Page 13 of 50
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Apr 16, 2021 9:21 am
by Wildjagter
Twee nuwe lisensieaansoeke ingedien gister (.22 en .30-06)
Nou die wag
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Apr 16, 2021 11:57 am
by Lategan1
Jors, beste van alles.
Daar is ‘n dokument wat jy moet voltooi... nog ‘n dokument... nog ‘n dokument tesame met ‘n GEWEERSMID se sertifikaat om jou wapen se korrekte detail te bevestig.
Hierdie GS sertifikaat kos ook weer geld....
Sterkte en beste.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Apr 16, 2021 9:24 pm
by heywillie
Jors16 wrote: Fri Apr 16, 2021 9:06 am
Ek tel toe op dat my 7x57 sommer op die stelsel wonderbaarlik verander het na 'n 7mm REM MAG met geen verduideliking nie.
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
My 375 Ruger is ook verkeerd op die stelsel gelaai as ‘n 375 Win. Darem maklik om uit te sort, dan nou net weer wag vir nuwe kaart.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Apr 20, 2021 12:03 pm
by Rigby
Middag Menere
Help gou seblief?
Wat is die epos adres nou weer wat ek gebruik waar mens daardie magical 120 dae se wag bereik het na indiening van die nuwe aansoek?
Ek staan op 128 dae, so dis tyd
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Apr 20, 2021 12:10 pm
by DWB
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Apr 20, 2021 12:11 pm
by Rigby
Dankbaar jy gebruik nie die woorde “rubber handskoene “ nie!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Apr 20, 2021 12:12 pm
by DWB
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Apr 22, 2021 7:27 am
by hotklou
REF : 8504***
9MM PAR (9X19MM)
Self Defence
Ingegee by DFO : Tuesday, 08 December 2020
Laai op stelsel : Wednesday, 09 December 2020
Provinsiale DFO : Tuesday, 22 December 2020
Send to CFR : Friday, 15 January 2021
Send to licensing : Thursday, 28 January 2021
Ontvang by Licensing : Thursday, 18 February 2021
Preperation for Consideration : Monday, 12 April 2021
Consideration : Tuesday, 20 April 2021
Approved : Wednesday, 21 April 2021
Geen SMS ontvang op enige stadium nie
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Apr 22, 2021 8:28 am
by Grenslyn
Aansoek vir 6mm SLR ingehandig op 02/10/2020
Lisensie goedgekeur op 14/04/2021
Sit is 194 dae en geen sms'e ontvang
Wag nou vir kaartjie
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Apr 22, 2021 8:32 am
by Grenslyn
Aansoek vir 300PRC ingehandig op 16/02/2021
65 dae later en hy lê nog by plaaslike DFO

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Apr 22, 2021 2:16 pm
by SmitH
Ek het 19 / 01 / 21 my aansoek vir 2506 in gehandig en die 21/4/21 by CFR for licensing
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Apr 22, 2021 6:51 pm
by Bennie Bester
Ek het Oktober 2020 vir twee nuwe gewere aansoek gedoen. Dit het 11/1/2021 by CFR aangeland. Die 30/3/2021 na preperation for concideration. Die 19/4/2021 for concideration en goedgekeur op die 21/4/2021 en 22/4/2021.
Nou is dit maar die gewone wag vir die kaartjies.
Groetnis
Bennie Bester
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Apr 23, 2021 10:52 am
by Mellies
My nuutste lê ook al vir 5 maande by die DFO.
Met `n vleisie...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Sat Apr 24, 2021 7:30 am
by Lategan1
Mooi storie en dinge is besig om te versnel, soos [edit] Bennie se aansoeke ook aandui, nuus raak beter.
Storie:
Pa, seun en skoonseun se aansoeke op drie verskillende datums ingedien by twee stasies gedurende Oktober en November 2020.
Gister die 23ste is al drie goedgekeur! Nou vir kaarte. Skoonseun se eerste wapen, hy slaap nie
Beste.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Sat Apr 24, 2021 7:52 am
by herman.bonsma
Ek 2 & my seun 5 lisensies ingedien September 2020 - alles gister goedgekeur!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Sat Apr 24, 2021 1:00 pm
by PWV
herman.bonsma wrote: Sat Apr 24, 2021 7:52 am
Ek 2 & my seun 5 lisensies ingedien September 2020 - alles gister goedgekeur!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Iets onder die tafel deur???

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Sat Apr 24, 2021 4:55 pm
by Dumbluck
6 Creed uiteindelik goedgekeur.
Hulle is nie haastig met die Sec 13 renewal nie
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 05, 2021 8:29 am
by heywillie
375 Ruger aansoek ingegee op 6 Aug 2020.
Goedgekeur na 153 werksdae (15 Maart 2021).
Kaart opgetel 33 werksdae later (5 Mei 2021).
Aansoek het totaal 186 werksdae gevat
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 05, 2021 8:36 am
by saswart
Lees vanoggend op beeld die polisie se hul maak werk van al die agterstallige lisensies. Hul se ook hul is besig om 'n aanlyn aansoekstelsel te maak saam met staatsinligtingstegnologie-agentskap
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 05, 2021 2:22 pm
by hotklou
saswart wrote: Wed May 05, 2021 8:36 am
Lees vanoggend op beeld die polisie se hul maak werk van al die agterstallige lisensies. Hul se ook hul is besig om 'n aanlyn aansoekstelsel te maak saam met staatsinligtingstegnologie-agentskap
hoop tussen in druk hulle so bietjie kaarte ook
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 05, 2021 2:33 pm
by Capt. Yoda
Mens sou dink in die tyd wat ons in lewe sou dit nie eers nodig wees om n kaart te druk nie, jy het n app op jou foon vir alles sekerlik kan daar n stelstel wees waar Oom Poliesman of self die ou by die geweer winkel net jou ID nommer in n rekenaar/laptop of self sy foon kan in tik om te sien of die serial nommer op jou geweer regtig aan jou behoort.
In n wereld waar dinge gewerk het sou mens online jou papiere in vul, proof of payment aan heg en binne 24 uur kan jou documte sekerlik op die stelsel wees en worst case as die mense nou self jou dokumente wil bekyk behoort alles binne n week af gehandel te wees en dan as daar nie eers n nut vir n kaartjie was nie sou jou "nuwe liksens" net op jou online profiel gelaai word....maar ja ek besef daar is plekke in die land waar daar nie eers n toilet is wat spoel nie...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 05, 2021 3:53 pm
by Stephan86
My lisensie is 13 Sept ingedien, na 3 maande by DFO en nog tyd is my aansoek al by "For Consideration" van 19 April. Hoop ek kry die Approved binnekort.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed May 05, 2021 4:00 pm
by Theunodb
Ek dink as dit eers in approved is is dit erger! Want dan weet jy alles is reg, jy moet net jou kaartjie kry. Voor dit is daar nog twyfel oor of hulle hom gaan aanvaar of nie so mens is maar skepties
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri May 07, 2021 6:35 am
by 6.5/284Norma
Is daar nie 'n regulasie wat bepaal die aansoek moet binne 'n maand deur die DFO aangestuur word nie?
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri May 07, 2021 7:27 am
by Lategan1
Klink myne sover die rekord na Covid, 5mnde +1 week vir goedkeuring op 23/4/2021.
Nou vir die kaartjie.
Kom ons hoop hiervandaan net vinniger.
Beste.