Page 3 of 3
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Mon Apr 13, 2009 12:29 am
by Ambessa
Hallo Louis102
Lyk my roofdierbestuur is 'n integrale deel van jou veeboerdery?
As dit nie soos al die ander bestuursinsette gemaak word nie is jou verliese baie groot.
Gee meer agtergrond (as die tyd jou toelaat) oor die volle program. Wat sluit dit alles in?
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Mon Apr 13, 2009 12:39 am
by Ambessa
Hallo Louis102 / Britsman / Tafjak / LBM / Jacques / en almal op hierdie onderwerp
Ambessa wrote:
Vraag: hoeveel plase kan een jagter effektief in 'n jaar bedien as hy voltyds hiermee besig is?
Iemand wat hierop 'n antwoord wil waag?
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Mon Apr 13, 2009 9:32 pm
by LMB
Ambessa wrote:
Hallo Louis102 / Britsman / Tafjak / LBM / Jacques / en almal op hierdie onderwerp
Ambessa wrote:
Vraag: hoeveel plase kan een jagter effektief in 'n jaar bedien as hy voltyds hiermee besig is?
Iemand wat hierop 'n antwoord wil waag?
Ambessa
Ek dink nie die vraag het `n eenvoudige antwoord, soos reeds ges?, sal dit afhang van `n hele klomp veranderlikes. Waar die getalle baie is, sal die werk baie wees en dan gaan dit afneem, die werk en die getalle. Een jagter per distrik sou seker `n goeie begin wees, of hy voltyds gaan werk h?, weet ek nie. As so `n persoon wel ook `n pak honde het, dat hy hom totaal toespits op probleemdiere, kan dit dalk beter werk.
Dit is wat ek glo tans die oplossing vir ons probleem is.
Ek het nou darem `n antwoord gewaag, dis nou die ander se beurt.
Groete
Lukas
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Mon Apr 13, 2009 9:39 pm
by Ambessa
Hallo LMB
Dankie en korrek glo ek. Die aantal plase of die gebied wat gedek word sal tussen distrikte verskil en selfs binne distrikte.
As ek reg aflei is daar redelik groot gebiede wat maar aan die genade (of is dit stille metodes) oorgelaat word?
Sal nogal help as die stil ouens (op die forum) ook laat weet.
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Tue Apr 14, 2009 12:59 pm
by jaracal
Ambessa
My ondervinding is dat jy moeilik meer as 20 kliente met 10000ha elk kan hanteer in areas waar jakkals populasies 2 pare op 3000-5000 ha is. Dit beteken 200 000ha maw 100 jakkalse of 50 pare. Kom teeltyd is dit 250 kleintjies.
Ek het op 'n stadium 23 kliente hanteer en was die totale oppervlakte ongeveer 200 000ha. Jy bars maar om voor te kom.
Groete
Heinrich
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Tue Apr 14, 2009 9:36 pm
by Ambessa
Hallo Jaracal
Dankie vir die info. Onthou die jagter moet ook darem ook sy eie lewe lei.
Het baie groot waardering vir julle ouens wat nagte deur koud kry (en ook soms warm) en dit oorleef en daarmee aanhou.
Onthou ons gespekke? 'n Groot drif word more deurgesteek. Hou goeie moed.
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Wed Apr 29, 2009 12:41 pm
by Yalair
geen wonder ons het jakkals probleme nie, hiers net 32 ouens wat beheer toepas 4 pro's 13 deeltyds, 13 boere wat self beheer 1 wat pro gebruik en een wat navorsing doen

Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Wed Apr 29, 2009 8:25 pm
by Ambessa
Hallo Yalair
Dankie vir jou moeite. Wonder wie is die ander meer as 275 op die forum?
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Thu Apr 30, 2009 1:24 pm
by britsman
POLLMAN, (yalair)
Yalair wrote:
geen wonder ons het jakkals probleme nie,------ en
een wat navorsing doen
Ek hoop dat die
ou nie 'n jakkie in 'n wol baadjie is nie !!!
groete,
britsman
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Thu Apr 30, 2009 2:21 pm
by Yalair
Britsman
Sal biekie roep en sien of hy nie inkom nie

Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Thu Apr 30, 2009 7:45 pm
by britsman
Pollman,
Goeie plan. Try ok soo 'n oop brandewyntjie op wind van hom uit te sit.Dan sal hy vir seker inkom.

brits
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Fri May 01, 2009 9:09 pm
by Ambessa
Hallo Britsman
...glo nie daai ou weet veel van nie... completely synthetic...
Ambessa
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Sun May 03, 2009 9:21 pm
by JACQUES BOTHA
waa kry die voltydse manne werk as daar net een beer boer is wat laat skiet deur pro....

????????????????????????????????????????????????????????????????????????
Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Sun May 03, 2009 9:23 pm
by Yalair
HET OOK GEWONDER, MISKIE POATCH HULLE DIE JAKKIES

Re: Status as Jagter/lid van forum
Posted: Sun May 03, 2009 10:02 pm
by LMB
Die probleem is jy kan nie op meer as een plek stem nie. Ek jag self maar het al professionele jagters ook laat jag.
Lukas