Page 3 of 3
Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee
Posted: Tue Aug 06, 2013 7:04 am
by BRNO (Pierre)
Vir die skoot sal ek eerste jou .30-06 uit die kas haal, gelaai met 165gr Nosler accubonds teen n spoed van nagenoeg 2850ft/s, na die veld toe ry, en die gemsie op sy blad skiet op 350m. Maak seker van skootplasing, dus ken jou trajek. Dan sal ek die volgende dag die 7*64mm uithaal, en die volgende gemsie met hom gaan skiet. Maak seker van die skootplasing, dus ken die geweer se trajek. Dan sal ek die derde dag die 300H&H uithaal, en die gemsie op 350m op die blad skiet met n premium koeel, teen n lekker spoed. Maak seker van skootplasing, dus ken die geweer se trajek.
Dan sal ek die begroting vir die 300wsm neem, en vir my n CZ.416 Rigby of 458Lott gaan koop, anders het ek drie kalibers binne ongeveer 10% van mekaar in my kluis. Die groter kalibers sit n nuwe dimensie in jou arsenaal.
Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee
Posted: Tue Aug 06, 2013 4:30 pm
by FrancoisN
BRNO .06 (Pierre) wrote:Vir die skoot sal ek eerste jou .30-06 uit die kas haal, gelaai met 165gr Nosler accubonds teen n spoed van nagenoeg 2850ft/s, na die veld toe ry, en die gemsie op sy blad skiet op 350m. Maak seker van skootplasing, dus ken jou trajek. Dan sal ek die volgende dag die 7*64mm uithaal, en die volgende gemsie met hom gaan skiet. Maak seker van die skootplasing, dus ken die geweer se trajek. Dan sal ek die derde dag die 300H&H uithaal, en die gemsie op 350m op die blad skiet met n premium koeel, teen n lekker spoed. Maak seker van skootplasing, dus ken die geweer se trajek.
Dan sal ek die begroting vir die 300wsm neem, en vir my n CZ.416 Rigby of 458Lott gaan koop, anders het ek drie kalibers binne ongeveer 10% van mekaar in my kluis. Die groter kalibers sit n nuwe dimensie in jou arsenaal.
Pierre ek hou van die manier hoe jy dink. Die 416/458 sal dan heel nuwe deure vir jou oopmaak.
Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee
Posted: Tue Aug 06, 2013 4:46 pm
by JohanvB
350meter....ma kruip net nader...
Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee
Posted: Thu Aug 08, 2013 6:13 pm
by Gert Odendaal
Willem Grobler wrote:Ek het met die lekker proses begin om 'n geweer te bou. Dit moet 'n vlaktekaliber wees langs die reeds bestaande "van-die-rak-af" 7x64 Brenneke (my 14-jarige het ontaard in 'n kranige jagter: dus 2 vlaktekabilers..... ja-ja ek weet dis die verskoning). Ek twyfel egter baie oor die spesifieke kaliber wat goed langs die 7x64 sal inpas.
Hier onder gee ek die parameters wat oor tyd ek vir myself gevorm het. Dit is gevorm deur persoonlike voorkeure, persoonlike ondervinding, gewaarwordinge van verskillende kalibers op die baan en jagveld, karkasondersoeke, baie ure se navorsing ens ens (dus waarskynlik meer persoonlik as wetenskaplik).
Doelwit: ek wil, sonder om te twyfel, 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot kan gee
Parameters:
- hierdie geweer gaan uitsluitlik vir vlaktejag gebruik word van springbok tot eland en dan deur die jaar op die skietbaan
- ek is nie fanaties nie
- ek wil nie in die jagveld skote verder as 350m skiet nie, miskien vir pret wel op die skietbaan
- wind moet 'n mimimale effek he in die veld en op die baan
- dis persoonlik maar ek hou nie van "Magnums" nie - volgens my te veel vleisskade en terugskop (ek het egter een opsie op die kortlys hier onder)
- 'n interessante/minder bekende kaliber is goed, solank die herlaaikomponente vrylik beskikbaar en relatief bekostigbaar is
- oormatige loopstytasie sal ek graag wil vermy (ek beplan om nie meer as 360 skote per jaar te skiet nie)
- dit is weer nou maar net ek, maar dit moet minimum 'n 7mm kaliber wees
- ek is links en my seun regs, dus moet die kolf ambidekstries wees
Die kalibers op my kortlys, in min-of-meer voorkeurvolgorde tot dusver, is as volg:
- nog 'n 7x64, hierdie keer net met swaarder loop, beter loop, groter teleskoop, beter sneller, ens ens. Dit is net vir my steeds die een kaliber wat al bogenoemde parameters tik - maar ek weet dit gaan oninteressant wees.....
