Page 3 of 5
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Sun Oct 16, 2011 8:56 am
by Jagtersdok
Hoe lank is jou loop Jimkat?
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Sun Oct 16, 2011 9:18 am
by Monrique (SJ)
Jagtersdok
As ek Jimkat se post reg lees en hy het Howa 1500 met dikloop, glo ek dis die varminter, en dit sal dan seker die 24'' loop wees.
Groetnis
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Sun Oct 16, 2011 9:20 am
by tripodmvr
jimkat wrote:
hi,vandag ook bietjie gaan speel.
80 gr sierra varminter
S365 43gr
Pmp primers en doppe
3571 fps deur chrony.groepeer mooi.
Geweer-howa 1500 met dik loop en terminator silincer op.ek is bietji gestres oor di spoed.
QL voorspel nie eers 3000vps nie. Hoe naby was jou chrony aan die loop?
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Sun Oct 16, 2011 12:31 pm
by JOHANNIC
Jimkat
Die manne skiet 88gr Bergers 3300vps+ as jy n 24duim loop het kan die spoed dalk bietjie hoog wees.
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Sun Oct 16, 2011 5:53 pm
by jimkat
Hi manne
Dit is die Howa 1500 Varminter-24"loop. Die chrony was so 'n 1.5m van die loop.
Ek het begin met 42.5gr S365, dan 43gr,dan 43.5gr. Toevallig die volgende gemeet:
80gr PMP 2289 FPS
80gr Federal 3340fps
42.5gr myne 3380
43gr myne 3571fps
Wat ek ook agtergekom het is dat ek met my vorige silincer tussen 80-100 fps vinniger is , as sonder 'n silincer.
Die ander moelikheid is, vanoggend agtergekom ek het doughnut probleme op my herlaaides pmp doppe, al 5 keer herlaai.
Nou lees ek weer bietjie oor die doughnut probleme.
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Sun Oct 16, 2011 7:57 pm
by Hein M.
jimkat wrote:
Ek het begin met 42.5gr S365, dan 43gr,dan 43.5gr. Toevallig die volgende gemeet:
80gr PMP 2289 FPS
80gr Federal 3340fps
Jim
Het die patrone met hierdie punte dieselfde lading

Indien wel is daar iets snaaks...
Mooiloop!
Hein
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Sun Oct 16, 2011 8:25 pm
by Jagtersdok
2 goedjies wat ek gou net hier wil noem.
Eertsens jou druk is baie hoog om daai spoed uit STD 243 met 24" loop te kry. Die doughnut probleme kan verseker die druk opjaag dat jy daai ho? snelhede kry. Sort dit uit ASAP
Tweedens
Tripod ja as jy na standaard specs gaan kyk en jy sit 43gr S365 teen gister se temperatuur in kyk jy na so 3081ft/sec
Nou net deur 1 factor te verander maw die initial start up op te jaag na koeel wat teen die lands geseat word jaag jy die spoed sommer op na 3223ft/sec.
Nou weet jy nog nie hoe styf daai kamer is nie, dit is 'n varmint geweer so sy toleransies sal heelwat stywer wees so maak sy h2o met so 2gr minder nou sit jy op 3270ft/sec
Nou laai die ou bv Lot 61 S365 wat almal weet 18% vinniger brand as normaal en eweskielik sit jy op 3500ft/sec
En nou het die man al gemeet dat hy meer spoed kry met sy silencer op ook, en dit het ek ook waar geneem.
So om te s? QL voorspel nie dit nie is 'n ek wil amper s? le? stelling. Met al die veranderlikes in herlaai en ook in ons kruite moet mens maar eerder die totale setup h? om met confidence te spekuleer wat die resultaat behoort te wees. Dis hoekom ek nooit vir iemand 'n kryt gewig gee nie, maar ideale spoed om die ideale node te slaan en dan te finetune met TPL
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Wed Oct 19, 2011 7:45 am
by tripodmvr
Ek besef dat elke geweer uniek is. My 2de opmerking is miskien nader as oplossing. Die probleem bestaan miskien nie eers as die spoed verkeerd is. Ek probneer om die chrony so 4-5m van die loop te kry.
