Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Louis102 »

Jagbehep! wrote: ... van julle, kan in julle moer gaan ... 
Jagbehep

Sou jy dan nou reken die aanhaling van jou hierbo, is gepas?  Is dit die voorbeeld wat jongelinge hier op die Forum moet navolg?  Dit gesien in die lig daarvan dat jy ander lede met soveel passie berispe oor hulle onbeskaafde maniere hier op die forum? 

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by whisper »

WHOOOOOOOAAAAAAAAAAAAAAAAAAAH Boys! daar is blykbaar iets anders hier aan die gang waarvan ons almal nie weet nie  ??? Ek is maar ook n redelike nuweling op hierdie forum, maar dis nou die eerste keer dat ek sien die "ou manne" raak vir mekaar kwaad, hoe nou? Ons het mos almal ons eie opinies, maar stadig manne, stadig. Die rede hoekom ons hier is, is om te leer, nuwe vriende te maak ens. As dit begin persoonlik raak, is dit n boggerop. As DD iets gese het wat julle kwaad gemaak het is dit maar so, en jy is reg om kwaad te wees, maar nie met mekaar nie, stuur PM's boys nie in die openbaar nie, daar is klaar genoeg mense wat ons as jagters haat, ons hoef nie vir mekaar slegte dinge te se nie, hulle doen dit al klaar. Daar is genoeg haat en kwaadheid (hoop dis n woord  :) ) in ons lewens sonder om dit op ons plesier forums te sit manne, haal diep asem Boys, ek ken julle nie so nie seblief. :o

Pretty Walk.

Whisper.
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Chris101 »

Frans   
Louise

WAAR is daai stukkie van die boud met n moer wat stukkend is.

Chris101
Knou die gediertes AF.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Stefan764 »

Louis102 wrote:
Jagbehep

...........

Louis
Oom Leeu

As jy die tyd vannie more post hoop ek daar het darem iets bakkie gery gistraand??

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by James Wilson »

Louis102, jy slaan die spyker op die kop. ek sal volgende keer minder koffie drink voor ek reageer.my punt het verlore geraak omdat ek toe op dieselfde kinderagtige manier reageer as van(let wel slegs sommiges) die ander manne. daarvoor vra ek verskoning.

Francois, soos jy in jou laaste post gereageer het, is soos ek jou en jaracal leer ken het, op die man af punt vir punt sonder om persoonlik of meerderwaardig te word. dit is al waarvoor ek gewens het. jaracal met behulp van die moderators en lede was nog altyd n plek wat hoe waardes gehandhaaf meelewend was oor dit wat hul na aan die hart le en wat nuwelinge gduldig die pad gewys het. dit het my ontstel om te sien dat dit skielik verdwyn het. maar gaan kyk maar daar was lede wat AL DIE PAD, hulle waardigheid behou het teen oor die nuweling. dit is n kenemerk van jaracal.

aan d/dan wil ek se dat ek hoop jou vrae was opreg, ek sal jou die voordeel van die twyfel gee. op papier lyk dit of jy bloot ons dag wou omkrap. dit het gemaak dat  lede van die forum skielik en onodig vir mekaar kwaad geword het. van ons het al jou vra en stellings met geduld probeer  beantwoord, en ek hoop nie jy maak misbruik van ons gesindheid nie. ek sal jou sterk aanraai om jou woorde beter te kies.

as daar nou een ding seker is, is dit dat ons as jagters van watter formaat ook al moet weet is dat daar sal altyd iemand in vandag se tye wees wat dit waarvoor ons lief is, sal wil aanvat, belaglik maak of probeer stop. ons moet kalm en beredeneerd teenoor so n persoon optree anders gee ons net nog skietgoed vir die anti-jagters.  ek gaan in die toekoms ook koud en klinies wees sonder om ongeskik te wees teenoor n nuweling wat skielik "vreemde" vrae en stellings maak. ek glo die hoe standaarde van jaracal is nou weer in plek.  verder gaan ek nie weer op die post reageer nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Francois Marais »

James

UITGESORT......

Thanks mater.
Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by James Wilson »

Francois Marais wrote: James

UITGESORT......

Thanks mater.
Mooi loop
Francois
;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Wielie Waps »

James en ander
Die forumlede het maar 'n manier om iemand wat uit lyn uit is uit te sort. Terwyl dit gebeur is dit nie mooi nie , maar die eindresultaat is bereik. Ek dink vinnig aan name soos intercooler en 'n paar ander galgkuikens wat hulle "luck" kom probeer het.

