Page 3 of 4

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Thu Dec 13, 2012 8:24 pm
by bengogga
Piet-skiet,

Ha ha,  ja- nee jy skuld my. Ek't geweet as jy my avaitar lees gaan jy baie ''memories'' h?!!

Ek weet jy kan 'n grap vat en uitdeel, so jy kan (as jy wil) die storie met die res van die groep deel?

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Thu Dec 13, 2012 9:17 pm
by Arnold
Sal graag bietjie op 1000m wil skiet en raak skiet.

Ek sal graag in 2013 weer wil gaan jag, anders as 2012.

Hopelik kry ek weer n permanente werk.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Thu Dec 13, 2012 9:50 pm
by Piet Breedt
My wens vir die jaar is om weereens geseend te wees met gesondheid, liefde en vriendskap. Dat ons, ons passie kan uitleef en ook ons se?ninge kan geniet wat so muldelik vir ons gegee word. Dat ons vriendskappe net hegter sal word, en ons raakskote meer. Dat die vis sal byt as ek by die viswaters is, en dat ons geseend sal wees om dit alles te kan bekostig.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 6:12 am
by Frederik
Piet Breedt wrote: My wens vir die jaar is om weereens geseend te wees met gesondheid, liefde en vriendskap. Dat ons, ons passie kan uitleef en ook ons se?ninge kan geniet wat so muldelik vir ons gegee word. Dat ons vriendskappe net hegter sal word, en ons raakskote meer. Dat die vis sal byt as ek by die viswaters is, en dat ons geseend sal wees om dit alles te kan bekostig.
+1  ;D

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 8:03 am
by Eugene
Frederik wrote: Eugene, as jy nou so paar Jaracal manne uitgenooi het om lyn nat te maak deur die jaar sou dit baie maklik gewees het. Ek se maar net  ;D ;D ;D
Jy bedoel nou dieselfde ouens wat 'n topic oopgemaak het op 'n openbare forum om te besluit of ek skuldig is aan afloerdery of nie?  ??? ??? ???

Wat is die kanse wat ek enige van julle saamvat viswater of jagveld toe? Julle sal mos al 'n man se ongelukkies uitbasuim aan die hele wereld.... :o :o :o

:angel: :angel: :angel:

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 8:09 am
by BRNO (Pierre)
Eugene wrote:

Dus erken jy nou hier dat daar wel reeds n paar ongelukkies plaas gevind het :police:

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 8:14 am
by BRNO (Pierre)
My wenslysie vir 2013 sal ek reken soos volg lyk:

1. Ek wens verseker Marc se wens word waar.
2. Ek wil baie graag hierdie jaar n mooi koedoe bul skiet. Nie noodwendig RW nie, net n mooi bul.
3. Dit sal vir my lekker wees as my vrou die jaar n rooibokram kan skiet, en my seun n tarentaal.
4. Gesondheid, gesondheid en gesondheid.
5. Mag geloof, hoop en liefde hierdie aarde oortrek soos nooit tevore
6. Mag my besigheid geseend wees om die wonderlike lewe wat ons in RSA geniet kan bekostig.
7. Mag die Bulle die bekers een vir een die jaar weer huis toe bring waar hulle hoort.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 8:56 am
by Trevor
Pierre, jou wenslys is baie mooi maar no7 pas nou glad nie by dit nie. ;)

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 8:58 am
by Geno
Ek vra nie baie nie. net so paar goedjies....

1) Laat almal se drome waar word, behalwe Pierre se droom oor die Bulle, mag daai een maar 'n droom bly ;)
2) Dat my pa 'n elandbul kan skiet. Sommer 'n duk blou een!
3) Dat ek 'n beter jakkalsjagter kan word, en meer tyd in die veld kan spandeer.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 9:19 am
by Eugene
Geno wrote: Ek vra nie baie nie. net so paar goedjies....

1) Laat almal se drome waar word, behalwe Pierre se droom oor die Bulle, mag daai een maar 'n droom bly ;)
2) Dat my pa 'n elandbul kan skiet. Sommer 'n duk blou een!
3) Dat ek 'n beter jakkalsjagter kan word, en meer tyd in die veld kan spandeer.
Sorry Pierre, maar ek kan nie meer met Geno saamstem nie!  ;)

Die Vodacom Beker en Curriebeker is reeds waar hulle hoort, volgende jaar net die Super 15 beker by daai tweetjies voeg, dan sal een van my drome waar geword het!  ;D ;D ;D

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 9:25 am
by Geno
Nee ou bul. Ek jag deesdae 2-4 aande per maand max. Kort nog bietjie!

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 9:45 am
by THOMAST
Om tent op te slaan in die veld en saans langs 'n vuurtjie te sit met 'n blik beker koffie.
As daar 'n bok voor my visiere inloop is dit 'n bonus.
Geseende jaar vorentoe vir almal!

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 10:59 am
by Jacques Kotze
My tweede wens vandag is om genoeg geld te kan bymekaar skraap vir my nuutste byvoeging.... 'n 243 wat hopelik Januarie bestel kan word.

My grootste wens vandag is... om nog in hierdie week hopelik gekontak te word om te hoor of ek 'n oorplasing na die Kruger Wildtuin gekry het om hopelik daar te gaan werk vir die res van my lewe.

Daarna kom geluk en liefde en 'n liefdevolle en bla bla bla bla... Dit klink so idillies...

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 12:35 pm
by Marc
BRNO .06 (Pierre) wrote: My wenslysie vir 2013 sal ek reken soos volg lyk:

1. Ek wens verseker Marc se wens word waar.
2. Ek wil baie graag hierdie jaar n mooi koedoe bul skiet. Nie noodwendig RW nie, net n mooi bul.
3. Dit sal vir my lekker wees as my vrou die jaar n rooibokram kan skiet, en my seun n tarentaal.
4. Gesondheid, gesondheid en gesondheid.
5. Mag geloof, hoop en liefde hierdie aarde oortrek soos nooit tevore
6. Mag my besigheid geseend wees om die wonderlike lewe wat ons in RSA geniet kan bekostig.
7. Mag die Bulle die bekers een vir een die jaar weer huis toe bring waar hulle hoort.
Wat lees ek hier, dog die forum blok deesdae vloek woorde automaties uit, Oom Hein julle sal moet kyk hier is fout iewers  :police:
Piet-Skiet wrote: Ek laaik thomast se attitude.
Ek ook  8)

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 1:17 pm
by PITSMIT
ek wil by wees as valkie vlgd jaar sy eerste kudu bul plattrek    dit sal die grootste dag in ons 2 se jagloopbaan saam wees  dis sy droom bok om te skiet en ek dink na wat hy alles al geskiet het en sy betrokkenheid as jnr lid by SA Jagters verdien hy om een te skiet  hy het sy vlerkies gekry die jaar so vlgd jaar mag hy saam hoog vlieg as dit ons beskore is

dan wens ek vir minder blou o? as ek en my vrou baklei want sy slaan hard hahahaha ;D ;D ;D as ons so baie geld op die baan wegskiet en baie gaan jag ek en valkie

dan net goeie wense en ervaringe vir almal op jaracal

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 2:07 pm
by bengogga
Nog 'n jaggeweer.

Maar wat koop jy as jy 'n 243, 270, 30-06, en 9,3 het???

Het iemand raad vir my?

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 2:35 pm
by Frederik
bengogga wrote: Nog 'n jaggeweer.

Maar wat koop jy as jy 'n 243, 270, 30-06, en 9,3 het???

Het iemand raad vir my?
.22 om mee te speel en iets soos ,n 416, 458 om mee rondgestamp te word.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Dec 14, 2012 2:45 pm
by VdWalt
bengogga wrote: Nog 'n jaggeweer.

Maar wat koop jy as jy 'n 243, 270, 30-06, en 9,3 het???

Het iemand raad vir my?
'n 6.5x55 maar dan gaan die res in die kluis staan en roes ....  ;D

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sat Dec 15, 2012 8:59 am
by Chris Swart
VdWalt wrote: 'n 6.5x55 maar dan gaan die res in die kluis staan en roes ....  ;D
.404
.416
.458

Die lys kan lank wees...

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sat Dec 15, 2012 12:39 pm
by Hilux01
Sjoe my lysie is ook lank maar reken ek moet net realisities wees

2012 het ek darem 4 nuwe jagters vergesels met hulle eerste bokke - dit is altyd pret om ouens so bietjie tou wys te maak en die opgewondenheid te sien as daai bok le

2013 is daar reeds 2 trippies bespreek - dalk nog uitstappie of twee in werk
Soek n lekker groot bosvark die jaar
Groot bwb
beide natuurlik met my nuwe 9.3 kan nie wag dat hy sy eerstebloed trek nie

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Dec 16, 2012 3:30 pm
by Piet Pille
bengogga wrote: Nog 'n jaggeweer.

Maar wat koop jy as jy 'n 243, 270, 30-06, en 9,3 het???

Het iemand raad vir my?
'n pistool/revolver, 'n haelgeweer en 'n kettie.. ;)

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Mon Dec 17, 2012 10:08 pm
by bengogga
dankie vir die raad manne.

Moet se die 6.5 x 55 het my oog gevang. CZ full-stock.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Mon Dec 17, 2012 10:14 pm
by bengogga
Is dit nie deesdae moeilik om .22 lisensie te kry nie?

Ek weet in die verlede was dit, tensy jy 'n plaas het en jakkalse en slange skiet?

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Tue Dec 18, 2012 9:29 am
by Hilux01
Bengogga,

Ek het my .22lr aansoek ingegee en behalwe dat hy amper 3 maande by my plaaslike polisie gele het het hy slegs 2 maande geneem nadat hy by provinsie ingehandig is
No questions asked, ek bly in die dorp en het dit motiveer as n wapen om mee te oefen soos Piet hierbo noem, my toegewyde jagter status glo ek het ook gehelp

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Tue Dec 18, 2012 10:13 pm
by bengogga
Dankie hilux en piet-skiet, ja mens moet 'n oefen geweer he.

Het my eerste 2 bokke met .22 geskiet. 2 bosbokke.

22 hornet is ook lekker, het baie bokke met dit geskiet. Lyk my deesdae min mense het 'n hornet?