Page 16 of 24

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Jun 07, 2019 7:59 pm
by Diesel Dog
Blazer wrote:Getting ready, Capt is besig om homself te oorreed om saam te kom. Nico vryf Milo wonder wat dink hy, dis nou Nico. En so begin die jag
IMG_8306.jpg

Sent from my iPhone using Tapatalk
Veilig ry en geniet dit, my beurt is eers einde Julie.
Lyk my die rum walm's het vir Milo uitgesit. :laugh:

DD

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Jun 07, 2019 8:16 pm
by Morkel
Diesel Dog wrote:
Blazer wrote:Getting ready, Capt is besig om homself te oorreed om saam te kom. Nico vryf Milo wonder wat dink hy, dis nou Nico. En so begin die jag
IMG_8306.jpg

Sent from my iPhone using Tapatalk
Veilig ry en geniet dit, my beurt is eers einde Julie.
Lyk my die rum walm's het vir Milo uitgesit. :laugh:

DD
Tx DD gaan so maak. Sien erg uit. Nico vra of jy die Dipaola’s ken?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Jun 07, 2019 8:42 pm
by Diesel Dog
Blazer wrote:
Diesel Dog wrote:
Blazer wrote:Getting ready, Capt is besig om homself te oorreed om saam te kom. Nico vryf Milo wonder wat dink hy, dis nou Nico. En so begin die jag
IMG_8306.jpg

Sent from my iPhone using Tapatalk
Veilig ry en geniet dit, my beurt is eers einde Julie.
Lyk my die rum walm's het vir Milo uitgesit. :laugh:

DD
Tx DD gaan so maak. Sien erg uit. Nico vra of jy die Dipaola’s ken?

Was hulle in die heuning bedryf of bankwese
DD

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Jun 07, 2019 9:07 pm
by Morkel
@DD visbedryf.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sat Jun 08, 2019 6:42 pm
by Morkel
En daar trek ons 14h00,
IMG_8314.jpg
Water berge
IMG_8317.jpg
By die plaas, my angenome seun Werner gaan vir ons die hek oop maak
IMG_8322.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sat Jun 08, 2019 6:52 pm
by Morkel
Capt, eat your hart out. Hier is ons nou en jy isi hier nie dis bad ons mis jou.
IMG_8323.jpg
Werner al die pad van die UK gisteraand gevlieg, Hendry van Twinbore, Nico my independent Auditor, van die Kaap.
IMG_8325.jpg
En hier is ons groot vriend Oom Big Al na die aflaai vat ons drinks order. Dis mos wat n gasheer doen vir sy klient.
IMG_8326.jpg
Nou sit ons om die vuur en Nico braai n skaap rib soos die manne doen in die belofte land Nanibia.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Jun 10, 2019 8:34 am
by Blink Stefaans
Ry woensdag Baltimore toe kom maandag terug
Lekker groep vriende, kan nie wag nie

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Jun 10, 2019 3:23 pm
by Toxxyc
Oe, lekker draad! Ek het gegaan van "ek het nie geld om te jag nie", na "mense betaal vir my die eerste een" tot "ek het bestellings wat die 2de een betaal" en uiteindelik tot "ek ken iemand vir die familie-jag - ook gratis".

So ja, ek gaan bietjie bosveld toe die 21ste. Het 'n koedoe-koei op die spyskaart. Daarna het ek 'n groot klomp rooibokke op die lys wat moet afkom, en daarna, net vir die pret, 'n jag by 'n "fancy" plek bietjie verby Warmbad.

Net jammer die .30-06 gaan nie reg wees voor dit alles nie, maar alas. .303 sal maar sy laaste storie moet vertel die jaar.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Tue Jun 11, 2019 8:38 am
by Jurgen Visser
Ry nou Sondag Groblershoop toe " KUMETSI LODGE " , lekker rus en jag saam pelle

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Jun 21, 2019 1:54 pm
by Carl
Ry DV Sondag Alldays toe na my pa se plaas. Het darem so jaarlikse geleentheid onderhandel met die nuwe eienaar. Sien baie uit, die wêreld het goed reën gehad en wil weer in die koeltes gaan rus waar hy het en langs dieselfde vuur dink.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Tue Jun 25, 2019 8:43 am
by FHM
Het 01-12 Jul verlof ingesit.
Gaan Springbokke jag op La Rochelle Lodge (tussen Tsumeb en Tsintsibis) en my kudu soek op plaas Bethanie.

