Page 14 of 24

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu Jul 26, 2018 6:58 am
by jdpretorius
Vaalwater hou vas ! hier kom ons
Eerste biekie lekker vir die jaar

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun Jul 29, 2018 6:59 pm
by Mellies
E.k. Do Barkly-Oos toe vir n Valie!

Met n vleisie...

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Jul 30, 2018 4:03 pm
by Stephan86
Ons het einde September 'n sessie waar ons 'n paar Springbokke moet gaan afhaal.

Ek het ook vandag 'n uitnodiging gekry om 2 rooibokke einde van die maand naby Marken te gaan skiet.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Tue Apr 23, 2019 8:59 am
by Mellies
Daarsy manne.

Oor `n week is dit sulke tyd en meeste van ons se roere is geolie en reg vir die seisoen.

Vertel bietjie wie ry waarheen? Watter roere gaan saam en wat is op julle inkopielys.

Ek werk 1 & 2 Mei in Bloem en ry oggend van die 3de vroeg berge toe vir my eerste Rietbok.

Rooiribbok, Springbok en Koedoe is ook op die spyskaart.

Buks (308 met 20" loop) en Lelik (243 Ackley) sal my vergesel die trip.

Met `n vleisie...

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Tue Apr 23, 2019 9:08 am
by tripodmvr
Ons is aan die roer op 8 Mei na oos van Vivo. Vroulike kudu en rooibok sowel as vlakvarke op die spyskaart.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Tue Apr 23, 2019 10:22 am
by ruaanb
10 Mei - Eland
1ste week in Julie weer die groot familie jag. Die jaar is dit 'n springbok voorsit jag.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Tue Apr 23, 2019 11:04 am
by Kubus
Die naweek (26 April) Cradock toe. Paar pelle.
Swart WB
Rooi Hartebees
Blesbok
Rooibok
Springbok
Sien baie uit na trippie.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Tue Apr 23, 2019 1:17 pm
by Omnia
12 Mei tot 17 Mei Van Zylsrus , Springbokke en hang af hioe die butgit lyk 'n Gemsbok wat perongeluk voor die gun in geloop het
15 Julie tot 21 Julie , Phillipolis , Springbok , Gemsbok en Kudu koei

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Apr 24, 2019 5:53 am
by Swede
Ek ry vanmiddag Derdepoort toe . Gaan Kudu's jag, maar die plaas is baie ruig en groen.

Sent from my SM-N960F using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Apr 24, 2019 8:18 pm
by jdpretorius
Ons het gister en vanoggend gou 'n varkie, rooibok, waterbok, bwb en n gong op 500m lood medisyne gegee....die 338WM het weer mooi gepraat daar by Naboom se koppies

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu Apr 25, 2019 6:11 am
by Nella
Sondag begin my,Chrisbad,Wynand en oom Deon se week lange jag by Lapa Moyo Safaris alldays.
Kan al daai Mopani kampvuur ruik!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 29, 2019 9:51 am
by Wouter Roets
Vlieg more Nam toe. Ons doen n surf n turf trip so dit sal my eerste keer wees in al die jare dat ek Nam se kus gaan sien. Sien verskriklik uit na die trip.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 29, 2019 10:51 am
by NicoSmit
Vrydag dou voor dag na Vrede toe vir blesbokke en hopelik 'n bakkie vrag vol jakkalse :)

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 29, 2019 12:15 pm
by tau
Wouter Roets wrote:Vlieg more Nam toe. Ons doen n surf n turf trip so dit sal my eerste keer wees in al die jare dat ek Nam se kus gaan sien. Sien verskriklik uit na die trip.
Ag lekker geniet. Hoop julle vang lekker Kabeljou!!!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 29, 2019 12:17 pm
by Wouter Roets
John

Iemand sal my net moet wys watter kant van die visstok om vas te hou!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 29, 2019 12:21 pm
by andre007
Wouter Roets wrote:John

Iemand sal my net moet wys watter kant van die visstok om vas te hou!
Wout, die dikkant in die linkerhand en die glas in die regterhand ;D

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 29, 2019 12:25 pm
by Wouter Roets
Andre

Al wat ek weet van hengel is dat jy nie moet ingooi as jy nie n glas het nie.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 29, 2019 12:27 pm
by tau
Wouter Roets wrote:John

Iemand sal my net moet wys watter kant van die visstok om vas te hou!
:)

Dalk het julle iemand, maar 'n visvang gids soos Oom Henry is priceless daar. Hulle weet waar die vis is en hulle sit jou aas aan. en jy trek hulle uit.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu May 16, 2019 2:18 pm
by heywillie
Volgende naweek is die blouwildebeeste, rooibokke en varke in Naboom en die lang naweek in Julie gaan ek 'n koedoe bul soek in Messina

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu May 16, 2019 2:23 pm
by NicoSmit
Einde van die maand is dit weer ek en my nemisis die Blouwildebees naby Nylstroom

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu May 16, 2019 4:50 pm
by Capt. Yoda
Ek en Stompe ry more vir bq blesbokke, springbokke en dalk nog iets anders wat die veld vir ons wil gee. Met die hoeveeheid gewere wat ons saam vat gaan dit soos army lyk.
Dink ek sien die meeste uit om net bq om n vuur te sit en rum te drink sonder werk goed

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu May 16, 2019 5:15 pm
by Gian_dP
Hierdie tyd oor twee weke sit ons groepie op die "poskantoor" se stoep op Wagenaarskraal in die Karoo, reg om vuur aan te steek. Kan nie meer wag nie!

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu May 16, 2019 8:30 pm
by PWV
14 Junie (DV) Stampriet toe!! Was in 2012 laas in Suidwes!!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu May 16, 2019 8:43 pm
by Jurgen Visser
PWV wrote:14 Junie (DV) Stampriet toe!! Was in 2012 laas in Suidwes!!
Laaste keer onthou ek nog goed , Oom het 'n killing gemaak daar

Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri May 17, 2019 12:38 am
by Morkel
IMG_4737.jpg
i
IMG_7720.jpg
21dae dan trek ons ou groepie vir 12 dae vir siele rus sonder n sel foon om mekaar se tonge te krap, om die vuur, om die alleen van stilte weer te wasrdeer, om jou vernif teen die natuur te toets en vinnig leer om weer stil te stap. Vroegoggend as die son sy kop uitsteek, met jou koffie in die hand vir die Vader dankie se vir die blessing om dit weer te kon maak die jaar. 21 dae
Dan sit ons midde binne in die middel van die Waterberge.

Sent from my iPhone using Tapatalk