Page 14 of 21

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 12, 2019 12:45 pm
by Hein (Haan)
Baie mooi Eugene, daai geweer gaan moelikheid maak op nog langer afstande.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 12, 2019 5:25 pm
by LUAN
Eugene wrote:My sterre was Saterdag bietjie mooi in lyn en die feit dat oom Gert le Roes weer 'n prag geweer gebou het wat WIL skiet, het ook baie gehelp.

Ek kon die 3 skoot groep op 1200m skiet met 'n 300NM Imp met 225gr ELD-M teen 'n spoed van 3185fps.
Dis ongelooflik wel gedaan.Watse kruit gebruik jy op die oukie? Seker nie somchem nie. Hoeveel grein?

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Fri Mar 22, 2019 5:04 pm
by jankraay
Ek en Eugene het gister vir ons n lekker gong en stand op 1390m gaan opsit. Groot roere saamgevat en hie ris die resultate:

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190322/aa77f8a2feb7499c16633a909a4c08ae.jpg

Onderste skoot was myne met die .338 AI en die boonste skoot Eugene sin met die .300 NM AI. Dit was 1st round hits.

Na dit is ons terug skietpunt toe en het weer n paar skote op die afstand geskiet:

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190322/9f52830c304ae2d2e241a9f869a6031a.jpg

Groen: Ek met die .338
Pienk: Eugene .300
Donker blou: Eugene met die .338
Ligte Blou: Xander(Eugene se seun en is 11jaar oud) met die .300
Oranje: Ek met die .300

Volgende gong sal ons op 1600m sit en dan weer aanpak.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Fri Mar 22, 2019 10:16 pm
by JPS
Bitter mooi Jan en Eugene.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat Mar 23, 2019 7:02 am
by Gawie(13mm)
Nee kyk, as julle manne so aanhou sal julle moet begin aansoek doen vir paspoorte, so wyd skiet julle! ;D
Netjies gedoen.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat Mar 23, 2019 7:24 am
by Vlakvark Soldaat
Hulle is daai bakkie jagters wat vir die drywer sal skree, REVERSE black-sam REVERSE!!!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat Mar 23, 2019 7:26 am
by Vlakvark Soldaat
Vlakvark Soldaat wrote:Hulle is daai bakkie jagters wat vir die drywer sal skree, REVERSE black-sam REVERSE!!!
Ek moet net se dat ek die regte woord geskryf het, die forum se robot polisie het hom ligter gemaak...hahaha!!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat Mar 23, 2019 7:59 am
by Joe13
Gawie(13mm) wrote:Nee kyk, as julle manne so aanhou sal julle moet begin aansoek doen vir paspoorte, so wyd skiet julle! ;D
Netjies gedoen.
Hahaha skerp. Bitter mooi geskiet.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun Mar 24, 2019 7:48 am
by Eugene
Dankie manne. So nou en dan moet 'n blinde duif darem ook 'n mielie raak pik! ;)

Die wind was nogal tricky. Nie sterk nie, dink op die sterkste was dit 6mph, maar erg wisselvallig en uit verskillende rigtings. By ons was die wind vanuit 1uur, half 2. Op 1000-1200m vanuit 12uur en op 1390m vanuit 11uur. Dan is al die “vlae” nie hoog genoeg om bo die mielies uit te steek nie, so dis nie betroubaar nie.... Die mirage was ook rof, want na die gongstand opgesit en die gong geverf is, was dit al hier by 12h00, maar dit was ‘n groot hulpmiddel om die wind te help lees. Mens het die verandering in wind vinniger op die mirage gesien as op die linte en vlae. Ek dink ek en Jan het nie ‘n slegte job gedoen met die windlees nie, maar julle kan uit die foto sien, dit was nog nie 100% reg nie.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun Apr 14, 2019 10:46 am
by jankraay
More almal.

Ek, Eugene en n paar ander vriende het gister besluit om die 2km(2212 yards) aan te pak. Dag het laat begin maar dit was tot ons voordeel oor daar baie vog in die lug was wat dinge baie moeiliker sou maak.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190414/ad4e8916bf80640906a64030733b7916.jpg

Eugene het so bietjie gras gesny voor ons die teiken mooi kon sien(My geweer was veilig terwyl hy daar voor was). Die Liewe Vader het die deel geseën met baie reën en die gras lyk baie mooi vir die winter wat op pad is.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190414/119a55ae29cf71d8386e6cd2ec947b27.jpg

Die plaat is 1.2m x 1.2m en die presiese afstand was 2023m.

