Page 13 of 24

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun May 13, 2018 10:26 pm
by Mellies
BSniperEM wrote:Mellies kan ek saamkom assemblief baas?



Sent from my iPhone using Tapatalk
As jy ys, lemoene en hout bring. En jou eie roer...

Met n vleisie...

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon May 14, 2018 6:14 am
by BSniperEM
Mellies wrote:
BSniperEM wrote:Mellies kan ek saamkom assemblief baas?



Sent from my iPhone using Tapatalk
As jy ys, lemoene en hout bring. En jou eie roer...

Met n vleisie...
Hahaha... dankie ek pak somme 2 roere en bogenoemde voorraad!

1 week dan gaan ek ook Karoo toe vir Eland, Waterbok, Rooibok en 60 volstruise!

...en vuurmaak, lag, gesels, rustig wees in die veld!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Tue Jun 26, 2018 3:01 pm
by Willeboer
Daarsy , my beurt het gekom. Ry Donderdag Bona Tholo toe buite Zeerust. Was nog nooit op die plaas nie, maar lyk belowend. Vroulief en kinders gaan ook vir eerstekeer saam jag.My spesie lys: vark of twee, rooibok en kudu.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Tue Jun 26, 2018 3:10 pm
by heywillie
My beurt vir die seisoen gehad.
Hopelik 'n bosvark nagjag iewers inwerk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Tue Jun 26, 2018 3:41 pm
by 6.5/284Norma
Ry Vrydagoggend Natal Middelande toe vir Bosbok en Rietbokjag. Kampvuur en jakkalsroepe in die aand en loop en soek in die dag...

Dan die groot een volgende Donderdag naby Reitz in die Vrystaat: Rooi Lechwe, Swartwildebees, Blesbok en Springbok saam met vriende, vrou en dogter...

Wens ons kon vandag al ry!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Tue Jun 26, 2018 10:01 pm
by win270
Ek en my seun is eers teen einde Julie in die jagveld, naby Swartwater in Limpopo. Ons sal tot teen die Limpopo-rivier kan jag. Wil paar rooibokke jag - Julie gaan 'n lang maand word!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jun 27, 2018 5:43 am
by Nella
Ry volgende week woensdag. .7 manne in totaal wat n bietjie gaan weg breek daar na platjan se kant toe.
Ek gaan die keer self ook bietjie hand aan roer slaan en nie net ph speel nie.
Sien lekker uit.
Gou daai plaas voorman bel om te hoor of hulle al vir my n mooi eland bul vas gemaak het.... ;D

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jun 27, 2018 7:08 am
by joe rocket
Ek, my klong my beste pel en sy klong ry sondag Cradock toe. Ons gaan enige iets jag wat verby kom. Ons is baie lus vir jag. My vrou en meisiekind gaan bietjie gimnastiek in Malta, maar ek het besluit jag is lekkerder. 'n Man moet darem jou prioriteite in die lewe reg kry.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jun 27, 2018 7:28 am
by Springkudu
Ai, my hart is vanoggend seer. Ons jag groep trek van wyd en suid vanoggend saam in PE waar hulle van daar af vertrek na Jansenville 08:00, ek moes maar weens onverwagse toestande onlangs myself onttrek uit die groep, maar nou ja, dit is deel van die lewe :'( :'( :'( :'( :'( :'(

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jun 27, 2018 8:09 am
by OomMatt
Nou ja , na my groot sukses in 2017 met Buffel , Sabel , Eland trofees was die jaar maar rustig ……….. maar dit is tyd.
Vertrek more saam vriend (PH) van my seun op soek na my Bosbok trofee. Moet iets spesiaal wees en wag al lank vir die geleentheid.
Het al Bosbok , maar soos dit maar gaan ……… moet beter en groter.
Konsessies wat besoek gaan word is in Limpopo , Noord van Ellisras omgewing.

Dan in Augustus ….. BWB , het 29 duimer ………. maar weer eens , moet beter en groter.
Die gaan gejag word , klaar gebook en vas gemaak op trofee van 29.5+" by my seun op Sekgweng Safaris

Dan is ek klaar vir die jaar.

