Page 3 of 4
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sat May 14, 2011 9:10 pm
by tripodmvr
As mens kyk na Somchem se boekie vir 168gr in 308 is daardie lading van 44gr S335 witwarm en omtrent 350vps vinniger as wat hulle gekry het. Hoop jou lewenspolisse is in orde.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 9:12 am
by Wouter Roets
PAC
As ek daai lading in QL hardloop gee hy n spoed van so oor die 2700ft/sek met 63250psi wat nog kan gaan maar om daardie spoed van jou te kry gaan n persoon baie meer poeier moet verbrand en gaan jou druk by 100 000psi draai! Ek twyfel of daai spoed wat jy gekry het betroubaar is. Ek probeer maar net jou waarsku oor daai spoed en vat jou nie aan nie. Dit gebeur baie dat die Chronie nie heeltemal oop is nie en dan spoed lesings deurgee wat n goeie paar ft/sek hoer is.
Groetnis
Wouter
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 9:40 am
by raychell
Ek het dit op Sieera Infinity gelaai
spoed 200m 300m
3020 -3.47 -13.06
2900 -3.93 -14.52
Lyk of sy chroney nie te veel uit is nie sy lading ?
My ondervinding met 335 en Quickload baie dieselfde kry so 250vps vinniger as berekende spoedl dit is nou vir my .22Dasher
Raynie
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 9:56 am
by Wouter Roets
Raynie
Dit is nie QL nie maar die knaap agter die keybord!
Gaan stel jou Weighing Factor na .35 met die Dasher dan sal hy hopelik meer akkurate lesing gee. Jy sal sien dat in die meeste gevalle die Default op .5 gestel is en moet afwaarts aangepas word vir overbore cartriges en op aangepas word vir striaghtwalled cartriges. Hou jou muis net oor die blokkie dan sal hy dit vir jou se.
Nieteenstaande QL daai lading van PAC indien die spoed reg is is bitter gevaarlik! Die 308 kan nie veilig daai spoed met daai koeel haal nie.
Groetnis
Wout
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 10:14 am
by raychell
Wouter
Ek het dit nou na .22 geskuif vir baie meer realistiese data DANKIE,met 'n dop kapasiteit van 41gr water minder as 22.250 het ek nou regtig nie die Dasher as overbore gesien nie
Raynie
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 10:22 am
by Armand Steenkamp
Wout ek stem saam daai spoet is of verkeerd of daai is bitter gevaarlik!
N pel het n 308 met n 31duim loop en hy laai 155greiners teen 3050fps en dit was max lading.
Groetnis
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 11:01 am
by Jagtersdok
Baas Wout
Jou berekeninge is heeltemal reg. Om daai spoed te kry met 167gr Koele in 308 win is die presure so hoog die engeltjies en die duiwel klim agter die geweer uit want hulle weet hier kom poefies.
Wat ek maar op gereelde basis doen(een maal per jaar) is ek vat my Chronograaf en dan 2 of 3 ander manne sin en en skiet 3 skote oor elkeen met dieselfde geweer en lading net om te sien dat die masjien nog reg lees. Binne 50ft/sec is nog aanvaarbaarsou jou chronie verskil met die ander waarmee jy dit vergelyk. Gelukkig het my pelle Oehlers so dit goeie maatstaf

Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 1:21 pm
by Wouter Roets
Manne
Ek het gou in al my herlaaiboeke gekyk en die hoogste met 168gr koeel is 2822ft/sek met n baie gespesialiseerde kryt. Die norm is maar net so oor die 2700ft/sek. Ek is amper seker PAC se Chrony was foutief gewees.
Dok daardie idiee van jou is die regte een. Ek oorweeg dit on n tweede Chrony te koop en dit agter die ander een te sit om sodoende bete(akkurater) lesings te kry.
Groetnis
Wout
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 2:12 pm
by raychell
Kyk na die koeelbaan wat saam met die spoedlesing gegee word ,dan lyk dinge reg hy se die koel val 10 duim op 300 'n spoed van 3020 sal 13" val met 'n groepering van 1" op 100 klink die 10" moontlik en beweeg daai koeel dalk nog vinniger .Die spoed is dalk baie meer as wat dit behoort te wees vir die .308 maar die lesing kom redelik ooreen met die trajek wat bereik is.Lyk of daar niks fout met Chrony is nie maar die lading is in.300 HH spoedklas!
Raynie
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 4:25 pm
by fanie17
PAC
Is daai punte gemoly of nie.As dit gemoly is is dit al rede hoekom jy so baie kruit kan laai en nie druk kry nie.n Maat van my skiet 200gr Rhinos agter 51gr S365 sonder enige druk met baie goeie akuraatheid Die lading is op die skietbaan op gewerk,my bek hang oop om dit te sien,
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 6:38 pm
by Wouter Roets
Raynie
As daar niks fout was met die Chroy se lesing was nie kan ek jou belowe het daai man nie vir ons daai skrywe gegee het nie tensy hy dit uit die ER gedikteer het!

Jy kan vaseline ook aan daai koeel smeer daai spoed kan nie veilig gehaal word met n 308 Win uit 24 duim loop met S335 nie!
