Page 14 of 14

Re: 22-250 COUNTACH

Posted: Thu Aug 02, 2018 10:54 pm
by Diesel Dog
Gaan more nog eenkeer probeer om iemand met insae in die saak in die hande te kry , as dit nie werk nie laat hulle my geen ander keuse as om te prosedeer .

DD

Re: 22-250 COUNTACH

Posted: Fri Aug 03, 2018 10:53 am
by joe rocket
Net jammer dat jy nie die roer by Geno gekoop het nie dan het jy nou al lekker geskiet met n nuwe loop. Hy staan agter sy produkte wat hy verkoop al moet hy self in sy persoonlike hoedanigheid daarvoor betaal.

Re: 22-250 COUNTACH

Posted: Mon Aug 13, 2018 8:24 pm
by Diesel Dog
Hiermee bevestig ek dat die geweer tot sub .5 moa groepe met 69gr en 77gr lapua scenaars skiet en dus binne die vervaardiger se spesifikasie funksioneer.
Ek is van mening dat swak kommunikasie aanleiding gegee het tot die eskalasie van my probleme met die geweer tot n dispuut met die verspreider .Rapala VMC het al my bekommernisse tot my bevrediging aangespreek en ek is heeltemal tevrede met die diens wat ek van hulle ontvang het.

DD

Re: 22-250 COUNTACH

Posted: Mon Aug 13, 2018 8:32 pm
by jdpretorius
DD ek lees nou hier maar tussen die lyne maar skiet hy dan met ander punte ook sub 0.5 MOA of net die lapua's

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Re: 22-250 COUNTACH

Posted: Tue Aug 14, 2018 7:44 am
by Capt. Yoda
Diesel Dog wrote:Hiermee bevestig ek dat die geweer tot sub .5 moa groepe met 69gr en 77gr lapua scenaars skiet en dus binne die vervaardiger se spesifikasie funksioneer.
Ek is van mening dat swak kommunikasie aanleiding gegee het tot die eskalasie van my probleme met die geweer tot n dispuut met die verspreider .Rapala VMC het al my bekommernisse tot my bevrediging aangespreek en ek is heeltemal tevrede met die diens wat ek van hulle ontvang het.

DD

So wat was die fout met die roer?

Re: 22-250 COUNTACH

Posted: Tue Aug 14, 2018 9:39 am
by Morkel
Kyk DD kan skryf, maar die laaste post van hom, ek wonder!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 22-250 COUNTACH

Posted: Tue Aug 14, 2018 9:45 am
by Hercules Louw
Diesel Dog wrote:Hiermee bevestig ek dat die geweer tot sub .5 moa groepe met 69gr en 77gr lapua scenaars skiet en dus binne die vervaardiger se spesifikasie funksioneer.
Ek is van mening dat swak kommunikasie aanleiding gegee het tot die eskalasie van my probleme met die geweer tot n dispuut met die verspreider .Rapala VMC het al my bekommernisse tot my bevrediging aangespreek en ek is heeltemal tevrede met die diens wat ek van hulle ontvang het.
DD
DD, hierdie skrywe van jou klink darem baie soos 'n voorgeskrewe regsverklaring. Ons gaan seker niks verder van die Countach hoor nie, en die jakkalse hoef seker ook nie langer bang vir hom te wees nie....

Re: 22-250 COUNTACH

Posted: Tue Aug 14, 2018 10:29 am
by Armand Steenkamp
Ek weet net dat in my lewe sal daar nie n sabatti in my kluis staan nie

Re: 22-250 COUNTACH

Posted: Tue Aug 14, 2018 10:42 am
by PJS
Armand Steenkamp wrote:Ek weet net dat in my lewe sal daar nie n sabatti in my kluis staan nie
NOOIT!! >:(

Re: 22-250 COUNTACH

Posted: Tue Aug 14, 2018 11:08 am
by Swede
DD skiet nou so lekker dat hy nie tyd het om te skryf nie ;D

Re: 22-250 COUNTACH

Posted: Tue Aug 21, 2018 7:54 pm
by Diesel Dog
Kan die moderators die draad sluit asb!

DD