Het darem nou al n Waterbok bul gelag vir die jaar om vleisie te kry.
Sal foto's stuur van Bosbok en BWB

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jun 27, 2018 10:05 am
by Morkel
Na my drama vir twee jare lank het BLASER my n vervangings custom 22-250 match barrel gestuur. Fee kosteloos veniet mahalavir my toets teikens gestuur op 200m en as ek so kan skiet dan haal ek n oog uit skoot na skoot.
So Ons is oppad, middel ini waterberge.
7-16julie gaan ons kyk wat maak n 64gr win power piont. Box se spoed is 3500f/s. As hy werk dan Kalahari (kameeldoring Safaries) 24-28julie.
So manne ek is oppad -


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jun 27, 2018 12:00 pm
by Gian_dP
Ons jaggroep het reeds saam met die kinders in die Karoo gaan ontspan. Drie van ons vat oor 'n week die pad Namibia toe. Koedoes, springbokke en dalk 'n gems of twee. Voel of die dae tweekeer so lank as gewoonlik is!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed Jun 27, 2018 1:05 pm
by Mellies
My volgende trip is eers weer 18 - 21 Julie. Koedoebulle in die Oos-Kaap se berge...

Met `n vleisie...

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Jul 02, 2018 7:48 am
by Morkel
5 slaapies, dan 9 slaapies ini bosveld, sien die geleerdes voorspel reen.

Dan 4 dae Zurich toe,

Dan 24/7 5 dae Kalahari jag - was nog nooit daar nie so sien erg uit.

En dan ouens kinders skool vakansie die jaar USA, 3/8 tot 4/9.

Ek wonder of ek nog n kantoor gaan he as ek terug kom.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sat Jul 07, 2018 6:17 am
by jenn
More oggend ry ek en die familie na Vryheid omgewing. Kan nie meer wag nie ry sommer al vandag. Dalk jag ek my eerste Nyala.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun Jul 08, 2018 4:44 am
by Morkel
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180708/ad330747c86a5706278357212c5d1857.jpg
Bosveld lekker.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun Jul 08, 2018 6:33 am
by Heinz Petersen
Die 16de Julie is ek oppad Ooskaap toe vir 3 weke. Koedoe en Springbok wat ek gaan skiet. Oom bobs deur die dag en Jakkalse in die nag.
So, die week moet daar gelaai word en al die goedjies bymekaar gesit word. Dit is ook deel van die jag.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun Jul 08, 2018 7:24 am
by Blink Stefaans
Ry Vrydag Crecy toe om my vlysbok te gaan skiet.
Enigiets behalwe die Buffels, Nyalas, Swartwitpense en groot Koedoe bulle is R20/kg...varke is verniet. Doen die trippie jaarliks by n familie vriend om die vrieskas vol te maak.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Jul 09, 2018 3:32 pm
by Mellies
Onbeplande trippie wat opgeduik het.

Dondersdag tot Saterdag. Swb en Rhbbulle. Dalk `n blesbok of twee.

Met `n vleisie...

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sat Jul 14, 2018 11:45 pm
by Mellies
Vandag teruggekom.

Net roere en klere ruil dan sleep ek Woensdagoggend Oos-Kaap toe vir Kudubulle saam met Finch.

Met n vleisie...

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun Jul 15, 2018 7:37 am
by jenn
Dit is om n man jaloers te maak

Sent from my SM-A720F using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun Jul 15, 2018 11:25 am
by Willeboer
Met al die skrywe en jaloesie, sal ek maar nog n trip moet reel. Geniet dit manne.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun Jul 15, 2018 8:44 pm
by BSniperEM
Mellies wrote:Vandag teruggekom.

Net roere en klere ruil dan sleep ek Woensdagoggend Oos-Kaap toe vir Kudubulle saam met Finch.

Met n vleisie...
Dog jy gaan saam met my?? :-\ :laugh: :laugh:

Janee Woensdag oggend vat ek ook die pad saam met Ntwadumela (Finch se boetie).

Ek en my mooi neef gaan Kudu's soek in ons gunsteling Oos-Kaap berge.

Kan nie wag!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu Jul 26, 2018 5:22 am
by fanie.myburgh
Oppad saam met 13 ander manne Upington toe vir ons jaarlikse werks jag.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu Jul 26, 2018 5:37 am
by Nella
Nou ja.
Rondte twee ..druk die groenlux se neus noord vanoggend na Keuiw jagte ander kant alldays .
Sal my boesman kettie ook saam vat die keer..