet" en "toets" van 'n skut se vermoe as hy op die plaas aankom nie. As jy mos daar sien die man kan 'n vuurhoutjie kop op 200m raakskiet met sy 243 of hy kan nie 'n bierboks raakgooi op 25m met sy 375 of swaarder nie, kan jy mos jou besluit daar en dan neem.
By Nico Harris het ek 'n lekker sisteem gesien. Hy het 'n 4" gong en 'n 8" gong op 200m. As jy wil kopskote skiet, moet jy daai 4" gong kan raakskiet met 3 skote en as jy wil bladskote skiet, die 8" gong op 200m. Indien nie, skiet jy wanneer hy so sê en waar hy sê. Ek het persoonlik geen probleem daarmee nie en het meer respek vir 'n boer wat eers my vermoë wil toets uit jagposies uit, as die een wat nie eers vra of ek kan skiet of nie.....
Ten minste 200% van manne wat op jagplase aankom "KAN SKIET!" (hulle woorde).
En meer as dikwels het hulle 1 (halwe) boksie 'jag ammo' van laasjaar en 'n handvol ander inskietpatrone(as ek daardie bruin boks .303 patrone wat hulle saam met die geweer gekry het by hul oupa sien uitkom moet ek dikwels MOOI dink voor ek praat). Nou hoe skiet jy 'n geweer in met ander as jagpatrone?
Ten minste 50% van manne wat op jagplase opdaag het laasjaar laas geskiet.
En dan ook nog die ego-ding. Se vir 'n man hy moet nog 3 skote op die teiken skiet en die nek begin styf raak. "Dink jy ek kan nie skiet nie?"
Die volgende ene is die gonge. Party manne sukkel om die 20cm gong op 200m raak te sien deur hul 4x32 Nikko Sterling teleskoop met 'n 'TV view'. Nou wat nou.
Dan is daar ook die wysneuse wat nie die geweer wil opstel dat hy 1.5 of 2 duim hoog skiet op 100m nie. Want hulle gewere skiet PLAT. Dr Lucas Potgieter het van die fabel van 'waterpasgewere' geskryf.
Al die stories wat ek bo getik het met my een vinger is maar net om te se dat die reels op jagplase is NIE gemik is op die manne wat hul huiswerk deeglik doen voor hul in die jagveld aankom nie. Maar eerder op die gemiddelde man. Sien dit soos 'n spoedperk van 120km/h op die snelweg. Ierwes moet jy 'n streep trek vir die onverskillige. As jy op openbare forums dit waag om te se dat 'n 243 voldoende is vir gemsbok sal die gemiddelde jagter op die plaas aankom met slegs sy 243. Want: "I read it on the internet so it must be true"
Die bogenoemde is nie gemik op enige persoon nie.
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Ek het geen probleem as die plaas eienaar my sou vra om 'n ekstra skoot of twee te skiet. Ek skiet gewoontlik so 200-300 skote in die laaste 3 maande voor die jagseisoen begin. So dit gee my die geleentheid om hom tevrede te stel en ek kan seker maak dat my toerusting wel nig reg is.
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
308Win, ek het nou lekker gelag, want dis waar wat jy sê.
Ek dink dat 'n mens maar vooraf vir jagters in 'n e-pos moet verduidelik wat jy van hom/haar gaan verwag as hy/sy daar aankom en wat jou "inskiet" prosedure gaan behels. As hy dan met sy 4x32 NS daar aankom en net 4 jagpatrone, dan het hy het homself te blameer, want jy het hom mos gewaarsku.
As jy vir my jou e-pos adres per PM stuur, kan ek vir jou 'n voorbeeld stuur van soortgelyke dokumente en "reels" wat ek al vir ander boere opgestel het.
Aim small, miss small
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
308Win wrote:Dikwels partykeer makliker gese as gedaan.Eugene wrote:Ek dink natuurlik dat meeste boere en PH's nie genoeg aandag skenk aan die "inskiet" en "toets" van 'n skut se vermoe as hy op die plaas aankom nie. As jy mos daar sien die man kan 'n vuurhoutjie kop op 200m raakskiet met sy 243 of hy kan nie 'n bierboks raakgooi op 25m met sy 375 of swaarder nie, kan jy mos jou besluit daar en dan neem.
By Nico Harris het ek 'n lekker sisteem gesien. Hy het 'n 4" gong en 'n 8" gong op 200m. As jy wil kopskote skiet, moet jy daai 4" gong kan raakskiet met 3 skote en as jy wil bladskote skiet, die 8" gong op 200m. Indien nie, skiet jy wanneer hy so sê en waar hy sê. Ek het persoonlik geen probleem daarmee nie en het meer respek vir 'n boer wat eers my vermoë wil toets uit jagposies uit, as die een wat nie eers vra of ek kan skiet of nie.....
