Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Francois Marais »

Taffie
2.5 - 15 x 56 Z6 wat julle adverteer
Nu begin meneer in die regte rigting dink....... ;) ;)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Frans

Weet jy hoe lank al die modelletjie op die mark is? Moet bieg dat dit eerste keer is dat ek die ou se "ins and outs" bestudeer.

Ek was nog nooit in ekstase met Swarovski se scopes(nagjag doeleindes) nie, maar het nog nooit hierie goed gesien of van gehoor nie. Die derde ekstra wat ek moes betaal om iets soortgelyks in die Swarovski reekse te kry, het nie my kool die sous werd gemaak nie. Na my menig was daar nie eers kool vir die sous nie. Jy kan ook nie 2 scopes op winkelrak neem en sommer vergelyk nie, jy moet die goed gaan toets en dan eers die keuse maak, 'n scope groei op jou en so leer en verstaan jy die ding. Miskien was ek maar net aan die slaap en hopeloos tevrede(nogsteeds) wat ek het. Die Swarovski scopes was(nogsteeds) veels te duur vir my en kon nie verbeter met dit wat hulle gehad het toe ek die Zeiss gesteel het nie. Altyd het hulle 12x scopes 'n klomp nuttelose(net vir my, ek is baie onhandig in die nag) gadgets wat te veel moet stel op te veel afstande.

Sal seker nogsteeds nie die 2.5-15x56 Z6 koop nie, maar sal altyd wonner totdat ek met die ding skiet. Dit sal slegs gaan met die veel beter FOV(met 5m op 100meter) , glo nie die beeld sal beter wees nie en dan moet jy nog die reticle ook vooraf order wat weer tyd gaan neem as daar 'n scope beskikbaar gaan wees. 'n Man sal egter nooit weet nie, miskien kan ek met FOV 10jakkalse 'n jaar meer dood kry! Storie lyk al beter as ek so somme maak. Probeer in enige winkel landwyd ene kry? Het op die net gesien hulle is maar skraps, even in Europa se winkels.

Miskien is daar 'n barmhartige winkel wat so bietjie baie aan die prys kan afsny, sal baie help natuurlik. Kan jy vir my die FOV op 12 vergrotings uitwerk. Op 100y is dit 8.1 ft op15x en 49.5 op 2.5x?

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Freddie101 »

Taffie
Interessant hierdie Field of View wat jy opgesit het. En krap maar nog bietjie verder . Miskien leer ek nog n paar dinge. Kry jy n prys op daai swarofski.
freddie
yol bolsun
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Freddie

Nee, kry nog nie regte prys by Willem nie :D, maar daar is so 2.5x van my scope se geld nodig vir die Z6(2.5-15x56). Ek wil nog sien of hy beter gaan kyk, maar "Old habits die hard" is ook waar. Wat my laat wonner is die groot FOV(18.04 ft op 12x), sal lekker kan dophou wat ander jakkals doen as die maat val.

Daar is 2keuses vir my op die oomblik, die Z6 teen R30 000 of die Zeiss met die range finder in ook teen R30 000. Moet nou opweeg en sien watter een die voordeligste gaan wees vir nagskiet. Aan die ander kant is dit 'n baie groot rek van R12 000 na R30 000 vir nie veel meer nie. Heinrich en Hendrik het scopes geskiet wat 6.8ft op 100yards teen 12vergroting gegee het. Francois het ook 'n Leupold waarmee hy so nou en dan bokke oes(die job wat groot FOV sal geniet), so dinge is maar aan die min kant om my nog te oortuig. Bokoesters skiet meer op 8vergroting en Heinrich het op 10vergroting gejag en dit wil vir my net s? dat FOV tog iewers 'n plek het. Hoe kleiner die vergroting hoe groter die FOV en hoe groter die FOV hoe swakker(minder pixels) die beeld. Groot FOV gaan baie help as jakkals wegh?l en jy moet soek.

Elke scope het sy voor en nadele, maar dit lyk of die Swarovski Z6 15x56 die minste nadele het. Sal nog wil hoor wie op die site het so ding.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Jaco Bezuidenhout »

Taffie

Ek het n 2.5 - 15 x 56 Z6 BT Swarofski,hy het die A4 ret. Die scope is n plesier in die nag,baie keer as ek vir ou vlekkie wag,kyk ek na goed met die lig redelik baie gedim en dan sien mens werklik hoe goed is hy. Ek skiet op 12 vergroting,genoeg vow vir hardloop skote. Duur aan die begin,maar jy geniet hom so dat dit vinnig vergete is  :D

Jaco
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Rooikat

Jy het ook die Diavari gehad, wat was jou ondervinding as jy die 2 sou vergelyk tov FOV en Clarity?
Mooiloop en Geseende Kersfees!
immelmanw

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by immelmanw »

Manne

Die FOV - Field of View gaan nie net oor die "wydte" wat jy sien op 100 of 200 nie, as n mens die scop eoptel, kry jy gouer n vol beeld, die maklikste om dit te beskryf, i8s IN YOUR FACE,  jy kry glad nie so tonnelvisie gevole nie....maar ek sien julle manne ken en het al met al die dinge geskiet. Sterkte met die moeilike besluite.

