Page 3 of 4

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Mon Feb 03, 2014 5:58 pm
by Nico Harris
Hierdie is my inskiet groep voor ek die 1000yds aan gevat het. Ook oor die cruiser se dak -9.4mm , 5skote op 100yds.

Groete

Nico

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Mon Feb 03, 2014 6:30 pm
by PWV
Daai cruiser se dak moet jy laat patenteer as 'n skiettafel!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Mon Feb 03, 2014 6:37 pm
by LRLaubscher
Nico,
Dis regtig baie goed gedoen.
Soos Wouter sê, hierdie dae wat dinge so goed gaan moet mens eintlik op video vaslê vir daai dae wat niks wil saam werk nie.

Ek is skoon jaloers!!
Baie mooi gedoen.

Groete,

Nico

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Mon Feb 03, 2014 7:47 pm
by DWB
Nico Harris wrote:As ek kyk hoe ons van hom af skiet is hy reg vir my en laag vir jou Deon! ;)
Hehehehe sorry man, ek wou nou nie opsetlike kort mannetjie grappe maak nie :D

Ek sê jou, dis Pixel wat nie kan stil sit as ek van jou bakkie af skiet nie, die wat ek so bewe :D :D :D

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Mon Feb 03, 2014 7:48 pm
by DWB
Kom nou Nico, wys die manne waarvan is jy gemaak en swing daai plaat met die 9.3 ek weet jy kan

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 6:34 pm
by Nico Harris
Vanmiddag weer bietjie n groep op 1000yds gaan skiet. Vir hoogte het ek 25.5moa gestel en vir wind het ek 5 clicks regs gestel. Wind was 5mph van 160grade. Temperatuur was 23grade celcius. Ek was gelukkig om hierdie van skoot groep van 6.4 duim te skiet. Die die skoot met die bruin roes kolletjies om is n ou skoot.

Groete

Nico

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 6:47 pm
by Jake1
Mooi gegooi, as jy sê 7.5 opgestel, is dit as jou geweer op 100 gezero is?

J1

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 7:00 pm
by Nico Harris
Skuus ek kyk soos my gat. Dis 25.5mao! Nie my eerste omwenteling van 18moa by getel nie!
Danie Jake!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 7:25 pm
by chrisman
Baie mooi gegooi daar.
Eendag sal ek dit ook probeer...

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 8:08 pm
by PWV
Nico Harris, met daardie geweer in jou hand is jy donners gevaarlik. Ek wil jou eerder aan my kant hê en agter jou staan as voor jou op daai afstand!!! :):

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 8:12 pm
by Nico Harris
Hahaha!

Dankie oom PW!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 8:15 pm
by Arnold
28.4 MOA elevasie vir die groep op bladsy een en nou 25.5 MOA elevasie ...

Was die 25.5 MOA gestel op jou eerste groep wat jy geskiet het na die teiken toe?
Baie mooi groep!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 8:22 pm
by Nico Harris
Arnold ek dink dis maar die winde in die kloof wat mens nie kan sien nie. My broer het sondag geskiet. Die wind wat hy op die grond gemeet het was 15mph. Die wind waarvoor ons moes stel om op teikin tekom was 45mph as ons die wind se rigting dieselfde los. So die wind in die kloof was 3keur soveel soos wat ons by die skietpunt gemeet het. Die kloof se hoogste punt bo die grond is by die 200meter.

Groete

Nico

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 8:25 pm
by Nico Harris
Ek moet bieg. Arnold het my nou laat wonder. Ek het die errste dag se data gaan check in my boekie. Is 26.4moa. Seker n tik fout. Foute wat mens duur kan kos as jy jag.

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 8:28 pm
by Nico Harris
:confused: Ek sien nou ek het 26.4moa geskryf....Arnold jy maak laat ek myself doubt....JY moet mooi lees jy maak MY deurmekaar!