FM
Hou die standaard hoog ou maat - dis hoe ons daarvan hou. Ek hou daarvan om te se dis ONS forum die en dit net omdat julle vir ons 'n pragtige ,lekker , afrikaanse forum gegee het  wat ons kan geniet.
As 'n man wil roer dan kan hy maar terug geroer word - maar met waardigheid soos julle altyd doen.
Groete
WW
Geroer-nie geskud nie
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Christo »

Jagbehep! wrote: van julle, kan in julle ........... gaan. ek sal hand en tand veg om te voorkom dat jaracal nog n gunsite.sa word. daar is altyd tyd vir opvoeding, klas en styl.
Ek het in die start van die topic gedagte gehad dat DD miskien vanaf GS af hier op ons forum gekom het. Die stelling/vraag was tipies die begin van soapies op GS.

Quote van DD se eerste post..........Ek wil bietjie stir vandag. Vergewe my as julle kwaad word, maar ons kan mos hier eerlik met mekaar wees.... unquote

Ten laaste

James, ek het jou nog die hele tyd opgesom as iemand wat nie skroom om te help waar ook al. Jou toetrede tot die topic was nie anders as die res van ons s'n nie.


Maar net weer bewys ons is almal mense, en mense val soms van die wa af......................... veral as jy gestoot word.


Trots JARACAL
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
dangerous dan

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by dangerous dan »

jislaaik manne, hierdie is beter as TV!

wanneer laas het julle so lekker gepraat oor 'n hot topic he?

kom nou, julle het almal geniet om deel te neem aan die gesprek en iets te se en die mickey uit my te vat. veral ou swiftie, ek hoop net hy is so braaf in lewende lywe soos hy online ook is...

het enige van julle groot jagters die post gelees van begin tot einde waarna ek verwys het? of is dit makliker om net te skiet van die heup af en deel van die lynch mob te word?

ek het definitief geweet ek gaan die pot stir want dit gaan oor geld en turf gebied. dit lyk my heelwat manne se ego's is geskaaf hierdeur en moet nou wys dat hulle nie lig opgevat moet word nie. die doel met die post was om reguit vrae te vra, sekere stellings te toets en so vinnig as moontlik by die waarheid uit te kom.

ek het baie geleer en dankie daarvoor. i am 'n big boy en het lekker gelag vir van die manne se posts. ek dink ook party het bietjie oor reageer. dit lyk my oom leeu is die meeste omgekrap. ek vind 'n bietjie rooi wyn help my met bedonnerdheid!

ek vra weereens omverskoning vir die wat dit die eerste keer mis gelees het, dat 'n nuweling soos ek julle pap so laat aanbrand het. vir die manne wie voel ek is nou goed getune en het nou terug in my boks gaan inkruip, julle sal my maar nog leer ken.

ek sal vra wat ek wil vra ongeag enige heilige koeie. as jy nie van my post hou nie, moenie reageer nie of laat die moderator die ding delete. as jy nie saam stem nie, se so. as jy nie van my hou nie, dis ook oraait. ek is nogal lanklaas so sleg gese deur 'n groep mense soos hier, maar weereens gaan ek nie slaap hieroor verloor nie. van julle kan nogal opgewonde raak oor strond en nogal in 'n ou se karakter inklim. ek het reaksie verwag, maar meer geduldig. ek kan nie onthou dat ek enige lid hier persoonlik sleg gese het of dat ek sy vermoeens afgekraak het nie. wie het ek persoonlik aangeval? ek het 'n onderwerp bespreek en wou my opinie lig en hoor wat gese word.

julle het my nogal entertain en as ek nie so besig was vandag nie, kon ek nog lekkerder terug gepraat het.

nou weet ek ook hoe lank almal se totties is  ;D

onthou net een ding. wanneer ons weer moet veg vir ons vryheid dan veg ek saam met my eie mense, so kalmeer boys, ek is nie die vyand nie

groetnis
dan
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by JOHANNIC »

Ou Dan lyk my jy word ook deur Red Bull geborg :angel:
Biebers
Need for speed >:D
dangerous dan

