Lisensie aansoeke wagtydperk

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by PWV »

Dit is nou al langer as 'n jaar nadat ek aansoek gedoen het vir die hernuwing van 3 van my vuurwapens se lisensies. Geen reaksie van navrae by my DFO nie en ek het al aan al wat 'n polisie-departement e-posse gestuur, maar geen reaksie. IS HIER IEMAND WAT RAAD KAN GEE???? :'( :'( :'(
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 461
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by finch »

Ek was in week by DFO. Hy het gese die eerste amnestie aansoeke van laasjaar het begin deur kom. Dis ook n jaar later. Hernuwing is plaaslik so dit behoort vinniger te wees. Myne was ook n jaar gelede in gegee maar het darem al kaartjie gekry
laas jaar na n gestoei en amper die hele saps epos. Ek moes ook n ongeskikte oproep verdra vanaf saps maar dit was die moeitewerd
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by tau »

PWV wrote: Sat Feb 05, 2022 11:46 am Dit is nou al langer as 'n jaar nadat ek aansoek gedoen het vir die hernuwing van 3 van my vuurwapens se lisensies. Geen reaksie van navrae by my DFO nie en ek het al aan al wat 'n polisie-departement e-posse gestuur, maar geen reaksie. IS HIER IEMAND WAT RAAD KAN GEE???? :'( :'( :'(
Hoekom is Oom haastig vir hulle?

Oom se huidige lisensei + kwitansie is wettig. Hoe langer hulle neem hoer langer voor Oom weer hoef te hernu. My Pistool gaan nou 6 jaar en 8 maande wees tussen lisensies ipv. 5 jaar oor hulle so lank vat.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by PWV »

tau wrote: Tue Feb 08, 2022 5:15 pm
PWV wrote: Sat Feb 05, 2022 11:46 am Dit is nou al langer as 'n jaar nadat ek aansoek gedoen het vir die hernuwing van 3 van my vuurwapens se lisensies. Geen reaksie van navrae by my DFO nie en ek het al aan al wat 'n polisie-departement e-posse gestuur, maar geen reaksie. IS HIER IEMAND WAT RAAD KAN GEE???? :'( :'( :'(
Hoekom is Oom haastig vir hulle?

Oom se huidige lisensei + kwitansie is wettig. Hoe langer hulle neem hoer langer voor Oom weer hoef te hernu. My Pistool gaan nou 6 jaar en 8 maande wees tussen lisensies ipv. 5 jaar oor hulle so lank vat.
tau, jy het nog baie jare voor om te wag! :(

Moenie dink hulle skuif jou datum aan nie. Hulle tel dit van die dag dat jou lisensie verval het!! So, myne sal nou, binne agt jaar en 'n paar maande, weer verval i.p.v. 10 jaar.
bobby
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by bobby »

from what i was told from my dfo last year was that there were piles chest hight at provinsiol , this was when i enquied about my outstanding licence of almost 2 years . was told they only start to work on it when you make waves . i made waves and dfo helped . within 2 weeks visser called me and said they need a updated club membership come dds cirtificate , this was because they took long.
the licence was renewed 2 days after i sent it .
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by PWV »

Hulle het altyd 'n verskoning. Altyd iets fout op die aansoek en dan vra hulle 'n geweersmid se verslag!!!
Jy kan nie en nie!!!
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by jdpretorius »

Uiteindelik het ek die gewensde sms van SAPS gekry vir n hernuwing, na 215 werks dae se wag. Nou weer die wag vir die kaarkie.
Die app wys nog al die tyd "IN PROCESS" so dalk het hulle stelsel ook nou weer covid

Sent from my SM-A515F using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Klein Chris »

Jy is gelukkig om sms te kry. Nooit niks gekry vir hernuwing of nuwe aansoek nie. Maar gevolg op die app. Het so 6 weke gewag vir hernuwing se kaart en 3 maande vir nuwe aansoek se kaart na goed keuring. Beleefd gaan navraag doen by DFO
Skiet bly maar lekker
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Toxxyc »

Mense wat is deesdae nodig vir 'n hernuwing? Ek het 'n S16 en S13 wat hernu moet word.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by cassie_calvinia »

Myne staan nou al meer as 'n maand by "recieved at licening section". vinnig gegaan, nou staan hy.
eks dalk te haastig. maar dis darm 'n eenvoudige wag
HOU HOM DAAI DIKTE
Bennie Bester
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Bennie Bester »

Myne le al van 18 Nov. af by Received at Licencing Section.
Groetnis
9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC

In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by cassie_calvinia »

Bennie Bester wrote: Wed Feb 09, 2022 9:36 am Myne le al van 18 Nov. af by Received at Licencing Section.
Groetnis
dankie vir die hoefeelheid hoop wat jy vir my gee :'(
HOU HOM DAAI DIKTE
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by PWV »

Myne le van September 2020 af.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Jean Marais »

Dan was ek baie gelukkig. 3 vuurwapens se hernuwings gedoen op 18 Mar 2021. 10 Jun 2021 was al 3 goedgekeur, en in Jul/Aug 2021 afgehaal. Nogals by Wierdabrug van alle plekke.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Armand Steenkamp »

Kerels dan wil ek maar nog slegte nuus deel. My een aansoek le al van April 2020 af by received at licensing section
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by cassie_calvinia »

Armand Steenkamp wrote: Wed Feb 09, 2022 4:49 pm Kerels dan wil ek maar nog slegte nuus deel. My een aansoek le al van April 2020 af by received at licensing section
hernuwing? of nuwe aansoek?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Giepie »

Ek gee amper moed op. Op 1 Julie 2019 het ek aansoek gedoen vir herdruk nadat my beursie met al my lisensies gesteel is. Nog niks gekry nie, en polisie sê hulle kry niks nie. Ongelukkig is my bewyse in Botswana waar ek 'n ruk gebly het, saam met ander dokumente gesteel. Ek het toe 'n uitdruk by die polisie gekry van al my lisensies, later weer oor hierdie uitdruk.

