Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Pvdw wrote:
Magtag, hoe onthou julle als en hoe weet julle waar om al die ou koeie uit te grou?? Ek kan nie eers onthou wat ek laasweek gesels het nie wat nog van om die links te gaan uitkrap wat al stok horing oud is
Pvdw
Dit is vir my baie eenvoudig om te onthou omdat op hierdie spesifieke onderwerp het ek gese dit is nie die moeite werd om lede te verloor oor spelling nie en is dit juis wat daar gebeur het. Twee heeltemal ander persone het het ook in 'n ligte luim opmerkings gemaak wat Vlakvark persoonlik gevat het en het die verskil daar ontstaan. Sedertdien kommunikeer Vlakvark per PM en lyk dit my het hy bietjie vergeet vir wie hy werklik kwaad was.
Ek hoor jou Jaco, dis net jammer om te sien hoe meer as 'n jaar terug se pos so vinnig weer opeindig waar dit laas gelaat is Hiermee wys ek nie vinger na een van julle nie maar nou ja
Pvdw wrote:Sorry ou Koos, ek is te lui om sulke dinge te onthou. Hou my eerder besig met lekker dinge wat voorlê as met gister se gemors.
Ek is tog net te bly jy lees my <5 lyntjie posts...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Ek is bietjie stadig van begrip, maar kom nou eers agter dat die woord, "braaksels" in die opskrif van hierdie post dalk verwys na sekere persone wat hier post en nie noodwendig na hul menings nie.
Pvdw wrote:Koos ek sien die Vaal loop erg sterk. Is dit hoekon jy my genooi het om te kom ski?? Wil my seker wegspoel??!!
Ou maat, hy stap aan..was die naweek by Ian, toe ons gister terugkom toe sien ek sy is haastig...ek sal my self nie eers inklim nie, waar nog jou laat klim....die spoed self is OK, maar hy bring lelike takke ens saam.
Skuus, ons hijack nou die post...ha ha.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Pieter Willem Vorster wrote:Ek is bietjie stadig van begrip, maar kom nou eers agter dat die woord, "braaksels" in die opskrif van hierdie post dalk verwys na sekere persone wat hier post en nie noodwendig na hul menings nie.
Nou is ons amper voltal "Hijackers"
Last edited by Jakkalsgat on Mon Dec 30, 2013 10:30 am, edited 1 time in total.
Dis reg die ding het nie by jou of daai stuk wat jy aangehaal het begin nie maar op 'n ander topic waar 'n ander persoon my deur 'n misverstand aan gevat het, ek en hy het dit per pm uit ge-sort.en ook op die forum. Hy het gedink ek het na 'n ander ou se spelling verwys wat nie so was nie. Dit was totaal 'n misverstand.
Daarna het Jy en Twee ander die saak verder gevoer. Tot waar ek geloop het. Ek sien my Pm glad nie as agter af nie. Het al 'n paar manne advies gegee of probeer help
N' man het selfs op 'n stadium hulp gevra om 'n Elektriese motor te koppel. Ek het toe eers spesifiek gewag vir julle slim manne wat so goed spel om die ou te help, maar toe geen hulp van julle af kom nie,het ek hom toe maar probeer help. ek hoop my probeer slag het darem gehelp.Laaste wat ek gehoor het loop die motor darem.
Nou onlangs het ek wel 'n lid tereggewys op sy spelling wat net eenvoudig 'n blatante verontagsaming van spelreels is waarop jy ook so heftig gereageer het.
Dis nie die enigste keer nie.
Ek sal weer aan die forum deelneem as die moderators die ou wat iemand aanvat oor sy spelling, sal aanspreek.Tot daai tyd neem ek nie deel aan die forum nie. en sal ek elke een wat iemand aanvat oor sy spelling aanvat.
Die spelling ding kom al 'n tydjie dink een van die eerstes was 'n ou met die naam Martin wat oor sy pel vertel het wat gravering doen.Wat die manne so aangevat het.
Die ou kan dalk nie spel nie maar kan dalk iets beter doen as wat jy kan.
Selfs die dokter , Prokreëer of dominee hier op die forum wat goed kan spel en 'n lang tyd op universiteit gesit het. het 'n motor werktuigkundige of een of ander tegniese persoon nodig of 'n boekhouer elkeen kan nie alles self doen nie.
En al dink jy ,jy is slim met jou spelling ,soos ek voorheen vir jou gesê het. Gaan sluit aan by 'n taal en spel forum en geniet jou daar ,dit raak dalk verslawend en dan bly jy daar
Wat wel baie interresant is, is dat Vlakvark wel deelnaam aan die forum, al sê hy:"Ek sal weer aan die forum deelneem as die moderators die ou wat iemand aanvat oor sy spelling, sal aanspreek.Tot daai tyd neem ek nie deel aan die forum nie"
Meneer weet hoe ek oor hom voel
maak nie saak wat gatjakkals hier antwoord nie ek's klaar. Tot die volgende weer iemand aanvat oor spelling dan post ek weer. Sal so tussen in 'n PM vir van julle stuur loop mooi soos ou Taffie sal se, en 'n blink 2014 vir julle hoop ek praat eers weer met julle in 2015 as julle, julle mooi gedra en niemand aanvat oor spelling nie
Gerhardt, eks jammer jy voel so daaroor. 'n Spel- of tikfout hier en daar, maak geen verskil nie en verdien ook nie 'n teregwysing nie. Soos jy tereg sê, is hierdie nie 'n taal of spel forum nie. Ons is egter meestal almal afrikaans en is dit ons moedertaal. Iemand wat doelbewus en deurlopend mixit en sms taal gebruik en weier om net die basiese leestekens te gebruik, is 'n verleentheid vir homself en sy mede-taalgebruikers.
