Page 3 of 5
Re: XSSSA 2014
Posted: Sun Jun 08, 2014 9:40 am
by Arnold
Natuurlik, maar ons kompenseer daarvoor.
Re: XSSSA 2014
Posted: Sun Jun 08, 2014 10:56 am
by Gawie(13mm)
Dagsê Arnold.
Oom Pieter wil eintlik weet hoe dit gister geloop het?

Re: XSSSA 2014
Posted: Sun Jun 08, 2014 11:40 am
by Arnold
Die dag het goed verloop en selfs met n 25 mph wind het die manne goed gedoen (in my opienie aangesien ek onder gemiddeld presteer het

)
So die wind het n groter invloed as temperatuur gehad.
Die tellings sal soos altyd binnekort op die web wees.
1ste - 284 Win
2de - 6.5-284
3de - 338 LM
Re: XSSSA 2014
Posted: Sun Jun 08, 2014 12:09 pm
by Heinz Petersen
Ek was ook daar net om te gaan kyk. Van die manne het 20 min gestel vir die wind op 900m.
Re: XSSSA 2014
Posted: Sun Jun 08, 2014 2:22 pm
by PWV
Heinz Petersen wrote:Ek was ook daar net om te gaan kyk. Van die manne het 20 min gestel vir die wind op 900m.
Ja-nee, Heinz, dit lyk vir my so asof die oorlog lankal verby sal wees voordat daai ouens begin skiet.
Was nou die dag by so 'n skietery in die wind, maar die ouens se "calculators" oortyd gewerk het en moes hulle soms kans gegee word om af te koel soos wat hulle knoppies druk - en dan kan hulle nie in 10 skote 'n ghong op 500 raak skiet nie!!!!
Re: XSSSA 2014
Posted: Sun Jun 08, 2014 3:43 pm
by Christo
1151m darem met eerste skoot raak en met 17 moa windage. Oomblik was te groot vir die 2de skoot.
Re: XSSSA 2014
Posted: Sun Jun 08, 2014 4:28 pm
by PWV
Christo wrote:1151m darem met eerste skoot raak en met 17 moa windage. Oomblik was te groot vir die 2de skoot.
Skat edie ouens by jou het gekoes, want die geweer het amper na hulle toe gewys i.p.v. na die teiken toe.
Geluk met daai eerste skoot!!
Re: XSSSA 2014
Posted: Sun Jun 08, 2014 5:35 pm
by Gawie(13mm)
Ek wonder nou net so by my selwers hoe die Uncle dit reg gekry het om die ghong raak te skiet op 526m?
O-ja, ek het my "calculator" pak ge gee tot hy die regte antwoord gee en die Uncle het die antwoord gebruik om die lood in die ghong se rigting te stoot. Ek was per toe val ook die Uncle se "spotter" en nadat ek perongeluk die regte "wind-calls" gemaak het,het hy die ghong twee keer na mekaar raak gebewe.
Hel die Uncle is darem goed nê.

Re: XSSSA 2014
Posted: Sun Jun 08, 2014 7:54 pm
by vossie1
Oom Christo,het jy met die 260LRP geskiet? Ek wag nog vir my lisensie,ek sal graag eendag saam die "big dogs" wil hardloop.
Re: XSSSA 2014
Posted: Sun Jun 08, 2014 10:27 pm
by Christo
vossie1 wrote:Oom Christo,................
Eish, lyk daai Avatar so oud?
vossie1 wrote:.........het jy met die 260LRP geskiet? Ek wag nog vir my lisensie,...
Ek wag ook, gelukkig was sy huidige eienaar darem hier en kon ek met hom skiet. Al het hy en sy spanmaat nie deelgeneem, seker oor die 308 wat nog nie reg is
vossie 1 wrote:......ek sal graag eendag saam die "big dogs" wil hardloop.
Ek probeer ook, hopelik raak hulle of moeg of raak ek beter, maar die een of die ander gaan MOET gebeur.

. Maar lekker is lekker en die naweek was regtig lekker. Net die wind wat jou gou nederig maak.
Re: XSSSA 2014
Posted: Mon Jun 09, 2014 1:55 pm
by JTM
Lyk of die tellings op die webblad is.
http://www.xsssa.co.za/results/Results_20140607.pdf
Jis maar Marius Van Schalkwyk het goed gevaar vir daai 2de plek.
Re: XSSSA 2014
Posted: Mon Jun 09, 2014 2:21 pm
by Riebeeker
Geluk aan Paul met die eerste plek.
Re: XSSSA 2014
Posted: Mon Jun 09, 2014 3:43 pm
by PWV
Marius het met die vorige skiet net so goed gedoen! Hy is 'n doring!!
Re: XSSSA 2014
Posted: Mon Jun 09, 2014 8:20 pm
by Christo
Pieter Willem Vorster wrote:
Marius het met die vorige skiet net so goed gedoen! Hy is 'n doring!!
Dink hy was die kameraman met die vorige skiet, dit was van die beste/mooiste skote wat ek gesien het.
Re: XSSSA 2014
Posted: Mon Jun 09, 2014 9:02 pm
by PWV
Christo
Wanneer het Marius dan met daar kort .308 van hom geskiet?
Verbeel my hy was toe ook onder die voorstes?
Groetnis
Re: XSSSA 2014
Posted: Mon Jun 09, 2014 9:10 pm
by Christo
Heel eerste keer. 2de keer was die geweer daar, hier, maar dink ek hy het net een skoot met hom geskiet na die loop oorplanting. Impatiencedisease is die siekte, dink ek.
Hy moes eers die loop op die regte manier looi.
Re: XSSSA 2014
Posted: Mon Jun 09, 2014 9:34 pm
by Arnold
Ek het solank so paar fotos van die skiet opgelaai, daar is nog 'n klompie wat moet kom.
http://www.xsssa.co.za/gallery/gallery.html
Re: XSSSA 2014
Posted: Mon Jun 09, 2014 10:07 pm
by LRLaubscher
Dit was vrek lekker!!!!! Sal verseker die volgendes weer bywoon!!!
Re: XSSSA 2014
Posted: Sat Jun 14, 2014 7:56 pm
by Arnold
Re: XSSSA 2014
Posted: Tue Jun 17, 2014 9:50 pm
by Mariuss
Dankie aan almal wat die dag moontlik gemaak het. Dit is altyd lekkerder om saam met ander skuts te skiet. Dit is waar al die lekker stories ontstaan, waar nuwe kennis gemaak word, ens.
Die video wat Arnold vir ons hierbo geplaas het is 'n opsomming van die hele dag se skiet.
Elkgeval, ek het al die (unedited) video materiaal ook opgelaai onder die volgende links. Dit is nou die hele tyd wat ek die kamera op die skut gehad het. Dit bly maar net vir my altyd intersant om te sien hoe ander skuts die ding benader en ek leer ongelooflik baie daar uit. Kyk maar net in die "Descriptions" vir die name dan kan julle sien watter mense is in die betrokke video verskyn.
Ek moes maar bont staan met die video afnemery ook, ek vra dus verskoning by voorbaat indien ek nie sekere mense afgeneem het nie, dit was nie die bedoeling om enige iemand te mis nie. Daarby saam daar was baie wind. . . draai maar die klank af.
Hier is die links:
Part 1 -
https://www.youtube.com/watch?v=pUFXks7IEAE
Part 2 -
https://www.youtube.com/watch?v=FsOxWqXdZzg
Part 3 -
https://www.youtube.com/watch?v=udWUSr24krk
Part 4 -
https://www.youtube.com/watch?v=onf46lgNXgM
Lekker kyk, groetnis tot 30 Aug
Re: XSSSA 2014
Posted: Wed Jun 18, 2014 7:12 pm
by JTM
Hey julle maak 'n lekker video. Die musiek werk mooi saam. Dankie, ek het dit baie geniet.
Re: XSSSA 2014
Posted: Wed Jun 18, 2014 7:12 pm
by JTM
O ja. Welkom by Jaracal Marius!
Re: XSSSA 2014
Posted: Wed Jun 18, 2014 7:24 pm
by Mariuss
hehe. . . Dankie JTM maar ek is eintlik al 'n jaar op die forum, maar tegnies was dit my eerste post. Ek lees maar wat die ander slim manne te se het oor alles. Praat nie baie nie, dit meng in met my skiet tyd. . .

As dit ook nie was vir die videos nie, sou ek seker nog geen posts gehaad het nie.
Soos jy kan sien moet ek nog leer hoe mens "links" insit soos die slim manne dit doen.
Meskien kan iemand my verwys na 'n thread wat dit verduidelik, ek het probeer soek.
Dankie by voorbaat.
Re: XSSSA 2014
Posted: Wed Jun 18, 2014 7:34 pm
by JTM
Re: XSSSA 2014
Posted: Wed Jun 18, 2014 7:52 pm
by JTM
Hoop dit help