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Fri Oct 28, 2011 1:48 pm
by Janjak
Jimkat
Ek skiet ook daai 80gr Varminters (SPBT) en hulle seat gewoonlik nie tot in die doughnut nie.
Daai spoed is egter hoog. Myne loop so 3250fps (S355). Die hoogste wat ek gegaan het met die aanvanklike toetse was 3480 en toe was die druk reeds hoog.
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Sun Nov 06, 2011 7:53 pm
by jimkat
hi
Ek smile van oor tot oor.vanmiddag gespeel.
100M -sny mekaar,200m -15mm,300m-25mm.
Resep-85gr sierra varminter flat base,53gr S365,pmp doppe en primers.nie spoed getoets nie.sal volgende keer.
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Sun Nov 06, 2011 8:49 pm
by Christo
jimkat wrote:
,53gr S365,pmp doppe en primers.nie spoed getoets nie.sal volgende keer.

Ek kom nie eens by 42gr nie
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Mon Nov 07, 2011 8:09 am
by Danie01
Jimkat,
Ek ook nie lank in die herlaai nie, maar daai 53gr klink soos selfmoord? Dit moes seker 'n tikfout gewees het???
Groete
Danie
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Mon Nov 07, 2011 4:20 pm
by jimkat
Ai Ai,Dis nou van blygeit dat ek so sleg tik.
43gr Asseblief.
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Thu Mar 01, 2012 3:21 pm
by Hilux01
Mnre
My broer het n .243 Sako gekoop (2de hands) alle papier werk is in so nou wag hy, intussen wil ons solank weet.
Wat moet die man laai om se rooibokke en varke te jag in die bosveld, hy het ook n .303 vir die doel maar julle weet mos hoe is n man met n nuwe geweer?
Dit sal later nodig wees om oor langer afstande springbokkies en miskien Blessies te stamp
Henk
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Mon Mar 05, 2012 8:56 pm
by JWO
Ek soek 'n bietjie raad met .243 ladings. Ek skiet tans 'n Savage met 'n 30" loop en kry goeie groeperings (15mm) met 95gr Berger VLD's en 'n lading van 40.5gr S365 @ 3290fps. Volgens die slim manne is my node 3200fps. Ek het al hierdie lading en SD gebruik met 95gr SMK's wat dan loop @3200 fps en die groepe lyk beter (8mm). Ek verkies egter om die Bergers te skiet a.g.v. marginale beter BC en beter prys. Kan ek nog afgaan na 40.0 of 39.5gr om die spoed af te bring na 3200fps, of moet ek S385 gebruik sodat my doppe beter gevul is? Die kruit l? alreeds 2mm onder die skouer van die dop. Enige raad sal waardeer word.
Groete
Jacques
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Mon Mar 05, 2012 9:45 pm
by tripodmvr
JWO wrote:
Ek soek 'n bietjie raad met .243 ladings. Ek skiet tans 'n Savage met 'n 30" loop en kry goeie groeperings (15mm) met 95gr Berger VLD's en 'n lading van 40.5gr S365 @ 3290fps. Volgens die slim manne is my node 3200fps. Ek het al hierdie lading en SD gebruik met 95gr SMK's wat dan loop @3200 fps en die groepe lyk beter (8mm). Ek verkies egter om die Bergers te skiet a.g.v. marginale beter BC en beter prys. Kan ek nog afgaan na 40.0 of 39.5gr om die spoed af te bring na 3200fps, of moet ek S385 gebruik sodat my doppe beter gevul is? Die kruit l? alreeds 2mm onder die skouer van die dop. Enige raad sal waardeer word.
Groete
Jacques
Ek het al ladings van 36gr geskiet en nog steeds goeie groepe gekry. Die dop is dan 80% vol. Jy kan dus maklik met 39,5 - 40 grein skiet. Ek sien dat Quick Load 3146fps voorrspel met 40,5gr S365.
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Mon Mar 05, 2012 10:05 pm
by Arnold
Jacques, het jy hom al probeer opstoot na so 3355 fps? Druk behoort steeds binne perke te wees en daar sit weer 'n node!
