Peregrine punte
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Peregrine punte
Hallo Manne
Ek en en Alliwyn het n heerlike lang gesprek gister middag gehad. Eerstens wil ek net se dat ek dink die hele skiet publiek in SA en elders wens hule net die grootste sukses toe in hulle besigheid en dat hulle absoluut net van krag tot krag sal gaan in hulle bedrywighede. Tweedens wil ek ook net noem dat my oorspronklike vermaning op die draad geensins bedoel was om afbrekend teenoor hulle besigheid te wees nie. My bedoeling en intensie is altyd om hierdie forum te dien sowel as die bree skietpubliek. Hierdie is ongelukkig my werk hier op die forum en een wat ek baie ernstig opneem.
Nou Alliwyn het my meegedeel dat hulle nog nie hulle koeels vir druktoetse by Somchem gestuur het nie, maar dat dit wel op die kaarte is vir die nabye toekoms. Ons het ook gepraat oor die tekortkominge van QL en ek moet eerlik wees ons opninies is wyduiteenlopend oor die program en werking daarvan. Persoonlik voel ek sonder om enigsins te vol van myself te klink dat die kennis wat hier op die forum deur n handtjie vol mense gedeel word ongeewenaar is in die land. Maar hierdie is net my opinie.
Ons het ook nou die geleentheid om baie van ons vra direk aan een van die eienaars van die produk te vra. Mense ek moet darem net weereens iets hier duidelik maak deur almal net te vermaan dat ons "spesiale lede" soos al die ander hier wat organisasies en besighede verteenwoordig darem net met die nodige respek en agting hanteer. Dit is nie maklik om op so n platform alles vir almal te wees nie. Kom ons almal neem dit asb in ag met ons optrede. As ek kan begin sal ek graag vir Alliwyn die volgende wil vra om ons almal in te lig oor hulle produk en spesifiek wat se eienskappe hulle produkte besit?
Vossie om nou terug te kom na jou skrywe. Eerstens dankie vir die vertoue wat jy in ons plaas om ons opinies wel te ag. Nou ek gaan probeer om jou vrae redelik breedvoerig aan te spreek. Ek gaan ook prober om QL so ver as moontlik uit die gesprek te los en my antwoorde op gepubliseerde herlaaidata van oor die wereld te basseer.
Kom ons begin deur te se dat dit redelik eens is in die interne balistiese wereld dat konvensionele koeels wat gebruik maak van loodkern en koper omhulsel die minste druk lewer vir n gegewe lading. Monolitiese koeels lewer oor die algemeen hoer druk vanwee die feit dat hulle moeiliker toegee in die loop, maar wat ons wel ook weet is dat die aspek deur verskillende vervaardigers op verskillende maniere aangespreek word. Deur van dryfband of drukgroewe gebruik te maak is een manier en die ander is om van verskillende metale gebruik te maak. Alliwyn sal ons wel kom inlig wat hulle benadering is om dit aan te spreek. Vir nou sal ons aanvaar dat hulle produk wel net soos die meeste ander monokoeel ontwerpe onderhewig is aan n bietjie hoer graveringsdruk vlakke as konvensionele loodkern koeels. Al wat dit se is dat monokoeels oor die algemeen so rapsie laer maksimum snelhede lewer teen dieselfde drukvlakke vir n gegewe looplengte teenoor konvensionele koeels. Hierdie is nie n vaste reel nie, maar wel n goeie rule of thumb.
Nou as ons verder gaan sal jy sien dat die meeste herlaai handleidings n medium - medium stadige verbrandende poeier voorskryf vir die 375H&H en swaarder koeels. In Somchem poeiers sal dit S355 en S365 wees onder die stafiepoeier en onder die balpoeier sal dit S341 en S361 wees. Al wys Somchem se herlaai handleiding nie hierdie nie, is dit n redelike universeele uitgangspunt onder internationale handleidings. Nou S335 en S321 is vinnige verbrandende poeiers en meer geskik vir ligter koeels(200-250gr) in die 375H&H. Maksimum spoed wat verkry word met 300gr koeels reflekteer ook hierdie stelling. Oor die algemeen moet ek darem ook een ding noem en dit is dat die 375H&H so bietjie van n unieke kaliber is in die sin dat hy met n wye reeks poeiers wat die brandtempo's insluit baie goed doen.
