Page 3 of 4
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Tue Aug 06, 2013 3:06 pm
by ROBBIE1
Ek gaan so bietjie trug staan, gesels julle manne bietjie met mekaar, se wie dink waar en wanneer, vir my is enige een reg, eks in!!
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Tue Aug 06, 2013 4:10 pm
by stan man
ek staan ook terug en kyk wat is die behoefte.
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Tue Aug 06, 2013 4:18 pm
by Jaco Swart
Hi Manne.
My 2c
Ek stem vir n vlakte jag daar by Frans. My rede is , dat ek baie in die bosveld kom en jag en nie gereeld kans kry om Springbok en Blesbok te jag nie. My dogter het ook al baie bosveld spesies geskiet maar nog nie n Blesbok en Springbok nie.
Ons moet maar net die slapery uitklaar , want ek sal graag nie in n tent wil slaap met hulle nie , maar eerder in n ordentlike huis of kamer
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Tue Aug 06, 2013 4:30 pm
by bush hat
Ek verstaan Robbie en Frans se posisie.
Ek is ook tevrede om by enige van die twee te jag en ja, Springbok jag ons nie elke dag nie, dit is waar !
Wat dink ouens soos Gert Odendaal daar van Witbank, wat ook belang gestel het, en ander ?
Maar in is ons ook in, veral as ons die tent-slap kan oplos.
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Tue Aug 06, 2013 5:48 pm
by ROBBIE1
Bush hat, sorry man ma wats jou naam pella?
Ek wil net gou iets uitklaar, dan sjoes ek weer.
Ek het die naweek aangevoer, Stan man (het nog nooit by hom gejag nie maar sal graag wil) en Hein, is al 2 wat ek gevra het om vir ons beskikbaar te stel wat hulle het, so moenie stres nie, hiers geen botsende belange of iets nie hoor, julle manne het die keuse, ek glo nie Frans of Hein gaan aanstoot neem as die ander man nou gekies word nie, voel vry om te praat hoor.
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Wed Aug 07, 2013 7:21 am
by bush hat
Vriende, my naam is Barry en ek is van Randfontein.
Glo my, ek dink ons moet nou al by beide plase bespreek. Ons is in vir die naweek van 27 Sept, waar almal okal wil gaan jag !
My dogter is so opgewonde soos kan kom !!
Is daar 'n oplossing vir die tent-situasie Frans ? Wat julle besluit ons twee is in !
Barry
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Wed Aug 07, 2013 8:26 am
by stan man
more manne
ek het ook gladnie n probleem met die naweek nie. die manne wat wil gaan moet maar besluit waar. soos ek gese het by my is ons in gerig vir 12 mense. so tente of karavane of offroad waentjies is aan die orde van die dag. ja daar is lekker vlakte met springbokke en blesbokke ens. dan sal dit verder buk en bekruip kan wees vir die res.
ons sal ook n tipe van voorsit jag kan doen ,veral vir die rooibokke.op die vlakte gaan skote varieer vanaf 100m tot 200m.
nou hou ek maar weer my smoel.
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Wed Aug 07, 2013 1:43 pm
by Jaco Swart
Middag Manne.
Ek wil graag die volgende voorstel maak.
Soos ek reeds aangedui het sal ek verkies om n vlakte jag te doen met my dogter sodat sy Springbok en Blesbok kan skiet.
Nou indien hier manne op die Forum is wat weet van plase of wat self nog vlakte wild het wat gejag kan word, gooi asb julle details vir ons.Ons soek plase so in die radius van 250 km van Gauteng. Ek wil graag goeie akkommodasie hĂȘ en gee nie om , om n kamer met my dogters te deel nie. Ons soek basiese geriewe en daar moet asb 12-20 mense geakkomodeer word.
Hierdie is nie om iemand in die gesig te vat nie, maar ek sal graag ander mense ook die geleentheid wil gee om miskien nog so einde seisoen jag te doen en ons manne wat wil gaan die opsie te gee om uit verskeie plase miskien 'n keuse te kan maak.
Gooi maar die kommentaar dat ons die ding gereel kan kry.
Groetnis
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Thu Aug 08, 2013 10:04 am
by bush hat
Dag vriende
As gevolg van die verblyf-situasie sal ek eerder toekomstig op my eie by Frans-hulle gaan vlakte jag.
Ek sal dus ook soos Jaco kyk wat anders aangebied word, wat die verblyf-probleem aanvaarbaarder aanspreek / oplos.
Dan stel ek ook nog steeds belang in Robbie se opsie, wie stel nog daarin belang vir 27-29 Sept, vir Pa en dogter jag ?
Groete, Barry
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Thu Aug 08, 2013 11:02 am
by ROBBIE1
Ok manne, kom ons vat die beplanning na n kant toe. As ons trug kom post ons die foto's, dan gaan julle sien hoe klim die ander pa's in vir volgende jaar!!
Dit wil lyk of dit net ek, Jaco, Barry en dalk Ge is wat dit die jaar gaan meemaak. Vir ons almal is die naweek van 27,28,29 Sept aanvaarbaar.
Ek wil dan voorstel dat ons vir die jaar na Hein toe gaan, ek verstaan Jaco wil graag vlakte toe, maar dan het ons baie tyd om vir volgende jaar n trip bymekaar te sit vir n lekker vlakte jag, hoe klink dit vir julle manne?
As daar nog iemand is wat wil saamgaan, NOU IS DIE TYD, sit asb jou naam op.
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Sat Aug 10, 2013 11:23 am
by bush hat
More almal.Dankie Frans, Hein, Robbie vir jul voorstelle en hulp.. Robby, ek stem vir finalisering en dat ons dan vir vanjaar by Hein gaan jag ! ek en sus is beilis saam op hierdie jag ! My dogter is opgewonde oor die vooruitsig om ook saam met maats in die veld te kan wees. Wie bevestig nog ? Groetnis.
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Mon Aug 12, 2013 8:51 am
by ROBBIE1
Dankie Barry, kom ons hoor wat se Jaco en Ge, en as daar dalk nog iemand wil saamgaan, meer as welkom.
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Mon Aug 12, 2013 2:23 pm
by NicoSmit
Ek dink ek gaan my laaitie soos 'n dogtertjie laat aantrek sodat ons kan saam kom dit klink of dit moerse lekker kan wees.
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Mon Aug 12, 2013 2:26 pm
by ROBBIE1
Hahaha, die aantrek is niks Nico, die grap gaan by die UIT-trek kom!
As die meisies besluit hulle vat saam een kamer, alalaaaaaaaaa!!!!!!!
Dan gaan boeta of in die paradys

