Re: Vreemde jagters
Posted: Wed Mar 27, 2013 10:08 am
My siening is as jy duidelik gekwesde dier sien, skiet dit en klaar, daai bok moet lê. Dan is dit die verantwoordelikheid van die "kwester" om te betaal en die vleis te vat.smitjs wrote:Laat ons hoor wat is die opinies omtrent kwesbokke.
My opinie is dat die plig is van enigeen wat 'n kwesbok sien om die bok neer te sit indien moontlik.
Dan het die een wat die bok neergesit het, die eerste keuse om die bok te koop of nie, daar is geen verpligting nie.
Indien bekend wie, is die een wie die bok gekwes het, verantwoordelik vir die koste van die bok tensy die een wat die bok neergesit het, dit koop.
Hierdie situasie het al warm argumente uitgelok.