Tipies sal jy vind dat maksimum snelhede in die orde van 2400 na maksimum 2500ft/sek is met vinnige verbrandende poeier. Laasgenoemde spoed van 2500ft/sek is meer met poeier wat basies brand soos S321 wat aan die stadige kant brand van die spektrum poeiers. S335 le nader aan die vinniger tot middel van die spektrum poeiers en dus sal maksimum snelehede met hom meer in die orde wees van 2475ft/sek. Onthou hierdie is nou as ons internasionale poeiers vergelyk met Somchem poeiers direk op grond van hulle brandspoed. Nou poeiers en hulle onbrandings eienskappe is n ontsaglike komplekse afdeling en bestaan nie net uit brandtempo alleen nie. Daar is n horde ander faktore wat bydrae tot die verkreigde snelhede. Wat ek jou wel kan se is dat daarnie sommer in die wereld iets is soos n free ride nie. Maksimum snelhede sal nie sommer dramaties verskil nie en baie dinge moet in lyn val vir die een om veel meer as bv 50ft/sek bo die ande een te lewer indien hulle in dieselfde katagorie val.
Met die medium tot medium stadige verbrandende poeiers sal maksimum snelhede met n 300gr koeel meer in die orde wees van 2500-2650ft/sek. Die grootste faktor hier is gewoonlik dat n mens sukkel om veral genoeg van die medium stadige poeier in die dop te kry alvorens jy maksimum drukvlakke bereik. Poeiers wat brand soos ons S365 maar wat n laer ladingsdigtheid bevat doen veral goed met die 300gr koeels. Selfs maksimum snelhede van 2700ft/sek is moontlik, maar verseker eerder die uitsondering op die reel as die reel self. Vir ons wat net aanwesig is op Somchem se poeiers sal ek se S355 gee die beste belans tussen vullingsvlakke, druk en spoed. In sommige gevalle lewer S365 weer beter resultate maar hierdie is gebasseer op nodespoed wat ons vir eers hier sal uitlaat.
Nou kom ons praat weer oor druk. n Mens beleef druk op verskillende maniere. Daar is eerstens die fisiese maksimum drukvlakke wat in jou stelsel heers wat ons net werklik kan bepaal deur n rondte te skiet in n toets kamer. Vir ons as herlaaiers is hierdie nie altyd moontlik of prakties nie, so ons gaan op wat ons kan waarneem op ons stelsel en komponente. Ons kyk na bolt lift, primers, slotgesig merke op die basis van die dop, primer pockets wat rek en sommige mense sal selfs so ver gaan om die web area te meet. Al hierdie faktore is subjektief en om alles nog erger en meer gekompliseerd te maak speel die kaliber of beter gestel die rondte se ontwerp ook nog n beduidende rol met die goed. Die 375H&H hanteer hoe druk heel goed oor die algemeen en sy maksimum drukvlakke van 62 366psi reflekteer hierdie ook so. Moderne aksies hanteer hierdie drukvlakke en selfs hoer ook met gemak. Kwaliteit van hedendaagse doppe het ook nie sommer n problem hiermee nie. So dit veroorsaak dat baie herlaaiers met reelmaat maksimum drukvlakke oorskry sonder dat hulle dit eers waarneem of bewus is daarvan. Of dit n goeie ding is moet elke person maar vir homself uitwerk. Daar is wel risiko's hieraan verbonde maar die oorgrote meerderheid sal nooit eers daaraan bloot gestel word nie. So jy kan hierdie lading vir jare met absolute gemak skiet sonder n enkele probleem, maar die teendeel is ook wel daar waarvan jy dalk net bewus moet wees.
Hoop hierdie gebabbel help vir iemand en indien nie het ek darem persoonlike satisfaksie gekry deur so bietjie van die Dinsdag darem om te kry.
Groetnis
Wouter

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6974
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Peregrine punte
Wouter, Dankie vir die mooi rustig en goed ingeligde manier waarop jy ons antwoord en ons gemoedere tot rus stel.
Waar deer dit.
Die Groot Pissy
Waar deer dit.
Die Groot Pissy
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Peregrine punte
Dag Wout
Jy skryf hier dat baie mense teen hoë drukvlakke skiet en selfs die voorgestelde maksimum oorskry. Dit is waar. (Ek sien dit dikwels by kompetisie- en ander skuts, selfs nou die dag weer iemand op die forum vertel hie hy sy roer turbo). Dan noem jy dat elke persoon maar vir homself moet uitmaak of dit 'n goeie ding is of nie.
