2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post Reply
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by jankraay »

cassie_calvinia wrote:is so jankraai.
maar almal mis maar nou en dan.
Ek stem heeltemal saam. Ek is glad nie n pro nie en het ook al op die roeper gemis.

Probleem wat ons hier kry is dat daar n paar jong manne van die buurmanne is wat n naweek huistoe kom en dan die roeper uithaal.

Die 2 wat suksevol daar roep en skiet is maar ek en Jakoos Van Niekerk(baie goeie veldskiet skut) en ja daar is baaaaie jakke daar maar hulle is al bietjie slim gemaak.

Oor dit my swaer is vra ek niks nie so dis nie dat die manne brood en botter van die tafel afhaal nie maar hulle besef nie hoeveel skade hulle maak nie. Het vandag met Jakoos gepraat en ja ons sal saamwerk en mekaar op hoogte hou sodat ons nie die area oor roep nie.




Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by jankraay »

So terloops...hier is die roepe wat ek gebruik het. Ek het laas Woensdag aand n teef 50m van waar ek die reun geskiet het met dieselfde metode ingekry.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181018/84cfb625d01dc74a8b7627c3fbe75eb2.jpg

-Begin met Paljas Solo 1 en antwoord myself met Vlekkie 3a
- Wag 5-10min
-Klein Vlakhaas(Teef ingekom laas Woensdag aand) sy was maar onseker gewees in die begin en toe sukkel ek weer om haar te laat staan. Hasie Glen Owen(Reun ingekom gister aand) en hy het so 150m van my af en 40m van die roeper af gaan staan.
- Jakkals distres op foxbang gehad en het reaksie met die teef gekry maar niks met die reun nie.

Hoop dit kan iemand help.



Sent from my iPhone using Tapatalk
ricus 1
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Sat Feb 08, 2014 10:19 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by ricus 1 »

Hallo almal. Ek was laasnag uit om te gaan jakkalse skiet. Ek Skiet nou al twee jaar op die plaas en het al 15 jakkalse geskiet. Laas nag het Ek vier stands gedoen en nie een jakkals het eers terug geantwoord nie. Niks. Die veld was besig gewees met voëls Maar Net die jakkalse was so stil soos die graf. Die jakkals skiet hou mens op die grond. Groete Ricus
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by naas222 »

Ricus... daar gaat nog baie sulke aande wees.. raak maar gewoond daaraan :)

Sent from my SM-J105F using Tapatalk
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
ricus 1
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Sat Feb 08, 2014 10:19 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by ricus 1 »

Dankie Naas222. Ek moet sê die aand uit was Baie lekker. Na die Baie koue aande. Lekker aand
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by NicoSmit »

'n still aand is nog steeds beter as 'n aand voor die TV
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
ricus 1
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Sat Feb 08, 2014 10:19 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by ricus 1 »

Dis baie Waar.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by Malan123 »

ricus 1 wrote:Hallo almal. Ek was laasnag uit om te gaan jakkalse skiet. Ek Skiet nou al twee jaar op die plaas en het al 15 jakkalse geskiet. Laas nag het Ek vier stands gedoen en nie een jakkals het eers terug geantwoord nie. Niks. Die veld was besig gewees met voëls Maar Net die jakkalse was so stil soos die graf. Die jakkals skiet hou mens op die grond. Groete Ricus

Hi Ricus

Net oor hulle nie reageer nie beteken nie hulle is nie daar nie. Wees versigtig vir oor roep en ongeduldigheid, vra my.
ricus 1
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Sat Feb 08, 2014 10:19 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by ricus 1 »

Dis Waar. Ek sal dit Onthou.Lekker naweek.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by cassie_calvinia »

SO 30 TOT 40 MINUTE DOP HUL UIT, SONDER ANTW
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
maritzjks
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Sat Jun 02, 2018 10:30 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by maritzjks »

My laaste jak reun het ook alleen ingekom en stil. Geen antw of klank van geen aard gegee nie maar hy het gougou van gery

Sent from my D6603 using Tapatalk
.17 gamo with gas ram.
. 22 krico long action
7x57 orbendorf mauser single square bridge action
222sako in progress
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by Dirkvh »

Eduard Venter wrote:
As enige iemand wil help met die rooie se ouderdom sal ek dit waardeer.

Groete
20181006_000215.jpeg
20181006_000155.jpeg
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Verlede jaar se werpsel, rondom 12mnde oud
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
stefan.bester3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Jun 07, 2015 9:13 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by stefan.bester3 »

jankraay wrote:
cassie_calvinia wrote:is so jankraai.
maar almal mis maar nou en dan.
Ek stem heeltemal saam. Ek is glad nie n pro nie en het ook al op die roeper gemis.

Probleem wat ons hier kry is dat daar n paar jong manne van die buurmanne is wat n naweek huistoe kom en dan die roeper uithaal.

Die 2 wat suksevol daar roep en skiet is maar ek en Jakoos Van Niekerk(baie goeie veldskiet skut) en ja daar is baaaaie jakke daar maar hulle is al bietjie slim gemaak.

Oor dit my swaer is vra ek niks nie so dis nie dat die manne brood en botter van die tafel afhaal nie maar hulle besef nie hoeveel skade hulle maak nie. Het vandag met Jakoos gepraat en ja ons sal saamwerk en mekaar op hoogte hou sodat ons nie die area oor roep nie.




Sent from my iPhone using Tapatalk
Hi Jan. Hoop dit gaan goed.

Watse area is dit waar jy en Jakoos roep? Steynsrus area?