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by dangerous dan »

ek is nie 'n lid op gunsite nie

ek is maar reguit en probeer nie ongeskik wees nie, ek hou van debat en dit sou beter gewees het as van die kwaai ouens meer probeer debat voer het as om my persoonlik aan te val. as ek enige emosies gehad het sou ek regtig sleg gevoel het...

die feit dat nuwelinge gesien word as 'n nuisance is vir my die hart van my post, geen wonder ek tel so baie flak op by van die 'ou manne' nie, want ek daag die status quo uit en hulle hou nie daarvan nie. pro jagters is nie beter mense as groen jagters nie en hulle loop nie op wolke nie. as jy goed is met jou job dan hoef jy nie insecure te voel oor wat ander manne doen nie.

ek het 'n probleem met hierdie stelling: 'Jy gaan onpopuler word omdat jy jou dienste verniet beskikbaar stel, en dierek gaan meeding teen manne wat hulle lewe uit hierdie bedryf maak, en op die einde van die aand moet die pro's al die jakkalse wat jy skelm gemaak het probeer uitsort'

dis presies waaroor ek praat. nuwelinge moet maar eerder nie karring nie want jy gee die pro's net kopseer. dit is die pro se keuse gewees om dit voltyds te doen, so jy vat volle verantwoordelikheid vir jou sukses of mislukkings en kan nie ander manne blameer daarvoor nie. as ek my dienste verniet aanbied dan is dit my besigheid. as die boer dit annvaar dan is dit ons ooreenkoms. as ek sy jakkalse skiet en hy is gelukkig, dan het ek 'n goeie job gedoen. as ek droog maak, sal ek nooit weer by daardie boer mag skiet nie, en dan het jy nuwe besigheid gekry!

wie is jy om te se wie kan en wie kan nie jakkalse skiet nie? wat se outoriteit dra jy behalwe dat jy hier lank 'n lid is en dat jy al lank jakkalse skiet? hoe kan en gaan jy beheer wie wat doen waar? jy blameer slim jakkalse op onervare jagters alleenlik. wil jy vir my se dat jy nog nooit 'n jakkals mis geskiet het nie en dat daardie jakkals miskien toe slim geskiet was deur jou nie? dis dan maklik om onsuksesvol weg te loop by die boer en te se sy jakkalse is slim. op 'n ander site het ek gelees dat daardie pro jagter nie eers sal skiet op 'n plaas waar die jakkalse slim is nie. hoe dan nou? ek dog jy is die pro! dis makliker om die dom jakkalsies te skiet ne!

solank die jagter sy kursus gedoen het en in die veld kom en ondervinding kry en resultate kry, wie is jy om enigiets te se daaroor. jou opinie blyk te wees dat nuwelinge net porbleme veroorsaak wat die pro's dan moet regmaak. dis moerse arrogant ou perd en dis wat ek opgetel het in die post wat ek aangehaal het.

weereens, ek glo nie almal is so nie en my post spreek nie hierdie manne aan nie.

tot die site se krediet het ek manne gekry wie my ge-pm het om my uit te nooi om saam met hulle te gaan skiet sodat ek kan sien hoe dit werk en hoekom hulle doen wat hulle doen. ek was plat geslaan! dit was moerse nice en baie dankie. ek het wel gese dat ek nog nie reg is nie, dat ek eers nog moet lees en leer en so paar kursusse onder die belt kry want ek wil dit ordentelik doen. my eie standaarde is hoog en ek hou nie van f*k-ops nie

dis hoekom Fransois Marias, jy my in die gesig vat wanneer jy se ek is nie goed genoeg om hierdie sport te betree nie omdat ek 'n nuweling is. jy ken my van geen kant af nie. jy weet nie wat my vermoeens is nie. jy aanvaar van die begin af ek is onbekwaam.

Francois Marais het my punt bewys. Hy mag 'n baie goeie skut wees, baie ondervindig he en 'n moerse nice ou wees, maar hierdie stelling van hom wys dat hy neer kyk op minder ervare jagters as hyself en dit is my probleem. ek het 'n probleem met mense wie neerkyk op ander

ek moes liewer 'elites' gebruik het in stede van 'faksies'. as die pro's goeie werk doen en resultate lewer, dan hoef hy nooit te worry om sy turf hoef te beskerm teen nuwelinge nie, want hy het reeds sy klient se vertroue gewen en sy klient sal nie na ander manne vra nie. dis hoekom ek gese het die vrye mark sal homself uitsort. daar is nie nodig vir diskriminasie teen naweek jagters nie.

lekker slaap ou grote!
dan
Last edited by dangerous dan on Tue Feb 22, 2011 10:38 pm, edited 1 time in total.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by JOHANNIC »

Sjoe... ou Dan ek is ook nie n pro nie maar hoe voer n man n debat met iemand wat vir slim ingesluk het?
Biebers
Need for speed >:D
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by .220 Swift »

Bly jy's terug DD

Slapelose nag gehad - so bekommerd gewees jou gevoelens is dalk seergemaak.

