Page 3 of 3
Re: 2014 MP Gong skietdag
Posted: Mon Nov 10, 2014 11:55 am
by swc-tr
vdWalt
Die Engelse het 'n gesegde "A fool with a tool, is still a fool"
Moet nie vir een oomblik dink jy het "duur" speelgoed nodig om te kan deelneem nie, leer jou wapen en verbeter jou eie vermoeens. Ja, die "Ferraris" lyk impressive, sonder kennis en ervaring beteken hulle ook nie veel nie.
Kan 'n "stock standard" geweer kompeterend wees?
Kyk na Andrew Bekker van die Vanbek span, die 500m gewen met 'n standaard Howa .243Win, 5 uit 5 gongs plus ekstra skoot uit sit posisie raak geskiet!
Die beste raad, spring by die diepkant in met die swembroek wat jy het.......

Re: 2014 MP Gong skietdag
Posted: Mon Nov 10, 2014 11:57 am
by VdWalt
swc-tr wrote:vdWalt
Die beste raad, spring by die diepkant in met die swembroek wat jy het.......

Sal so maak want die jeuk raak al erger en moet gekrap word!
Re: 2014 MP Gong skietdag
Posted: Mon Nov 10, 2014 12:27 pm
by swc-tr
So lyk dit uit die skietgat as 'n gong raakgeskiet is (kyk heel links).
IMG_0640.jpg
Van die gongs is geventileer...
IMG_0649.jpg
Re: 2014 MP Gong skietdag
Posted: Mon Nov 10, 2014 2:04 pm
by Marc
Ag nee man, het daar wragtag manne met Mono's geskiet

Re: 2014 MP Gong skietdag
Posted: Mon Nov 10, 2014 3:36 pm
by Greyghost
Hi
Lyk soos groot gate was dit nie van die .50 Cal nie ?
Re: 2014 MP Gong skietdag
Posted: Mon Nov 10, 2014 3:54 pm
by Rudie
Nou weet ek hoekom ek so mis geskiet het op 700m. Ek het die heel tyd vir daai gaaitjie gemik

Re: 2014 MP Gong skietdag
Posted: Mon Nov 10, 2014 5:08 pm
by Piet Breedt
Watse staal is gebruik vir die gonge? Dit lyk te sag
Re: 2014 MP Gong skietdag
Posted: Tue Nov 11, 2014 9:56 pm
by Fritz
swc-tr wrote:vdWalt
Die Engelse het 'n gesegde "A fool with a tool, is still a fool"
Moet nie vir een oomblik dink jy het "duur" speelgoed nodig om te kan deelneem nie, leer jou wapen en verbeter jou eie vermoeens. Ja, die "Ferraris" lyk impressive, sonder kennis en ervaring beteken hulle ook nie veel nie.
Kan 'n "stock standard" geweer kompeterend wees?
Kyk na Andrew Bekker van die Vanbek span, die 500m gewen met 'n standaard Howa .243Win, 5 uit 5 gongs plus ekstra skoot uit sit posisie raak geskiet!
Die beste raad, spring by die diepkant in met die swembroek wat jy het.......

Ek kan net beaam wat Schalk hier sĂȘ. Ek het vir die afgelope jaar tot ek my 284 gekry het net met my .30-06 jaggeweer op langer afstande geskiet met baie goeie sukses op gongs en ook in die jagveld.
Manne sal seker van my verskil, maar ek dink as jy 'n geweer met bi-pod so 0.75moa kan skiet op 300m, met 'n redelike BC (G1 0.5) teen 'n redelike spoed (2700+) kan jy al lekker baljaar tot op 1000m.