Ek kan absoluut geen rede sien waarom werktuigkundiges of straatveers nie net so goed of selfs beter kan spel soos dokters of advokate nie. Ons taal is mos ons trots! En die skrywer van enige geskrewe stuk, is mos veronderstel om ook daarop trots te wees? Dis mos darem nie 'n skande om oor goeie taalgebruik te beskik nie en mens kan jouself net verbeter deur bietjie te let op spelling.
Miskien is dit hoekom dinge in ons land, gaan soos dit gaan, want dis makliker om standaarde te verlaag, as om soms bietjie op toontjies te trap....
Douw ek het net aan die toppic deel geneem in meer as 'n jaar. Al lees ek elke dag die forum. Ek was tog wel uit genooi om te kom Braak
Jy moet ook net oplet op jou spelling Jy kan bly wees ek help jou reg voor die ander taal dokter jou kry
Wat wel baie interresant is, is dat Vlakvark wel deelnaam aan die forum, al sê hy:"Ek sal weer aan die forum deelneem as die moderators die ou wat iemand aanvat oor sy spelling, sal aanspreek.Tot daai tyd neem ek nie deel aan die forum nie "
Vlakkie, ons het jou gemis mater ! Lekker om weer van jou te verneem.
Ek stem met jou saam - leef en laat leef. 'n Spelfout glip maklik in, sulke dinge gebeur. Dis mos nie asof jy doelbewus uit jou pad uit gaan, om verkeerd te spel nie.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Spanner ek stem saam jou dat die spel foute nie aspris is nie. Alhoewel ek baie op die forum lees en mense se spel foute wil reg maak los ek dit. Dit irriteer my grensloos as mense nie kan spel nie. Ek kan daarmee saam leef, want tot ek maak spel foute.
Maar kom ons wees eerlik met mekaar dat die gebruik van sms/bbm/mxit taal nie aanvaarbaar is nie
as iemand bv skryf: ek soek n oplosing(oplossing) vir my proebleem(probleem) op die windbuks. Is dit nog aanvaarbaar.
MAAR iemand wat skryf: hlp asb mt my prblm om di windbuks rg te kry. IS NIE AANVAARBAAR NIE.
Die persoon wat met sms taal op die forum skryf moet maar tereg gewys word dat dit nie aanvaarbare taal gebruik is nie.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Die forum het spesifieke afdelings vir die bespreking van onderwerpe. AS jy 'n nuwe draad begin, maak asb seker dat dit onder die korrekte afdeling val van die forum. Nie elke 2de draad behoort onder die algemene afdeling van die voorportaal afdeling op die forum.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Daarmee stem ek saam. Dis hoekom ek die onderskeid tref tussen doelbewus verkeerd skryf/tik, en 'n spelfout.
Ek haat die mixit/sms gemors met 'n passie - ek het nog een van die ou selfoontjies, ek moet vier tot vyf keer 'n knoppie druk net om een letter gevorm te kry, maar ek spel elke word ten volle uit en ek gebruik vol sinne in al my sms boodskappe. My kinders is ook so geleer, want ek reageer nie op hulle sms boodskappe as hulle dit nie ordentlik tik nie. Dit beteken nie dat hulle nie steeds spelfoute maak nie, maar hulle probeer om korrek te wees. Ek byt ook nie hulle koppe af as daar wel spelfoute insluip nie.
Wat ek graag sal wil vermy is dat ons ledetal kwyn as gevolg van onbenullighede en ondeurdagte, kinderagtige optrede. Niemand hou van persoonlike aanvalle op mekaar nie, ek vind dit vreeslik onsmaaklik en ek dink daar is sekere dinge wat al holrug gery is en eerder maar gelos moet word (soos die "etiese" debat). Ons het Oom Gerhard hier weg gejaag, en nou is daai onskatbare bron van kennis en ervaring vir ons verlore. Die Forum is nou armer as gevolg daarvan. Ludwig is nog 'n voorbeeld.
Ek wil net nie hê dat ons nog lede en kennis moet verloor nie - veral nie oor iets soos "per ongeluk spelfout" gemaak nie !
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Jittietjie tog mense julle kla oor strooi. Leef en laat leef as jy nie die man se spelling kan ontleed nie is jou IQ dalk net so laag soos jy EQ.
Ek braak want ek werk alweer vandag en ek wil eintlik visvang. Die see wou my 4 dae met verlof nie saam speel nie. Dus baie erger as die strooi wat julle hier oor kla.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.