Page 20 of 50

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Feb 18, 2022 7:06 am
by Pierre1
ruaanb wrote: Fri Feb 18, 2022 5:35 am My broer het middel Nov ingedien en gister sms gekry dit is goedgekeur.

Ek sal maar weer by dfo moet gaan kuier want my aansoek nie op stelsel nie….9 maande later
More,

Ek het 4 Jan 2022 'n aansoek om "further competency" ingehandig. Tans lê aansoek by CFR and in process - send to competency section. Ek sal maar sien hoe lank dit vat siende dat ons aansoeke vanaf Wellington eers Kaap/Bellville toe gestuur word voor dit Pretoria toe gaan....

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Feb 18, 2022 7:43 am
by OosKaapJagter
My seun het gister sy aansoek ingedien vir sy eerste vuurwapen;'n artikel 16 pistool. Ons sal maar sien hoe lank vat dit.

Gelukkig sal hierdie die eerste keer wees wat ek nie gefrustreerd gaan raak nie. Die wapen lê reeds in my kluis.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Feb 18, 2022 8:02 am
by cassie_calvinia
LouisR wrote: Thu Feb 17, 2022 8:55 pm 8 Sept 2021 nuwe aansoek ingehandig, vandag sms gekry dis goedgekeur. Bietjie meer as 5mnde. Nou wag vir die kaartjie
dis so nie reg! ek het 6 dae voor jou ingegee :-[

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Feb 18, 2022 3:44 pm
by PaulM
OosKaapJagter wrote: Fri Feb 18, 2022 7:43 am My seun het gister sy aansoek ingedien vir sy eerste vuurwapen;'n artikel 16 pistool. Ons sal maar sien hoe lank vat dit.

Gelukkig sal hierdie die eerste keer wees wat ek nie gefrustreerd gaan raak nie. Die wapen lê reeds in my kluis.
My seun se aansoek om bevoegdheid is ingehandig op 18 Januarie 2021. Ons staan nou op 396 dae!!
Laaste wat ek kon sien, was die boodskap "Completed at CRC (Feedback electronically)". Wat dit ookal mag beteken........

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Feb 18, 2022 4:05 pm
by Rudi Fischer
PaulM wrote:
OosKaapJagter wrote: Fri Feb 18, 2022 7:43 am My seun het gister sy aansoek ingedien vir sy eerste vuurwapen;'n artikel 16 pistool. Ons sal maar sien hoe lank vat dit.

Gelukkig sal hierdie die eerste keer wees wat ek nie gefrustreerd gaan raak nie. Die wapen lê reeds in my kluis.
My seun se aansoek om bevoegdheid is ingehandig op 18 Januarie 2021. Ons staan nou op 396 dae!!
Laaste wat ek kon sien, was die boodskap "Completed at CRC (Feedback electronically)". Wat dit ookal mag beteken........
Daai klink nie goed nie.

Myne was gister goed gekeur na 125 werks dae.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Feb 21, 2022 9:22 am
by PWV
Ek het Dumbluck se raad gevolg en vir 'n horde amptenare boodskappe gestuur oor my hernuwingsaansoeke wat langer as 'n jaar en ses maande uitstaande is. Hierdie versoeke elke 2 weke herhaal. En toe kry ek dit vandag:

"The file of Mr PW Vorster was retrieved and the 3x firearms were issued."

Nou seker nog 'n maand voordat ek die kaartjies kry?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Feb 21, 2022 12:57 pm
by Yogi
Oom PWV, kan jy dalk die kontakbesonderhede met ons deel van daai amptenre?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Feb 21, 2022 4:56 pm
by PWV
Onderstaande is die adresse wat ek by Dumbluck gekry het.


complaintsnodalpoint@saps.gov.za,
kibidosibongile@saps.gov.za,
makapanes@saps.gov.za,
mangadis2@saps.gov.za,
cfr.enquiries2@saps.gov.za,
service@saps.gov.za,
complaints.invest@saps.gov.za,
bmbengo@parliament.gov.za,
ikinnes@parliament.gov.za,
fs.inspect.nodal@saps.gov.za,
busi.mazibuko@csp.gov.za,
firearms@saps.gov.za,
cfrenquiry@saps.gov.za

Ek het vir hulle almal dieselfde boodskap gestuur! Van hulle het toe op die betrokke amptenare afgeklim (in hierdie geval in Bellville), wat toe genoodsaak was om te reageer.

Hoop dit help!

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Feb 22, 2022 7:33 am
by PaulM
Dankie oom PW,

My seun gaan dadelik met hierdie spannetjie in kontak tree.

Geseënde dag vir almal.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 04, 2022 12:03 pm
by Fano
Nou Oom PWV se pad gevolg, sien ons pla tot in die parlement, hopelik werk dit. Aansoek ingehandig 16 Apr 2021 le al van 18 Oct by Consideration. Kan mos nie so lank vat om mens se mind op te maak nie!