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Tue Mar 06, 2012 8:06 am
by JWO
Arnold, ek sal dit probeer. Ek wil net die loop spaar en eerder teen die laer node skiet. Ek weet nie hoeveel skote jy moontlik gaan wen nie. Ek sal maar op laai na 3355 en aflaai na 3200 fps en kyk waar ek die beste groepe kry. 'n Vriend van my kry baie goeie resultate met S385 in sy 7mm Tombi, vandaar my vraag of ek dit in die .243 kan gebruik. Dankie vir jul raad.
Groete
Jacques
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Tue Mar 06, 2012 9:05 am
by Arnold
Ek sien dat die Weighting factor wat ek gebruik het steeds bietjie hoog was. Ek sal dit vanaand verder afbring tot so by 0.4 en kyk wat die resultate is. Met 'n Weighting Factor van 0.43 was die druk op 3355 fps onder 59000 psi. Met die nuwe data sal jou druk seker onder 58000 psi wees.
Ek glo dat jy beter/konstante ontbranding gaan kry met 'n voller dop. Onthou daai 30" loop is baie lank en met so loop sou ek hom optimaal gebruik. Ek weet ook nie hoeveel jy gaan spaar op die laer node nie.
S385 is baie stadig en jou dop mag dalk nie genoeg plek he om genoeg dryfmiddel in te kry nie. Watter koeels skiet jou vriend in die 7mm Tombi en wat is sy dop kapasiteit? Dit is darem 'n bul van 'n ander kleur daardie.
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Tue Mar 06, 2012 11:24 am
by JWO
Arnold, Dawid het 52.8gr S365 geskiet @ 2960 met sy Tombi en hy skiet tans 55.5gr S385 @ 2900 fps met 168gr Bergers. Hy s? ook dat sy doppe met lg. lading nog nie heeltemal vol is nie. Ek weet dinge werk nie so eenvoudig nie, maar deur 'n verhouding som te maak met bg. inligting, behoort ek 42.6gr S385 te gebruik om dieselfde spoed te kry. Die manne reken ook dat S385 beter looplewe behoort te gee as met S365.
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Tue Mar 06, 2012 11:53 am
by Arnold
Jacques, dit sal nice wees om te hoor hoekom die ouens redeneer dat jy langer loop lewe sal kry met die stadiger verbrandende dryfmiddel. Volgens my sal jou loop langer hou hoe vinniger jou dryfmiddel is. Die rede hiervoor is taamlik eenvoudig en gaan vgl maar kalibers met lang loop lewe teenoor kalibers wat lope vreet en kyk watse dryfmiddel gebruik word.
Omdat jou loop so lank is mag S385 dalk werk, selfs S361 kan goed werk maar jy sal moet eksperimenteer. Sal vanaand gou bietjie speel en kyk wat S385 doen.
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Tue Mar 06, 2012 7:42 pm
by Arnold
Jacques, jy mag dalk akkuraatheids probleme ondervind met S385 aangesien al die kruit nie verbrand nie. Dopvulling is goed en kan mik vir 3220 fps. begin maar by 42.5gr en werk op.
Probeer so 39.4gr S365 vir 3215 fps of werk op na so 41.7gr vir 3360 fps. Ek het nou al jou detail ingevoer nie so dit is beraming, let maar op vir druk maar jy weet mos as jou primer pop moet jy so bietjie minder laai

Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Wed Mar 07, 2012 8:20 am
by JWO
Baie dankie, Arnold. Dit wil voorkom asof ek maar moet hou by S365. Ek het gehoop om weg te kom van S365 en al sy probleme!!! Elke keer as jy ander ladings toets, is jy al weer 30 - 40 skote nader aan die einde van jou loop. Met 'n loop wat nie lekker skiet nie, wil jy hom juis so gou moontlik opskiet om 'n nuwe een op te sit. My loop gooi mooi, ek wil hom net 'n bietjie "fine-tune". Ons skiet die naweek in Bloemfontein. Ek sal volgende week kyk wat jou voorgestelde ladings maak met die S365.
Groete
Jacques
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Wed Mar 07, 2012 11:35 am
by Arnold
Sterkte Jacques, ek hoop julle skop gat.
Re: Herlaai data 243 Winchester
Posted: Sat May 19, 2012 11:15 pm
by Johnnie De Wet
Naand Manne,
Wat is n aanvaarbare variasie in patroon snelheid?