- 708
- 308 met spesifieke ladingontwikkeling vir vlaktejag
- my bestaande 30-06 'n vlaktelading te ontwikkel (tans jag ek net met 200 gr punte in die bos), ander kolf en teleskoop op te sit (reeds 26" Ferlach loop op) en iets anders vir die bos te kry (en ek noem dit as opsie omdat ek met die baie opleeswerk die afgelope tyd net weereens besef het hoe veelsydig hierdie kaliber eintlik is)
- 25-06 (maar hier is ek onder my minimum van 7 mm en loopslytasie?)
- 300 WSM (hoofsaaklik omdat die kaliber my net sommer opgewonde maak..., terugskop en looplstytasie?)
Ek sal graag van julle wil hoor wat dalk self van hierdie kalibers het en in bogenoemde omstandighede gebruik oor hoe julle voel en/of enige aanbevelings?
Willem, die kaliber gaan miskien nie aan al jou vereistes voldoen nie, maar ek kan net aan een kaliber dink wat dan gaan werk, die 8x68 S , min ander kalibers gaan op 350 meter doen wat hy kan. Ek hou maar van die ou kalibers wat so maklik doodmaak , sonder baie geraas of probleme.

Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee
Posted: Thu Aug 08, 2013 10:03 pm
by Pappabeer
Gert Odendaal wrote:Willem Grobler wrote:Ek het met die lekker proses begin om 'n geweer te bou. Dit moet 'n vlaktekaliber wees langs die reeds bestaande "van-die-rak-af" 7x64 Brenneke (my 14-jarige het ontaard in 'n kranige jagter: dus 2 vlaktekabilers..... ja-ja ek weet dis die verskoning). Ek twyfel egter baie oor die spesifieke kaliber wat goed langs die 7x64 sal inpas.
Hier onder gee ek die parameters wat oor tyd ek vir myself gevorm het. Dit is gevorm deur persoonlike voorkeure, persoonlike ondervinding, gewaarwordinge van verskillende kalibers op die baan en jagveld, karkasondersoeke, baie ure se navorsing ens ens (dus waarskynlik meer persoonlik as wetenskaplik).
Doelwit: ek wil, sonder om te twyfel, 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot kan gee
Parameters:
- hierdie geweer gaan uitsluitlik vir vlaktejag gebruik word van springbok tot eland en dan deur die jaar op die skietbaan
- ek is nie fanaties nie
- ek wil nie in die jagveld skote verder as 350m skiet nie, miskien vir pret wel op die skietbaan
- wind moet 'n mimimale effek he in die veld en op die baan
- dis persoonlik maar ek hou nie van "Magnums" nie - volgens my te veel vleisskade en terugskop (ek het egter een opsie op die kortlys hier onder)
- 'n interessante/minder bekende kaliber is goed, solank die herlaaikomponente vrylik beskikbaar en relatief bekostigbaar is
- oormatige loopstytasie sal ek graag wil vermy (ek beplan om nie meer as 360 skote per jaar te skiet nie)
- dit is weer nou maar net ek, maar dit moet minimum 'n 7mm kaliber wees
- ek is links en my seun regs, dus moet die kolf ambidekstries wees
Die kalibers op my kortlys, in min-of-meer voorkeurvolgorde tot dusver, is as volg:
- nog 'n 7x64, hierdie keer net met swaarder loop, beter loop, groter teleskoop, beter sneller, ens ens. Dit is net vir my steeds die een kaliber wat al bogenoemde parameters tik - maar ek weet dit gaan oninteressant wees.....