Ek het eerste geskiet om te kyk hoe die toestande maak maar na daai skoot het ek geweet hier kom moielikheid. Mens kan glad nie jou mis sien nie en daar is geen “vapor trail” om die impak te volg nie.

Eugene het na my geskiet met die .300 NM AI en dinge aan sy kant was baie moeiliker as aan my kant oor hy nie genoeg interne verstelling gehad het nie. Hy moes hou om die paar MOA wat hy kort by te kry en dit met n kruishaar wat nie genaak is vir “holdover” nie.

Weereens kon ons geen impak sien nie en het geen idee waar ons skiet nie. Ek het weer geskiet en kon hoor ek tref die rots maar waar is die groot vraag gewees.

Met my 5de skoot hoor ons n snaakse geluid wat half soos n hit klink maar ons kan nie bevestig nie. Skiet toe n 6de skoot en daar klink dit weer anders. Ander manne kom le toe om te skiet en so probeer ons vir hulle kyk maar kan geen impak op die rotse sien nie.

Na die ander manne n paar skote geskiet het gaan le ek weer agter die .338 AI om weer te probeer. So sien ons op 12uur n hit en die mirage bedaar so dat ons half kan sien as daar iets op die plaat is. Ek skiet toe my 7de skoot en hoor weer die rots geluid en besluit om so bietjie af te stel(stel toe volgens die hit op die plaat). Skiet die 8ste skoot en daar sit hy. Man dit is n lekker gevoel as jy die impak sien sodra jy skiet en dit is so ver.

Ek en Eugene gaan toe voorentoe om fotos te neem van die plaat.

M//uploads.tapatalk-cdn.com/20190414/ee0ec355fa520b912223965ec33a0953.jpg

Op die foto rondom die plaat kan mens baie impak merke op die rotse sien en ja baie van hulle is 6.5 Credmoors wat almal moes “holdover”. Die verste skoot mis was een plaat links en die res is vrek naby.

Ons ry toe terug na die skietpunt toe en se vir die ander manne wat ons gesien het en hulle gaan le toe weer agter die roere. Met daai 6.5 CM’s kan jy nie hoor of iets getref word nie so dit is eers moeilik om vir hulle te kyk waar die skote land.

Ek gaan le toe weer vir oulaas en skiet nog n skoot. Mis hom en besluit om maar weer te skiet. Daar sit hy weer...

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190414/88760ef57211ac4124884b8b8825e949.jpg

Het toe 13 skote in totaal geskiet met 3 “hits” op die plaat. Nie die beste nie maar ek sal dit vat.

Die dag sluit toe af met n braai op die kop by die plaat en met n vrek mooi stuk van ons land om na te staar.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190414/319e8dcaf134985c0ff09c403e3a589a.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190414/4c60e0c540404e9a24ff71400901ee1a.jpg

Die rooi kol is die skietpunt.

Dit was n baie lekker ervaring gewees en iets wat ek voorentoe weer sal doen.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun Apr 14, 2019 2:03 pm
by PWV
Lekker manne. Smaak my die vyand kan maar kom!! :)

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun Apr 14, 2019 2:51 pm
by jankraay
PWV wrote:Lekker manne. Smaak my die vyand kan maar kom!! :)
Jis Oom...met 5 skote gaan hulle tyd he om agter n klip in te spring en as die 6de een val dan mag dit dalk net sy toon wees wat seerkryImage


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun Apr 14, 2019 7:05 pm
by Morne Van Der Merwe
Mooi geskiet Jan.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Apr 15, 2019 6:38 pm
by Gbyleveldt
Baie, baie lekker! Mooi gedaan.

Langafstand groepering fotos

Posted: Sun May 19, 2019 9:25 am
by tau
Ek is nie ‘n dedicated Lang afstand skut nie. Ek geniet dit, maar absoluut net as pret. Ek het eintlik die laaste 3 jaar meer oopvisier as langafstand geskiet. Net ‘n fase wat ek geniet. Geen rede of regverdiging gehad nie.

