Page 3 of 3
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 1:25 pm
by Arnold
In watse rigting het julle geskiet en het jy Coriolis in ag geneem?
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 2:45 pm
by Marc
Arnold wrote:Marc, daar is 'n 12.6" of 1.1MOA verskil op 1000m soos in jou screenshots aangetoon?
Skuus Arnold het dit reg gemaak, ek doen vandag te veel goed op een slag. Ons het Noord Wes geskiet en coriolis en spin drift is in ag geneem
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 3:35 pm
by Arnold
Maak maar net seker oor hoe jy die druk en altitude gebruik, soos jy sien is daar 'n verskil.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Wed Dec 18, 2013 12:48 pm
by Marc
Gawie(7mm) wrote:Baie netjies Marc. Een van die dae sien ons die video van jou 1 myl skote!
1609.34 meter hier kom ons Gawie, een van die dae
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Wed Dec 18, 2013 1:46 pm
by Marc
Vir die manne wat wonder hoe vêr 1000 meter is, hierdie is 'n foto vanaf die teiken terug na die skietpunt bo op die koppie
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/FAE0D223-C1A2-4B4E-AFB2-0FBD5A70BE19_zps8af1ceb2.jpg
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Wed Dec 18, 2013 5:07 pm
by Frederik
Kom nou Marc hou op brag hier

Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Wed Dec 18, 2013 5:09 pm
by DWB
Frederik, jy weet mos tog self, 'n kamera laat altyd als verder lyk

:D
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Wed Dec 18, 2013 7:18 pm
by douw
Marc wrote:Vir die manne wat wonder hoe vêr 1000 meter is, hierdie is 'n foto vanaf die teiken terug na die skietpunt bo op die koppie
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/FAE0D223-C1A2-4B4E-AFB2-0FBD5A70BE19_zps8af1ceb2.jpg
Hel Marc, daai is regtig nie so lang skoot nie. Laaskeer wat ek so vêr geskiet het was in Std 7 met die skool se .22's. Moet noem dat ek darem die beste skut in ons skool was. Ek het 'n 80mm 9 skoot groepering geskiet.
Maar ja, jy doen darem nie te sleg nie. Met oefening sal jy ook seker beter vaar.
Groete
Douw
Toemaar ouens, voordat almal nou hul hart medisyne moet loop haal. Ek steek net bietjie die draak met Marc.
Marc, loer asb jou PM.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Wed Dec 18, 2013 8:19 pm
by Marc
Douw lyk my ek gaan by jou nog Baie leer, nie net Vleis braai nie, skiet ook

Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Apr 29, 2014 10:44 am
by Geno
Kom nou Marc, jy is noggie eers halfpad nie!
http://www.liveleak.com/view?i=faa_1398007067
A few days ago I took out the 338 Lapua and attempted the 2500 yard shot. So I placed the target at 2530 yards or 1.43 miles away, at that distance the bullet flight time is almost 4.5 seconds! Made a short video that I think you guys will enjoy.
I went out early in the morning to beat the mirage, luckly there was very little wind around 3-4 mph coming from the left, I dialed 2.6 mils Left. I had to dialed the maximum elevation my scope (Nightforce NXS 5.5-22x56 MIL/MIL) had at 27.4 mils then held over 2.5 mils on the reticle to get me to 29.9 mils. I really hope you guys enjoy the video, please comment or ask any questions you may have.......and let me know what you think! Thanks for watching!
Read more at
http://www.liveleak.com/view?i=faa_1398 ... fdKWFQ5.99
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Apr 29, 2014 7:10 pm
by douw
Cool!
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Wed Apr 30, 2014 7:32 am
by JTM
Sjoe!
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Wed Apr 30, 2014 8:15 am
by Marc
Watch this space, baba treetjies
Intussen het daar n ATACR by gekom danksy Willem en Safari (Smart mense die, hulle maak vir my baie deure oop) en het ek nou my reik afstand na 2500m (2700yrd) verbeter met my 20MOA rail.