Willem
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Willem

Dankie, nou weet ek ook hoekom ek die jakkals sien voordat ek kyk! :D
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Jaco Bezuidenhout »

Taffie

Fow was die swarof bietjie beter,nou nie vreeslik baie nie maar ja. Clarity omtrent dieselfde...het ong. nooit die twee langs mekaar getoets nie,het net gevind dat ek met altwee sou regkom. Zeiss is en bly goeie waarde vir geld,ek se dit met ons jak jagters in gedagte.Swarof 2.5-15 is vir my slegs bietjie beter agv max vergroting=15 vir skiet op baan,op 200 plus ens. Maar hy kos 2x n zeiss se prys. Met regte teiken kan zeiss ook ver groepe toets op baan. Nog iets wat ek van hou is die ret vd swarof nie dikker word as jy af draai na laer vergroting toe nie,MAAR dit maak geem verskil tussen die twee nie.

Jaco
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Rooikat

Dankie, lyk my my besluit is gemaak! Sien jy probeer my nie eers aftrap van die Zeiss nie.  :D Ek dink die 2.5-15x56Z6 moet die beter een wees, maar vir 2maal die prys? Bietjie te dik vir 'n daalder(vir my in elk geval). Maar ook weer waar is dat hy meer vergrotings het en beter sal doen op die verder afstande is reg. Die kruis wat nie dukker word met die opdraai van vergrotings nie sal seker ook nie die kind van die katel stoot.

Wens jou eeue se plesier uit jou scope!

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Die Swarovski Z6 2.5-15x56 het onder andere die volgende eienskappe wat hom duurder maak as die Zeiss Classic Diavari 3-12x56T*:

1. Maksimum vergroting van 15 teenoor 12,
2. HD lense, en
3. Parallaksverstelling.

Vir sommige jagters is die Z6 die prysverskil van ongeveer R10000 werd. Vir ander is dit nie. Ek dink die jagter moet mooi na sy verwagtinge en aanwendings gaan kyk voordat hy die besluit maak.

Jan
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Jan

Die paralaks en 15x(3 ekstra) het geen voordeel nie, maar die lense sal die deurslag gee as enige iets sou. Dan moet ook onthou word dat weersomstandighede nie HD-lense enige voordeel sal gee nie. In goeie stil nagte is die beeld net beter op alle scopes as in winderige en mistige/vogtige aande. Daar bestaan nie veel scopes wat nie sal goeie beeld gee in stil en goeie aande nie. Die eienskappe wat kan probleme gee is maar eintlik die betroubaarheid en positiewe verstellings op die scope.

Wat sal die HD beteken? Skerper beeld? Wat ek agter gekom op nie so goeie nagteleskope is dat die refleksie/terugkaatsing op stofdeeltjies/vog/misdeeltjies in die lug die meeste probleme veroorsaak. Dink ook dat dit 'n fokusfout/probleem kan wees. 

Ek leer graag van die manne wat dit verstaan en kan verklaar.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Tafjak

Vir nag-jakkalsskiet wil dit voorkom of die 15x vergroting nie veel gebruik gaan word nie, maar vir ander aanwendings wel. Dit gee jou dus meer opsies.

Hiermee meer inligting rakende HD optika, met komplimente van Swarovski:

In die HD optika van Swarovski word die objektief van glas gemaak wat ?n besondere gesofestikeerde en komplekse masjineringsproses deurgegaan het. Die gevolg is dat selfs die klein oorblyfsels van sonale chromatiese afwykings verhoed word, en ?n beeld met groter kleurakkuraatheid weergegee word. In hoe kwaliteit optika word die hele optiese stelsel (HD lense ingesluit) akkuraat ingestel en gebalanseer om hoe-kwaliteit beelde te verseker. Die HD lense in isolasie kan dit nie regkry nie. In die Z6 produkte van 15x vergroting af en groter word HD lense gebruik.

Ek leer ook maar en is nie hier om die HD optika te dryf nie. Sommige skuts dring wel daarop aan om dit te gebruik.

