Page 3 of 3
Re: Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Sat Mar 26, 2016 8:00 am
by Tikkaman
More manne,
Enige iemand al die target vision in aksie gesien.
Groete
Re: Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Sat Mar 26, 2016 3:54 pm
by tripodmvr
Hier is blykbaar 'n goedkoop manier om aan die gang te kom.
http://www.australianhunting.net/index. ... ;topicseen
Re: Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Thu Apr 14, 2016 10:11 pm
by ChrisGB
Ek was vandag by Huntex, en daar sien ek GoCam wat n Suid Afrikaanse produk is vir Wireless Kamera. Kyk gerus na hom. Baie goeie potensiaal. Sal fotos probeer oplaai later ma kyk op
www.gocam.co.za
Re: Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Thu Apr 14, 2016 10:16 pm
by ChrisGB
Re: Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Fri Apr 15, 2016 10:03 am
by ruaanb
Daai prys eish....
Re: Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Fri Apr 15, 2016 10:29 am
by Capt. Yoda
Ja nee vir 11k luister ek maar vir die hits
Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Wed May 04, 2016 10:41 pm
by gocam
Manne - ons hardloop n' "special" op die Gocam Base Unit vir R 6999 en Gocam Combo vir R 10545 (koerier inkluis). Dit sluit ons App sagteware en toekomstige verbeterings in. Dit gee jou n mooi beeld tot en met 2km.
Slegs wireless konneksie!
Gocam - your premium sight-in solution
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160504/21f05448426c7d93416ca552d4f3ad33.jpg
Re: Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Mon Jun 20, 2016 12:27 pm
by Skiet-Kop
Hier is die een wat ek en n friend gebou het. Het hom al tot 1.3km getoets en werk soos n droom. Kan ook weer na die tyd die video kyk om jou skote te identifiseer.
Re: Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Mon Jun 20, 2016 12:29 pm
by Skiet-Kop
Daai is die n foto van n vroeer model en het baie verbeteringe in tussentyd gemaak.
Re: Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Mon Jun 20, 2016 12:55 pm
by gocam
Hi SkietKop, lyk goed. Wat sit jy by die teiken neer?
Re: Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Mon Jun 20, 2016 2:46 pm
by Skiet-Kop
Hi Gocam. Ons het al so bietjie op julle facebook ook gesels. Ek sit n gewone video camara daar neer. Kan hom lekker ver sit want hy zoom goed en het sy eie battery en memory card. Julle skerm lyk vir my n bietjie klein vir groot teikens op lang afstande. Julle moet my bel. Ek is al amper 8 jaar besig met die kamaras en het n paar "tips" vir julle.
Re: Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Mon Jun 20, 2016 2:58 pm
by gocam
Ons het slegs 1 kamera wat voor die teiken kom, en die skut gebruik sy eie foon, tablet of ipad om die teiken te sien. Die fokus was om nie te groot te gaan en ook kostes so laag moontlik te hou. Dit is maklik om groot te gaan, met beter kameras, radios, batterye ens. maar nie haalbaar vir die meeste. Ons app/toepassing is die wenner en stoor sessies, doen shot identification en vele meer. Die Gocam is klein, en dit is belangrik omrede jy met bagasie af skietbaan toe piekel. Maar dit is lekker om ander oplossings ook te sien.
Re: Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Mon Jun 20, 2016 3:03 pm
by Skiet-Kop
Ek gebruik ook net een kamara,geen selfoon of ipad nodig nie en jy los die tas by die skietpunt en vat net die kamara teiken toe. Ek is glad nie kompetisie vir julle nie. Het net 5 vir naaste vriende gebou en dog net ek kon julle raad gee vir n beter pakket.
Re: Wireless Kamera vir papier/gong skiet
Posted: Mon Jun 20, 2016 3:17 pm
by gocam
Altyd ore vir opgraderings en die skut se lewe makliker te maak op die skietbaan.