Verlerde jaar 17 Mei het ek vir my .22 heraansoek gedoen. Ek moes toe vir die bevoegdheids sertifikaat ook aansoek doen, al het ek in 2017 'n nuwe lisensie vir 'n geweer gekry. Maar dit het nie gehelp om met die dame te probeer praat nie. Sover nog net op 6 Augustus sms gekry dat dit aandag geniet. So, daar is ook al 'n lang wag.

Ek kon tot dusver met die uitdruk ammo, kruit en primers koop, geen probleem nie so onlangs as Desember 2021 by S&O Pta nog haelpatrone gekoop. Vandag wou ek weer ammo gaan koop by S&O in Krugerdorp, maar hulle weier toe want die uitdruk is ouer as 6 maande. Die Polisie wil ook nie vir my 'n nuwe uitdruk gee nie. So ek is nou vas. Ek begin al daaraan dink om maar al die ander lisensie ook nou al te hernu, maar hoe lank gaan dit dan vat?

So ja, erg gefrustreerd.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by jdpretorius »

Toxxyc wrote:Mense wat is deesdae nodig vir 'n hernuwing? Ek het 'n S16 en S13 wat hernu moet word.
Mater ek het onder die motiveering net gesê my situasie het nie verander nie en hulle kan verwys na my oorspronklik aansoek. Ek't wel al die dokumente van NHSA aan geheg as versterking van die hernuwing, al was myne S13. Dan ook n klomp getuig skrifte van pelle en my naastes....ook bewoord dat n ou n verantwoordelike en eerlike persoon is, so wel as wapen eienaar, sonder enige agressie issues.
Die ander dokument was n bewys van my kluis met fotos en n SAPS form oor 'safe keeping'. N ou kan n lys met meeste van die goed wat n ou nodig het op die net kry as jy bietjie google. Ek glo maar daar aan om hulle te oorweldig met al die papier werk.
Vat maar ook n copie van jou lisensie kaarkies saam (beide kante), net ingeval hulle nie hul eie stelsel kan lees nie. Jy kort natuurlik "proof of residence" en maak sommer 5 afdrukke van jou ID om saam te vat...dan die gewone soos fotos, ens en jou ID.
Ek het ook die hernuwing van my competency saam met my aansoek in gehandig, met copies van die oorspronklike setifikate/opleiding, sowel as n kopie van my SAPS bevoegtheid sertifiseering
Die DFO sal wel uit haal wat hy nie wil hê nie, en dan het hulle geen verskoning dat jy dalk die-of-daai kort nie....SAPS, SA Jagters en NHSA se web blad het so n check lys wat jy kan af laai oor als wat hulle moet hê.

Ek hoop dit help so bietjie

Sent from my SM-A515F using Tapatalk


338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Christo »

My laaste herlisensiering het 32 werksdae gevat om afgehandel te word. Wag nou net vir kaartjie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 461
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by finch »

32 dae moes baie omkoop geld gewees het... Of dalk is jy vriende met die Guptas. Of jy is net baie gelukkig.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by PWV »

finch wrote: Thu Feb 10, 2022 10:09 pm 32 dae moes baie omkoop geld gewees het... Of dalk is jy vriende met die Guptas. Of jy is net baie gelukkig.
Stem saam, finch! Christo moes iets gedoen het wat hy nie met ons wil deel nie. Skat hy het iets waarmee hy iemand afdreig? ++>:
LouisR
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 276
Joined: Sun Feb 12, 2012 12:40 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by LouisR »

8 Sept 2021 nuwe aansoek ingehandig, vandag sms gekry dis goedgekeur. Bietjie meer as 5mnde. Nou wag vir die kaartjie
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 461
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by finch »

Ek het beide n nuwe aansoek en hernuwing op 2 febr in gegee. Nogal nuuskierig om te sien hoe hierdie gaan uitdraai want die 2 prosesse is verskillend (provinsiaal vs nasionaal). My geld is op provinsiaal om eerste deur te kom.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Diesel Dog »

[quote=finch post_id=862038 time=1645126050 user_id=12115]
Ek het beide n nuwe aansoek en hernuwing op 2 febr in gegee. Nogal nuuskierig om te sien hoe hierdie gaan uitdraai want die 2 prosesse is verskillend (provinsiaal vs nasionaal). My geld is op provinsiaal om eerste deur te kom.
[/quote]

Selfde senario by my was nationaal eerste .

DD
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by ruaanb »

My broer het middel Nov ingedien en gister sms gekry dit is goedgekeur.

Ek sal maar weer by dfo moet gaan kuier want my aansoek nie op stelsel nie….9 maande later
Post Reply