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 04, 2022 1:25 pm
by simonsmal
Ek kan vir eens se ek is verras deur die SAPS, 56 werksdae vir my nuutste haelgeweer aansoek .. nou die kaartjie wag .. kon amper nie die spoed glo nie


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 04, 2022 3:38 pm
by finch
Compliantsnodalpoint is ongelukkig as mens hul insluit op epos, maar uit my beperkte ervarings met cfr moet mens eers mense ongelukkig maak voor daar iets met jou aansoek gebeur.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 04, 2022 10:39 pm
by JarkVark
Dagsê,

Ek het hierdie draad redelik dopgehou sedert ek my hernuwings en 1 nuwe aansoek ingedien het Junie 2021, net om myself geestelik voor te berei vir die lang wag.

My hernuwings, van aansoek indien tot kaartjie in die hand, het 140 werksdae gevat. Die nuwe aansoek se kaartjie in die week gaan optel - 168 werksdae. As ek dit vergelyk met van die nagmerries wat ek hier gelees het, grens my geval seker aan 'n wonderwerk.

Sterkte vir al die manne wat nog moet aansoek doen en die groot wag!

Sent from my SM-G780F using Tapatalk


Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sat Mar 05, 2022 4:50 pm
by Jan Nel
Eergister, na 160 dae (114 werksdae) is my AR15 lisensie goedgekeur... Nou wag ek vir die kaartjie

357 Rossi Lever Action wag ek al voor 397 dae (283 werksdae)...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sat Mar 05, 2022 6:30 pm
by Bennie Bester
Wat is gemiddelde tyd wat die kaartjies nou neem om uit te kom?
Groetnis
Bennie Bester

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sun Mar 06, 2022 1:41 pm
by tripodmvr
Ek het in Januarie 2 heraansoeke ingedien. Ek verskyn nog nie op die stelsel nie. Sal more my DFO kontak.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sun Mar 06, 2022 7:14 pm
by Fanta300
1610920B-399C-4C25-8A9E-B7A40DB66175.jpeg

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 11, 2022 9:23 am
by cassie_calvinia
Fanta300 wrote: Sun Mar 06, 2022 7:14 pm 1610920B-399C-4C25-8A9E-B7A40DB66175.jpeg
Vanoggend gesien myne is in vir oorweging!
kan seker afgekeur raak. maar kom ons hoop

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 15, 2022 6:58 am
by musgrave270
My vrou se handwapen lisensie hernuwing is laasjaar Junie maand ingehandig. So se die DFO die Bevoegdheid sertifikaat moet ook hernu word aangesien dit ook 5jaar is. Ek stry toe nie, handig hernuwings vir beide in. Begin van die jaar doen ek navraag oor die handwapen hernuwing aangesien daar geen beweging was sedert ons die aansoek ingedien het nie. DFO deel toe dat die bevoegdheid eers hernu moet word voordat die handwapen lisensie hernu kan word. Bevoegdheid is laasweek goedgekeur. Neem aan nou gaan ons weer 10maande wag vir die lisensie se hernuwing.

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk


Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 15, 2022 11:52 am
by PWV
musgrave270 wrote: Tue Mar 15, 2022 6:58 am My vrou se handwapen lisensie hernuwing is laasjaar Junie maand ingehandig. So se die DFO die Bevoegdheid sertifikaat moet ook hernu word aangesien dit ook 5jaar is. Ek stry toe nie, handig hernuwings vir beide in. Begin van die jaar doen ek navraag oor die handwapen hernuwing aangesien daar geen beweging was sedert ons die aansoek ingedien het nie. DFO deel toe dat die bevoegdheid eers hernu moet word voordat die handwapen lisensie hernu kan word. Bevoegdheid is laasweek goedgekeur. Neem aan nou gaan ons weer 10maande wag vir die lisensie se hernuwing.

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Serkte, musgrave!!! Stel voor jy begin lees aan die boek, Job, in die Bybel.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 15, 2022 1:01 pm
by Kolhasie
Presies 82 dae na ek my 300 se lesensie ingee het toe is hy aproved

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Mar 17, 2022 8:24 am
by cassie_calvinia
Na 98 dae kry ek toe goeie nuus!
glock en haelgeweer.
nou wag vir kaartjies

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 18, 2022 9:32 am
by Wouter Roets
More Manne

Ek wag ook vir n paar kaartjies. My DFO het die week deurgery om kaartjies te gaan haal, waar ek gehoop het myne deel van sal wees, net om met lee hande terug te kom en my mee te deel dat hy nie n enkele kaartjie kon kry nie. Nada, nul! Printer het seker weer nie ink nie of is seker weer nie ingeplug nie!

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 18, 2022 10:22 am
by cassie_calvinia
Dis sommer is swak reel.
as 'n mens uitpaseer, mag jy omiddelik bestuur, met 'n bewys van lisensie.
hoekom verskil dit met wapens?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 18, 2022 12:40 pm
by PWV
Cassie, jy moet vrede maak met die bewind. Toe IK in Afrika uitgedeel is, was net die moer oor!