Jan
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Freddie101 »

tafjak wrote: Daar is 2keuses vir my op die oomblik, die Z6 teen R30 000 of die Zeiss met die range finder in ook teen R30 000.
Mooiloop
Tafman
Hierdie Zeiss met Range finder. Vertel bietjie meer. Of dan iemand met kennis oor hom. Sal hy ook lense vir die nag he. Ek begin al meer dink ons moet in hierdie rigting beweeg.  Hulle is seker ook nog bietjie groot en lomp. Maar op n stoel is dit seker nie so ernstig nie. Kan seker self ook op die website gaan kyk , maar miskien het iemand hier meer kennis of ondervinding.

Willem of Klipspringer laat ons bietjie weet.

Groete uit mistige tarka
Freddie
yol bolsun
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Groete uit mistige tarka

Hallo Freddie uit mistige Klipplaat! In my lewe nog nie sulke weer in Desember beleef nie. Ek weet nie veel van die scope met die range finder binne(Diarange), maar weet Jakkals WP het een en gaan hom so bietjie try.
Last edited by tafjak on Thu Dec 30, 2010 7:50 pm, edited 1 time in total.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by MEERKAT »

Hallo Taffie

Sien Nikon verkoop nou ook scope met range finder. Het Woensdag gesien by S&O dat hulle beide Burris en die Nikon scopes verkoop, verbeel my vir R8500.00. Baie scope vir eintlik nie so baie geld.

Ons het tyd gelede met die Burris en Zeiss op die skietbaan geskiet en gerange tot op 300m.
Wat die range afstande aanbetref was daar met beide scopes 1 of 2 meter verskille op die werklike afstande. Die groeperings geskiet op 300m was basies dieselfde (gelukkig het ek nie geskiet met die Burris op 300 want dan het hy ver verloor, jonger weergawe het geskiet).

Moet byse die Burris sou 'n beter beeld gegee het met 50 of 56 bell in die nag. Tot op 300 skiet hy heel gemaklik in die nag verder mag dit maar knetter. Die jakkalse wat raak geskiet word op 300+ is by verre minder as die wat misgeskiet word en in die mak word periode van 3 of 4 maande baie skade aanrig. Party word self nooit weer mak, al wat hulle doodmaak is ouderdom of vlieende windpomp. Miskien moet hulle gelos word tot volgende keer wanneer hulle bietjie nader staan. 
Die helderheid steek niks af by Swarovski  en Leipoldt scopes wat ek gehad het nie. Die Nightforce scope is wel bietjie helderder, maar ja.

Praat met Willem oor die gong skietery tot op 500m  en hoor hoeveel die manne mis geskiet het met die Burris scope.

Lekker nuwejaar hou
Knou goggas af
MEERKAT
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Meerkat

Ek is net bang dat ek(as ek so scope het) eers na so 3maande se jag onthou daar is ook nou range finder in die ding!  :D :D Ek het in die begin baie keer eers my range finder gebruik as die jakkals eers dood is of misgeskiet is. Vergeet net maklik as jy lank daarsonder klaargekom het. Gelukkig is die skote wat ek oor 300meter skiet min of meer op plekke waar ek voorheen gejag het en kan bakens se afstande ook min of meer onthou. Het so 2weke gelede by ou kli?nt gejag en ry op jakkals uit, die verdwyn sommer vinnig en weet dat ek in die toekoms spesifieke jakkals of sy maats ook weer daar gaan sien. Range toe die plekkie en stoor dit iewers in my dik kop. So die ou roker moet nie weer daar uitspring as ek daar verbykom nie.

Die Diarange en ander scopes met R Finders in is maar so-so vir my op die oomblik. Sal darem iewers in Januarie kans kry(moontlik) om met Jakkals WP s'n te gooi. Ek hou van scope sonder fieterjasies en baie goeie beeld in die nag. O Ja, en sommer lekker dik kruishaar.

Ek spekuleer maar hier op die topic, weet nooit wat waar uitspring nie. Hoor reeds van 12x56(fixed) Schmidt en Bender wat iewers rondhang, net jammer hy het al amper 'n baas. Maar daar sal weer van hulle iewers uitval.

Mooiloop en ook gese?nde en voorspoedige 2011 vir jou en die familie.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Freddie

Die Swarovski Z6 2.5-15x56 is is in die lae R20k's geprys terwyl die Zeiss Victory Diarange M3-12x56T* in die middel-hoe R30k's geprys is. Die Z6 kan egter nie afstand bepaal nie.

