Page 3 of 3

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Thu Apr 10, 2014 7:13 am
by C.J.
Chucky,

Ek wil hulle ook in my VLS probeer. Watter Lot S335 laai jy huidiglik mee?

Groete,
C.J.

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Sun Aug 24, 2014 10:16 am
by WerMos
Dagse 22-250 manne

Ek het n vraag. Wat is julle TPL op julle 22-250 patrone. Ek het die TPL max gemeet van 3 nuwe gewere Remington Howa en Sako en al 3 verskil in lengte.

My vraag is as n man baie skiet gaan die lande verder weg gebrand word so om jou ideale jump te hou gaan amper onmoontlik wees.

Ek gebruik 55gr Nosler BT wat het julle manne die ideale TPL gekry vir so patroon vir beste groepering?

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Sun Aug 24, 2014 10:27 am
by tripodmvr
Wermos, jy het omtrent jou eie vraag geantwoord. Elke geweer is uniek en jy sal sy beste TPL vir 'n spesifieke koeël prakties moet bepaal. Begin met TPL so 1mm weg as so patroonlengte in jou magasyn gaan pas en ook as jy genoeg koeël in die nek het.

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Sun Aug 24, 2014 10:35 am
by WerMos
Hi Marius

My sako se lande het al so baie geskuif dat ek nie meer 1mm sprong kan gebruik nie.

Nou as ek n paar manne se TPLs kry dan het ek n beter gemiddeld waar om myne te gaan soek. Tyd en patrone is duur.

Gehoor die 22-250 is glad nie "jump" sensetief nie. Is dit die waarheid?

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Sun Aug 24, 2014 10:42 am
by tripodmvr
Gewere is nes mense - verskil van mekaar. Maak jou TPL so dat jy ten minste 80% van jou koeëlskag teen die dopnek het 5,56x.8 = 4,5mm in praktiese terme. Pasop met die bootsterte dat jy die werklike raakvlakke gebruik. Laai 3 tot 5 skote met beginlading, gekose TPL en skiet groep oor chrony. Bring daardie inligting en die soos gevra onder "Riglyne vir QL" en ons kyk of ons binne minder as 20 skote vir jou 'n lading kan kry.

Re: Herlaai data 22-250 Remington

Posted: Sun Aug 24, 2014 10:54 am
by WerMos
Dankie Marius