Page 3 of 4

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Wed Dec 15, 2010 9:32 pm
by JOHANNIC
FM
Wat het jy die spoed van die 55gr gegee op die tabel?,en die 75gr?

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Wed Dec 15, 2010 9:46 pm
by Francois Marais
Johan

Dir wat ons die PBR mee gedoen het, 4150 vi 55gr n 3700 vi 75gr.

Mooi loop
Francois

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Wed Dec 15, 2010 9:58 pm
by tafjak
Gert

Nog iets wat interresant sal wees is 3skoot groepering uit stoel/raam in tyd, bv. 10sek. Enige tydsbeperking sal goed wees.

Net 'n idee.

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Wed Dec 15, 2010 9:59 pm
by JOHANNIC
FM
Ek kry minder as n duim verskil tussen die 2 op 300m? 55gr en 75gr
Die 75gr v-max is die helfte van 88gr berger op 300m,ek sluk swaar aan die een,jy nie dalk n foutjie gemaak nie,of kan dit so wees,as dit is, dan is dit verseker die beste ding wat kon gebeur na witbrood :D

Groete johan

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Wed Dec 15, 2010 10:08 pm
by Francois Marais
Johan

Ek gaan gou weer my spec's check, laat weet nou-nou.

Mooi loop
Francois

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Wed Dec 15, 2010 10:10 pm
by JOHANNIC
FM
Is dit net my skerm wat verander het of het die site n heel nuwe 'look" bleddie nicebleddie nice

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Wed Dec 15, 2010 10:18 pm
by Francois Marais
Johan

Krap ma bietjie rond, hoop ander manne vind die verandering ook OK, alles is eintlik nog dieselle, LYK net n bietjie anders.

Jy was toe reg, ek laat skiet jou gun toe in n 15 mph wind en Taffie s'n in n 10 mph wind, sorry, thanks virri optjek, jy is reg, hulle verskil minder as n duim op 300.

Image

Mooi loop
Francois

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Wed Dec 15, 2010 10:32 pm
by JOHANNIC
FM
Ek krap ook aanmekaar ;)
Ek ga nou seker weer pak kry vir wat ek nou gaan se maar...
Spoed klop wind ;)
My ondervinding met die 55gr is dat hy nie veel skrik vir n konstante wind nie maar as ek deur n kloof skiet met n ruk wind dan val my gat heelemal uit :'(
As jy daardie 75gr ook 4150vps kan gooi.................dan is die kind se naam wit willem ;D

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Wed Dec 15, 2010 10:50 pm
by tafjak
Johan

Jy is reg(dink ek) as jy praat van veranderende wind. Weet ek het alles geskiet van 55-75 en kon die beste doen met die swaarder goete. Maar dit is al rede sou ek dink(onkonstante wind), want die groepe van die swaarder goed het net beter gelyk. Ook maar my eie try slag.
As jy daardie 75gr ook 4150vps kan gooi.................
..........jong, dit sal maar swaar gaan, maar jy is in die kol. Lyk my 4000fps het meer in dit as net die magiese deel. Ek het op 'n staduim darie 55's geskiet dat ek self bang raak(jy sien en voel mossie druk nie). Al wanner jy weet jy is in die rooi, is as jy die slot oopmaak en iets val saam met die dop uit. Sal nooit vergeet nie, in my woeste dae kry ek 'n paar 65Vmaxe in die hande en prop die doppe vol(gelukkig nog met 365). Die een neef wil net skiet en ek gee die roer vir hom en ek sien hy sukkel so bietjie om die slot oop te kry en briek toe alles. Vat so skootjie orie chrony en ek sien sy stap mooi, bitter mooi op 4219fps! Reverse net daar 1.5 grein en hou hulle toe so by die 3950. Doppe hou ook toe net so 4-5 skote en dan gooi ek weg. Was darem uit 28(dink nader aan 29duim)  loop en baie moed.

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Wed Dec 15, 2010 10:56 pm
by Francois Marais
Johan

Ja jong, as daar maar daardie GOUE middeweg was, dan was ons seker almal op hom, dit wat jy die eenkant wen, verloor jy weer anderkant.

