Page 3 of 3
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Tue Aug 26, 2014 5:42 pm
by Johan Reyneke
Jy kan by Fishers in Lichtenburg bestel 018 632 1293, praat met Marlene of Ferdi
Email is
marlene@fishers.co.za of
ferdi@fishers.co.za
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Wed Aug 27, 2014 7:12 am
by DamDuiker
Hi Johan,
Het hulle gekontak, R6700.00 stuk posgeld ingeluit.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Wed Aug 27, 2014 7:52 am
by Eugene
Weet iemand al wanneer die goedkoper, minder "fancy" MS beskikbaar gaan wees? Ek het Maandag weer 'n bloutjie met my chrony geloop toe iets nie wou saamwerk nie en is beslis op soek na iets waarop die weerstoestande nie so groot invloed het nie....
My CED chrony is bakgat, maar as die wind effens waai of die son nie presies reg is nie, sukkel ek om konstante of soms enige lesings te kry.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Wed Aug 27, 2014 7:50 pm
by Fritz
Eugene. Soos ons vriend Shaun altyd sê. Buy once, cry once.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Tue Mar 03, 2015 9:43 am
by dawiec
manne biae dankie vir die thread...moet nou juis 'n chrony koop maar besef mens se huiswerk moet deeglik wees as jy hom korrek wil gebruik...ek het nooit besef daar is soveel veranderlikes wat 'n invloed het op die Chrony nie...die raad sal my baie moeite en frustrasies spaar...weer eens dankie!
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Sun Apr 19, 2015 9:48 pm
by ruaanb
n Tip wat ek so rukkie gelede raak gelees het wat sal help dat jy nie jou chrony raak skiet nie is om so derde van onder en dan van bo n helder kleur sticker op die metaal penne te plak. As jy dan jou scope afdraai na 6 tot 8 vergroting dan kry jy so n dowwe beeld van daai helder kolle op die rand van jou gesigsveld. Ek het dit gedoen en dit werk soos n bom.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Sat May 16, 2015 10:49 pm
by Basie2
Ek het vandag lesing van 3993vt/sek gekry met 22/250 met 50gr Blitz Kings!! Daai crony rook boom!
Dis sooooo jammer dat ons so maklik in 'slaggat van elcheapo' trap en later tog maar die duurder item aanskaf.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Sun May 17, 2015 1:28 pm
by tripodmvr
Kyk hieronder - dit is moontlik - dit is natuurlik nie veilig nie. Hang ook af hoe lank is die geweer se loop en dopvolumes. Is die chrony 5m vanaf die loop se punt?
Rem 22-250 Sierra 50 Blitz.JPG
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Sun May 17, 2015 11:15 pm
by Basie2
Tripodmvr, ons kon nie die chrony op 5m staanmaak nie (helling) en was op so 3.5m.
Detail:
S335
Aol= 63.5mm
Lading= 34.7gr
Loop= 26" 1:12
Die lesing was foutief. Dis 'n pac-nor loop wat 18mm op die kroon, is op ruger M77 11 aksie. Dis net voorsit en bakkie geweer, maar loop soos stroop- 6.5-20x50 Leupold varmint op. Skiet 15mm 4 skoot groepering op 100m, heeldag.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Tue Oct 06, 2015 8:23 am
by tau
tau wrote:Moenie chrony raak skiet nie.......
Ja moet ook nie chrony nommer twee raak skiet nie!!!! Ek is gatvol. Die eerste Chrono was 'n glips. Wind het chrono gedraai en ek het die een been van die shunshade raak geskiet toe ricoche koel in chrono in. Hierdie een het ek geskrams.die casing is nie eens rerig stukkend nie, maar die impak het skerm gebreek. Het in wind gele en skiet. KOn nie chrono op driepoot sit nie agv wind wat hom omwaai.
EK lag nou net. Het 'n hele 4 skote deur hom geskiet!!!!!!!!! EN ergste van alles het nie spoed vir my nuwe lading op 6.5 x57 nie.
EK is 'n groot boks.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Tue Oct 06, 2015 8:29 am
by ruaanb
Magnetospeed Tau!
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Tue Oct 06, 2015 8:31 am
by DawieKotze
Gatslag!!
Tau - jy moet vir jou een van daai ou banksakkies kry, maak vol sand en hang dit onder die 3-poot op. Dit kos sommer 'n sterk wind om hom dan om te waai.
Groetnis
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Tue Oct 06, 2015 8:42 am
by Carl
Wat Dawie sê! Fotograwe doen dit om die 3 poot stil te hou vir landskap fotos.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Tue Oct 06, 2015 5:35 pm
by Silent Hunting
Tau,
Ai man. Nie alweer nie.
Ek wag nou vir my Magneto. Behoort einde van die week te kry. Onder 3k vanaf Brownells.
My pro chrono my ook lekker rond geneuk vanoggend. 6.5 het 140greiners gestoot teen 3100fps... en net 44.3gr S365. Ander battery, roeper se battery, het beter gewerk.
Groete,
Henk
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Tue Oct 06, 2015 5:44 pm
by tau
Het nou 'n Shooting chrono gekry maar dit is net die rooi opvou boksie sonder die remote of wat saam hom kom. Henk na 2 x R1900 vir Rpochrono's was ek nou al daar.....
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Tue Oct 06, 2015 5:49 pm
by Silent Hunting
Sal jou laat weet as ek van my Prochrono ontslae wil raak. Jy sal seker weer oor so week 'n nuwe een kort? Behoort teen daardie tyd te weet of ek vrede is met my Magneto....
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Tue Oct 06, 2015 6:00 pm
by tau
Ek dink is my swak silencers wat so die koeels deflect na die chrono......
eerste een was sonder silencer.dammit
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Tue Oct 06, 2015 6:01 pm
by Silent Hunting
eina......
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Thu Aug 25, 2016 11:07 am
by Stephan van Eeden
Enige dont's met die Megneto speed Sporter ? ( behalwe raakskiet )
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Thu Aug 25, 2016 11:21 am
by ruaanb
Maak maar net seker die sensitivity level is reg gestel. Met 'n demper op is High2 die antwoord. Sonder demper hang dit af van die dikte van die loop of jy REG of High1 gaan gebruik. Die 1ste skoot gebruik ek altyd om seker te maak alles is reg.
Maak maar seker veral met groter kalibers dat alles nog vas is,etc na elke skoot. As jy weg pak moet ook nie die koord gedeelte om die bajonet draai nie. Dit kan errors later veroorsaak agv die "windup".
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Fri Aug 26, 2016 7:52 am
by Stephan van Eeden
Dankie
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Sun Aug 06, 2017 10:30 pm
by PietWessie
Goeie draad hierdie, dankie! Net so belangrik as wat die meet van spoed is, is die frustrasie daarvan as jy besef jou chrony gee onbetroubare lesings. Nodeloos om te sê, as jy verkeerde inligting vir QL voer, jy ook die verkeerde resultaat gaan kry.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Sun Mar 11, 2018 8:35 am
by bokboran
Wat dink julle van super chroni
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Feb 11, 2019 10:26 am
by knipmes
bokboran wrote:Wat dink julle van super chroni
Is daar dalk iemand wat ondervinding van die Super Chrony het? Ek sou graag hoor hoe vergelyk die lesing kwaliteit, maklike opstel ens
Groete