Page 3 of 3
Re: Geskikte lading
Posted: Sun Oct 10, 2010 3:36 pm
by JOHANNIC
Tiny
Watse formaat is die Posliga is dit nou .22 of groot gewere?
Groete johan
Re: Geskikte lading
Posted: Sun Oct 10, 2010 4:26 pm
by Ponkie
Posliga is .22 Oom. Die prestige is groot geweer. Posliga was mos altyd groot geweer, maar deesdae is dit .22.
Re: Geskikte lading
Posted: Sun Oct 10, 2010 4:48 pm
by Nico de Jager
Jis Ponkie,
Die 22 Posliga het bietjie na gewone Posliga gekom. Dit is presies die Jaggeweer Posliga se teikens wat volgens skaal verklein is. Die Posliga Jaggeweer word nog steeds geskiet, hulle vervang mekaar nie. Ek het nog nie die .22 een geskiet nie maar hy klink n yster. Ek weet die verste afstand is 70 m.
Jis Tiny, daai Prestige is uitdagend, toe jy en Ponkie van "possible" praat, wou ek niks se nie maar die hoogste telling op Riversdal was 190 so 2 naweke terug.
Tiny dis n goeie telling vir Posliga, geluk. Waarmee het jy geskiet en waar het jy jou punte verloor (by Prestige)?
Groete
Ribbok
Re: Geskikte lading
Posted: Mon Oct 11, 2010 2:28 pm
by Tiny
Oom Nico..
Oom Jaco Brink het laas jaar 'n possible op De Rust geskiet.. Die 1ste en enigste een.. Ek was daai dag daar en ek het toe 'n 200 geskiet.. Dis al hoekom ek nou so ongelukkig is.. Ek het met die 6mm geskiet en my punte op die vark se minusse verloor.. En die ghongs uit die vuis is nie maklik nie.. Het net die 100m raak geskiet..
Groete
Tiny
Re: Geskikte lading
Posted: Sun Nov 14, 2010 10:20 pm
by Tiny
Majuba..
Hy het op 37; 37.5 en 38gr ewe mooi groeppeer.. Ek het toe op die 38gr besluit.. Dan is hy darm so voet of 2 vinnigger.. Hy hardloop dan so teen 2956ft/s..
Groete
Tiny