Ek het 3 weke terug op Bethani vir die boer n kudu geskiet, plankdwars gestaan en in die oor, was 'n 1 horing bul wat hulle al lankal soek, die af horing het die plaas eienaar self afgeskiet n paar jaar terug, hy het 178 Kg uitgeslag.
Dit was die eerste bloed wat die 6.5 CR getrek het.
Vir myself gaan ek na n jong bul kyk - dis onmoontlik om in die swarthaak bosse te stap tensy jy n middeleeuse armor suite aan het. So die kudu jag sal hoofsaaklik n voorsit wees.

Ek besef daar is manne wat letterlik oor n duisend KM's ry vir n jag dus ag ek myself bitter gelukkig om albei jagte te kon vasmaak binne 40 km radius van my af.

Hier is kaarte wat my komende jag/skiet-plekke aandui.
La Rochelle Lodge.pdf
Bethani.pdf

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Tue Jun 25, 2019 4:37 pm
by Spanner
Ek ry sondag Zeerust toe vir my familie-jag. Ek was gelukkig om al reeds drie jagte die jaar te hê, so die jag is Mamma-beer en my laaitjie se beurt om te jag. My dogter stel nie belang om te jag nie. Ek sal net uitgaan as ek sien die koelkamer bly leeg. My pa van 82 gaan die jaar saam.

Spanner

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jun 26, 2019 7:32 am
by Toxxyc
Ek is Saterdag op culling duty. Dis tegnies culling, maar ek hoop om te voet te kan "jag" om dit lekkerder te maak. Kom ons kyk!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jun 26, 2019 7:48 am
by FrancoisW
Ons ry more oggend Naboomspruit toe. Vandag gaan 'n lang dag wees.
Ek gaan begin om my jagte van 'n Sondag af te reel. Mens kry elk geval nie gewerk die paar dae voor die jag nie.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jun 26, 2019 8:02 am
by ruaanb
Saterdag vat ons die pad Karoo toe. Kan nie meer wag nie!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jun 26, 2019 8:15 am
by Springkudu
ruaanb wrote:Saterdag vat ons die pad Karoo toe. Kan nie meer wag nie!
Geniet!!! Mooi ry en skiet reguit

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Jul 05, 2019 10:24 am
by Wouter Roets
More Manne

Ek is so opgewonde soos n klein seuntjie! Druk more die bakkie se neus noord op pad Moz toe om agter n paar spore daar te gaan loop.

Groetnis
Wouter

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Jul 05, 2019 10:32 am
by Geno
Geniet dit Wout! Neem baie fotos en kom vertel!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Jul 05, 2019 11:01 am
by Carl
Geniet dit, lekker om in GROOT spore wêreld te jag.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Jul 05, 2019 4:18 pm
by Antondup
Ek gaan Woensdag op my eerste een vir die jaar! Ons gan Grasvlakte Safaris toe naby Postmasburg, Woensdag mag nou maar nader kom, heel seisoen gaan jag al die vriende en ek sit en wag, nou dat dit al nader kom begin ek ook daai gevoel kry van n klein seuntjie voor sy verjaarsdag!

Groete en lekker jag!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jul 10, 2019 10:14 am
by vetbeer
Ek ry Vrydag weer na ons plaas toe buite Jansenville om te gaan soek vir nog n koedoe.Die eerste twee trippies het ek 2 koedoes gekry en met die laaste twee trips niks,so hopelik draai die geluk weer die slag.

Lekker jag manne!!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jul 10, 2019 10:52 am
by PWV
Vetteman, hou jou skraal in die jagveld! ;)

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jul 10, 2019 3:12 pm
by sako 30-06
Ons ry more oggend Dwaalboom toe, kan nie wag nie. ;D

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu Jul 11, 2019 5:16 pm
by koos 2
Uiteindelik, ry môre koffiefontein toe. Hoop om n paar springbokke en miskien blesbok of twee saam terug te bring.
Kan nie meer wag nie, sal my eerste jag vir die jaar wees.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Jul 12, 2019 6:17 am
by NicoSmit
Ek ry nou nou Harrismith toe saam met jongste sodat hy darem ook "n blesbok kan skiet die jaar