ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

rednat

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by rednat »

Projag
Jou slimkind.
So laat jy die kat uit die sak. Wou h? die manne moes nog eers 'n bietjie mekaar weerspreek en reghelp.
Al die argumente oor die saak is altyd interressant.
Ja dit is beslis 'n baie mooi CAPE GUN -- geluk met jou aanwins Mountainman.
rednat

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by rednat »

Hierdie Flintlock Bojaanboud is seker van die laastes wat gemaak is. 'n identiese voorbeeld kan gesien word in die boek  DIE KAAPSE GEWEERSMID.
Het ook ene maar net met koper beslag en snellerbeuel.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by Freek »

Goeie genade tjerels maar lyk my ek het omtrend uit gemis die afgelope tyd. Aan almal wat insette en bydraes gelewer het rondom die ou Sauer, dankie dit word opreg waardeer. Ek sal met shrooooooot versigtigheid verder beplan en beweeg hoe nader ons aan die restaurasie datum beweeg. Ek het die 577/450 MARTINI patroon in die roer probeer pas, hy wil nie... So lyk my julle is reg oor die 10.8mm, nou kom die groot soek na doppe en "mould" - hopelik kan 'n man reg kom met LYMAN of RCBS wat die "mould" aan betref.

Ou swaer het 'n regte meesterstuk daar beet, julle moet voel hoe le daai ou sanna aan. As jy hom so van naderby bekyk dan lyk dit nogal of die skietery met die ou "girl" 'n ongemaklike afere kan wees. Die loop lyk heeltemal te lank en die kolf te kort, maar ou boeta as jy vir haar optel en daai bojaan boud kom rus hier in die waai van jou skouer dan suig daai sights vas op dit waarna jy mik en hulle bly daar - "rock steady". Selfs 'n klein outjie soos ek hou daai GROOOOT geweer gemaklik vas... ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by Freek »

Ek neem notas... Fire form :o
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by Mountainman »

Pro,
Nou het ook geleer, ek was altyd onder die indruk dat net die dubbels "Capeguns" was. Spesifiek die wat koeel en hael saam was. Maar soos hulle se 'n mens is nooit te oud om te leer nie.  ;)


Freek, bel OPM Ammunition by 083-438-8677 hulle sal jou moontlik kan help met doppe.
Last edited by Mountainman on Thu Feb 19, 2009 12:12 pm, edited 1 time in total.
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by JACQUES BOTHA »

MM:
EK HET NOG SDTEEDS DIE SIENSING DAT CAPE GUN SHATTERGUN,KOEL KOMBO IS...
EK SOEK NOG NA DIE RES...LOL
H5414 Rifle/shotgun comination pinfire, [Cape Gun], Belgium c. 1870 (OF). Double barrelled percussion Gun, - one barrel grooved - one round (SB).

A combination gun is a shoulder-held sporting firearm that comprises at least two barrels, a rifle barrel and a shotgun barrel, often but not always in an over and under configuration; side-by-side variations are known as cape guns.

A cape gun is a side-by-side version of a combination gun, and is typically European. German and Austrian cape guns have the rifle barrel on the right side and it is fired by the front trigger. The front trigger is usually a set trigger as well. British versions of this firearm position the rifle barrel on the left. These were at one time popular in southern Africa where a wide variety of game could be encountered. A combination such as the .450-577 British service cartridge and a 12 gauge shotgun was common.
The German and Austrian versions are commonly chambered in 9.3x72R and 16ga, although they were chambered in a wide variety of rifle and shotgun cartridges. They may be encountered in muzzleloading, pinfire, exposed hammer, and hammerless designs.
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by JACQUES BOTHA »

PROJAG:
DIS MOS HOE MENS IEMAND REG HELP..
Baie Dankie nou vertsaan ek ook ietsie  meer van die roere...
Ek  moes dalk net oorgetap het en in die biblioteek gaan skouers skuur het met die slim boeke en nie myself op internet aleen laat lei het nie..
Nou kan jy  nog net in afrikaans sidelock en boxlock verduidelik...
ek sou net 4 uit 10 gekry het vir die toets...lol ....omdat ek nie brits versigtig ge oeg gelees het nie, en ook nie afrikaans soms mooi verstaan nie...
Dankie nogmaals.....
Shoot straight and tell the truth!
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by johan »

Projag
Waarom is daai Omie van my so skaars?
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by Mountainman »

Freek,
Hier is 'n bietjie info oor jou 10.8 en sommer ook oor die .577 Snider.
Ek het die inligting in die nuutste Cartridges of the World gekry.
Daar is nie veel oor die 10.8 nie, dit was nie 'n baie bekende kaliber nie.

Image

Image
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by Mountainman »

Freek,
Ek verstaan jy kan moontlik by Otto van OPM reg kom met doppe en ammo?
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
tafjak

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by tafjak »

Projag

10de edition

Taffie
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by Freek »

Dankie Michiel! Goeie inligting wat hier kom uitstort. Dit is verbasend hoe min inligting (herlaai en balistieke data) beskikbaar is vir die 10.8 x 47Rmm. Ek kry half en half die indruk dat hierdie kaliber nie baie populer was tydens sy debuut nie. Moontlik was hy heeltemal oorskadu deur die 577/450 Martini Henry.