Groete

Nico

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 8:28 pm
by Arnold
Nico Harris wrote:26.4moa op. daarna 5 skote geskiet wat almal laag op die teikin was. Daarna 3moa opgestel en n groep bo die teikin punt geskiet. Altwee die eerste groepe was onder moa.

Ek het toe die scope 1 moa afgestel wat hom in die kol sou sit. En weer 5skote geskiet. Die groep was op die regte plek en 7duim ;D ;D ;D
26.4 + 3 - 1 = 28.4?

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 8:36 pm
by Nico Harris
Dan moet dit die wind wees. Ek skryf die goed maar neer soos ek stel sodat ek reg terug stel.
Dis ongelooflik die verskil wat die wind kan maak! Sal dalk more weer skiet en kyk wat kry ek dan! Is om n template te maak waarop ek die goed ordentlik kan log elke keur.

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 8:59 pm
by Arnold
Nico, dit is nie vreemd nie en daarom het mens al die gadgets nodig om eerste rondte skote te laat tel!
Ek wys dit maar uit sodat ander dit ook kan optel en leer.

Wind maak 'n verskil (van voor, agter en 'n dwarswind affekteer ook jou elevasie van jou POI)
Temperatuur maak 'n verskil
lugdruk maak 'n verskil
humiditeit maak 'n verskil

klein verskille in afstand maak 'n groot verskil

dan is daar nog mirage ook ...

Gooi al die faktore saam en dit is nie maklik om sommer so op gister se verstellings die selfde teiken raak te skiet nie.

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 9:47 pm
by Nico Harris
Dit is baie waar! Ek het nie op die oomblik n rf nie. So range maar met die gps. As ek eers my leica saam met my windmeter en gps sal ek mooi al die goed kan opweeg! Sodra jy dink jy weet amper iets kom jy agter daars nog vrek baie om te leer. Ek probeer maar soveel tyd op die range spandeer moontlik en dan deur praktiese ervaring te leer!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 10:04 pm
by Arnold
Nico, jy is bevooreg om so te kan skiet en jy het die regte benadering. Ek wens ek kon so in my agterplaas skiet.

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Tue Feb 04, 2014 10:30 pm
by Nico Harris
Ek is baie gelukkig! Het binne 3km van my huis vir my drie "bane" opgestel. 0-500yds , 500-800yds en 800-1500yds!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Wed Feb 05, 2014 7:04 am
by Stefan764
DWB wrote:Nico gebruik 'n Cruiser
Gn wonder jy skiet so goed nie!!

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Wed Feb 05, 2014 9:26 am
by Jake1
Wat dit nog meer merkwaardig maak is dat hy staan en skiet, Nico jys 'n natural. Dis vir my jammer daar is so min inligting oor die skietkuns self, snellerdruk, asemhaling, posisies ens. Laasgenoemde is vir baie hier seker common-sense maar nie vir almal nie.

Ek wonder wat is Nico se geheim.........

J1

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Wed Feb 05, 2014 10:11 am
by Gawie(13mm)
Jake1 wrote:Wat dit nog meer merkwaardig maak is dat hy staan en skiet, Nico jys 'n natural. Dis vir my jammer daar is so min inligting oor die skietkuns self, snellerdruk, asemhaling, posisies ens. Laasgenoemde is vir baie hier seker common-sense maar nie vir almal nie.

Ek wonder wat is Nico se geheim.........

J1
OEFEN!! ;D

Re: Eerste keer op 1000yds vir my en die 243.

Posted: Wed Feb 05, 2014 10:25 am
by Jake1
Stem saam Gawie niks kom by oefening nie, maar ek wil weet wat presies moet ek oefen en op konsentreer. Wat ek al beslis met myself agter gekom het is dat ek sekerre dae beter skiet as ander, maar kan nie regtig my vinger lê op wat presies die verskil is nie, nadat mens reeds faktore soos wind, temperatuur ens uitgeskakel het. Ek wens partykeer ek het nooit begin skiet nie, dit kan 'n obsessie raak om gaatjie in gaatjie te skiet.

J1