Skiet kursus.

A place to advertise or mention a course/ Die plek om jou kursusse te adverteer of bekend te stel
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Jean Marais »

Dags? aan almal

Lekker koud vanoggend, maar gelukkig klop die hart darem warm.

Ek dateer graag my bywoning op met die name van die manne wat saam met my kom:

1Peet van der Walt
2 Louis Nel
3 Corne Scheepers
4Ronald Kopskoot
5Louwrens Nel
6Michiel
7Jacques222
8Martinf
9nyati375
10Jean
11Pieter Coetzer (Jean) moet nog bevestig
12TG Schoonraad (Jean) moet nog bevestig
13Kobus
14Jan JP
15Christo Beer
16Dada van der Merwe (Jean) Moet nog bevestig
17John Rauch (Jean) Moet nog bevestig
18
19
20

Ek wil ook graag verneem wat die kostes gaan wees, en waar ons moet betaal, of sal dit sommer op die Saterdag plaasvind?

Sien baie uit hierna, en weereens baie dankie vir al die manne wat die reelings en admin hiervan hanteer.

Groot groetnis

Jean
Last edited by Jean Marais on Mon Jul 16, 2012 4:17 pm, edited 1 time in total.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Skiet kursus.

Post by Piet Breedt »

Kan julle asb so gaaf wees om die kursus gelde  te betaal op die volgende rekening, nie later as die 15de Augustus

PJ Breedt
Standard Bank Delmas
Spaar Rekening no: 123545714
Takkode: 052644

R1000.00 per volwasene en R500,00 per skoolgaande kind, maar as jy meer as een kind het, is hulle verniet.

Groete

Piet
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: Skiet kursus.

Post by BenG »

Piet,

Kan mens die cd koop sonder om die kurses by te woon?
Weihrach HW97K
.22 Brno
Beretta A300
308 Howa 1500 Varmint
6.5 x 55 Howa (wag vir SAP)
9mm Glock 17
Roni....
User avatar
LN (Louis)
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm

Re: Skiet kursus.

Post by LN (Louis) »

Piet,

Ek wil net bevestig. Die eerste kind betaal R500 en daarna is dit verniet? Van watter ouderdom sal jy toelaat?

Groete,
Louis
Louis.
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Skiet kursus.

Post by Piet Breedt »

BenG, jy kan hom by my bestel, maar ek sal dit ten sterkste aanraai om die kursus by te woon waar ek baie dinge demonstreer wat nie op die CD moontlik is nie

LN. jy moet maar self besluit hoe groot jou kind moet wees om hierdie redelik tegniese kursus by te woon. Ek self sal reken vanaf minimum so 12 jaar.
User avatar
Louwrens Nel
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Tue Jun 21, 2011 7:34 am

Re: Skiet kursus.

Post by Louwrens Nel »

Dankie vir die bankbesonderhede. Sal solank die betaling doen. Is daar al besluit waar dit gaan plaasvind?
243 Zastava,308 Mauser, 3006 Mannlicher, 6 x 55 Custom build, 375 Ruger Alaskan
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Skiet kursus.

Post by martinf »

Ok, my betaling is gedoen. Kan julle dalk bevestig sodra julle dit ontvang het. Kan bewys email as julle dit verlang.

Sien baie uit.
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Skiet kursus.

Post by Piet Breedt »

Die kursus gaan naby Delmas op die Bronkhorstspruit pad plaasvind. Die plaas het n groterige berg waar ons teen enige hoek van die wind kan skiet, en ook lekker afstand skat kan oefen.

Dankie vir die wat alreeds betaal het.
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Beer (Christo) »

Piet Breedt wrote: Hier is wat elkeen moet saambring.

Elbow protectors
Hallo Piet

Waar sal ek sulke goed kry of watse maak?

Dankie

Christo
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Skiet kursus.

Post by Piet Breedt »

Beer, ek het myne al baie jare lank, en weet regtig nie waar mens nog van hulle kan kry. Probeer maar hoor by die geweer winkels. Myne is sulke padded leer met leer strikkies.

As jy nie het nie, sal n dikkerige baadjie ook help.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Geno »

Beer wrote:
Piet Breedt wrote: Hier is wat elkeen moet saambring.

Elbow protectors
Hallo Piet

Waar sal ek sulke goed kry of watse maak?

Dankie

Christo
Kyk by groot sportwinkels vir die elbow guards wat stoeiers gebruik. Ek het al paar manne gesien wat met dit skiet.
Goed, beter, 6millimeter!
immelmanw

Re: Skiet kursus.

Post by immelmanw »

Geno wrote:
Beer wrote:
Piet Breedt wrote: Hier is wat elkeen moet saambring.

Elbow protectors
Hallo Piet

Waar sal ek sulke goed kry of watse maak?

Dankie

Christo
Kyk by groot sportwinkels vir die elbow guards wat stoeiers gebruik. Ek het al paar manne gesien wat met dit skiet.
Jy kan ook by die skateboard shops kyk
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Beer (Christo) »

immelmanw wrote:
Geno wrote:
Beer wrote: Hallo Piet

Waar sal ek sulke goed kry of watse maak?

Dankie

Christo
Kyk by groot sportwinkels vir die elbow guards wat stoeiers gebruik. Ek het al paar manne gesien wat met dit skiet.
Jy kan ook by die skateboard shops kyk
Dankie menere, sal gaan soek
foxbat25
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Tue Sep 22, 2009 6:43 pm

Re: Skiet kursus.

Post by foxbat25 »

Ons betaling is gedoen, gaan vandag elbow pads soek.  Kan nie wag vir die een nie.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Pvdw »

Manne ek sien de betalings kom nou mooi deur. Baie dankie daarvoor.

Ek glo dat dit 'n lekker maar leersame een gaan wees vir almal wat dit bywoon 8) 8)

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Skiet kursus.

Post by Piet Breedt »

Baie dankie manne.

Hier is die pad aanduidings:

Die skiet kursus gaan op die plaas van oom Jan Moolman net buite Delmas plaasvind

As jy vanaf JHB kom, ry op die N12 rigting Witbank (Emalhahleni) en draai by die 2de Delmas afrit, R42 links. Ry 2,1km en draai by grondpad regs. Volg die pad tot jy oor n spruit gaan(+ - 2km), en draai dadelik links. Volg die aanwysers vir sowat 300m.

As jy vanaf PTA kom, ry op die Delmas pad vanaf Rigel laan afrit(R50), oor Babsfontein, reguit na Delmas. Wanneer jy sowat 10km voor Delmas by die N12 kom, draai links in die rigting van Witbank (Emalhahleni) en ry sowat 5,7 km tot by die volgende afrit wat s?, Delmas R42, draai links. Ry 2,1km en draai by grondpad regs. Volg die pad tot jy oor n spruit gaan(+ - 2km), en draai dadelik links. Volg die aanwysers vir sowat 300m.

Ek sal later GPS koordinate opsit
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Jean Marais »

Hallo daar Piet

Ek is bly om te kan s? dat al my gaste/vriende aangedui het hulle sal bywoon, dus bevestig ek die volgende manne:

Jean Marais
Pieter Coetzer
Dada van der Merwe
TG Schoonraad
John Rauch

Ons sal die gelde binnekort oorbetaal.

Groete, en ons sien baie uit na die dag.

Jean
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Skiet kursus.

Post by Piet Breedt »

Dankie vir al jou moeite Jean
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Pvdw »

Dankie Jean, jy het die kursus sommer 'n lekker hupstoot gegee so op jou eie 8) 8) 8)

Ek sien Piet het reeds die aanwysings hier geplaas so die dinge begin nou na 'n kant toe te staan.

Wat die eet en drink aan betref gaan daar rondom die middig so 'n breuk wees. Bring sommer iets saam wat al tuis voorberei is. Ons eet dan sommer so uit die TUPPER bak uit.

Na die kursus is daar egter 'n braai. Manne asb. re?l julle dinge so met mamma dat julle tog saam met die ander manne 'n vleisie op die rooster kan sit. As tyd nou regtig druk sal ek self die vuur so effe vroe?r gaan maak sodat ons direk na die skiet kan braai. Dis tog langs daai vuur waar baie inligting so gemaklik uitgedeel word.(dis amper soos 'n gratis kursus na die kursus 8) )

Peet
Work to live, don"t live to work
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Skiet kursus.

Post by Stefan764 »

Pvdw wrote:
Na die kursus is daar egter 'n braai. Manne asb. re?l julle dinge so met mamma dat julle tog saam met die ander manne 'n vleisie op die rooster kan sit. As tyd nou regtig druk sal ek self die vuur so effe vroe?r gaan maak sodat ons direk na die skiet kan braai. Dis tog langs daai vuur waar baie inligting so gemaklik uitgedeel word.(dis amper soos 'n gratis kursus na die kursus 8) )
En oom Piet se kursusse het mos so die geneigtheid om die GROOT tips so om die vuur te laat val na n "Kabamba-Floorsie" ot twee  ;D

Of hoe praat ek nou Geno  8)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Skiet kursus.

Post by Stefan764 »

Hier is n kaart met GPS koordinate van waar die skietkursus gehou word

[img width=560 height=391]https://dl.dropbox.com/u/55333818/pietsafari.png[/img]
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Skiet kursus.

Post by Stefan764 »

Click net op die foto dan word hy so bietjie groter...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Pvdw »

Stefan gaan jy kom draai by die kursus dan verduidelik jy sommer daai "Kabamba-Floorsie" vir ons 8) 8)

Peet
Last edited by Pvdw on Sun Aug 12, 2012 11:11 am, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Skiet kursus.

Post by Stefan764 »

Pvdw wrote: Stefan gaan jy kom draai by die kursus dan verduidelik jy sommer daai "Kabamba-Floorsie" vir ons 8) 8)

Peet
Ou Peetman

Ek bly weg van dai goed, hulle maak my wil DANS en dan maak ek str@nt  ;D ;D Ons manne het met die visvang n Rum en Coke n Kabamba Floors genoem, swarterig onder met so wit kop  ;D

Ek is ongelukkig die naweek van die skietkursus vas en ek kan net nie daar uitkon mie... Eks baie spyt ek kan dit nie maak nie.

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Spanner »

Piet, hoop nie ek is te laat nie, ek het nou eers uitgevind dat ek wel beskikbaar gaan wees vir die skietkursus saterdag.  ;D  My vorige reelings is so pas gekanselleer en ek het dus dadelik my geldjies vir jou inbetaal.    Ek bevestig dus my bywoning.  Sien uit na die storie.

Spanner
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Post Reply