ek begin al dink aan n 40 MOA rail
Hoe lyk dit, join jy ons as die 2000m barrier breek
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/CE5DB73E-C9E0-4004-A84D-F4EAE894B192_zpsxwqyahsi.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3763_zps65922898.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/e369d4c8-03ae-4ae6-8a5b-f5ca54aefe08_zps63279bf6.jpg
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Wed Apr 30, 2014 9:41 am
by Klopper
Lyk netjies Marc! Ons moet bietjie plan maak om te gaan skiet!
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Wed Apr 30, 2014 4:10 pm
by Marc
Klopper wrote:Lyk netjies Marc! Ons moet bietjie plan maak om te gaan skiet!
Ek kry al ontrekking Klopper, Douw moet ook nog saam kom skiet

Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Thu May 01, 2014 7:30 am
by douw
Marc wrote:Klopper wrote:Lyk netjies Marc! Ons moet bietjie plan maak om te gaan skiet!
Ek kry al ontrekking Klopper, Douw moet ook nog saam kom skiet

En hier dog ek, "arme eensame ekke, niemand wil my saam vat nie"
Dankie Marc, ek wag om van jou te hoor!
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Thu May 01, 2014 9:20 am
by Frederik
Kyk dit is darem ver daardie koeel wat die gong met sy kant slaan is dit as gevolg van die spoed ?
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Thu May 01, 2014 2:08 pm
by Marc
Dis n op slag koeel daai Frederik, kyk mooi dan sal jy sien hy slaan so paar duim voor die plaat stof en dan ting die plaat.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Thu May 01, 2014 9:30 pm
by JPS
Marc, dink ook die een is soos jy gersuidelik maar as ek die specs kyk het gan die koeel transonies voor hy die plaat tref? En sal dan ook kan veroorsaak dat die koeel tuimel en dus so plat die plaat kan tref?
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Fri May 02, 2014 6:59 am
by Jan-Hendrik
SPEECHLESS.... GOOOD JOB
[EK IS K*K JAJOERS}
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Fri May 02, 2014 9:00 am
by Marc
JPS wrote:Marc, dink ook die een is soos jy gersuidelik maar as ek die specs kyk het gan die koeel transonies voor hy die plaat tref? En sal dan ook kan veroorsaak dat die koeel tuimel en dus so plat die plaat kan tref?
Dis defnitief ook n moontlikheid wat nie weg gegooi kan word nie! As hy genoegsaam destabiliseer dat hy die plaat teen n hoek tref sal hy defnitief sy agterkant omswaai en dan so dwars print op die staal. Maar in die geval sit ek my geld op opslag, hy wys mooi.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Fri May 02, 2014 9:29 am
by Arnold
Daai dwars skoot is definitief 'n opslag koeel. Kyk die ander hit wys 'n mooi ronde kolletjie wat wys dat die koeel nog mooi punt vorentoe vlieg op daai afstand.
As ek dit nie mis het nie is die OTM reeks koeels ontwerp om stabiel te bly as hulle trans-sonies gaan.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Fri May 02, 2014 11:33 am
by JPS
Ek stem saam oor die opslag koeel in die geval, miskien het ek dit net nie duidelik genoeg in my post gestel nie, ek het probeer verduidelik aan Frederick dat wanneer koeel transonies gaan dit hom onstabiel kan maak en dus laat tuimel. Het wel nie geweet van die OTM wat gemaak is om dit teen te werk nie. Dankie vir die info Arnold.
Groete
JP
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Fri May 02, 2014 11:46 am
by Arnold
Ek weet die transoniese ontwerp was gedoen vir die 175gr en 185gr OTM koeels en ek neem aan hulle het dit oorgedra na die 300gr in 338. Op die net kan mens ook lees van 'n paar manne wat sê dat die 300gr OTM hierdie gebied baie goed hanteer.