of in die sekelbos

wees.

Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Mon Aug 12, 2013 2:30 pm
by NicoSmit
Dis nou sy probleem solank pa net kan gaan jag .Of ek het ook al gedink om een van daai 21 jarige blonde Russiese weeskinders aan te neem maar ek glo nie ma gaan baie happy wees met nog 'n kind in die huis nie Ons sal die bed moet deel het nie so baie slaapkamers nie!
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Mon Aug 12, 2013 2:33 pm
by ROBBIE1
LMGA!!!!
Daai klink na n moerse plan, maar sal dit n ander trip moet maak, dan bring jy ha saam plaas toe, ek sal enige tyd die gids wees, hahaha.
Sies hoe stout raak ons nou, as die vroutjies ons nou sien!!!!
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Mon Aug 12, 2013 2:52 pm
by stan man
maak dan maar eerder n russiese bring en brand jag naweek !!
julle bring die 21jarige russiese poppe en die res sal volg.
ek sal die vlieg teen die muur wees met die spy cam.
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Mon Aug 12, 2013 3:00 pm
by FHM
stan man wrote:maak dan maar eerder n russiese bring en brand jag naweek !!
julle bring die 21jarige russiese poppe en die res sal volg.
ek sal die vlieg teen die muur wees met die spy cam.
Ek weet net jy gaan baie geld maak Frans, baie!

Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Mon Aug 12, 2013 3:05 pm
by ROBBIE1
Nee man FHM, ons nooi jou en die sekretarese's ook saam man!
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Mon Aug 12, 2013 3:09 pm
by FHM
ROBBIE1 wrote:Nee man FHM, ons nooi jou en die sekretarese's ook saam man!
Dan tree Frans af...

Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Tue Aug 13, 2013 10:45 am
by bush hat
Robbie...ek kan nou weer sien hoekom jy die dogters met 'n aparte jag wil saam vat !!!!
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Tue Aug 13, 2013 11:34 am
by ROBBIE1
Hahaha, toemaar Barry, eks maar net grootbek hoor, ek laaik my boeppie, soek nie siektes nie!! Dis maar sommer net "talk"!!
Manne, Hein het gevra ons moet asb by vrydag die bespreking en getal deurgee, wil niemand aanjaag nie, maar kan ons asb die bespreking maak.
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Tue Aug 13, 2013 12:32 pm
by bush hat
Goed Robbie, ek en my dogter bevestig...ons is in vir naweek van 27-29 Sept by Hein-hulle !
YES, Yes hoor ek haar gil !!!
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Tue Aug 13, 2013 1:12 pm
by G-force
Jammer manne maar ek sal nie kan maak nie.Eenvoudig net nie tyd nie.Geniet dit en neem klomp fotos.
Re: Pa en dogter jagnaweek
Posted: Tue Aug 13, 2013 2:39 pm
by ROBBIE1

Ai Ge, dis nou jammer man, maar belowe ons gaan julle so jaloers maak met die foto's en stories, dat jy volgende jaar heel eerste in is.
Ons maak dit n volgende keer.