- 708
- 308 met spesifieke ladingontwikkeling vir vlaktejag
- my bestaande 30-06 'n vlaktelading te ontwikkel (tans jag ek net met 200 gr punte in die bos), ander kolf en teleskoop op te sit (reeds 26" Ferlach loop op) en iets anders vir die bos te kry (en ek noem dit as opsie omdat ek met die baie opleeswerk die afgelope tyd net weereens besef het hoe veelsydig hierdie kaliber eintlik is)
- 25-06 (maar hier is ek onder my minimum van 7 mm en loopslytasie?)
- 300 WSM (hoofsaaklik omdat die kaliber my net sommer opgewonde maak..., terugskop en looplstytasie?)
Ek sal graag van julle wil hoor wat dalk self van hierdie kalibers het en in bogenoemde omstandighede gebruik oor hoe julle voel en/of enige aanbevelings?
Willem, die kaliber gaan miskien nie aan al jou vereistes voldoen nie, maar ek kan net aan een kaliber dink wat dan gaan werk, die 8x68 S , min ander kalibers gaan op 350 meter doen wat hy kan. Ek hou maar van die ou kalibers wat so maklik doodmaak , sonder baie geraas of probleme.

Ek stem oom Gert!
My dinges jeuk nou al lank vir een... Ek dink daai kaliber sal nogsteeds baie van die moderne windgat goed n ding of twee wys.
Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee
Posted: Tue Aug 13, 2013 2:50 pm
by Geurt
Willem,
As alternatief, in jou naamlys sien ek jy het 'n 375 H&H. Het jy die ou gelaai met 235 gr punte? My ervaring met Barnes 235gr teen sowat 3100 f/s, gaan die vereistes van die 350m afstand maklik hanteer.
Groete
Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee
Posted: Tue Aug 13, 2013 3:34 pm
by SV MAD (Henk)
6.5x55 met 160gr koeels
Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee
Posted: Wed Aug 14, 2013 2:22 pm
by jacojrdn
Willem
Ek gebruik my .375 H&H met 200 Gr GS custom koeels teen 3150 fps, so soos Geurt se, jy het klaar n dodelike 350 m Gemsbok geweer.
Nou wil ek n klip in die bos gooi met die links en regs handige skietery.
As jy n Blaser R93 Profesional kry in die kaliber van jou keuse kan jy net n linkerhandse grendel ook saam kry. Van dat die R8 op die mark is, is hulle heelwat meer bekostigbaar. Die ekstra + is dat jy dan twee teleskope ook kan kry wat met die qd mounts opsit, want julle skiet heel waarskynlik nie op die selfde plek nie.
Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee
Posted: Mon Aug 19, 2013 6:44 pm
by Willem Grobler
Ek het nou die volgende finaliteit gekry en met die projek begin.
'n Stainless Remington aksie met 29" Heavy Varmint 1:10 Krieger loop. Dan, as die geweer uiteindelik aanmekaar is, gaan hy na Armtech vir 'n tactical kolf. Oor die teleskoop het ek nog nie eers gedink nie, nou eers te opgewonde oor die afskop.
Sal julle op hoogte hou van vordering.
Dankie weereens aan almal vir julle positiewe insette.
Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee
Posted: Mon Aug 19, 2013 7:00 pm
by KalahariKlong
Willem, in wat se kaliber?
Altyd 'n lekker projek.
Sterkte en geniet dit.
Groete
KK
Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee
Posted: Mon Aug 19, 2013 7:09 pm
by Willem Grobler
300 WSM
Re: Met wat sal jy 'n gemsbok op 350m 'n bladskoot gee
Posted: Thu Aug 22, 2013 9:00 am
by swc-tr
Willem Grobler wrote:3 Aspekte oor die onderwerp:
2) .... Lykmy die beskikbaarheid van aksies kan 'n probleem wees veral as jy 'n spesifieke aksie soek (in my geval 'n kortaksie Remington).
Willem
Dit gaan jou baie beperk om die 300WSM se volle potensiaal te benut met die swaarder koeƫls, jy sal hulle baie diep in die dop moet seat om in die magasynkas te pas, wat baie bruikbare dopvolume ontneem.