Herlaai data vir 30-06 Springfield

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by BRNO (Pierre) »

Gerhard wrote: Netjies geskiet met daai 0 Kwes...
Carls wrote: Mooi geskiet, lekker fyn gedraai nou. Hoop ek kan darem iets soort gelyk uit myne kry;-)
Dankie manne! Dit vat maar oefening, en baie tyd, wat n man nie altyd het nie. Ek gaan n onderwerp begin wat algemene dinge inhou waarna gekyk moet word wanneer jou geweer uit die sak uit kom. So mooi soos die groep, het ek 24 uur later net so mooi my dinges gesien.

Carls jy sal verseker kan. Klop maar net op die manne hier op die forum se deur!
Last edited by BRNO (Pierre) on Fri May 25, 2012 8:55 pm, edited 1 time in total.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by BRNO (Pierre) »

Marc wrote: Hier's hy Pierre

Jy moet net die heel onderste opsie vat wat s? IMG code, klik daarop en regsklik en paste jy op jou reply deel hier  ;)

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Herlaai31.jpg

Mooi groepie  8)
Dankie vir die foto Marc!
Veiligheid eerste manne!
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by martinf »

Hi Almal

Wil graag net ook iets hoor van die 30 06 en herlaai.

Ek het tans 'n lading ontwikkel met nossler accubond met 54g S365. 83 mm lank. Ek kry 'n spoed van so om en by 2800f/s.

Is dit te vinnig vir bosveld skiet waar mens gewoonlik onder 150m skiet?? Of is dit veiliger om 'n maar eerder 'n ander lading uit te werk vir bosveld en een vir vlaktes. Ek het 'n paar 180g hornady punte wat ek kan gebruik as dit die beter opsie is.

Hoor graag.

Martin
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by BRNO (Pierre) »

Hi Martin

Ek het ook n ander lading wat vir my besonder goed werk, en die een wat bietjie stadiger is in 180gr, ook Hornady IB, loop ook baie mooi en baie akkuraat. Sy resep is soos volg:

S365 - 51,8gr
TPL 3.5mm vanaf groewe
Gem spoed van 2580ft/s

In Ellisras waar ek eers Augustus gaan, sal ek verseker die patroon gebruik.
Last edited by BRNO (Pierre) on Sun May 27, 2012 5:45 pm, edited 1 time in total.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by Gerhard »

150gr Nosler Accubond.

Blesbok lae nek skoot op 320m

Image
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by Gerhard »

150 gr Barnes TTSX

Blesbok geskiet op 150m

Image
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by FCLoretz »

Daai Barnes het mooi gemaak. Ek sien die accubonds teen daai hie spoed verloor nogal baie gewig.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by Nickvn »

Gerhard teen watter spoed het jy hulle gejaag?

Sal die Accubond nie beter werk teen n laer spoed nie?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by Gerhard »

Ek is meer as tevrede met die Accubonds.

Onthou die nek is af geskiet en heel moontlik daar het redelik baie gewig verloor.

Die vleis skade was minimaal.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by Gerhard »

Nickvn wrote:Gerhard teen watter spoed het jy hulle gejaag?

Sal die Accubond nie beter werk teen n laer spoed nie?

Hulle spring weg op 3050fps.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by Nickvn »

Ja dit is nogal haastig. Sal mooi werk in die vlaktes op so 300m, maar wat gaan daai Accu maak in die bosveld se op 100m? Sal hy nie baie vleis skade maak op daai spoed nie?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by Gerhard »

Nickvn wrote:Ja dit is nogal haastig. Sal mooi werk in die vlaktes op so 300m, maar wat gaan daai Accu maak in die bosveld se op 100m? Sal hy nie baie vleis skade maak op daai spoed nie?
Ek het die lading spesifiek ontwikkel vir vlakte en berg jag.

Vir bosveld jag gebruik ek die 303 of 375.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by Nickvn »

Ja vryf dit in. Ek het nie n 375 nie........ ::) :'(
JohanHen
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Thu Mar 30, 2017 10:20 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by JohanHen »

Hi Manne - ek weet hierdie is 'n ou post, maar help maar. Ek het 'n Bruno 30-06. Ek wil Hornady 165 gr Interlock BTSP herlaai. As 'n begin het gekoopte Hornady 30-06 165gr BTSP patrone se headspace getoets in my 30-06. Die headspace is 0.1574" of 3.99mm . Is dit nie besonders groot nie? !. As ek n headspace van 0.05" self wil laai, dan raak die punt se wande aan die dopnek net sowat 0.181". Lyk asof punt amper wil uitval...... wat maak ek ? Hou ek by 3.99mm jump? Watse ladings bevel julle aan ? - Kruit S365, CCI 250 primer, looplengte 25.2". Help asb ! by voorbaat dankie
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by Melckman »

Middag Johan

Ek neem aan jy verwys eerder na die sprong (jump), en nie kopspasie nie.

In my opinie, is dit belangriker om 'n kaliberdiepte (7.62mm) seating te kry en om reguit patrone (lae run-out) te laai, as om 'n spesifieke jump te jaag. Dit is veral die geval met loodkernkoeels. Wanneer jy swaar monolitiese koeels skiet, raak die jump meer krities.