So kom pla RuaanB, Joe vuurpyl en Oom Heinz my en ons praat met nog pelle oor verder skiet. Gogga byt weer en nie lank nie is al my geroeste gonge weer geverf en bosse voor hulle weggekap.

Snaaks hoe vinnig 300,400 en 500 meter weer naby is en kilometer begin opduik as die nuwe norm vir iemand wat 4 maande terug net oopvisier geskiet het.

Ons het nou al 2 lekker sessies saam ingewerk, en my tegniek en recoil beheer etc het verbeter. My gonge gaan van 200-1040 meter. Ek oortuig toe ons buurman of ek ‘n gong op sy grond kan sit dat ek op 1250 meter ook kan skiet. Hy sê net as ons raak skiet en Arnold werk uit wat is 1 MOA op die afstand vir my.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190519/f22cb936e8f21b44ab0f249c9ef3e930.jpg

So hang ek gong alleen op verkiesings dag en wag tot die skietspan weer kan kom skiet.

Gister wil my kinders in die berg loop speel en ek vat my geweer saam as die Bobbejane in die landerye is. Ek besluit toe kom ek probeer cold bore sonder weerstasie of spotter die gong te skiet.

Kom nie veilig op 1250 m merk skiet nie so skuif toe na 1080 meter my verste nog.

Skoot een met free recoil slaan die scope my pet oor my oog en ek mis die impact.

Skoot 2 met son in my oë sien ek stof regs en laag en kom op na 36.1 MOA
Gee 2.0 MOA links vir wind.
Skoot drie net regs verby. 2.8 MOA
Skoot 4 op frame regs. 3.0 MOA
Skoot 5 tussen frame en gong. 3.2 MOA
Skoot 6-13 raak ImageImage.

Dit was lekker ek gaan nou nie kompetisie wen nie, maar tog met standaard jag wapen kon ek op die kilometer merk + speel.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190519/927681cad3b85aabdff6fbb12cd71c31.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190519/8726fece2ae870101a544c6687b8119d.jpg

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun May 19, 2019 9:46 am
by ruaanb
daai remi en sy baas kom nou mooi reg! mooi man!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun May 19, 2019 9:48 am
by jankraay
Mooi geskiet daar John!!! Nou gaan die gonge sing!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun May 19, 2019 9:52 am
by joe rocket
Dis nou lekker Jan en John. Een van die dae is 1.25km ook te naby. Wat ek wel weet is dat n springbok op 650m mors dood gaan wees.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Thu Jun 13, 2019 1:53 pm
by Morne Van Der Merwe
Sommer weer met 6.5CM gaan speel.
Baie te vrede met hom.
1ste gong was 1270m en 2de een op 1520m.
Ek die 1ste 2 skote op 1520m begin toe spray toe besef wou eers n foto neem.
Gong is 66cm.
Groete

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Thu Jun 13, 2019 2:17 pm
by ruaanb
aitsa mooi man!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Wed Jul 31, 2019 11:47 am
by dawiec
netjies manne!!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Wed Jul 31, 2019 11:49 am
by dawiec
Morne Van Der Merwe wrote:Sommer weer met 6.5CM gaan speel.
Baie te vrede met hom.
1ste gong was 1270m en 2de een op 1520m.
Ek die 1ste 2 skote op 1520m begin toe spray toe besef wou eers n foto neem.
Gong is 66cm.
Groete
netjies geskiet Morne

watter punte gebruik jy?

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Wed Jul 31, 2019 1:30 pm
by Morne Van Der Merwe
dawiec wrote:
Morne Van Der Merwe wrote:Sommer weer met 6.5CM gaan speel.
Baie te vrede met hom.
1ste gong was 1270m en 2de een op 1520m.
Ek die 1ste 2 skote op 1520m begin toe spray toe besef wou eers n foto neem.
Gong is 66cm.
Groete
netjies geskiet Morne

watter punte gebruik jy?
Dankie, 140gr Nosler RDF

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun Sep 08, 2019 10:21 am
by Nico Harris
Tikka super varmint
300wsm
208gr eldm @ 2760ft/s
Swarovski x5 5-25x56
Sinclair bipod
Kililfi Creek kolf
Sinclair tactical bipod
1710yds

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun Sep 08, 2019 11:05 am
by jankraay
Mooi geskiet Nico


Sent from my iPhone using Tapatalk