Ten minste 200% van manne wat op jagplase aankom "KAN SKIET!" (hulle woorde).
En meer as dikwels het hulle 1 (halwe) boksie 'jag ammo' van laasjaar en 'n handvol ander inskietpatrone(as ek daardie bruin boks .303 patrone wat hulle saam met die geweer gekry het by hul oupa sien uitkom moet ek dikwels MOOI dink voor ek praat). Nou hoe skiet jy 'n geweer in met ander as jagpatrone?
Ten minste 50% van manne wat op jagplase opdaag het laasjaar laas geskiet.
En dan ook nog die ego-ding. Se vir 'n man hy moet nog 3 skote op die teiken skiet en die nek begin styf raak. "Dink jy ek kan nie skiet nie?"
Die volgende ene is die gonge. Party manne sukkel om die 20cm gong op 200m raak te sien deur hul 4x32 Nikko Sterling teleskoop met 'n 'TV view'. Nou wat nou.
Dan is daar ook die wysneuse wat nie die geweer wil opstel dat hy 1.5 of 2 duim hoog skiet op 100m nie. Want hulle gewere skiet PLAT. Dr Lucas Potgieter het van die fabel van 'waterpasgewere' geskryf.
Al die stories wat ek bo getik het met my een vinger is maar net om te se dat die reels op jagplase is NIE gemik is op die manne wat hul huiswerk deeglik doen voor hul in die jagveld aankom nie. Maar eerder op die gemiddelde man. Sien dit soos 'n spoedperk van 120km/h op die snelweg. Ierwes moet jy 'n streep trek vir die onverskillige. As jy op openbare forums dit waag om te se dat 'n 243 voldoende is vir gemsbok sal die gemiddelde jagter op die plaas aankom met slegs sy 243. Want: "I read it on the internet so it must be true"
Die bogenoemde is nie gemik op enige persoon nie.
Hierdie is so raak.
En moenie vergheet dat oor hy in die army was, hy per definisie kan skiet nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Almal kan skiet Dewald. Enige poephol met 'n vinger is goed genoeg daarvoor. Of jy kan skiet waar jy mik; daai is die vraag wat jou ABSA rekening uit die rooi kan kry. 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2116
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Ek et die eland met my 243win geskiet op so 130m reg voor sy kop met n 70 ballistic tip, al hoekom ek dit gedoen het is omdat my 30.06 ewe skielik bont begin skiet het. Ek het presies geweet waar die 243 print en omstandighede was gunstig vir die kaliber en skoot. Ek was maar op my senuwees want dit was n kaans maar my vertroue op daai stadium in die 243 se akuraadheid was goed. Die bok het net daar in sy spore geval as julle mooi kyk saal jy n ligte bloed straaltjie sien wat van die middel van die kop na die linkerkantste oog loop.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: 243Win ammo vir Gemsbok
Nog ‘n staaltjie……………….
Ek is ‘n week op die plaas, toe twee van my Pa se vriende die Vrydag arriver om die naweek saam te kuier. Die een oom het die week tevore ‘n hart omlyning gehad, so hy wil ie skiet nie.
Die volgende oggend is die ander oom veld toe met sy .243, wat hy die vorige aand vertel hy skiet enige iets met die geweer. En hy het al baie gejag ens ens. So 7 uur die oggend hoor ek ‘n skoot wat mooi klap by die rivier. Kry toe die oom later in die pad opstap, en net sy kop skud. Se toe vir my hy het ‘n kudu mis geskiet op 50meter, agter op die blad. Die Kudu het so staadig weggeloop na die skoot. Hy het nei eers gaan kyk nie want die skoot was skoon “mis”.
Ek vra toe waar presies dit was, an stap toe verder na die plek waar jy mis geskiet het. Soek tow spoor en kry ‘n vars spoor waar ‘n kudu weg gespring het. Nie eers 30 meter verder, kry ek die kudu dood.
Stap toe maar terug huis toe, en kry net die oom wat die hart omlyding gehad het. Die ander oom is nog in die veld. Se toe vir die oom, kom ons ry ‘n draai. Laai ‘n handlanger op, en ry toe tot waar die kudu le. Vertel die oom wat gebeur het. Ek trek toe sommer ‘n skoot af, laai die bok, en gaan huis toe.
Toe die ander oom van die veld af kom, vertel ek hom dat ons ‘n draai gery het, en toe skiet die oom met die hart omlyding die kudu. Hy was baie verbaas en kon nie glo die oom kan al ‘n geweer skiet nie!!
Later met ontbyt vertel ons hom toe die waarheid, maar hy wou my nie glo nie, totdat ek die koeel uit di kudu gehaal het en hom gewys het.

- Steppenwolf
- Sr. Member

- Posts: 274
- Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm