Page 15 of 30

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Dec 09, 2013 9:11 am
by Eugene
Nou toe manne!

Frikkie het sy kaartjies gekoop!
Dit laat my nou wonder, as 'n man wat nie eers 'n geweer het nie, kan kaartjies koop om 'n jagprys te wen, wat kan die manne met talle gewere en duur scopes se rede wees om nie ook hieraan deel te neem nie.....


Kom manne, dis die laaste pylvak van hierdie kompetisie, kom ons ondersteun hierdie kindertjies!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Dec 09, 2013 2:04 pm
by Andre
Kaartjies gekoop en email gestuur.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Mon Dec 09, 2013 3:22 pm
by Hilux01
Nog een gekoop
Sal Jaco weer email

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Tue Dec 10, 2013 11:38 am
by Eugene
Kom manne, ons is in die pylvak! Daar is nog net tyd tot 15 Desember 2013!

Hierdie topic het niks met politiek, geloof of etiek uit te waai nie, net met 'n bydrae aan ons volk se eie mense! Daarom is ek seker kan almal wat nie oor geloof, politiek of etiek wil praat nie, lekker hier lees en ondersteun!


++>: ++>: ++>:

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Tue Dec 10, 2013 11:48 am
by Jakkalsgat
Bankbesonderhede

E Harmse/Jaracal Kersfonds
FNB Wilkoppies
Rekeningno: 6243 721 2179
Takkode: 250-053


Met inbetalings gebruik asb jou Jaracal naam as verwysing anders sal dit gesien word as skenking

Ek sal vandag weer nommers uitstuur

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Tue Dec 10, 2013 4:17 pm
by Jakkalsgat
R 65 850 in trustrekening en R 8000 reeds by Loerie inbetaal = R 73 850

Manne

Een versoek asb, he net bietjie geduld jou nommers sal by jou uitkom al vat dit 2 of 3 dae, as jy seker gemaak het jy gebruik die rek nommer wat ons gegee het en jy e pos bewys van betaling sal ons dit ontvang ek bestuur tussendeur nog 'n besigheid ook.

Dankie vir jul deelname

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 1:34 pm
by Jakkalsgat
5 dae oor om deel te neem

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 1:38 pm
by cassie_calvinia
manne
ek het vanoggend seker 'n maklike 9duim ribbok gesien...

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 1:44 pm
by Silent Hunting
Sal hom oor 2 weke kom skiet.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 1:47 pm
by cassie_calvinia
Silent Hunting wrote:Sal hom oor 2 weke kom skiet.
haha! nie 'n 270 op my plaas nie

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 1:48 pm
by Silent Hunting
Nee, met jou 22-250

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 1:49 pm
by cassie_calvinia
Silent Hunting wrote:Nee, met jou 22-250
wat ek nou nog nie het nie!! daar is darm die week iemand in Kimberly. maar, hy kom eers saterdag terug.
en, die engele behoed hom as hy daai kaartjie vergeet

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 1:50 pm
by Eugene
Cassie, hou da, eks nou da! >:D

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 1:52 pm
by Silent Hunting
Laai my op as jy verby kom Eugene.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 1:52 pm
by cassie_calvinia
en my kaartjie as jul deur Kimberly kom

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 1:59 pm
by marno
En ek wou net se ek moet maar die 22-250 bring. LOL

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 2:26 pm
by Eugene
Eugene wrote:Kom manne, ons is in die pylvak! Daar is nog net tyd tot 15 Desember 2013!

Hierdie topic het niks met politiek, geloof of etiek uit te waai nie, net met 'n bydrae aan ons volk se eie mense! Daarom is ek seker kan almal wat nie oor geloof, politiek of etiek wil praat nie, lekker hier lees en ondersteun!


++>: ++>: ++>:
Selle storie, te lui om dit weer te tik!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 3:21 pm
by Lourens Potgieter
Eugene wrote:Nou toe manne!

Frikkie het sy kaartjies gekoop!
Dit laat my nou wonder, as 'n man wat nie eers 'n geweer het nie, kan kaartjies koop om 'n jagprys te wen, wat kan die manne met talle gewere en duur scopes se rede wees om nie ook hieraan deel te neem nie.....


Kom manne, dis die laaste pylvak van hierdie kompetisie, kom ons ondersteun hierdie kindertjies!
Hehehe, myne sal Vrydag gekoop word....en ek het ook geen roer nie.....

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 4:02 pm
by Spanner
Deeg, ek het 'n paar. Jy kan enige een van hulle kies om te leen... mits ek saamkom om "aan wetlike vereistes" te voldoen, natuurlik !
Ek sponsor die ammo, dis die minste wat ek kan doen !

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Dec 11, 2013 5:05 pm
by Frederik
So in die doodstryd van die kompetisie nog kaartjies gekoop.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 12, 2013 8:18 am
by Jakkalsgat
Dankie Frederik

4 dae oor om deel te neem

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 12, 2013 8:53 am
by tafjak
Jakkalsgat

Mag 'n mens steenbokramme skiet?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 12, 2013 10:00 am
by Jakkalsgat
Taffie mens mag.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 12, 2013 10:02 am
by Chevvy SS
Dis 'n steenbokbul Taffie.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 12, 2013 10:12 am
by tafjak
Jakkalsgat

As daar 'n behoefte vir so iets is, sal ek ek een gee om gejag te word. Sal ook ram wees, hier is redelik baie van hulle en sien nie dat dit enige skade kan doen nie. Kom ook agter dat baie min indien enige by gevang word.

Ek sal 'n springbok of 2 ingooi saam met die steenbok. Die wenner hiervan sal net met kaartjie houer #1000 moet saamjag op dieselfde tyd.

Mooiloop