Glad to see you're back for more!

Om jou spekulasie te beantwoord - nee, ek is nie braaf nie.

Mens gebruik braaf meestal tov 'n hond. Dit beteken gehoorsaam. Mens kan ook s? 'n kind is braaf - bedoelende soet, gehoorsaam. Selfs dit is al bietjie negatief. Om te s? 'n man is braaf, is 'n belediging! Dit beteken hy's naief, kinderlik,'simpleminded' in Engels. As jy praat van iemand met baie waagmoed, s? 'dapper'.

Hoop jy verstaan Afrikaans nou bietjie beter.

Laat weet gerus as jy nog lesse nodig het.

Groete

.220 Swift
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Francois Marais »

Dan
hierdie stelling van hom wys dat hy neer kyk op minder ervare jagters as hyself en dit is my probleem. ek het 'n probleem met mense wie neerkyk op ander
As dit jou siening van my is, ken jy my bitter sleg, mar nu ja, kla gesien jy is n man wat nie oortuig wil word nie. Ek kan ongelukkig net raad gee aan manne wat wil leer, nie die wat reeds alles weet nie.

Ek kan nog n paar opmerkings maak, maar sien dit gaan geen doel dien nie, en hierdie DEBAT gaan die selle rigting gaan as n hond wat sy eie stert ja........

So my gevaarlike vriend, hoop jy geniet die forum, en wys ons almal op al ons foute tereg....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Francois Marais »

Dan

Nou self lekker gelag toe ek sien jy kan ook n bietjie opgewerk raak en glad ook nie so COOL is soos jy voorgee nie...

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Skolla »

dangerous dan wrote: Ek wil bietjie stir vandag. Vergewe my as julle kwaad word, maar ons kan mos hier eerlik met mekaar wees.
omdat ek voltyds werk en nie my werk gaan bedank om voltyds jakkies te skiet nie.
Omdat jy al jare skiet, beteken dit nie dat jy mag diskrimineer teen 'n nuwe outjie/ naweek jagters nie.
As jy voltyds skiet, dan was dit jou keuse en jy moet daarvoor verantwoordelikheid neem.
Dis hoe besigheid werk.
Pasop vir price fixing,
Dit laat 'n slegte smaak in die mond.
Die manne wat nie wil skiet by boere wat naweek jagters inkry nie, lyk vir my soos hoe die mafia besigheid doen. 
Die geleentheid is oop vir almal wat die tyd en geld insit.
Dan
Jy het ges? jy wil stir,jy het verwag die manne gaan kwaad word en jy het gevra vir eerlikheid.Dit is maar net wat jy gekry het.
Jy wil nie jou werk bedank nie, . Respekteer die manne wie dit wel doen.
Die pro's hier help die die deeltydse manne die heel tyd.
As jy weet hoe besigheid werk dan weet jy tog ook dat mens dit doen om wins te maak.
Price fixing-gevaarlike stelling.
Die volgende twee stellings lyk my meer na beskuldigings.
Ek kan jou belowe daar is net n handjievol mense wat n lewe hieruit kan maak, die res van ons sit net geld en tyd in.
In jou topic is n klomp aanames en selfs beskuldigings. Wat se antwoorde het jy dan verwag?
Ek dink as jy jou topic anders bewoord het sou jy dieselfde antwoorde gekry het, net baie anders gestel.
Die feit dat so baie deeltydse ouens jou geantwoord het wys net dat hulle weet waaroor dit gaan en dit nie so maklik is as wat dit klink nie en vir die pro's gaan dit daaroor dat iemand nie hulle werk moeiliker moet maak nie, daaroor deel hulle ook hulle ervaring met ons.
Dink bietjie daatoor na, hoekom is daar wel manne wat bereid is om jou te help. Groothartig van hulle!
Miskien het jou aanvallende houding ons op ons agtervoete gesit?
Moet nie my geskrewe stuk as negetief sien nie.En ek hoop werklik ons kan oor n jaar weer die gesprek ophaal.
Skolla
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by tafjak »

Manne

DDan het gekry waarvoor hy aansoek gedoen het en Jagbehep het ook so bietjie die wind van voor gekry, maar niemand het persoonlike aanvalle geloods nie. Bietjie humor by elke post en so tong innie kies antwoorde, niks ernstig nie. Moenie ook Gun Site se naam deur die modder sleep  nie, hulle kan wees soos berig word nie.