As ek na die tegniese data van bogenoemde Diarange kyk, en dit met wat vantevore gese is vergelyk, maak ek die volgende waarnemings t.o.v. nag-jakkalsskiet:

OPTIES:
Vergroting van 3-12x is geskik.
Objektief van 56 mm is geskik.
Lense met bedekkings is geskik.
Sigveld op 100 m van 12.5m - 3.5 m is geskik.

KRUISHAAR OPSIES:
Een of meer van die volgende is geskik: Plex-met-ge-illumineerde kol, Plex met ge-illumineerde kruisie, Fyn-plex met ge-illumineerde kol, Fyn-plex met ge-illumineerde kruisie, Geillumineerde mil-dot.
Kruishaar in vlak 2 (bly dieselfde grootte met vergrotingsverstelling) ... goed vir meeste nag-jakkalsjagters?

BOU:
Lengte van 360 mm is geskik.
Massa van ongeveer 995 g (sonder battery) is swaar, maar goed vir 'n jagter in 'n stoel.

AFSTANDBEPALING:
Maksimum meetafstand van 999 m (afhangende van kleur, vorm, hoek ens. van teiken en weersomstandighede|) is geskik.
Akkuraatheid van +/- 1m tot op 600 m is geskik.
Minimum teikengrootte van 50cm op 300m is nie ideaal nie.
Metingstyd van 0.5 sekonde is geskik.
Tyd tot volgende meting van 3 sekondes .... miskien effens te lank.

ROBUUSTHEID:
Ek sal my daar deur die ouens met praktiese ondervinding op die model, laat lei.

PRYS:
Hoog.

Wat se die ouens met praktiese ondervinding van die model?

Jan
Last edited by klipspringer on Fri Dec 31, 2010 12:56 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Jan

Ek het geen ondervinding van Diarange scopes nie, maar sal verseker een try.

Ek glo net dat die meet van afstande op jakkalse nie so goed werk in die veld/praktyk nie. My redes is natuurlik dat kosbare tyd verloop en dat nie altyd moontlik is om bewegende teiken te range nie.

Maak nie saak of die RFinder in die scope of handmodel is nie, jy moet die meetwerk voor die tyd doen. Daar gaan ook enkele jakkalse dood gemaak kan word met Diarange-tipe scope, maar v?rreweg in die minderheid. Jakkalse word ligsku en is gewoonlik die manne wat op so 350-400m met jou kuier en flirt. Ander jakkalse word normaal geskiet.

Heinrich het jakkals geskiet op 'n afstand van 429meter en dit is gedoen met doodeenvoudige handheld RFinder. Jakkalse behoort jou genoeg kans te gee in die omgewing van 400-500 meter om manual te range, lyk net of hulle dit as veilige afstand beskou om rustiger te raak.

Die meeste jakkalse wat gemeet moet word is gewoonlik die rokers wat op afgery word, nie die wat ingeroep word nie. Wanneer jy op staanplek is, is dit raadsaam om paar bakens te range en dan het jy al die tyd beskikbaar om die skoot te skiet, nie om te range nie. Hier is die een geval waar die Diarange sy werk beter sal doen as hand held en ook net as die jakkals/e skelm of ligsku is, ander word gewoonlik nader geroep.

Die belangrikste natuurlik is dat as die jagter sy gebied ken, ken hy gewoonlik belangrike afstande waar vlekkie hom al te vore geflous het. Dit help baie wanneer skelm en ligsku jakkalse gesoek word.

Maar almal jag nie met dieselfde idees as ek nie en kan so ook nie besluite vir hulle neem nie.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Freddie101 »

Jan
Dankie vir die antwoord. Die Zeiss lyk na baie lekker scope en sal seker lekker werk in nag. hoop net die afstand word nie te helder gewys nie want ek vind met my rangefinder verdwyn die baken so bietjie as ek range en  die rooi syfers kom op. Prys is net rof!

Taffie dit is eker soos jy se maar ek vind net partymaal is ek in plat oop stuk en dan het ek nie juis bakens om te range nie. Die ander aand het een so ligsku een op oop stuk net omgedraai en ek wou nie skoot waag nie want het geen idee van afstand gehad nie. weet net dit was ver.
seker die dat ek nou so belangstel.
Groete Freddie
yol bolsun
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Tafjak

Dit maak vir my baie sin om wanneer mens jag die afstande na sekere bakens in die omgewing te ken, om sodoende die teikenafstand redelik akkuraat te kan skat wanneer hy in die omgewing van die bakens is.

Kom ons neem 'n hipotetiese voorbeeld van PMP 80 gr. 243 W ballistiek (200 m zero-afstand). As die jagter die jakkalsafstand op 300 m skat terwyl die werklike afstand 250 m is, beteken dit dat hy met ander foute buite rekening gelaat ongeveer 150 mm hoog gaan skiet. Met die platter trajekte en ander zero-afstande kan die verskil minder, maar steeds daar wees.

