Page 3 of 3
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Mon Jan 10, 2011 11:43 am
by tafjak
Fanie
Ek besit geen Sako's nie, maar het 2Musgraves en 'n Obendorf en hulle willie brekie! Sako's lyk net vir my flintergatterig!
As dit jou reaksie op bogenoemde aanhaling is, wys dit net die trefkrag van bollipratery aan die einde van brief!

:
fanie17 wrote:
Hi ou Jakals
Ek het self 6 mausers 2brunos en 1 RSA aksie gewere waarvan twee dubbelsquarebridge is. Ek het ook nou net n 375 pre 64 gekoop.In terme van onderdele het ek vir mauser 2 volledige aksies n p14 wat reeds oop gemaak is en n mooi martienie.Die mauser is sterk maar het n klomp werk nodig.Sako skiet baie goet my 223 het al massas wild geskiet op uitskiete die ander jag ek mee waneer ek kan.Sako is ook deel van my tema.
en sien ook dat jy ernstig kan gesels! Mooiman.
Ek besit nogsteeds geen Sako's nie,
MAAR dit moet een helse lekker aksie wees en sal as die pennies daar is ook ene wil aanskaf. Het jou been so bietjie getrek. Welkom en ons gaan jou baie van jou kan leer en lekker gesels.
Mooiloop
Ou Jakkals
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Mon Jan 10, 2011 12:39 pm
by Yalair
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Mon Jan 10, 2011 4:31 pm
by JACQUES BOTHA
Taffie
Soos dinge nou gaan en die tyd wat ek nou wag gaan daar binnekort een in die mark wees met n 6mm stainless loop en n 270 loop
en n lekker fris kolf en wat kla profile het en die uglyfiseerings is kla gedoen.
My geduld raak nou op en ek wonder al of ek nie die projek moet verplaas van plaaslike man na n ander dorp of stad nie.
Ongelukkig sal die papierwerk moet saamgaan.
As ek na die onderwep kyk moes dit mos lees 243, 250, 260, 270,
Die 257 Robberts dink ek kan kleiner familie wees van die 260 ...hulle gooi net so lekker
Wie gebruik die 257 Robberts wonder of hulle tevrede is met hom?
Mooi loop en skiet ver en reguit en raak die jaar --jyt n reputasie om in stand te hou...lagg lag lag
JB
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Mon Jan 10, 2011 4:53 pm
by WillemS
JB
Vertel bietjie meer van die 6mm en 270 wat dalk in die mark gaan wees? Jy sal maak dat ek belangstel met daai kort beskrywing!!
Willem
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Mon Jan 10, 2011 7:37 pm
by fanie17
Hi manne
Daar behoort nie meer probleme met lisensies te wees nie. jy moet egter jou,compentsie, eers he. Ek het nou net al my lisensies se hernuwings plus nog 3 nuwes gekry.Ek verstaan van die bestuur van die jagters vereniging dat daar 15 Amerikaners is wat help met uitreikings en dat daar nou net omtrent 30 nuwe blanke mense aangestel is om nuwe aansoeke te hanteer.Die nommer om te bel is 012-3536111 hulle kan dan vir jou se waar wou aansoek le.Moenie tevrede wees met,dit is in proses, nie hulle kan se presies waar dit le en hoe lank dit nog gaan neem.As ek kan help laat weet.
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Mon Jan 10, 2011 7:41 pm
by fanie17
Yalair ou maat
Die lek werk weerskante toe.------------------------Sal jou oorsien
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Mon Jan 10, 2011 8:31 pm
by Penkop
Oom Fanie,
Dankie vir die uitstekende nuus!
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Mon Jan 10, 2011 8:35 pm
by Yalair
Fanie een sewe
Dankie vir die oorsien maar die nuus oor hernuwings en nuwe lisensies is nog beter, gaan hulle more bel en sien wat gebeur
Groete
Ben
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Mon Jan 10, 2011 8:42 pm
by tafjak
Fanie
Moenie ophou praat nie, die nuus wat jy versprei is sommer bakgat. Wat sal die lyn van sake wees as jy 'n kaliber wil verander? Sal jy .22(randslag) kan verander na 222 of so iets? Kan jy pistool verander na jaggeweer?
Dinge wat my laat dink.
Mooiloop
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Mon Jan 10, 2011 9:33 pm
by fanie17
Hi Taf
Daar is papierwerk wat gedoen moet word.Dit is egter moontlik om as jy n geweer of handwapen skrap baie gou n nuwe lisensie te kry.Dit hang af van die geweersmit se brief aan die owerhede.
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Fri Jan 28, 2011 10:30 am
by Arnold
Vertel bietjie meer, wat moet so 'n brief s
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Sat Jan 29, 2011 12:54 pm
by fanie17
Ek sal n bewoording kry.Dit moet egter se dat n wapensmit jou bestaande wapen gedeaktieveer het sodat dit geskrap kan word van die register,dan word dit verfang met die nuwe.Ek dink nie dit gaan nodig wees in die toekoms nie,lyk my die lisensies kom nou vinnig.Sorg net dat jy aan als behoort wat jy moet.Ek is n toegewyde jagter,n toegewyde sport skut en ook n fersamelaar, my tema is Sakos en Engelse kalibers.Die wet se as hy sekere goed doen sal jy jou lisensie kry.