Page 3 of 3

Re: Sabatti Rover Tactical 6.5x47

Posted: Sat Feb 06, 2016 10:49 am
by nellie
Thanks HEIN. Will start next week with the VLD

Re: Sabatti Rover Tactical 6.5x47

Posted: Sun May 12, 2019 12:12 am
by Hansieslim
Het enigiemand onlangs een van hierdie roere aangeskaf?

Re: Sabatti Rover Tactical 6.5x47

Posted: Sun May 12, 2019 7:17 am
by Grenslyn
Hansieslim wrote:Het enigiemand onlangs een van hierdie roere aangeskaf?
Praat met Seemonster. Hy het so paar maande gelede 'n 7mm gekoop. Hy is baie behulpsaam. Ek stuur vir jou sy nommer.

Re: Sabatti Rover Tactical 6.5x47

Posted: Sun May 12, 2019 5:24 pm
by Apie
Pel van my het n nuwe generasie Sabatti 7mm SAUM.

Skiet 170/180 grein Sierras belaglik akkuraat


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Sabatti Rover Tactical 6.5x47

Posted: Mon May 13, 2019 11:49 am
by Stefan Fourie
Volg

Re: Sabatti Rover Tactical 6.5x47

Posted: Mon May 13, 2019 5:06 pm
by Hansieslim
Enigiemand wat hierdie tipe roer in 'n 6XC besit?

Re: Sabatti Rover Tactical 6.5x47

Posted: Tue May 14, 2019 7:08 am
by Henna308
Ek en my pa het laasjaar elkeen 'n 6.5x47 met die MRR lope op gekoop. Dit is ook die 2e Sabatti in 6.5x47 wat ek gekoop het. Die langer lope skiet lekker vinnig in vergelyking met die kort loop wat my eerste geweer op het. Al waaroor ek kan kla met die nuwe gewere is dat die hydro dipping (of wat ookal se tegniek hulle gebruik om die kamofleerpatroon op die sintetiese kolwe te kry) effens weggeskuur moet word voordat die aksie en bottom metal mooi in die kolf ingaan. Moes dit op beide my en my pa se nuwe gewere doen.

Die snellers op al 3 gewere is puik, beter as enige ander fabrieksgeweer as wat ons besit.

Ek kan nie kommentaar lewer op die ander kalibers nie maar sover is daar nie iets om oor te kla nie, die gewere skiet meeste dae beter as die drywers.