Mooi loop
Francois

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Thu Dec 16, 2010 9:54 am
by WillemS
Francois/Johan/Tafjak

Ek like jul siening oor spoed!!!
Sommer vir interresantheid, watse spoed kan 'n ou kry met 70gr nosler, 243AI en 'n 30" 1in12 twist loop en dan gaan S365 seker die kruit wees om te gebruik?

Willem

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Thu Dec 16, 2010 10:02 am
by tafjak
WillemS

Jy sal bitter naby aan 3900fps kom. Jy kan op so 46gr 365 begin. Check net die TPL!

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Thu Dec 16, 2010 10:17 am
by JOHANNIC
Willem
Nou is jy op die regte pad........ ;D
Groete johan

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Fri Dec 17, 2010 7:45 am
by Gerrit Visser
tafjak wrote: Gert

Nog iets wat interresant sal wees is 3skoot groepering uit stoel/raam in tyd, bv. 10sek. Enige tydsbeperking sal goed wees.

Net 'n idee.
Tafjak goeie idee, hoeveel skote, stel jy voor, vir so 'n kompitisie. Ek en Johanic het gisteraand gaan kyk wat werk en wat nie.
Kleefband om gate toe te plak werk nie, blink te veel. Weerkaats ogies werk baie goed. Ek kry sommer hoendervleis.
Weet julle dalk of daar al voorheen so n kompitisie gehou was [papier].
 

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Fri Dec 17, 2010 8:01 am
by tafjak
Gert

Ek dink so 3skote(meeste magasyne sal werk en die enkelskootaksies sal darem ook kan bybly) sal die ding doen, maar gee dit 'n tydsbeperking.
Kleefband om gate toe te plak werk nie, blink te veel.
.....plak gate aan die agterkant toe.

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Fri Dec 17, 2010 8:17 am
by DawieKotze
Is ons gewone siele wat nie jakmanne is nie ook welkom? Ek kan darem help met die braai en plak en so tussen deur julle manne se breine piek en met die o? steel  ;D

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Fri Dec 17, 2010 8:32 am
by JOHANNIC
Madako
Verseker hoe meer siele hoe meer vreugde ;)

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Sat Jan 08, 2011 7:52 pm
by Piet Breedt
Johann en Gerit, laat weet hoe julle dit gaan doen, en al die truuks, ek is self lus om so iets te reel hier by ons.

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Sat Jan 08, 2011 8:23 pm
by JOHANNIC
Piet
Sal so maak, ons is self baie opgewonde oor die nuwe nagskiet,dink ons gaan lekke lag ;)
Groete johan

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Tue Jan 11, 2011 12:28 pm
by Stefan764
Piet Breedt wrote: Johann en Gerit, laat weet hoe julle dit gaan doen, en al die truuks, ek is self lus om so iets te reel hier by ons.
Oom Pieta jy moet praat, dans ons daar...

Stef

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Wed Jan 12, 2011 8:35 am
by JOHANNIC
More almal
Ons het hulp nodig,met die rooikat

Het iemand dalk n mooi foto van een?e-pos dit somer direk vir my ASB!
Groete johan

Ons moet die regte een kry om die skywe mee te druk ons kry net nie n goeie een nie kom ouens HELP ASB
duplooy@wizz dot co dot za

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Wed Jan 12, 2011 8:45 am
by Geno
Johan, wat is jou epos adres?

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Wed Jan 12, 2011 8:48 am
by JOHANNIC
duplooy@wizz dot co dot za

of johannic@telkomsa dot net

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Fri Jan 28, 2011 10:18 pm
by JOHANNIC
..............................KAN NIE MEER WAG NIE, DIE TYD MOET NOU VLIEG...................

Re: Wynland Jakkals-skietkompitisie

Posted: Mon Jan 31, 2011 6:29 pm
by Stefan764
Oom Piet

Jy al so plannetjie of 2 gemaak met so n kompetisie hier by ons?

Groete
Stef