My mening is dat jy van hoë drukvlakke af moet wegbly. Dit is nie 'n goeie ding nie. In die spreektaal sê ons soms 'n geweer skiet "los", maw stadig maar seker neuk jy sy kopspasie op met aanhoudende hoë druk en dis maar een aspek. So karring jy aan tot op 'n dag.... Sommige gewere kan sekerlik hoë druk hanteer maar geen motor of masjien of geweer word ooit gebou om die hele tyd teen hoër drukvlakke te werk as voorgeskryf nie.
Ek sal altyd eerder veilige drukvlakke najaag en dit moet ALTYD so aan herlaaiers deurgegee word. Daar is net te veel op die spel en spyt kom altyd te laat.
Mooi loop

vossie1
- Hero Member

- Posts: 2116
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Peregrine punte
Dankie Alliwyn en Wouter,ek moet se dat ek geen druk van enige aard kan waarneem nie maar gaan beslis kyk of ek nie op n laer node dieselfde akuraadheid kan kry. Ek sal daai 66 gr lading bere vir die odd groot ding wat ek gaan jag. Ek sal die 375 slegs vir bosjag, maksimum tot op 200 meter gebruik so selfs 2100 ft/s sal oorgenoeg woema he. Nogmaals dankie vir julle raad en dat ons altyd op julle kan staatmaak vir goeie herlaai beginsels. Alliwyn ek gaan beslis nog julle produk gebruik en sien uit na julle Somchem resultate.
Groete
Vossie
Groete
Vossie
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Peregrine punte
KoosKoos Barnard wrote:Dag Wout
Jy skryf hier dat baie mense teen hoë drukvlakke skiet en selfs die voorgestelde maksimum oorskry. Dit is waar. (Ek sien dit dikwels by kompetisie- en ander skuts, selfs nou die dag weer iemand op die forum vertel hie hy sy roer turbo). Dan noem jy dat elke persoon maar vir homself moet uitmaak of dit 'n goeie ding is of nie.
My mening is dat jy van hoë drukvlakke af moet wegbly. Dit is nie 'n goeie ding nie. In die spreektaal sê ons soms 'n geweer skiet "los", maw stadig maar seker neuk jy sy kopspasie op met aanhoudende hoë druk en dis maar een aspek. So karring jy aan tot op 'n dag.... Sommige gewere kan sekerlik hoë druk hanteer maar geen motor of masjien of geweer word ooit gebou om die hele tyd teen hoër drukvlakke te werk as voorgeskryf nie.
Ek sal altyd eerder veilige drukvlakke najaag en dit moet ALTYD so aan herlaaiers deurgegee word. Daar is net te veel op die spel en spyt kom altyd te laat.
Mooi loop
Ek en jy is op presies dieselfde blad. Dit is dan juis die rede vir die wending van die spesifieke gesprek. Wat ek probeer se is dat mense salig onbewus is van hoe druk en dat vandag se gewere en komponente dit nie aldag vir hulle wys nie, maar dit beteken geensins dat dit nie aanwesig is nie. Die gevare van hoe druk het ek al elders hier breedvoerig bespreek en ek het nie kans gesien om dit weereens deur te draf nie. n Mens moet darem so nou en dan werk ook.
Groetnis
Wout
- Alliwyn
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm
Re: Peregrine punte
Dagsê FrederikFrederik wrote:Alliwyn, gaan dit nou regtig so groot probleem wees om jou produk net by Somchem te laat toets dit sal almal dan met 'n geruste hart sal herlaai. Dit gaan net jou produk in 'n ander klas mark sit.
As ek mag vra wat is die idee agter die verkope van 40 koele per pakkie en nie 50 of 100 soos al die ander koel vervaardigers nie?
Kom ons begin by die verpakking. Ek is self vir meer as 'n jaar al besig om my kolegas mal te maak om oor te skakel na nuwe verpakkings. Ons het reeds alles verander na 50 koeëls per pakkie en 25 ipv 20 vir die groter kalibers ens. Op ons web winkel is die verpakkings reeds net in die nuwe hoeveelhede beskikbaar. Die handelaars word van Desember laas jaar net met nuwe verpakking voorsien. So in kort jou wens het reeds waar geword maar dit gaan dalk 'n rukkie vat voor al die ou verpakkings heeltemal uit sirkulasie is..