Groetnis
Wout
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 6:56 pm
by raychell
Hi Niemand het gese dis veilig lees wat is sy trajek en doen revers enginering dan lees die chrony reg!
Raynie
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 7:16 pm
by Armand Steenkamp
Akkoord Wout! Daai spoed in nie moontlik nie
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 8:23 pm
by Wouter Roets
Raynie
Hierdie storie het nou al te ver geloop. Vir PAC om wel daai spoed te kry uit n 24 duim loop en met S335 sal die druk ongeveer 95000psi wees! Ek weet nog nie van n slotaksie wat konstant daai druk kan hanteer nie. Vandaar my redenasie dat die spoedlesing foutief moet wees. Meskien is sy teleskoop op hoe ringe gemonteer en daarom die trajek, wie weet. Al wat ek weet is dat daai spoed nie haalbaar is nie!
Groetnis
Wout
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 8:45 pm
by raychell
Jy kan die teleskoop op 2" sit en nog steeds dieselfde praktiese trajek kry .Maak nie saak hoe onveilig dit is nie die punt is die spoed lesing is reg vir die trajek so daar is waarskynlik niks met die chroney verkeerd nie maar wel met die lading .Ek is nie naief nie het self sederd 1981 met 26' .308 geskiet en naaste wat ek ooit aan daai spoed kon kom is met Gerard se 130gr HV koeels.Wil jy he ek moet nou verskillende ring hoogtes se trajek ook plaas? Gee die man 'n kans om die lading met 'n ander chroney te meet en terugvoer te gee ek het hom klaar 'n PM gestuur en gevra om dit te doen.Dan kan ons sien of die Chrony verkeerd is en of hy sy trajek optimisties is.
Raynie
NB 2" hoogste wat Lynx maak.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 9:24 pm
by Jagtersdok
Of die 10" val is ook maar net 'n skatting wat eintlik 15" is as jy dit regtig gaan meet. Dis nie pertinent gestel of die bullet drop gemeet of geskat is nie.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 9:35 pm
by raychell
Ek sien nie dat PAC van skat praat nie
My geweer is op 100 gezero en skiet 4duim laag op 200 en amper 10duim laag op 300m,ek ken hom so goed dat ek presies weet waar om te vat op watter afstand ookal.
Maar helaas hy se ook nie dat hy dit gemeet het nie
Raynie
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Sun May 15, 2011 9:39 pm
by Jagtersdok
Raynie
Hehehe ek s? so want ander man vertel my ander dag sy geweer skiet duim hoog op 100meter. Toe ons op die skietbaan is laat ek hom skiet. Stap na die teiken toe, vra hom skiet die geweer op die plek waar hy altyd skiet? Ja s? hy jy kan mos sien 1 duim hoog. Ek moes toe maar met en vir hom wys dis eintlik 2 en half duim.
S? nie dis pertinent die geval hier nie, die man het ook nie vir my ges? hy skat nie.
Dit is hoekom ek vra.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Tue May 17, 2011 4:48 pm
by fanie17
Ek sal baie graag daai geweer en doppe wil sien,die lading is baie hoog.Hoe is die lading bepaal.
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Mon Jun 13, 2011 8:58 pm
by Problem Animal Control
Manne,manne
Ek sit met n rooi gesig en skryf hierdie reply,al die inligting oor die geweer ens is reg BEHALWE ek het n groot flater begaan,my punte is 150gr PMP match waarop ek daardie lading laai. Ek vra groot onverskoning vir die verkeerde inligting en hoop nie iemand het daardie BOM probeer bou nie. Verskoon my groot asb? Die 167gr Lapua's laai ek met 39.6gr S335 en dan is die spoed rerig 2915fps'ek het dit Saterdag weer op die baan bevestig(met 2 verskillende chronies). Nog maals jammer manne!!!!!!! Dankie vir almal se kopkrap en redinasies,dit was goeie en interessante leesstof.
Groette
PAC
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Mon Jun 13, 2011 9:24 pm
by Jagtersdok
PAC
Gee bietjie al die specs op daai geweer, want 2915ft/sec uit 24" loop met 167gr Lapua Scenars en S335 kryt?????
Daai gaan nie gebeur nie. Veral nie met net 39.6gr se S335 nie
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Mon Jun 13, 2011 9:26 pm
by Monrique (SJ)
PAC
Is die PMP match koeels dan nie 155gr nie??
Jy praat van 150gr.
Groetnis
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Mon Jun 13, 2011 9:29 pm
by Jagtersdok
2900ft/sec met 150gr koele ja dit kan ek glo en dan push jy dit maar nie met 167gr nie
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Mon Jun 13, 2011 11:10 pm
by Stefan764
Jy moet 45gn S335 agter n 167gn Lapua se gat in n 308 laai om 2919f/s te kry. Dis 120% dopvulling, net om die ding in perspektief te stel....
Soos n goeie vriend van my se, "dai gannie gebeur nie"
Re: .308 Wat is die beste punte?
Posted: Tue Jun 14, 2011 8:54 am
by Armand Steenkamp
Pel van my skiet PMP 155 match punte teen 3050fps uit sy 308win. Maar hy het nouwel n 31duim loop!!
Groetnis