Groete Stefan
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by jankraay »

stefan.bester3 wrote:
jankraay wrote:
cassie_calvinia wrote:is so jankraai.
maar almal mis maar nou en dan.
Ek stem heeltemal saam. Ek is glad nie n pro nie en het ook al op die roeper gemis.

Probleem wat ons hier kry is dat daar n paar jong manne van die buurmanne is wat n naweek huistoe kom en dan die roeper uithaal.

Die 2 wat suksevol daar roep en skiet is maar ek en Jakoos Van Niekerk(baie goeie veldskiet skut) en ja daar is baaaaie jakke daar maar hulle is al bietjie slim gemaak.

Oor dit my swaer is vra ek niks nie so dis nie dat die manne brood en botter van die tafel afhaal nie maar hulle besef nie hoeveel skade hulle maak nie. Het vandag met Jakoos gepraat en ja ons sal saamwerk en mekaar op hoogte hou sodat ons nie die area oor roep nie.




Sent from my iPhone using Tapatalk
Hi Jan. Hoop dit gaan goed.

Watse area is dit waar jy en Jakoos roep? Steynsrus area?

Groete Stefan
More Stefan.

Dit is korrek ja. Jakoos roep by hom en ek by my swaer. Hulle boer langs mekaar.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
stefan.bester3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Jun 07, 2015 9:13 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by stefan.bester3 »

More Manne. Help asb met raad!

Ekt nou die laaste week of twee klomp tewe geskiet wat soog. (Maer gesuip), maar ek vermoed die spesiefieke omgewing was bietjie laat, ek hoor nie die kleintjies nie. Ek sit nou in omgewings waar ek die reun, teef en helper (vermoed ek) geskiet het, maar die kleintjies praat nie met my nie. (Ek besef ook dat grondwerk van kardinale belang is, maar dit is nie altyd moontlik.)

Van watter ouderdom sal die kleintjies met my begin gesels?

En wat is jul gunsteling klank om hulle aan die gesels te kry?

Hoor graag van julle.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13643
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by Geno »

Wesies praat nie sommer nie. Gee hul kans vir so paar weke dan gaan soek jy hul by die bees suipings. Hul sal daar water drink en beesmis en goggas vreet.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
stefan.bester3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Jun 07, 2015 9:13 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by stefan.bester3 »

Geno wrote:Wesies praat nie sommer nie. Gee hul kans vir so paar weke dan gaan soek jy hul by die bees suipings. Hul sal daar water drink en beesmis en goggas vreet.

Dankie Geno. Waardeer.

As ek ma en helper geskiet het neem ek aan hulle gaan dit nie maak nie? (Vreet mos nog nie self of is ek verkeerd)

Dankie vir raad.

Waardeer dit
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13643
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by Geno »

Jong, die pa kan ook grootmaak. Ek het so 'n stel kleintjies wat in n populierbos bly waarvan ek die ma gedood het. Daar is n nie n helper nie. Die pa versorg hul nou al 2 weke lank. Oor n maand is hulle meer mobiel dan sal ek hul hopelik uit die bos uit kan roep. Tafjak 8, BJ Bonzai en Bonzai karring is dan my klanke van keuse.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
stefan.bester3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Jun 07, 2015 9:13 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by stefan.bester3 »

Geno wrote:Jong, die pa kan ook grootmaak. Ek het so 'n stel kleintjies wat in n populierbos bly waarvan ek die ma gedood het. Daar is n nie n helper nie. Die pa versorg hul nou al 2 weke lank. Oor n maand is hulle meer mobiel dan sal ek hul hopelik uit die bos uit kan roep. Tafjak 8, BJ Bonzai en Bonzai karring is dan my klanke van keuse.
Waardeer dit! Mooi dag
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by cassie_calvinia »

jip.
pa maak kleintjies mooi groot. hul is maar ingat. en skelm as pa self grootmaak.
of meer versigtig.
het tewe uit selfde rigting gekom?
kan wees dat hul van nes af gekom he?
soek so 1.5km in daai rigting. het al vir my gewerk.
nie altyd nie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by naas222 »

Die wyfie het verby die roeper wat Ore 5 speel gekom onder wind na die bakkie waar ek soos n aap n Critter Call blaas...
Syt 25m van my in gras gaan lê en my beloer.. n nek skoot haar die ewigheid in gestuur.
Geno dankie vir jou flink diens op die Critter Calls...
Weet nie hoe om te blaas nie maar iets het gewerk.
Sorry oor foto kwaliteit
IMG-20181028-WA0001.jpeg
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
User avatar
maritzjks
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Sat Jun 02, 2018 10:30 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by maritzjks »

Mooi gedon naas

Sent from my D6603 using Tapatalk
.17 gamo with gas ram.
. 22 krico long action
7x57 orbendorf mauser single square bridge action
222sako in progress
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by partner »

Dankie vir die deel Naas en geluk ook. Al wat tel is dat sy dood is.
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by naas222 »

Dankie... met die blesbokke wat nou gaan begin lam is ek dankbaar sys af.. so maand of wat terug ook n jong mannetjie in selfde gras kol gepiets..nou net die jak of 3 daar onder beheer kry en die verdonde GROOT kat.. hy raak nou astrant..
Sal hy WEER in n hok ingaan... so 3 weke terug hy hok omgegooi en deur oopgekrap..?????
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Post by partner »

Ek weet nie of hy weer in hok sal gaan nie. Probeer Kliphasie ZF an Taffie. Hy werk mooi.
Post Reply