Page 3 of 4

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Thu Jan 07, 2016 8:21 am
by henrygriffiths
lekker louis! laat weet bietjie hoe skiet hy, en wys hoe lyk hy na die spuitverf ek oorweeg dit ook om die stainless bietjie te cammo?

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Thu Jan 07, 2016 9:09 am
by Vlakvark Soldaat
Cool thanks man. Ek het vir eers net die bipod, picatinny en ringe gespuit... Wil eers kyk hoe die setup lyk met die kolf, voordat ek weer verder lekker raak met die spuit blikkie...

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Sun Jan 24, 2016 10:51 am
by henrygriffiths
http://i1063.photobucket.com/albums/t510/henrygriffiths1/9AE13B8F-1427-4258-88CC-95DC380759BF.jpg

die lading is nou baie naby reg nou is die tyd reg vir die 300-500 gong toets

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Sun Jan 24, 2016 12:27 pm
by Vlakvark Soldaat
Welgedaan!

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Sun Jan 24, 2016 12:29 pm
by JPS
Henry,

Mooi geskiet. Jy gaan die gonge of 500m mooi lui met daai setup.

Groete
Jan

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Sun Jan 24, 2016 6:19 pm
by Toyrsi
Hier is my 308 Remington vls. Ek en my vriend skiet tot by 970m. Hy met 6.5creedmoor en ek met die yster.
Baie tevrede.
P.S Die Howa is die beste waarde vir geld.
Jy sal nie n fout maak met hom nie

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Sun Jan 24, 2016 6:29 pm
by Andre308
Jacques_Esterhuyzen wrote:Hier is my 308 Remington vls. Ek en my vriend skiet tot by 970m. Hy met 6.5creedmoor en ek met die yster.
Baie tevrede.
P.S Die Howa is die beste waarde vir geld.
Jy sal nie n fout maak met hom nie
Mooi Rem daai.

My vrou sal my geweer in die skottelgoedwasser pak as ek met hom in die kombuis rond hang.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Sun Jan 24, 2016 6:31 pm
by Toyrsi
Haha. Was darem net vir die foto

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Sun Jan 24, 2016 6:45 pm
by henrygriffiths
Jacques_Esterhuyzen wrote:Hier is my 308 Remington vls. Ek en my vriend skiet tot by 970m. Hy met 6.5creedmoor en ek met die yster.
Baie tevrede.
P.S Die Howa is die beste waarde vir geld.
Jy sal nie n fout maak met hom nie
Lekker roer daai, vertel bietjie meer van jou ladings en spoed ens?

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Sun Jan 24, 2016 7:12 pm
by Toyrsi
Skiet Nosler custom comp 155gr met S335 43.4gr teen 2950ft/s.
Gebruil Lapua doppe met CCI primers

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 12:51 am
by Smous v.d. Vyver
Jacques kan dit dalk 2850 ft/s wees? 2950 ft/s is bietjie vinnig vir 26" loop.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 7:55 am
by Toyrsi
Hi Corne. Nee dis 2950ft/s.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 8:39 am
by Smous v.d. Vyver
Hoe lyk die druk op daai doppe?

Ek weet die manne kon destyds met die Scenar's bietjie hoor spoed kry maar ek het presies dieselfde geweer gehad en 155gr Sierra 2155 en 155gr Nosler CC geskiet in hom.

Ek kon nie hoor as 2780 ft/s skiet nie dan groep die geweer nie so great nie en bo 2850 ft/s sit die doppe in die kamer vas.

Ek sal bietjie kyk wat die druksyfer is terugkom.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 8:46 am
by Wouter Roets
More Jacques

Om by hierdie snelheid uit te kom op n 26" loop en daai komponente moet jou drukvlakke net onder die 90 000psi wees. Hierdie drukvlakke sal verseker waarneembaar wees op jou stelsel sowel as jou doppe. Hoe seker is jy dat jy daai spoedlesing kan vertrou? Hierdie syfers van jou stryk ook glad nie met QL se syfers nie, so ek vermoed laasgenemde is jou dalk jou probleem.

Groetnis
Wouter

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 8:47 am
by Kallie Fernhout
Ek skiet 308 30duim met palma brass en kom net net by 2960 uit sonder druk op 155 punt. Daai spoed is bitter hoog vir n 26 dalk moet ek dan my loop ook afsaag miskien loop hy dan ook so lekker soos joune

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 8:49 am
by Capt. Yoda
Daai S335 sal bq moet wikkel om n 155gr CC met 43.4gr teen 2950fps te stoot maar jy sal seker jou drop op 900m kan bevestig

edit sorry ek het aan S355 gedink

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 9:27 am
by Francoisv
Ek luister in. 2850 op 'n 26" is al baie hoog en sal op maksimum drukvlakke wees.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 11:05 am
by Riebeeker
My Remington SPS in .308 loop op 2850fps met die 150gr Nossler Balistic Tip. Ek sien geen druk tekens nie. Twee vrae:
Maak die gewig van die punt soveel verskil?
Vanaf watter afstand sal my balistic calculator en die werklikheid van mekaar verskil as my chrony die spoed verkeerd lees?

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 11:16 am
by Smous v.d. Vyver
Ja Andre maak nogal verskil en die tipe vorm van daai ballistic tip maak dat jy so bietjie vinniger skiet.Die 2850 ft/s op 150gr klink 100% in lyn maar die 2950 ft/s in 26" loop met 155gr punt laat my hare so bietjie regop staan.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 11:28 am
by Riebeeker
Dankie Corné.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 11:39 am
by Smous v.d. Vyver
Groot plesier.

Jacques ek het 'n Oehler,jy is meer as welkom om saam met my te gaan skiet en seker te maak van die spoed.

Vriendelike Groete,

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 3:57 pm
by Toyrsi
Dankie manne. Sal weer bietjie loer.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 4:41 pm
by 243Songdaug
Jacques, my Chrony Beta kan ook geneuk wees, dalk moet jy bietjie hoor om die Oehler uit die klub se kluis te kry en dan toets jy? (Pasop net ek het 1 dag daar gesit toe 2 skuts 43 000fps gemeet het uit 'n 308 met 'n 155gr met daai masjien - nie geweet geletterde mense verstaan nie dat C na B kom wanneer jy A, B en C lamelle het nie)

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 5:35 pm
by Andre308
Soos ek dinge verstaan het die dop ontwerp en kamer dimensies baie te doen met hoe gou druk tekens wys in n geweer.

Die 308win is n kaliber wat baie goed druk tekens kan wegsteek vir die man wat nie spoed meet nie.

Ek glo sterk dat as jy 30-06 spoed wil skiet met n 30 kaliber, dan koop n 30-06. As jy 300win mag spoed wil skiet met n 30 kaliber, dan koop n 300win mag.

As jou 308win, 30-06 spoed skiet, dan laat weet my waar jy skiet, want ek wil nie saam met jou daar wees nie.

Re: 500m geweer op n budget, wat sal julle se

Posted: Mon Jan 25, 2016 9:53 pm
by Capt. Yoda
Jy kan mos jou drop op 970m kyk om te bevestig of daai crony reg is.As jy al jou data reg in sit sal jy dit tog op die gong/tyken kan sien