Die Duitse vuurwapen versamelaars vereeniging het my so bietjie terug voer gegee:

"Your Sauer is a Buechsflinte (in German), a side by side shotgun / rifle combination, or more commonly known as a "Cape Gun" here in the U.S. It is a Model 3, made in 1913 or '14, and is in 16 gauge (2 1/2" chamber - 'short chamber') and 11mm Mauser rifle caliber. It has the Greener crossbolting system that makes it stronger than the Model 2 that proceeded it without the crossbolt."

Ek het met Otto van OPM gesels, hy kan doppe bou vir die roer so die probleem is op gelos. Blykbaar het hy 'n verskydenheid moulds in voorraad vir punte en kan ook help met herlaai matryse. Moet nou nog net die liksens uitsorteer dan kon 'n man begin speel... ;D
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
rednat

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by rednat »

Hierdie ou goed kan interressant wees n?. Pasop dat die gogga jou byt.
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by Mountainman »

Red,
My probleme sal ook binne kort begin - ek het ook 'n dubbel Kaapse geweer - No 2 Musket en 12g met damaskus loope.

Ek wil wel eers die Rawbone uitsort en weer skietbaar kry dan is dit my volgende projek.
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by Mountainman »

Dankie Pro,
Ja ek wou nog twee of drie koop, maar sekere manne op die site s? ek is gready en moet vir die ander manne ook oor los.  ;)  :D

Nee, wat ek trek net been, ek hoop ek sal voorentoe weer geleendheid kry om nog so oorspronklike geweer te kan raak loop.
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
rednat

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by rednat »

Image
Mountainman,
'n Pinfire Cape Gun: 577 penslagkoe?l/16boor penslaghael S/S met wegswaai leweroopknakaksie onder snellerbeuel. Die oorgang vanaf die voorlaaier en die papierpatroon agterlaaier na die senterslag patroon geweer. Die kepies aan die voorkant en bokant van die patroonkamers is waar die patroondop se slagpen indruk vir die hamer om op te slaan.
Die volle lengte van die loop het 'n soliede Rib afgemerk in duime vir die meet van trofe?.
Baie skaars.
Beide lope in muntkondisie.
Vuurwapen in perfekte werkende toestand.
Last edited by rednat on Fri Feb 27, 2009 6:42 pm, edited 1 time in total.
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by johan »

Rednat
Waardevolle geweer daai,skiet jy darem met hom?
Iets is net waardevol as mens dit gebruik ;D
Ek sal wat wou gee vir n L & R met daai stukkie geskiedenis
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by Christo »

Rednat

Jy het darem seker 'n "dresscode" om aan te voldoen voor jy met iets so besonders gaan skiet. Dit is voorwaar 'n pragstuk. Baie mooi.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
rednat

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by rednat »

Christo, Johan
Nog nie met haar geskiet nie.
Patrone moet spesiaal gemaak word.
Het van die oorspronklike patrone maar die verkoop tans op internasionale veilings vir so 40$ 'n koe?lpatroon. So ek hou maar my lus eers in.
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by johan »

Projag

Nee jong seg bietjie vir daai Omie van my ek het daai Witbek dringend nodig,ek het nou pas twee "studente" opgelei in die kuns van olifantjag ;D......probleem is my olifantroer druk my manne net een en n half tree terug.....ek vermoed daai Witbek sal hulle op hul plek sit met n drie tree terugskop ;D
As ons nou sy Witbek agtponder langs my Livick agtponder plaas,kan ons sommer die manne teen n tempo oplei :o.....na elke skoot moet hulle drie tree vorentoe draf.

Watse naam staan op die slot gegraveer? 
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by raychell »

Daai duim maatband tussen die lope is dalk eerder om te meet hoe v?r die roer jou laat terugskuif as om troefee lengte mee te meet.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by johan »

Raynie

Ek verstaan jy gaan die volgende "student" wees saam met Dr J-Call & Sir.....julle is blykbaar geboek vir n gevorderde olifantjag kursus.... ;D......?

.720  1000gr.......beginner kursus
8ponder  1700gr..........gevorderde kursus

Sir is natuurlik die voorvatter ;D ;D
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by raychell »

Ek het dieselfde ding gehoor en wil net graag bywees as daai ding gelaai word,ek hoor jy meet die kruit met 'n melkbeker!!!
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
rednat

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by rednat »

Projag
Watse trofee of horing word so gemeet by die kampvuur. Klink of dit laat in die aand kan wees
Ambessa

Re: ERFGOED, MOOIGOED, SWARTKRUIT, LOODGOOIERS

Post by Ambessa »

Hallo daar

Is dit meetbaar....

Ambessa
Post Reply