Page 3 of 3
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Tue Aug 07, 2012 4:53 pm
by Flip Fouche
SPEENKALF PRYS
170-210 kg R18.80
220-260 kg R18.00
270+ R16.50--R17.50
Groete
Flip
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Tue Aug 07, 2012 5:48 pm
by Wayne
Flip, up to 240 we are getting R15.60. Are you an agent?
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Wed Aug 08, 2012 1:12 pm
by tau
Gister gekry R15.80 op 230 kg verse. Hulle pas nie in by my ander verse nie teklein om nou bul te vat.
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Wed Oct 17, 2012 11:24 am
by Gernie
Manne, help bietjie.
Wat is die nuutste speenkalf pryse? Wat sal jy betaal vir verse (100kg)?
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Wed Oct 17, 2012 9:01 pm
by savage(P Coetzer)
Gernie, ek het die week nog R17.50 uit die hand uit vir bul/os kallers onder 240kg betaal.
Verse gaan so R17. Nie seker wat 100kg kallers sal gaan nie.
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Thu Oct 18, 2012 8:08 am
by Flip Fouche
SPEENKALF PRYS
AMALIA Veiling 17/10/2012
250-300 kg R18.85
210-240 kg R18.80
80-110 kg R20.20
750 kalwers verkoop.
Groete
Flip
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Thu Dec 20, 2012 6:01 pm
by Flip Fouche
SPEENKALF PRYS IN VRYBURG AREA 17/12--20/12/2012
180--245Kg R21.50
As gevolg van die afgelope droogte is daar omtrent geen swaar kalwers nie.
Groete
Flip
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Thu Dec 20, 2012 6:12 pm
by Dawid
Ja Flip en met die reen wat geval het gaan pryse nou erg klim en gaan die kalwers vinnig optel.
Skuus wou byse.....Die manne wat wel goeie weiding oorhet moet nou koop.
Groetnis
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Thu Dec 20, 2012 9:44 pm
by Kalahari

En hier in my omgewing in Nam (eintlik die hele Nam) verkoop speenkalwers nou vir tussen R14 - R15.
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Thu Dec 20, 2012 10:30 pm
by Flip Fouche
Kalahari
n Vriend van my in die Noord Transvaal kry baie kalwers in vanaf Nam.Dit klink vir my die prys is reg.
Groete
Flip
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Thu Dec 20, 2012 10:33 pm
by Flip Fouche
Dawid
Ja die weiding is baie skaars.Ek glo die prys van goeie kalwers gaan baie opgaan in die nuwe jaar.Dit lyk vir my of Bloemhof ook goed nat is.
Groete
Flip
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Thu Dec 20, 2012 10:48 pm
by Kalahari
Flip
Net soos jy se, as man bietjie spaargeld (en veld) het kan jy nou paar kalwers gekoop het. Gelukkig het die reen al goed by my geval, so die kalwers sal maar eers bietjie moet loop, want ek kan nie vir daardie prys verkoop nie.
Dan is daar nog die prys skale (gewigs klasse) en verse wat niemand wil he of wil voor betaal nie.
Volgende jaar iewers as ek verkoop, dan moes die verse by die gewees het en as hulle nie was nie, dan stel kopers ook nie belang nie, mens weet nooit eintlik wat die mark wil he nie, een dag pampoene en die volgende skorsies.
Beste
Kalahari
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Thu Feb 28, 2013 8:36 am
by Flip Fouche
Speenkalwers
250-280kg R15.00--R16.50
200-240kg R16.30
Groete
Flip
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Thu Feb 28, 2013 1:39 pm
by savage(P Coetzer)
Teen R16.30 by n veiling steek die boer minder as R14.90 in sy sak maar as ek hom R15.50 aanbied uit die hand dan word daar vir my gesê nee hy kan R16.30 op die veiling kry.....
Re: Speenkalf prys - Vryburg
Posted: Thu Apr 04, 2013 1:30 pm
by Hein (Haan)
Kalf prys is nog laag hoop die bietjie reen maak dit vir n tydjie lank beter.
Ek het die 28 Maart 180 tot 210kg kallers gekoop teen R 15.20/kg
Sien daar is ook nou baie koeie en diere wat maer is om te koop.
Koeie met kalfies het vir so R10.80/kg verkoop.
Hoop dit begin nou beter lyk vir die boere.