Watter manier mens ookal gebruilk, ek dink op afstande verder as 200 m is dit kritiek om te weet presies hoe ver die teiken is. Wat my betref is die verskil tussen geskatte- en werklike afstand die rede waarom ek in die verlede minder akkuraat geskiet het.

Wens jou 'n voorspoedige nuwe jaar toe.

Jan
Last edited by klipspringer on Fri Dec 31, 2010 9:56 pm, edited 1 time in total.
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by klipspringer »

Freddie

Op die Diarange is die intensiteit van die verligte kruishaar en afstand-aanduiding maklik en vinnig verstelbaar terwyl jy aanle.

Die prys van die Diarange is rof. Die Zeiss Classic Diavari 3-12x56T* geweerteleskoop en Zeiss Victory 8x26T* PRF "range finder" saam kos bv. net oor die R20k, terwyl die Zeiss Victory Diarange M3-12x56T* ongeveer 80 % duurder is. Vra gerus indien jy meer inligting benodig. Hierdie produkte is ook almal op ons webwerf gelys indien jy vir interessantheid meer daaroor wil oplees.

Wens jou 'n voorspoedige nuwe jaar toe.

Jan
Last edited by klipspringer on Fri Dec 31, 2010 10:40 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by tafjak »

Freddie
Die ander aand het een so ligsku een op oop stuk net omgedraai en ek wou nie skoot waag nie want het geen idee van afstand gehad nie. weet net dit was ver.
..............darie jakkals word in elkgeval sleg/moeilik gerange, jy moet die idee h? om te kan skiet. Dit is waar ek my kruishaar inspan(gouer en makliker) om afstand te filter na "skiet" of "nie skiet" nie. Ons weet almal(Louis se OTA's en Ambessa se liggaamsmates) dat jakkalse 900mm lank is(3ft) en die my teleskoop 10.5ft FOV(3.5jakkalse) op naastenby 100meter. Nog meer is my(#8) fyngedeelte van kruishaar se 3ftFOV op 100meter en 9ft op300meter. Dan het ek nog die voordeel om die helfte van kruishaar te gebruik omdat daar 'n kruis is en die FOV halveer.

Dit is slegs my metode en kan dit nie as voordeel aan jou verkoop nie.
Die meeste jakkalse wat gemeet moet word is gewoonlik die rokers wat op afgery word, nie die wat ingeroep word nie. Wanneer jy op staanplek is, is dit raadsaam om paar bakens te range en dan het jy al die tyd beskikbaar om die skoot te skiet, nie om te range nie. Hier is die een geval waar die Diarange sy werk beter sal doen as hand held en ook net as die jakkals/e skelm of ligsku is, ander word gewoonlik nader geroep.
....ek het met dit bedoel dat Diarange sy werk gaan doen as op skelm/ligskujakkalse uitgery word. Jy kan egter dit makliker maak vir jouself(as jy nie Diarange het nie)om afstand te skat met scope alleen.

Mooiloop

Ns. Ek het fiktiewe mates geneem om my plan te illustreer, so Ambessa moet my nie kom hammer in die Nuwejaar nie! :D
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Ambessa

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...het fiktiewe mates geneem om my plan te illustreer, so Ambessa moet my nie kom hammer in die Nuwejaar nie! :D
Nooit nie, al weet ons nou die reuns se lywe (tande tot stertaanhegting) is gemiddeld 762 mm (tewe = 726 mm). Hoop jy skiet nog steeds raak... ;D

Mooiloop, of is dit al mooiswem van al die baie watertjies?

Ambessa
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Beste Geweerteleskoop vir Nag Jakkalsskiet op 300 m?

Post by Freddie101 »

Taffie
Ja man jys reg ek moet net my jakkalsteiken bietjie gaan uitsit in die nag op verskillende afstande en my eie prentjie met my Meopta se kruishaar kry op hierdie afstande. dan sal dit makliker wees. Die spesifieke jakkie het ek nog op baie dim lig dopgehou en nie eers sy lyf gesien nog nie en toe het hy al omgedraai. Ek sou tog seker met die diarange die afstand kon range na die ogies.

Ek weet, ek weet jy sal nou weer vir my se ek moet die afstand tussen die oe as hulle agter die kruishaar uitloer gebruik. Maar ek leer nog maar en is nie n pro soos jy nie ;)

Oom Am. So help die mates ons dalk weer ;D

Groete Freddie
Last edited by Freddie101 on Sat Jan 01, 2011 3:19 pm, edited 1 time in total.
yol bolsun
Post Reply