Ja ons wil verseker die Somchem ding doen. Op die oomblik is die volume werk binne Peregrine enorm want ons is besig om die fabriek te vergroot en ook besig om die hele maatskappy te herstruktureer sodat ons die mark en ook die jag seisoen die jaar beter kan hanteer. Ek het reeds tydens Huntex in die Kaap met Manie Johannes gesels daaroor. Hy is ook baie gretig dat ons dit doen. Die groot vraag gaan net wees hoeveel en watter kalibers en dop groottes.
Groete
Alliwyn
Last edited by Alliwyn on Wed Feb 04, 2015 7:13 am, edited 1 time in total.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5029
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Peregrine punte
Dankie sterkte met die toekomsige planne.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Peregrine punte
More Alliwyn.
Julle data vir die .204 Ruger, maak dit vir jou sin?
http://www.peregrinebullets.com/index.p ... -data.html
(CLICK VIR GROTER)
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Peregrine%20204.JPG
Ek het sommer gou 'n GSC SP koeel gebruik in QL met julle Opt gr (Optimal grain?) van 40gr S335
1 - Hoe kry julle al daardie poeier in so 'n klein doppie? Ekself het 'n .204, en daar is geen manier dat mens soveel S335 in 'n dop gaan pas nie.
2 - Hoe is die lading bepaal?
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Peregrine%202042.JPG
Groete
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13646
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Peregrine punte
maaaaaa se kinners ma daai ding gaan vlieg.Speed kills!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
khakibos
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Fri Oct 24, 2014 7:36 am
Re: Peregrine punte
Na 'n gesukkel het ek Peregrine gekontak vir hulp en het hulle ook gaan besoek. Al wat ek kan sê is dat hulle uit hulle pad gegaan het om my te help en Alliwyn het my ook sommer deur die fabriek gevat en my hulle nuwe verpakkings gewys. Ek is nou baie happy met my kombinasie ook inaggenome dat my gewwer nog 100% standaard is. http://tapatalk.imageshack.com/v2/15/02/25/db25a7377a4c4500d10c247f03448f40.jpg
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5029
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Peregrine punte
Dit is alles goed en wel dat hulle jou mooi uitgesorteer het Khakibos maar wat sou gebeur het of wat as dit nog gebeur as iemand die 204 se data gebruik soos Geno se post hierbo??
Dit sal maak dat die jakkalse vir Geno sal lag vir 'n slag met so lading.
Dit sal maak dat die jakkalse vir Geno sal lag vir 'n slag met so lading.
-
khakibos
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Fri Oct 24, 2014 7:36 am
Re: Peregrine punte
Frederik kan nie kommentaar lewer oor die 204 nie. Ek deel my ervaring. As ek daai 204 resultate op QL gekry het sou ek Peregrine gekontak het en dit met hulle direk opvat. Lyk definitief nie reg nie.
- Alliwyn
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm
Re: Peregrine punte
Dagse Geno
Jammer ek sien nou eers jou vraag. Die 204 koeël is nog in die toets fase en glad nie kommersieel beskikbaar nie. Derhalwe is die herlaai data beslis nie verifieer nie en is ook nie veronderstel om alreeds gepubliseer te wees nie. Die data is gebaseer op een persoon se gedeeltelike terugvoer en ek stem saam dit lyk verseker nie korrek nie. Hoewel die persoon se resultate baie belowend was, wag hy vir nog toets koeëls voor ons konkrete terugvoer sal kan kry.
Daar is 'n fyn lyn tussen om die herlaai data gereeld op te dateer op ons "Master" lys en om seker te maak dat enige nuwe inligting korrek is voor publikasie. Dankie vir die terugvoer, ek sal dit dadelik verwyder tot dat dit gereed vir publikasie is.

- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3650
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Peregrine punte
Is dit so dat S&O al hulle kleiner verpakking Peregrines teruggestuur het fabriek toe om in 50s verpak te word?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
khakibos
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Fri Oct 24, 2014 7:36 am
Re: Peregrine punte
Fanta300 al die handelaars se vepakking is teruggestuur bir die nuwe verpakking. Kom nou in 50's
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3650
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Peregrine punte
Dankie, so daar behoort binnekort baie voorraad op die rakke te wees.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
BOS ADDER
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Mon Jan 05, 2015 12:28 pm
Re: Peregrine punte
http://besthuntingbullets.com/
hier is pryse
hier is pryse
- PaulM
- Hero Member

- Posts: 881
- Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Re: Peregrine punte
Na aanleiding van 'n opmerking wat ek gemaak het in 'n ander skrywe op die forum oor 180gr Peregrines
wat ek vir my 30-06 gekry het, het oom Tripod gesê dat dit dalk te lank gaan wees vir die 30-06, en dalk
nie lekker gaan stabiliseer nie. Voordat ek nog verder kon wonder daaroor, is ek eers deur Alliwyn (e-pos)
en daarna telefonies deur Adriaan (nogal Sondagoggend!) gekontak daaroor. Hulle het voorgestel dat ek die
koeëls vir hulle stuur, en hulle sal dit sonder kibbel omruil vir 165gr. 'n Pluimpie vir Peregrine se diens, dit
is iets waaraan ons nie meer gewoond is in die nuwe SA van vandag nie. Ek sien uit daarna om julle produk
te probeer, en glo dat ek goeie resultate gaan kry.
'n Vraag aan die QL kenners, asseblief:
volgende tipes:
Jacketed (3625 psi)
Solid Soft Brass (1800 psi)
Solid Copper (6525 psi)
FMJ with hard core (6525 psi)
In watter afdeling sou julle die Peregrines plaas?

Ek sien QL (V.3.6) stel verskillende SSP waardes voor vir verskillende tipe koeëls. Hulle onderskei tussen dieAlliwyn wrote:
Die manne wat QL "guru's" is manipuleer almal die shot start pressure en brandspoed faktor om QL te kalibreer.
volgende tipes:
Jacketed (3625 psi)
Solid Soft Brass (1800 psi)
Solid Copper (6525 psi)
FMJ with hard core (6525 psi)
In watter afdeling sou julle die Peregrines plaas?
PaulM
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Peregrine punte
Gebruik Barnes TSX se SSP. Hulle het baie dieselfde konstruksie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Alliwyn
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm
Re: Peregrine punte
Hi Vossievossie1 wrote:Dankie Alliwyn en Wouter,ek moet se dat ek geen druk van enige aard kan waarneem nie maar gaan beslis kyk of ek nie op n laer node dieselfde akuraadheid kan kry. Ek sal daai 66 gr lading bere vir die odd groot ding wat ek gaan jag. Ek sal die 375 slegs vir bosjag, maksimum tot op 200 meter gebruik so selfs 2100 ft/s sal oorgenoeg woema he. Nogmaals dankie vir julle raad en dat ons altyd op julle kan staatmaak vir goeie herlaai beginsels. Alliwyn ek gaan beslis nog julle produk gebruik en sien uit na julle Somchem resultate.
Groete
Vossie
Ons het die druk toets resultate gekry. Dis heeltemal in lyn met wat ons verwag het en nie nodig dat ons enige Peregrine herlaai data (soos verskaf op ons webwerf) hersien nie. Wat ons wel sal oorweeg is om onderskeid te tref of 'n nota te maak oor dop volume in ons "Disclaimer". Die PMP doppe se volume (waarmee Somchem getoets het) was deur die bank kleiner as die ingevoerde doppe wat ons algemeen mee te doene gehad het. Derhalwe sou die drukke nog laer gewees het as ingevoerde doppe gebruik was. Ek heg die druk toets resultate aan vir verwysing. Ons sal graag in tyd 'n groter verskeidenheid punte wil toets maar is op die oomblik heeltemal tevrede met die tendense wat die 1e stel toetse aandui. Die punt bly dat mens 'n veilige proses moet gebruik vir herlaai en altyd met 'n laer lading as die aanbevole begin om seker te maak daar is nie druk nie omdat uitsonderings maklik kan voorkom.
Wat QuickLOAD aanbetref dink ek die data spreek vanself.
Groete
Alliwyn
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2116
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Peregrine punte
Dankie vir die terugvoering Alliwyn,ek sal maar net die warm dae dophou vir my maks lading maar dit is goeie nuus.
Groete
Vossie
Groete
Vossie
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5029
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Peregrine punte
Alliwyn, dankie vir die toets en resultaat.