Jagbehep

Vloek die ouens op Gun Site ook mekaar se moere? Net 'n vraag. Wil jou ook gelukwens met die heel eerste ou wat dit op hierie site gedoen het. Ja, weet dat jy verskoning gevra het, maar ek lees die post nou eers en wil dit op rekord kry

Dangerous Dan
Ek was miskien die man wat alle skuld moet kry vir my aanmerking: " dat sonder ondervinding jy opgevreet sl word". Dit was as waarskuwing bedoel om jou voor te berei vir wat onvermydelik toe alreeds was. As jy nie reeds(wat ek vermoed) ervare jakkalsjagter is nie, doen jou die guns en word een. Jy sal dan topic's soos hierdie kan begin sonder bietjie redelike hulp om jou op die regte pad te kry. Geniet die forum, maar al te veel gesien dat daar lede aansluit met die uitsluitlike doel om dit nie te geniet nie. Nog so een wenkie, maak klaar wat jy begin het, net goeie maniere.

Aan die res:
Julle het julle self puik van jul taak gekwyt!

Mooiloop

Ps. Sou graag by jou wou weet waar kom jy aan die idee dat jakkalsjagters ander jagters probeer weghou uit jaggebiede waar hy jag.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by tafjak »

[align=center]
onthou net een ding. wanneer ons weer moet veg vir ons vryheid dan veg ek saam met my eie mense,
[/align]............ja, ja, ja, maar ons vind nog uit of jy kan skiet!


Jammer Dan, maar hierie ene kan ek nie laat verbygaan nie! :D
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Dawie »

Om die aanvanklike vraag nou weer bietjie aan te spreek.

Net my opinie

Dis eerstens die boer se reg om toe te laat wie hy wil om op sy plaas mag jag.

Indien die boer 'n "pro" gebruik dink ek mag die "pro" die ander "jagter" se vermo?ns bevraagteken sonder om die ou af te kraak en die boer/ander jagter in te lig oor die gevolge (bv. skelm ongediertes/onnodige verliese) indien die jagter nie op "standaard" is nie.

Indien die boer nie die gesonde en eerlike raad wil volg en dan nog steeds die sub-standaad jagter wil laat mors op sy eiendom (tot sy bure se skade ook) dink ek mag die "pro" die boer inlig, indien sub standaard diens gebruik gaan word,  dat die "pro" nie meer sy dienste vir die boer sal beskikbaar stel nie.  Of die "pro" sy buddies wil laat weet om nie hulle tyd te gaan mors by die boer nie dink ek ook is die "pro" se reg.

Oor die vraag of ouens hulle turf beskerm teen "nuwelinge"

As die "nuweling" op standaard is dit die boer se keuse m.a.w vrye mark geld.  Tog dink ek nie dis nice om 'n ander ou se enigste brood en botter te ontneem as jy self 'n ander inkomste het nie.  Ek dink dis net goeie maniere van enige "nuweling" om te gaan praat met die "pro" voor hy die ou se sg. "turf" betree.

Use it don't use it ;)

Cheers

Dawie a.k.a. Kojak  ....Skaapboer en deeltydsevoltydse ongedierte moordenaar met turf.
Last edited by Dawie on Wed Feb 23, 2011 10:39 am, edited 1 time in total.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Dawie »

Nou dat ek so bietjie dink daaroor,  bestaan daar werklik iets soos "turf" as ou mooi daaroor dink.  Kan 'n jagter werklik "turf caim"  Hmmmm? 
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Louis102 »

Dawie wrote: ... Dis eerstens die boer se reg om toe te laat wie hy wil om op sy plaas mag jag ...
Kojak

Stem met jou hierbo.  Mag ek my opinie aanlas, sonder om te herhaal wat jy s?:

Ek dink as 'n boer presies die gevolge van die gebruik van 'n swak jagter, gemeet teenoor 'n goeie jagter sou verstaan, sou hy baie moeilik 'n swak jagter op sy grond toelaat. (let wel: ek praat nie van "nuwe" en "ervare" jagters nie)  Ongeag die prys.  Ongelukkkig verstaan baie boere nie regtig die roep-&-skiet beginsels nie en nog minder die belangrikheid van hoe om dit reg toe te pas.  Is dit dan nie reg van 'n verantwoordelike jagter (of sy organisasie as hy eendag een het) om die boer goed hieroor in te lig nie?  In my opinie is die nie net reg om die boer in te lig nie, dit is 'n mo?t!  Dit is tot voordeel van die industrie en die boer.

Laaste opmerking:  Goeie jagters (nuut of ervare) wil gewoonlik meer leer en oorskat nie hul eie vermoe?ns nie.  'n Goeie nuwe jagter sal eers wil leer en daarna (miskien - ek glo nie) sy bek begin rek oor manne wat al lankal in die industrie is.  Niks fout om vrae te vra nie, maar die gees en manier waarop die vrae gevra word dra baie by tot wedersydse respek tussen roofdierjagters.

Hoop nie ek herhaal wat die manne reeds ges? het nie.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Namib »

More Dan

My persoonlike ondervinding;Ek weet van ouens soos Taffie/Louis102/Louis101/Tomcat/ens.op die forum is geld n by saak,maar tog iets wat ons nie kan vermy nie.Enige iets in die lewe het sy prys,so om prys vir jou tyd/kennis/toerusting te vra betaal ek toe oe.Hoe daai man by sy prys uitkom is sy saak.Wat n staan pelk in die so genaamde SPORT betef is,is daar vir ons almal plek.Ek is ook n tyd nou al op die forum en jy sal nie verstaan hoe baie hulp ek van die meer gesoute manne gekry het en snaaks genoeg my nie n sent gekos.As ek raat nodig gehad het is ek gebel en gese maak so,maak so.As jy mense soos Jaracal/Taffie/Louis102 vat wat nagte om tyd hulle geld en ondervinding met n mens deel op n forum ,wat daar is vir die naweek jagter en die pro kan ek nie sien dat daar n proebleem is met n naweek jagter  nie.(Doen dit net reg)

Taffie en Louis of kom ek stel dit so,die Forum het van my n baie better jagter gemaak as 2jaar trug.........

Was die af gelope naweek by n boer en Vrydag skiet ek twee tewe , toe ek by die huis kom wag hy vir my (4:50am).Die blydskap op daai man se gesig sal jy nie verstaan nie.Die groot proebleem dink ek is nie die so genaamde naweek jagter nie ,maar is erinstigheid waar mee die manne die saak aan pak(roep van cell af ens.)Dis iets wat hulle proebeer verhoed,dit is baie moeilik om n skelm jakkals dan uit te oor le.Ek was al in so n situasie en dis nie maklik nie.Stop oppad huis toe by n boer om n boodskap af te gee,baie reen gehad fone al vir lank af.Kry om in die pad besig om drade op te tel,al n grootman.Son het om al klaar gebrand,vra hoe gaan dit"goed baie reen gehad,maar die roofdiere maak my klaar.Hulle het gemaak dat ek die laaste paar jaar agter uit geboer het".Wens jy kan die uitdrukking op sy gesig gesien het,so hierdie is volgens my nie n sport nie en sal nooit wees nie.Dis mense se bestaan en lewe waar mee jy speel.
Nou DD hoor my lied ,luister wat die manne se nie net hoor nie.Gaan doen dit vir n paar jaar (tog net op die regte manier) dan praat ons weer.Ek het nog altyd welkom gevoel tussen die manne op die vorum en ek is n naweek jagter.Nog nooit het iemand my vertel waar ek mag en nie mag jag nie behalwe die boer wat my bel.My 2c
Namib Groete
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Namib »

More Louis102

Ek hoop ook nie ek herhaal al goed wat gese is nie,maar mens weet nooit meskien is dit nodig in die geval  ;)

Namib Roete
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Francois Marais »

Louis
Niks fout om vrae te vra nie, maar die gees en manier waarop die vrae gevra word dra baie by tot wedersydse respek tussen roofdierjagters.
+1

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply