Page 3 of 3

Re: Waar mik ek?

Posted: Wed May 23, 2012 10:02 am
by Dawie
303

Die aarde se omwenteling maw Coriolis en Spindrift speel 'n groter rol in die Noordelike halfrond as met 'n regsom twist geskiet word,  die twee word bymekaargetel.  Hier by ons die Suidelike halfrond werk die 2 teenmekaar met 'n regsom twist.

Corilis speel ook net 'n rol waar Noord Suid of Suid Noord geskiet word en nader na die pole toe waar die aarderadius om sy as verandering ter sprake is tussen teiken en skieter. 

Hier's 'n link om spindrift uit te werk...  http://www.jbmballistics.com/cgi-bin/jb ... ft-5.1.cgi

En 'n vet som op die page om coriolis uit te werk  http://minuteofangle.blogspot.com/p/spi ... ffect.html

Re: Waar mik ek?

Posted: Wed May 23, 2012 10:17 am
by LUAN
Ja dis wat ek bedoel man, mik agter hom of voor jy by die teiken is.

Re: Waar mik ek?

Posted: Wed May 23, 2012 10:21 am
by LUAN
As jy in praktyk kyk hoe ver dit is op 150m bv van jou laaste mildot na die teiken dan kan jy sekerlik 4m weg mik

Re: Waar mik ek?

Posted: Wed May 23, 2012 10:46 am
by Louis102
Dawie wrote: ... S? die geweer se kroon is 1.5m vannaf draaipunt ...
So, as ons dan wil hare kloof, sal ek meer moet afmik met 'n korter loop, as met 'n langer loop, as al die ander goeters konstant bly?  En as ons presies bo-oor die noordpool skiet, volg die koeel 'n zig-zag - koeelbaan?

Re: Waar mik ek?

Posted: Wed May 23, 2012 12:07 pm
by Dawie
Louis102 wrote:
Dawie wrote: ... S? die geweer se kroon is 1.5m vannaf draaipunt ...
So, as ons dan wil hare kloof, sal ek meer moet afmik met 'n korter loop, as met 'n langer loop, as al die ander goeters konstant bly?  En as ons presies bo-oor die noordpool skiet, volg die koeel 'n zig-zag - koeelbaan?
Ja, dis 'n fyn haar,  en NEE....

As jy na die pool(draaipunt) skiet versnel hy in die rigting van rotasie en as hy oor is en weg beweeg vannaf die pool vertraag hy,  so hy sal aanhou met dieselfde rigting uitwyk...nou lekker deurmekaar gewees

Noordelike halfrond wyk die ko?l na Regs maak nie saak of jy Noord of Suid of oor die Pool skiet nie.

Suidelike halfrond wyk hy uit na links.

Re: Waar mik ek?

Posted: Thu May 24, 2012 9:35 pm
by Kockp1
Nie baie ver nie want as jy NA hom begin mik is dit waarskynlik nie 'n bok nie en dan is dit ook te laat.

LOL