Page 3 of 5

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 2:11 pm
by FHM
Wil ook net vistaan of fotos & avatars nou net vanaf photobucket gedoen kan word?
Ek merk my 'browse' funksie is nie geaktiveer op my persoonlike profile om n avatar te laai vanaf my rekenaar soos ons voorheen kon doen nie. :(

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 2:51 pm
by PaulM
Lyk sommer heel pikant. Hulle se mos 'n verandering is so goed soos 'n vakansie. Mmm, ek reken ons is dan nou almal lekker
uitgerus. ;D

Terloops, het ek my naam nou amper krater gemaak deur te vra hoekom dit nie wys watter is "New Posts" nie, en watter
ek reeds gesien het nie. Toe kom ek agter ek het nog nie ingeteken nie ...... :-[

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 3:26 pm
by Eugene
Prohunt wrote:Hallo Hein,
Bestaan die "New Replies to Your Posts" nog, maw waar jy die onderwerpe waaraan jy deelgeneem het kan sien as daar nuwe antwoorde op kom?
Groete
Johan
Die voorkoms lyk bakgat, alhoewel ek nog bietjie gewoond moet raak daaraan! Ek wonder ook oor bovermelde en weet nie hoe om die "New post" wat ek reeds gelees het, te delete nie?

Groete
Eugene

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 3:54 pm
by Armand Steenkamp
Hy lyk reg maar ek kan nie fotos sien nie??

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 4:21 pm
by Kalahari
Is julle forum ook stadig? My kant moet ek maar redelik geduld gebruik. Ek kla nie................ stel net die "baas" in kennis. ;)

Dankie vir die werk Heinrich.

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 4:53 pm
by PaulM
Kalahari,

Hier by my lyk die spoed heel normaal. (Ons hier op die platteland is maar in elk geval gewoond aan stadige internet.)

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 5:26 pm
by PWV
Heinrich

Jy het die Ou Ballie uit sy "comfort Zone" gepluk. Die oue was vir my verbruikersvriendeliker. Sal nou maar weer moet spook om by te kom.

Groetnis

Pieter W.V.

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 5:38 pm
by jaracal
Chris Swart wrote:Ek mis die "View replies to your posts" shortcut.
Was lekker maklik om te sien of daar nuwe posts is
Indien jy op board index click sien jy net onder die board index die volgende:

View unanswered posts • View unread posts • View new posts • View active topics

Click op die afdeling wat jy dan wil sien.

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 5:42 pm
by jaracal
FHM wrote:Wil ook net vistaan of fotos & avatars nou net vanaf photobucket gedoen kan word?
Ek merk my 'browse' funksie is nie geaktiveer op my persoonlike profile om n avatar te laai vanaf my rekenaar soos ons voorheen kon doen nie. :(
Onder aan die post gedeelte is 'n upload attachment, maar photobucket werk nog steeds die beste, dit oorlaai nie ons forum nie.

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 6:41 pm
by TOKELOS
SEXY!

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 7:25 pm
by Danie Lombard .243
Hi julle almal.

Ek het woes gesukkel om my avatar klein genoeg te kry vir oplaai hier op die nuwe forum. Ek is seker uit die oudedoos uit, ek sukkel met die nuwe forum, ek verkies die vorige forum, het vir my beter gewerk en was meer gebruikers vriendelik vir my. Slegs my opninie.
Belangrikste is die forum werk, ons kan lees en post.

Die jaracal forum het 'n ongeloofike verslawende effek op 'n mens. Ek moet daagliks hier kom 'n draai maak anders voel ek onderste bo.
Jaracal maak die dag reg loop.

Groetnis

Danie

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 7:48 pm
by Chrisjan
Die forum gaan van sterkte na sterkte!

Dankie vir die geleenheid.

Groete
Chrisjan

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 8:37 pm
by Fish 2 Hunt
Baie mooi, baie dankie

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 9:25 pm
by jaracal
Die nuwe "software" gee ons meer vryheid om die forum te verander na ons smaak met kleure, logo's en 'n paar ander opsies.
Dit is maar vir ons almal bietjie vreemd maar dink ek ons sal lekker saam loop en groei.
Groete
Heinrich

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 9:43 pm
by BRNO (Pierre)
Dankie, die site lyk weer bakgat.

Een ding wat ek opmerk is dat ek heeltyd alleen is ( of so wys dit). Dit is nie lekker om so alleen te wees nie. :'(

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 9:51 pm
by jaracal
ek sien die forum wys wie is op per board. Indien jy na board index gaan wys dit wie is op die totale forum, so jy is nie heeltemal alleen nie :)

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 10:03 pm
by Christo
Pieter Willem Vorster wrote:Bietjie vreemd, maar die Ou Ballie sal dit seker mettertyd bemeester.
Baie dankie vir jou moeite.
Groetnis
Pieter W.V.
Vanaand voel ek ook soos 'n ou Ballie. ::)

Toemaar ons haal ook in.

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Mon Feb 04, 2013 10:05 pm
by BRNO (Pierre)
jaracal wrote:ek sien die forum wys wie is op per board. Indien jy na board index gaan wys dit wie is op die totale forum, so jy is nie heeltemal alleen nie :)
Dankie. Skielik voel ek beter. Sterkte, en lekker aand!

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Tue Feb 05, 2013 6:17 am
by smitjs
jaracal wrote:
Chris Swart wrote:Ek mis die "View replies to your posts" shortcut.
Was lekker maklik om te sien of daar nuwe posts is
Indien jy op board index click sien jy net onder die board index die volgende:
View unanswered posts • View unread posts • View new posts • View active topics
Click op die afdeling wat jy dan wil sien.
Nee, jammer, sien niks van die aard nie.
Groete
Johan Smit

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Tue Feb 05, 2013 7:13 am
by Geno
smitjs wrote: Nee, jammer, sien niks van die aard nie.
Groete
Johan Smit

Kyk na die omringde gedeeltes.
Klik hier:
Image

Dit vat jou terug na die hoof skerm van die forum. Kyk dan hier na die gepasde opsie.
Image

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Tue Feb 05, 2013 7:47 am
by PWV
Chris Swart wrote:Ek mis die "View replies to your posts" shortcut.
Was lekker maklik om te sien of daar nuwe posts is
Ek soek ook "View replies to your posts". Dit maak die Forum baie verbruikersvriendelik.
Is dit dalk daar, maar ek is te onnosel om dit te kry???

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Tue Feb 05, 2013 7:58 am
by Eugene
jaracal wrote:Die nuwe "software" gee ons meer vryheid om die forum te verander na ons smaak met kleure, logo's en 'n paar ander opsies.
Dit is maar vir ons almal bietjie vreemd maar dink ek ons sal lekker saam loop en groei.
Groete
Heinrich
Dankie vir jou moeite! :) Oor twee weke het almal die veranderinge baasgeraak en is die kaap weer hollands! ;)

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Tue Feb 05, 2013 8:03 am
by Geno
"VIEW REPLYS TO YOUR POSTS"

STAP 1:
KLIK HIER:
Image

STAP 2:
As die icons aan linkerkant swart is, is daar nie replies op daai post nie.
As die icons rooi is, soos die een wat ek in rooi omring het, is daar replies.
Image

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Tue Feb 05, 2013 8:09 am
by Kalahari
Dankie Geno, ek kon nog nie daai een met die rooi en swart uitfigure nie :-[

Het ook my ou forum se "view reply's to your post" gesoek. Maar so leer ons.

Re: Nuwe Voorkoms

Posted: Tue Feb 05, 2013 8:14 am
by Chevvy SS
Waar is "delete all read?