Met die 165gr Interlocks gaan die jump nie 'n verskil maak nie, solank jou patrone reguit is. Ek skiet 168gr Gamekings met 'n groterige jump (net so oor die 2mm as ek onthou) in my Tikka sonder enige probleme.

Hoop dit help
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by Melckman »

Toe ek nou weer my eie post lees, toe besef ek: jou patrone moet in elk geval reguit wees, ongeag die jump.

So lang storie kort: moet nie bekommer oor die groterige jump nie.
MrBartlein
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Mon Apr 17, 2017 3:26 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by MrBartlein »

Vir die bos probeer 180gr Sierra Game Kings of Pro Hunters met S365 @ ongeveer 2600. Om en by 53 ot 53.5gr poeier. Jy dop 'n Koedoe bul lekker om met die kombinasie
CZ-Ebony
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Sun Dec 07, 2014 5:53 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by CZ-Ebony »

Dagsê almal

Net op te deel - ek skiet Barnes 180gr TSX met Lapua doppe 53gr S365 teen 2760fps en kry baie goeie resultate in my CZ 550 - Ebony. Op 200m van hy 4" as ek op 100m zero en met die Barnes TSX punt val die bok nooit te vêr van waar hy getref is nie. Barnes punte koop ek op http://shop.technopro.co.za
Marnu


CZ Ebony 30-06
HOWA 1500 .243
Mossberg 12ga
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2490
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by Flip Nel »

CZ-Ebony wrote:Dagsê almal

Net op te deel - ek skiet Barnes 180gr TSX met Lapua doppe 53gr S365 teen 2760fps en kry baie goeie resultate in my CZ 550 - Ebony. Op 200m van hy 4" as ek op 100m zero en met die Barnes TSX punt val die bok nooit te vêr van waar hy getref is nie. Barnes punte koop ek op http://shop.technopro.co.za
Marnu

Is daai lading veilig, Jou spoed is vinniger as 'n gewone lood Koeel en 160 fps vinniger as wat Somchem aanbeveel in hulle herlaai boek.
CZ-Ebony
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Sun Dec 07, 2014 5:53 am

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by CZ-Ebony »

Flip nel wrote:
CZ-Ebony wrote:Dagsê almal

Net op te deel - ek skiet Barnes 180gr TSX met Lapua doppe 53gr S365 teen 2760fps en kry baie goeie resultate in my CZ 550 - Ebony. Op 200m van hy 4" as ek op 100m zero en met die Barnes TSX punt val die bok nooit te vêr van waar hy getref is nie. Barnes punte koop ek op http://shop.technopro.co.za
Marnu

Is daai lading veilig, Jou spoed is vinniger as 'n gewone lood Koeel en 160 fps vinniger as wat Somchem aanbeveel in hulle herlaai boek.
Goeie dag Flip

Ek het al baie daaroor gewonder maar ek het die lading by Oom Cassie gekry. Ek skiet al drie jaar met die lading en sien nie erge tekens van hoë druk nie maar n mens voel hom nogal in die skouer. Ek sal bietjie al my lading besonderhede op die groep sit en vir die slim manne vra.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Marnu


CZ Ebony 30-06
HOWA 1500 .243
Mossberg 12ga
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2490
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by Flip Nel »

[
Marnu

Is daai lading veilig, Jou spoed is vinniger as 'n gewone lood Koeel en 160 fps vinniger as wat Somchem aanbeveel in hulle herlaai boek.[/quote]

Goeie dag Flip

Ek het al baie daaroor gewonder maar ek het die lading by Oom Cassie gekry. Ek skiet al drie jaar met die lading en sien nie erge tekens van hoë druk nie maar n mens voel hom nogal in die skouer. Ek sal bietjie al my lading besonderhede op die groep sit en vir die slim manne vra.


Sent from my iPhone using Tapatalk[/quote]

More.

Oom Cassie sal seker darrem nie sommer 'n gevaarlike ladings voorstel nie, het net gewonder oor jou spoed so hoog is maar meot sê ek is ook nie een van daai slim ouens nie, dalk kan iemand met quickload bietjie kyk.
bokboran

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by bokboran »

Ek laai s355 -54gr
165 berger classis hunter
skiet baie mooi
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek weet almal wat hulle ladings hier op die forum deel doen dit met die uitsluitlike intensie om sy mede jagter te probeer help, maar ons moet almal tog versoek om liewers hulself daarvan te weerhou, aangesien dit n ontsaglike gevaarlike praktyk is. Hier is baie nuwelinge tot die herlaai bedryf wat daai einste lading wat moontlik in jou geweer veilig is net so kan dupliseer in sy wapen met katostrofiese resultate. Daarom vra ons eerder dat enige persoon wat opsoek is na raad met n lading dit onder die Quick Load hofie eerder sal plaas vir veiligheidsdoeleindes. Jou kanse vir n lading wat goed werk is ook net soveel beter en vinniger.

Ons waardeer julle samewerking opreg in die verband.

Groetnis
Wouter
Post Reply